NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, dankie vir 'n gesonde sin vir humor, vir die bevryding van 'n skaterlag en die veerstelsel van blymoedigheid. Dankie dat U die mens gemaak het om te kán lag en dat daardie innerlike vrolikheid 'n lig is in donker tye.

WAAK EN BID

Hannes Ollewagen

Markus 14:32-42

“Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.” (:38).

Die Here Jesus Christus gee in hierdie tyd van sy grootste beproewing hier op aarde aan Sy dissipels die opdrag om teen versoeking te waak. Hy wat die Christus en die Gesalfde van God is, moes in hierdie tyd van sy lewe self ook baie sterk teen versoeking waak. Hy was in ‘n worsteling met God die Vader oor die lyding wat vir Hom voorgelê het. En Hy het teen die versoeking gewaak om nie God se wil te verontagsaam nie.

Wanneer ons sê dat ons teen versoeking moet waak, is dit seker raadsaam om te verstaan wat versoeking is. Is versoeking dinge soos om te steel, valse getuienis van ander te gee en om ‘n ander se eiendom te begeer? Is versoeking net om een van die Tien Gebooie te oortree?

Wanneer ons kyk na die geleentheid waar Jesus Christus in die woestyn deur die satan versoek is, verstaan ons dat versoeking meer as net die oortreding van die Tien Gebooie behels. Versoeking is wanneer die satan ons oorhaal om in enigiets aan God ongehoorsaam te wees. Dit is wanneer die satan ons oorhaal om te glo dat God en sy koninkryk minder belangrik is as ander dinge wat ons voorgehou word. Dit kan insluit ons eie eer en roem, rykdom, sukses, ons geliefdes en talle ander verganklike dinge wat vir ons belangriker as God gestel word. En hierdie versoeker, Satan, is ‘n baie vindingryke wese. Dit is daarom dat hy soveel mense suksesvol oorhaal om aan God ongehoorsaam te wees. Hy betrap soveel mense wanneer hulle nie teen sy aanvalle waak nie enhulle word dan onverwags oorweldig.

Dit is ‘n groot fout wat menige mens begaan om te maak asof Satan maar ‘n onbenullige wese is. Natuurlik kan sy mag nie met God se almag vergelyk nie en is daar geen manier waarop hy ooit oor God sal triomfeer nie.  Dit is des nie teen staande belangrik dat ons as gelowiges begryp dat Satan wel groot mag bekom het. As hy geen mag gehad het nie en so onbenullig was as wat sommige mense hom afmaak, sou Jesus nie die moeite gedoen het om sy dissipels teen hierdie gevaarlike mag te waarsku nie. As Satan werklik so onbenullig was sou Jesus hom tog tereg gewys het op sy stelling in Lukas 4:5&6 waarin hy roem op die groot mag wat in sy hande is. “Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.” En sou dit nodig wees om ‘n nietige en magtelose wese met ‘n groot ketting te bind soos wat ons uit Openbaring 20:1&2 geleer word? “EN ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp – die ou slang wat die duiwel en die Satan is – en hy het hom gebind duisend jaar lank,”

Dit is dus belangrik dat ons ook die vermaning uit Markus 14 met die nodige erns aanneem. Hierdie selfde slang, Satan, is vandag steeds hard aan die werk om mense in sy mag te kry. Hy is steeds besig om met sy verskillende versoekinge die mens van God af weg te rokkel om agter hom aan te verdwaal. Hy gebruik steeds die swakheid van die menslike natuur, die begeerlikheid van die vlees om mense te oorreed om hul aller kosbare gawe – die ewige lewe saam met God onse Vader - te verruil vir die genot van die huidige wêreld wat hy aan hulle voorhou. En hoe het Jesus ons nie ook hierteen gewaarsku in die pragtige gelykenis wat ons in Matt. 13 opgeteken vind nie – “Gelykenis van die saaier.” Ons sien vandag nog hoedat die Bose die saad wat gesaai word van mense kom roof en hulle oë en sinne verblind om die Evangelie nie te verstaan nie. Ons sien dalk meer algemeen die groot hoeveelheid mense wat die gawe van geloof dadelik met groot blydskap aanneem, maar nie hierdie gawe met die nodige verantwoordelikheid oppas en versorg nie. Hulle waak nie teen die aanslae volgens die aanbeveling van Jesus Christus nie en met die eerste teëspoed laat hulle hierdie gawe agter. Die tragiese beeld onder ons eie volksgenote speel ook voor ons oë af hoedat mense die geloof in hul lewens dra, maar nie met ywer teen die ontsettende fel en uiters suksesvolle aanslae van die satan waak wat hulle deur die sorg van die wêreld en die verleiding van rykdom oorweldig nie. En so is ook hulle van hul ewige erfenis deur die Bose beroof omdat hulle nie gewaak het nie. Hulle wat met die nodige erns teen sy aanvalle waak kon dalk hierdie kragtige en onverskrokke vyand vermy het wat met ‘n onversadigbare aptyt om te vernietig, rondgaan. “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.” (1 Pet. 5:8).

Die Here Jesus Christus het nie Satan se mag, ywer of sy vindingrykheid onderskat nie. Hy het geweet met watter woede en krag hierdie engel van die afgrond elke mens sal aanval om die kosbare erfenis wat ons liefdevolle hemelse Vader aan die mens skenk te ontneem. Die Here Jesus Christus deel ook hierdie inligting met ons in sy Openbaring aan Johannes. “…wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” (Open. 12:12). Ons moet egter nie net ons vyand ken nie, maar ook ons Verlosser – Hy wat oor die Bose triomfeer! Ons word teen Satan en sy aanslae gewaarsku omdat God ons in liefde daarteen wil beskerm en nie omdat Hy wil hê dat ons daagliks in vrees vir hierdie teëstande moet lewe nie.

Die gelowige kinders van God moet op hul hoede wees vir die listigheid van Satan. Hulle moet versigtig wees en teen sy aanslae waak, maar ons is geen heilige vrees aan hom verskuldig nie. Ons kan met rustigheid en vrede in die skaduwee van die Almagtige God skuil in wie se hand ons veilig is teen enige gevaar – ook teen enige aanslag van die satan. Ons kry nie alleen die opdrag om te waak nie, maar ook om te bid. Ons moet weet tot wie ons noodkreet moet uitgaan wanneer die satan sy aanvalle loods! “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.” (Ps. 91:14&15). En wanneer ons by Hom skuil, wanneer ons in Hom bly, is ons veilig en behoue.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 868 gaste aanlyn