NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sien oral om ons hoe mens onder die spreekwoordelike broodlyn leef; vroeër jare het ons feitlik nooit 'n blanke bedelaar gesien nie, vandag het elke straathoek een of meer. En ons gee dikwels 'n geldjie of iets anders om hulle te help, maar dink ons ooit aan hulle geestelike broodlyn, daardie groter behoefte wat dikwels nie raakgesien word nie? Gebruik die geleentheid om met hierdie mense oor hulle emosionele en geestelike welstand te praat en u sal verbaas wees hoe groot behoefte hulle daaraan openbaar!

DIE WERKING VAN DIE GEES

Hannes Ollewagen

Rigters 13:1-25

“En die Gees van die HERE het hom begin drywe in die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.” (:25).

‘n Algemene fout wat mense maak, is om te dink dat Jesus Christus eers in die Nuwe Testament figureer. Hy wat Jesus Christus is, het nie eers begin leef toe Hy in Betlehem gebore is nie. Hierdie gebeurtenis was slegs sy verskyning in die vlees om onder ons te woon, maar Hy is van ewigheid af alreeds by God die Vader. “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.” (Joh. 1:1). ‘n Deeglike bestudering van die Woord van God leer ook vir ons op verskeie plekke waar Hy alreeds in die Ou Testament aan mense verskyn het. Lees maar gerus met die nodige aandag in Génesis 18 van sy verskyning aan Abraham.

Sy betrokkenheid met Israel se uittog uit Egipte en hulle trek deur die woestyn is ook duidelik. En sy verskyning aan Josua voordat hy Jérigo ingeval het. “En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?” (Jos. 5:14). Ons sien ook in ons gelese gedeelte hoedat Hy self aan Simson se ouers verskyn.

Ons maak dan maklik ‘n soortgelyke fout om te dink dat die Gees van God eers ná Jesus Christus se Hemelvaart in mense se lewens begin werk het. Ons lees dan immers eers van die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2. Ons is weereens skuldig aan ‘n gebrekkige kennis indien hierdie ons begrip van sake is. Ons lees in vers 25 van ons gelese gedeelte hoedat die Gees van die HERE vir Simson begin drywe het. Dit is dus die Gees van die HERE wat oor Simson vaardig geraak het om deur hom te werk. Eweneens is daar op verskeie ander plekke in die Ou Testament voorbeelde van soortgelyke aard. “En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer;…” (Rigt. 3:10). “En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; …” (Rigt. 6:34). “Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom …” (Rigt. 11:29). “En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ’n ander mens verander word.” (1 Sam. 10:6).

Ons is geneig om te vergeet dat God se Woord aan ons as sy lewende Woord gegee is. Ons lees dit dikwels asof dit maar net gebeure uit die geskiedenis is sonder om God se boodskap wat vir ons daarin opgesluit lê, raak te sien. Dit is omdat die boodskap uit God se Woord slegs vir ons deur die werking van die Heilige Gees verstaanbaar is. Dit is die Gees van God wat die Woorde van God vir ons lewend maak. “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.” (Joh. 6:63). Dit is hierdie Gees wat met krag in ‘n mens se lewe werk. Dit is hierdie Gees van God wat die beeld van God in elke mens by wie Hy woning maak weer kom herstel. Dit is hierdie Gees wat in elke bekeerling se lewe werksaam is soos wat Hy oor Saul vaardig geraak het om die bekeerling in ‘n ander mens te verander! ““En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, …

… en in ’n ander mens verander word.” (1 Sam. 10:6). Paulus leer hierdie selfde waarheid in die briewe aan die Efésiërs en die Kolossense . “...dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed” (Efés. 4:22&23). “...en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,” (Kol. 3:10).

Ons word met verwondering vervul wanneer ons lees van al die wonderlike dinge wat God deur mense se lewens gedoen het. Die wonderwerke wat Hy deur Moses kon doen. Die oorloë en oorwinnings waartoe Josua en die latere Rigters deur die Gees van God gelei is. Die mense wat tot bekering gekom het deur die apostels se prediking. En selfs die mense wat deur die apostels genees is! Daar was egter nie een van hierdie mense wat deur eie krag hierdie wonderlike dade verrig het nie. Hulle krag was in hul swakheid. “En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. (2 Kor. 12:9). Hulle was nederig genoeg sodat daar ruim plek vir God se Gees in hul harte was.

Die Woord van God is nie ‘n geskiedenisboek met mooi verhale nie. Die Gees van God was ook nie alleen in die geskiedenis in mense se lewens werksaam nie. Die Gees is deel van die Goddelike Drie-eenheid en leef en werk vandag nog in mense se harte en lewens. Die rede waarom talle mense nie die nabyheid van God se Gees ervaar nie is nié omdat Hy nie meer bestaan nie, maar omdat hulle Hom nie koester nie. Ons word daarteen gewaarsku om God se Gees nie te bedroef nie! “En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.” (Efés. 4:30). Dink maar hoedat God se Gees van Saul gewyk het omdat hy aan Hom ongehoorsaam was en Hom dus bedroef het. “MAAR die Gees van die HERE het van Saul gewyk, …” (1 Sam. 16:14).

Ek en u moet dalk vandag opnuut herinner word dat God ook deur sy Gees in ons lewens wil woon en wil werk. “Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?” (1 Kor. 3:16). Indien ons dieselfde fout as Saul en andere maak om so besig te wees om ons eie eer te soek, ons eie wil na te streef en dus ons eie koninkryk te dien, moet ons nie vra waarom die Heilige Gees nie in ons lewens werksaam is nie. Hy vra nie ons vermoë of krag nie, maar ons gehoorsaamheid, gewilligheid en onderdanigheid.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1008 gaste aanlyn