NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is tye wanneer stilte die hardste praat – maak jou mond oop net as jy seker is dit wat jy gaan sê het meer waarde as die stilte.

WEES IN ALLES DANKBAAR

Hannes Ollewagen

1 Thes. 5:12-28

“Wees in allesdankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oorjulle.” (:18).

Dit is in ons tyd algemeen om mense te hoor sê – “Die Here het vir my gesê . . .” Dit is natuurlik waar dat God vir Hom mense afsonder met wie Hy ‘n baie besonderse verhouding aanknoop en aan wie Hy baie van sy verborgenhede bekendmaak. En hierdie mense sal ook uit die aard van die saak ‘n fyn aanvoeling hê vir iets wat God se wil is en dinge wat Hom mishaag.

Dit is dan ongelukkig ook so dat ‘n onrusbarende hoeveelheid mense wat “die Here hoor spreek het” dinge verkondig wat hul eie versinsels is. Dit spruit nie voort uit ‘n ware, opregte en diepe soeke na God se wil nie, maar eerder uit ‘n sieklike sug na selfverheerliking en selfverheffing. Dit gaan vir so ‘n persoon nie om die wil van God te ken nie, maar eerder om die eer te ontvang as iemand wat só belangrik is dat hy/sy God se Woord hoor wat vir ander mense verborge is. En hierdie mense raak menigmaal só belangrik in hul eie oë dat hulle selfs woorde in God se mond lê. Hulle verkondig dinge wat in stryd met sy onveranderlike Woord is.

Ons leer uit die gelese gedeelte iets besonders van God. God maak aan ons, uit sy Woord, ‘n deel van sy Wil aan ons bekend – dat ons dankbaar moet wees. “...want dit is die wil van God ...”. Die Woord van God getuig op verskeie plekke van God se welgevalle in dankbaarheid. Dit word ook aanbeveel aan die brief wat Paulus aan die Efésiërs skryf. “terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,” (Efés. 5:20). En in die brief aan die Kolossense word hierdie mense ook vermaan om dankbaar te wees. “VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging;” (Kol. 4:2).

Die Woord van God leer ons ook God se walging aan ondankbaarheid. ‘n Ondankbare mens word in dieselfde kategorie as verraaiers, bandelose en onheilige mense geplaas. “MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,” (2 Tim. 3:1&2). God se afkeur aan ondankbaarheid is tog duidelik aan ons getoon in sy verhouding met die volk Israel. Dink maar hoedat die toorn van God telkens teen hierdie volk ontvlam het omdat ootmoed en dankbaarheid nie in hul lewens te bespeur was nie, maar eerder murmurering en ondankbaarheid. “En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.” (1 Kor. 10:10).

Ons moet as God se kinders daarteen waak om nie in ons tyd in ‘n strik van ondankbaarheid gevang te word nie. Die nuusmedia gee ons op ‘n daaglikse basis genoeg berigte deur van allerhande dinge waaroor ons ondankbaar kan voel. Ons hoor daagliks van moorde op ons mense. Ons hoor daagliks die verkwisting van belasting geld waaraan eerbare burgers swaar betaal. Ons hoor daagliks van korrupsie en misdaad van allerlei soorte. Ons behoort beslis nie hierdie onregte te gedoog nie. Ons behoort nog minder hieraan gewoond te raak of nog erger, onsself op enige wyse hiermee te vereenselwig. Maar ons moenie toelaat dat hierdie dinge veroorsaak dat ons nie meer die goeie en kosbare gawes raaksien waarmee God ons deurgaans seën nie.

Ons aanvaar so maklik God se gawes as vanselfsprekend. Wanneer was die laaste keer dat u God opreg gedank het dat Hy u en u familie veilig gehou het in ons misdaad-geteisterde land? Wanneer laas het u God gedank vir die goeie gesondheid waarmee Hy u en u geliefdes seën? Wanneer laas het ons God opreg gedank vir die voorreg van ‘n goeie werk in ‘n land met ‘n onrusbarende hoë werkloosheidsyfer? Wanneer laas het ons God gedank vir die feit dat Hy ons tugtig wanneer ons van Hom af wegdwaal om ons weer tot inkeer te bring? Wanneer laas het ons werklik gaan dink oor al die mooi dinge waarvoor ons aan God dank verskuldig is?

Ons moet dalk in hierdie tye waarin ons so vinnig is om God om hulp te vra, onthou dat Hy ons graag help. Ons moet onthou dat Hy ons liefdevolle Vader is wat ag gee op ons hulpgeroep en bedes. Eweneens moet ons onthou dat Hy van ons eis om aan Hom eer en dank toe te bring. “Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.” (Ps. 50:14&15). “Die een wat dank offer, eer My; ...” (Ps. 50:23).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 859 gaste aanlyn