NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer alles van ons weggeneem word, behou ons die standhoudende troos: God se liefde – dit is onaantasbaar en ewig. Die mens wat daarin skuil, sal staande bly ongeag die storms om hom.

VOLHARD IN DIE WEë VAN DIE HERE

Hannes Ollewagen

Jer. 10:1-16

“So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.” (:2).

Ek en u as Afrikanerkinders is deel van ‘n baie unieke volk aan die suidpunt van Afrika. Ons is deel van ‘n volk in wie se geskiedenis ‘n verhouding met God Drie-enig duidelik sigbaar is. ‘n Volk in wie se geskiedenis die roemryke dade, barmhartigheid en almag van God sigbaar is. Ons is ‘n volk wie se voorsate nie alles reg gedoen het nie, want hulle was ook maar mense. Ons is deel van ‘n volk met individue waarvoor ‘n mens jou behoort te skaam weens hul skandelike optredes en menigmaal veragting en verloëning van die Here. Maar in dieselfde volk was daar mense wie se lewens getuig het van ‘n diepe liefde, ware kennis en nederige ootmoed teenoor God. Diegene wat deur hul Godvresende lewens die barmhartigheid, getrouheid en goedertierenheid van God vir hul nageslagte verwerf het.

“Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deut. 7:9).

 

Die beskerming, barmhartigheid en goedertierenheid van God is ook deur ons geskiedenis sigbaar. Daar was verskeie geleenthede waar hierdie volk se lewensbestaan in die weegskaal was en waar daar in diepe nood en desperaatheid tot God gebid is. En daar was menigvuldige verlossings en wonderwerke deur God se hand verrig. Hy het daardeur bevestig dat Hy Hom met ons bemoei. Daar was ook talle ondernemings deur ons voorsate gemaak dat ons as ‘n volk en ons nageslagte as ‘n Godvresende volk voor sy Aangesig sou leef. Ek gebruik graag die onderneming uit ‘n Gelofte van 6 April 1654 wat afgelê is as ‘n voorbeeld. “…en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.”

Ons kan nou vra hoeveel van ons mense gaan DV gereeld hierdie onderneming aan God gestand doen? Ek wil my amper verstout om te sê dat die aantal verskonings onder ons mense waarom hierdie onderneming aan God nie nagekom word nie meer sal wees as die handjievol mense wat dit sal eerbiedig. Die mees algemene verskoning is dan seker ook as volg: “Niemand doen dit meer nie.” Laasgenoemde verskoning tesame met sy kameraad – “Ja, maar almal doen dit” is sekerlik die swakste verwere denkbaar. Hierdie verwere wat dit vir mense maklik maak om aan die weë van die heidene gewend te raak. Die samelewing rondom ons, die “almal en die niemand” na wie so gereeld verwys word, is hoofsaaklik ‘n klomp heidene wat God nie waarlik ken nie. En sou ons hulle voorbeeld navolg? Verbied die Here ons nie uitdruklik om dinge te doen gewoon omdat die meerderheid dit doen nie? “Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. …” (Ex. 23:2).

Ons wonder dalk waarom God toelaat dat ons land in so ‘n groot ashoop verander. Ja, u wonder dalk selfs of God werklik die mag het om hierdie onmoontlike situasie in ons land te verander. Ek bedoel – daar is menslik gesproke net géén manier dat ons kan sien hoedat sake sal verbeter nie. Dit was vir die volk Israel wat voor die Rooi See gestaan het seker ook nie moontlik om die pad te sien waarlangs God hulle uit daardie benoudheid sou lei nie. Dit was vir die dissipels van Jesus seker ook nie moontlik om te sien hoedat Jesus met vyf brode en twee vissies duisende mense sou voed nie. Ons hoef nie die planne vir God te beraam nie – ons verantwoordelikheid is om te glo. En wanneer ons glo moet ons in nederige ootmoed aan Hom gehoorsaam wees om as instrumente in Sy Hand te dien. Hy gebruik menigmaal gewone mense, ‘n Moses, Josua, Dawid, Paulus en noem maar op - mense wat glo - om sy werk hier op aarde te volbring.

“Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.” (Hand. 9:15). “…want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.” (2 Kor. 12:9).

U sal dalk sê: “Ja, al hierdie voorbeelde uit die Woord is mooi. Maar ons sien so min hiervan vandag. Ons sien so min wonders, so min kragtige dade van die Here. Dit is die een rampspoed na die volgende.” Sou dit wees liewe broeder en suster omdat daar geen krag in God meer oor is nie? Stellig nie. Is dit nie eerder om daar so min mense oor is wat na die regverdige weë van die Here vra en dit met volharding probeer volg nie? Is dit nie eerder omdat die meerderheid mense eerder aan die weë van die heidene gewend geraak het nie? Ons handel en werk op die Sabbat, want ALMAL doen dit. Ons het gewoond geraak aan hierdie handelwyse van die heidene en volg dit na! Ons doen eerder wat ALMAL doen as om te doen dit wat God ons beveel.

“Julle moet my sabatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.” (Lev. 19:30).

Ons gehoorsaam Hom nie, maar Hy moet ons gehoorsaam wanneer ons wonderwerke vra!

Ons bou vir ons groot sport stadions en vereer mense. Ja, selfs op die Sabbat gaan ons eerder na hierdie stadions op as na die huis van die Here – en vereer mensekinders eerder as om die Here te vereer! Net soos die heidene? Ons laat tatoeëer ons lywe vol allerhande dinge, net soos die heidene!

“Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.” (Lev. 19:28).

Maar dit kan tog nie verkeerd wees as ek ‘n mooi versie uit die Bybel op my laat tatoeëer nie? Sal u ten gronde gaan en dwaal omdat u nie die Skrif ken en geen kennis van God het nie? Hoor die antwoord van die Here op so ‘n redenasie!

“…Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees, is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. …” (1 Sam. 15:22&23).

‘n Groot deel van ons volk het al so gewend geraak aan die weg van die heidene dat hulle nie eers meer die verkeerdheid daarin sien om God aan te roep saam met ‘n spul afgode nie. Die president van die land maan mense om elkeen tot sy god te bid vir die huidige noodtoestand in ons land en die sogenaamde “christelike bevolking” onder ons raak hieroor gaande. Is daar dan geen respek meer by ons oor nie? Het ons geen respek meer vir die heiligheid van ons God nie dat ons bereid sou wees om Hom sommer maar so tussen en saam met ‘n spul ander nietige afgode aan te roep asof Hy nie ver, ver, heeltemal bo hulle verhewe is nie? Is dit hoe gewend ons geraak het aan die weë van die heidene in ons land? Werp ons doelbewus die verordening van God agter ons rug of is dit waarlik dat ons kennis van Hom só gebrekkig is dat ons mense sulke onbesonne dinge aanvang?

“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? En watter ooreenstemming het Christus met Béllial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.” (2 Kor. 6:14-18).

Die Here het die woorde uit 2 Kor. 6 in ons volksgeskiedenis meermale bevestig. Hy het Hom tot ons gewend en nooi ons uit om ons vir Hom af te sonder om sy kinders, sy seuns en dogters te wees. Ons sal moet besluit of ons hierdie eer van die hand wil wys omdat die roem, eer en aanloklikheid vir ons meer aanneemlik lyk, die weë van die heidene vir ons meer aanloklik lyk as om waarlik kinders van God te wees. Maar wees gewaarsku – indien u sou kies om deel te hê aan die tafel van die heidene sal u in alles met hulle deel. Ja, ook in hul verderflike eindbestemming!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 589 gaste aanlyn