NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons het almal geraamtes in die kas en verwyte oor ons verlede. Gelukkig verwyt God ons nooit oor ons verlede nie. Wanneer Hy ons vergewe, doen Hy dit volkome en dink nie weer daaraan nie – maar dan mag jy ook nie!

BID TEEN VERSOEKING

Hannes Ollewagen

Luk. 22:39-46

“En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.” (:40).

“En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.” (:46).

Hierdie opdrag word twee maal in ons gelese gedeelte deur Jesus aan sy dissipels gegee. Hy benadruk aan hulle die belangrikheid van dit wat Hy hulle beveel om te doen. Jesus was ook self in hierdie tyd, in die tuin van Getsémané, in ‘n sware stryd gewikkel. Hy het geweet dat Hy op die vooraand staan van die wrede marteling, vernedering en dood wat op Hom gewag het. En Hy sou wou wens dat hierdie beker Hom kon verbygaan. Hy het egter in die gebed volhard om die versoeking te weerstaan dat sy eie wil bo God die Vader se wil sou seëvier. “En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.” (Matt. 26:39).

Ons dink ook aan ‘n ander geleentheid waar Jesus versoek is. Daar waar Hy aan die vloekhout gehang het, is Hy versoek om sy eie eer bo God die Vader se wil en eer te stel. “En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!” (Matt. 27:39&40). En wat sou die uiteinde daarvan wees as Hy nie hierdie versoeking weerstaan het nie? Die satan sou seëvier. Die satan sou triomfeer oor God se plan om my en u van die mag van sonde vry te koop!

Ek en u kruip vandag maklik weg agter die verskoning dat ons maar net mense is wanneer ons voor die versoekings van die satan swig. Dit is waar dat ons net vlees is. Dit is ewe waar dat God se Woord ons leer dat daar geen mens op hierdie aarde is wat vlekkeloos is en wat nie struikel nie. “...want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.” (Pred. 7:20). Dit is ongelukkig ook waar dat ons dit maar net as ‘n gerieflike verskoning gebruik om nie tot bloede toe weerstand te bied in ons stryd teen die sonde soos God vir ons leer nie. “Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.” (Heb. 12:4). Die gedeelte uit Prediker 7 is aan ons gegee om ons aandag daarop te vestig dat ons onsself nie kan regverdig nie en alleen deur Christus Jesus geregverdig kan word. Dit onthef ons egter nie van ons verantwoordelikheid om die sonde en versoekings van die satan te bestry en weerstaan nie. Dit is dieselfde Christus wat ons voor God regverdig wat ons beveel om teen die versoekings te waak en te bid!

Die Here Jesus wat ons wil reinig van ons sondige natuur en heilig voor God die Vader wil stel, gee vir ons riglyne in ons stryd teen versoeking. Hy leer ons duidelik dat ons God moet bid om ons van versoeking te bewaar. Dink maar hoedat Hy ook sy dissipels geleer het om teen versoeking te bid. “...en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.” (Matt. 6:13). Ek en u verstaan dat ons nie kan bid vir ons dag se brood en agteroor sit en wag dat dit maar net in ons skoot val nie. Ons het ook die verantwoordelikheid om ons plig na te kom ten einde ons brood te verdien. So is dit ook in ons stryd teen versoeking. Die bede tot God dat ons nie in versoeking sal kom nie is die vertrekpunt eerder as die eindpunt. Ons moet vandaar met aanwending van alle ywer die satan se versoekings weerstaan. “…weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.” (Jak. 4:7).Eerder as dat ons ons verantwoordelikheid na God oorplaas in ons gebed is ons bede tot God ‘n noodkreet tot God om ons in hierdie stryd te help omdat ons weet dat ons eie krag ontoereikend is om die oorwinning te behaal. “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.” (1 Kor. 15:57). Ons moet nieteenstaande bereid wees om met God aan die voorpunt, met God as ons Aanvoerder, hierdie stryd teen die satan met sy versoekings aan te pak!

Geliefde in Christus Jesus – die wêreld in ons tyd is besig om oorspoel te word met verleidings en versoekings wat die satan uitgiet om die mens tot struikeling te bring. Ek wil u vandag aan die vermaning van onse Here Jesus Christus herinner – waak en bid hierteen geliefdes. God beloof vir elkeen wat versoeking weerstaan ‘n ryke beloning en plek in sy hemelse koninkryk. “Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet. Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.” (Jak. 1:12-14).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1017 gaste aanlyn