NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons hoef nie gestraf te word as betaling om in ons Vader se liefde en genade te deel nie. Hou op treur oor jou sondes, jy het dit mos vir Hom gegee. Aanvaar dan die wonderlike geskenk van vergifnis wat Hy jou gee ten volle.

SOEK U NA GOD?

Hannes Ollewagen

2 Kron. 26:1-23

“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het. En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat Hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.” (:4&5).

Koning Ussía het gedoen wat reg was in die oë van die Here. Hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here omdat dit vir hom ‘n prioriteit in sy lewe was – dit was vir hom belangrik om te probeer doen wat reg is in God se oë. Koning Ussía het om hierdie rede gedurig na God gesoek. Hy het deurgaans ondersoek en beproef wat die Here se welbehae is en dit probeer doen.

Ek wonder hoeveel van die hedendaagse Christene is mense wat waarlik na God soek. Hoeveel mense is daar werklik wat met ‘n opregte hart, met ‘n diepe begeerte gedurig ondersoek instel na wat die wil van God is? Hoeveel mense is daar vir wie dit regtig belangrik is, vir wie dit regtig ‘n psaak van belang is, om die wil van die Here te doen? Die Here beveel ons tog in sy Woord om dit te doen. “En beproef wat die Here welbehaaglik is;” (Efés. 5:10). “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Rom. 12:2).

 

Die godsdiensoefening van ons tyd het só humanisties geword dat die oppervlakkigheid daarvan ‘n mens eintlik walg. Die kerke raak al leër op die dag van die Here terwyl die winkelsentrums en plekke van vermaak al voller raak. Waarom – is dit nie omdat mense nie belangstel om te hoor wat die wil van die Here is nie? Nou sal u vir my sê: maar ek kan by die huis ook my Bybel lees. Ek het nie nodig dat ‘n dominee vir my vertel wat daarin staan nie. Hierdie stelling het meriete, maar hoeveel mense ondersoek wel tuis die Woord van God? Hoeveel mense ondersoek sy Woord met ‘n opregte begeerte om daarin te vind wat sy welbehae is ten einde dit te probeer doen? Daar word al minder tyd aan die Woord van God spandeer en meer tyd aan vermaak voor die televisie en op die internet omdat mense nie belangstel om uit te vind wat die wil van God is nie. Ek sal eerder my tyd verkwis as om dit aan God af te staan!

U sal my dalk daarop wil wys dat daar tog “kerke” in die land is met duisende lidmate op hul register. Hierdie stelling het ook meriete. Ek en u kan gerus die teologie van hierdie “kerke” ondersoek en u sal vind dat hierdie “kerke” hul besig hou met allerhande leringe van voorspoed en gedagtes van dinge wat mense graag wil hoor eerder as om die wil van God aan mense te leer en die Woord van God in waarheid te verkondig. Hierdie “kerke” is vol omdat die mense daar in hul gehoor gestreel word en dit stel hulle tevrede.“want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” (2 Tim. 4:3-4). Hulle is tevrede om eenvoudig ‘n byeenkoms by te woon al leer hulle in die proses nie ‘n dooie duit van die wil van God nie. Dit getuig tog dat die wil van God vir diesulkes geen prioriteit geniet nie. Inteendeel, hulle sal kwaad raak en selfs ‘n kerk verlaat wanneer God se Woord suiwer verkondig word en hulle daardeur aangespreek word.

Die oomblik toe koning Ussía ophou om gedurig na God se wil te soek, het hy op sy lewenspad verdwaal. Hy het ontrou teen die HERE sy God gehandel. Hy het hoogmoedig geraak en het God begin “dien” op die manier wat hyself goed gedink het eerder as op die wyse wat God voorskryf. En klink dit nie na ‘n bekende verskynsel in ons tyd nie?! Hoe ontrou het ons volk nie geraak teen die HERE onse God nie? En dit omdat ons nie meer gedurig besig is om te soek na wat God se wil is nie.

Wanneer ons rondom ons kyk en onsself die vraag afvra waarom dit voel asof God so ver van ons af is moet ons ook vra of dit Hy is wat ons verlaat het en of dit ons is wat Hom verlaat het? Durf ons God van ontrou beskuldig? Dit is dalk tyd dat ons met erns luister na wat God ons leer in Jeremia 29:13:”En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1559 gaste aanlyn