NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek weet HERE, dat U my nie om die hartseer lei nie maar my dwarsdeur dit neem. Help my dan asseblief om in my diepste seertye te onthou dat U my hand styf vashou al het ek nie die krag om aan U vas te hou nie.

DIE EWIGE ROTS

Hannes Ollewagen

Daniël 2:1-49

“U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.” (:34&35).

Daniël sien in hierdie droom van koning Nebukadnésar hoedat ‘n klip sonder toedoen van mensehande losraak en die ontsagwekkende beeld heeltemal verbrysel. Ons lees in latere hoofstukke van Daniël hoedat koning Nebukadnésar ‘n beeld oprig en Daniël se vriende weier om voor hierdie beeld te buig. Ons lees ook daarna hoedat hierdie koning oor sy koninkryk uitkyk en sy hart homself verhef en hy ‘n skewe beeld van homself vorm. Hy vorm in homself die beeld dat hy deur sy eie krag, inisiatief en vermoë so ‘n groot en magtige ryk gevorm het. “...het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ’n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?” (Dan. 4:30).  En net hier, sonder die toedoen van mensehande, word Nebukadnésar getref. “Terwyl die woord nog in die mond van die koning was, val daar ’n stem uit die hemel: Koning Nebukadnésar, jou word aangesê — die koningskap word jou ontneem;en hulle sal jou uit die mensdom verstoot, en jou woning sal saam met die diere van die veld wees; hulle sal jou plante laat eet soos die beeste, en sewe tydperke sal oor jou heengaan, totdat jy erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil.” (Dan. 4:31&32). Hierdie Rots verpletter Nebukadnésar se eie, verwaande en skeefgetrekte beeld van homself. En hy wat Nebukadnésar is, erken eindelik God se heerskappy oor alles – ook oor hom as koning Nebukadnésar.

Ons dink ook aan die woorde van ons Here Jesus Christus wanneer Hy die Skrifgeleerdes en Fariseërs aanspreek oor hul eie beeld en aansien wat hulle opgerig en vertroetel het. Hy het geweet dat hulle nie in gehoorsaamheid aan God of uit liefde vir Hom geywer het nie, maar eerder om hul eie aansien in die oë van die Joodse volk te versterk en beskerm. Hulle het dus hul eie beeld opgerig waarvoor hul vereer wou word eerder as om hulself in nederige onderdanigheid voor die heerskappy en almag van God neer te buig. Jesus waarsku hierdie owerstes dat hulle huis in duie gaan stort omdat hulle weier om hul fondament op die Rots te lê, maar eerder hul eie wankelrige beeld wil oprig. “Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ’n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.” (Matt. 21:42&44).

Ons land, volk en huise word vandag nog gevul met hierdie beelde wat ons vir onsself oprig. Ons sien hoedat in kerke op die mees skreiende wyse opgetree word. Die kerk van die dag loop agter ‘n goddelose regering aan en praat dit na eerder as om teregwysinge van God te laat hoor. Ons sien, verskoon tog die kras uitdrukking, hoedat hoogeplaastes in die meeste institusie kerke vandag die wêreld agterna hoereer en die lidmate op ‘n dwaalweg lei eerder as om die kerk van Christus as ‘n kosbare bruid te versier. Dit is vir hierdie mense lekker om gereeld in die media te wees en om soveel aandag te geniet, groot salarisse te trek en deur mense geëer te word. Hulle streel die toehoorders in die gehoor en die mense het meer behae daarin as in ‘n heilige lewe voor God! Dit is vir hulle lekker om hul eie beelde op te rig en dan noem hulle nog sommige van hierdie beelde “Jesus”. As jy vir jouself ‘n ander beeld van God skep en voorhou as wat ons deur sy heilige Woord geleer word, is jy besig met afgodery. Jy is besig om vir jou ‘n afgodsbeeld te skep en dit maak nie saak wat jy daardie beeld noem nie. Dit verklaar dalk waarom baie mense deesdae tot “Jesus” bid, maar nie verhoor word nie. Die stomme afgod waartoe jy bid kan jou nie hoor nie omdat hy nie leef nie. Hierdie stomme afgod sal eindelik ook deur die Ewige Rots verpletter word.

Hierdie selfde Rots wat verbreek, verbrysel en verpletter is aan die teenkant vir ware gelowiges ‘n vaste fondament. Hy is ‘n Rots by wie ons kan skuil, ‘n Rots op wie ons ons lewens kan bou en by Wie ons veilig en behoue is. Dit is Hy van wie Dawid met blymoedigheid getuig het – “Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.” (Ps. 18:3). Hy is vir ‘n ongelowige wat homself teen God verset ‘n voorwerp van angs, verbryseling en vernietiging. En daar teenoor is Hy vir ‘n gelowige kind van God ‘n veilige vesting, sterkte en onbeweeglike fondament.

Ek en u moet dalk besin oor ons eie lewens en hoe dinge daar uitsien. Is ons besig om vir onsself beelde tot ons eie eer op te rig? Of is ons daagliks besig om ons lewens op ons Rots te bou en om vir God, volgens die Gelofte van ons voorouers, ‘n huis hier ter plaatse op te rig wat sy Naam tot ere strek? “Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.” (1 Pet. 2:4&5). Indien ons as volk sou voortgaan om ons eie beelde op te rig moet ons nie verbaas wees wanneer die Ewige Rots ook op ons val en ons verpletter en verbrysel nie. Sou ons daar teenoor die uitnodiging uit 1 Pet. 2 ter harte neem en op die Hoeksteen ons volkshuis oprig, sal ons onwrikbaar bly bestaan ook deur hierdie stormagtige tyd waarin ons onsself tans bevind.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1060 gaste aanlyn