NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Met Jesus se oorwinning aan die kruis is Satan en sy magte as verloorders gemerk. Jesus is die Oorwinnaar ook in jou lewe, en jy kan in sy krag oor die mag van die Bose triomfeer.

‘N LEWE SAAM MET HOM

Hannes Ollewagen

Génesis 6:1-22

“Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.” (:9).

Daar is baie mense vir wie daar geen groter vrees is as om alleen te wees nie. Hulle kan nie vir ‘n paar ure alleen wees nie en is deurgaans opsoek na geleenthede om in ander mense se geselskap te wees.

Daar is egter geen groter eensaamheid as om van God verlate te wees nie. Ek wonder soms hoeveel mense gedurig na geselskap soek om juis daardie gevoel van verlatenheid te probeer ontwyk? En ironies genoeg is die uitweg hiervoor om juis genoeg tyd in te ruim in u lewe om uself met God af te sonder en alleen met Hom te vergader.

 

Die hedendaagse mens het min erg daaraan om tyd aan God af te staan. Daar is net soveel ander dinge wat ons tyd in beslag neem. Daar is vermaak om van te kies en te keur. Dit is van sport tot films, video’s op die internet, speletjies op die telefone en so kan ons voortgaan. En hiermee word mense tot laataand besig gehou sodat hulle te moeg is om tyd aan God af te staan voordat hulle gaan slaap. In die oggend is dinge weer heeltemal te gejaagd om tyd vir Godsdiens in te ruim en stil te word om na God se Woord te luister.

Noag daarenteen was‘n man wat vir God in sy lewe tyd gemaak het. God was vir hom ‘n prioriteit in sy lewe en daarom het Noag ‘n gesonde verhouding met God gehad. En so het God dan ook sy plan om die aarde te verwoes aan Noag bekend gemaak. God het besluit om hierdie man wat so na aan Hom geleef het se lewe te spaar wanneer sy strafgerig voltrek sou word. God het nie alleen Noag se lewe nie, maar ook die lewens van diegene wat deel van sy huis was, gespaar. Hierdie man wat sy lewe met God gedeel het kon as instrument in God se Hand gebruik word. Noag het ‘n gehoorsame dienskneg en bruikbare instrument in God se Raadsplan geword.

Ek en u is ook nie sommer toevallig hier op aarde nie. Ons is nie veronderstel om maar net deur die pad van die lewe te probeer worstel nie. Die Here het ook vir my en u ‘n lewensweg gebaan. En Hy wil vir my en u ook hierin raad gee en lei langs die weg wat ons agter Hom aan moet gaan. “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” (Ps. 32:8).  Daar is ook ‘n doel met my en u bestaan hier op aarde. Maar om hierdie doel te ken en te verstaan, moet ons eers werklik ons Skepper leer ken. En daarna moet ons in opregte ootmoed na sy leiding vra eerder as om aan Hom te probeer dikteer tot watter diens ons bereid is.

God wil ook ons lewenspad saam met ons stap. Hy wil hê dat ons ons lewens met Hom sal deel – Hy wil in ons lewens deel. Hy wil in ons hartseer deel. “Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy geweldig bewoë geword in sy gees en Hom ontstel” (Joh. 11:33). “Jesus het geween.” (Joh. 11:35). Hy wil in ons vreugde deel. “Ook moet jy dankoffers slag en daar eet en vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God.” (Deut. 27:7). Hy wil ook vir ons leiding gee en vir ons deur sy Woord die weg aandui waarop ons soos ‘n Noag, Dawid of Abraham Hom kan navolg.

Ons wens soms dat God ook met ons sou spreek soos wat Hy met hierdie manne gespreek het. En heeltemal te maklik vergeet ons dat God se Woord onveranderlik is – van die begin tot die einde dieselfde. Ons vergeet dat hierdie manne die rigting in hul lewens gevind het deur God se stem, deur God se Woord. Ons vergeet dat ons ook die rigting vind, die voorreg in ons tyd vir ons gegun word om met God te wandel deur die leiding wat Hy vir ons uit sy onveranderlike Woord bied. Ons kan tereg sê dat sy Woord dit ook vandag nog vir my en u moontlik maak om met God te wandel. Dit is die lamp wat vir ons die weg wys - die lig vir ons pad is waarlangs ons met Hom kan wandel. “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (Ps. 119:105).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1005 gaste aanlyn