NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gaan lees in Handelinge 13 hoe volksgenote die Woord van die Here verwerp het terwyl heidene hul wel daardeur bekeer het. Dan waarsku God dat die veragters van sy Woord net voordat hulle verdwyn in verwondering sal toekyk na die wonderwerk wat God sal doen, so groot, so ongelooflik, dat niemand dit sal glo indien dit vooraf vir hulle vertel word nie. Dit kan ook in hierdie dae in Suid-Afrika gebeur.

DIE BEELD WAT ONS DRA

Hannes Ollewagen

1 Kor. 15:1-58

En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. (:49).

Wanneer ons in Génesis lees van die mens wat deur God geskape is, word dit gestel dat die mens na God se beeld geskape is. En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. (Gén. 1:26). Die satan het deur sy verleiding die mens tot ongehoorsaamheid aan God verlei en sodoende hierdie beeld van God in die mens geskend.

Onse God wat groot is aan ontferming en wie se barmhartigheid geweldig is, gee nie hierdie mens met sy gebrokenheid oor om verlore te gaan nie. Hy soek die mens weer op. Dink maar hoedat Hy na Adam en Eva in die tuin van Eden gaan soek het na hul ongehoorsaamheid aan Hom.Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? (Gén. 3:9). En so kom Hy vir my en u ook in hierdie lewe opsoek.Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was. (Luk. 19:10). Ons wat ook besluite geneem het teen die bevele van God in. Ons wat ook telkens aan Hom ongehoorsaam was. Ons wat ook heeltemal verlore sou wees indien ons redding van onsself moes afhang.

 

Die Vader stuur sy Seun na ons om dit wat met sonde bevlek is weer te heilig. Hy stuur Jesus Christus na ons om daardie beeld wat deur sonde geskend is weer te herstel. In teenstelling met die gesegde –“so gemaak en so gelaat staanis ons dalk wel in sonde gebore, maar in Christus nie meer verlore. Hy, die vlekkelose, het ons met sy kosbare bloed van die sondemag vrygekoop. En daardeur het Hy ons as sy eiendom verkry. Hy het daarom die reg om oor ons lewens te regeer. omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, (1 Pet. 1:18). En wanneer ons waarlik Jesus Christus se gesag oor ons lewens aanvaar, sal ons die pad van heiligmaking met Hom stap. Ons sal hierdie weg volg, omdat ons sy stem sal herken en sal weet dat die pad van heiligmaking God se wil vir ons lewens is. Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; ... (1 Thess. 4:3).

Die pad van heiligmaking is die weg waarlangs God se beeld in ons weer herstel word. Dit is langs hierdie weg dat God die Vader kan sien hoedat diegene wat na sy beeld geskape is, diegene wat daartoe verordineer is, aan die beeld van sy Seun gelykvormig raak. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; (Rom. 8:29). Dit is langs hierdie weg waar daar telkens oor sonde getriomfeer word deur die krag van die Heilige Gees. Dit is nie n weg sonder versoeking en beproewing nie. En ons sal in die vlees telkens die stryd teen hierdie versoekings van Satan verloor. Maar ook dikwels deur die krag van die Heilige Gees hierdie versoekings kan weerstaan. MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. (Gal. 5:16&17).

Die satan mislei in ons tyd baie mense om te verseker dat die beeld van God nie in hul lewens herstel word nie. En ironies genoeg doen hy dit dikwels deur n leuen wat so mooi en Bybels klink. Jesus het jou lief net soos jy is jy hoef geen moeite te doen om te verander en die sondige natuur in jou te bestry nie. Ons hoor hoedat hierdie leuen selfs vanaf kansels verkondig word. Tewens, daar is selfs ketters wat mense deesdae aanmoedig om hul liggame met tatoeëermerke en dergelike dinge te skend. En solank as wat n mens hierdie leuen glo sal die satan tevrede kan wees met nog n deel van God se skepping wat hy kon skend in onder sy gevangenskap kan hou. Hierdie dwaalleraars weerhou mense daarvan om in Christus vry te word. Hulle werp vir mense n struikelblok op die weg waarlangs vryheid gevind word en waarlangs die beeld van God in ons herstel word. Verwerp hierdie mense se ketterye en wend u tot die Woord, tot Jesus Christus, om u volkome na God se beeld te herskep. Daarom, as iemand in Christus is, is hy n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (2 Kor. 5:17).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 870 gaste aanlyn