NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die mens wie se gees in God geanker is, se lewensboot kan enige storm oorleef.  En as jou lewenslaste te swaar word, stuur jy dit per gebedspos na Jesus.  Hy verwelkom dit.

ONS GESPREKKE MET GOD

Hannes Ollewagen

Prediker 5:1-19

WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. (:1).

Laat jou mond nie toe om op jou liggaam n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? (:5).

Ons kan soms vinnig moedeloos raak en voel asof God nie na ons gebede luister nie. Ons voel soms asof God nie vir ons omgee wanneer ons gebede onbeantwoord gelaat word nie. Maar beproef ons onsself dikwels genoeg om in oënskou te neem hoe ons gesprekke met God lyk? Dit is maklik om te dink dat God ons leer dat ons alles sal ontvang wat ons in gebed vra. En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo. (Matt. 21:22). Ons vergeet egter ewe maklik die vermaning en lering dat ons ook verkeerd kan bid. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. (Jak. 4:3).

Baie mense hou eenvoudig heeltemal op om te bid wanneer dit voel asof God nie na hul gebede luister nie. Dit is die verkeerde uitweg. God sal nie gebede onbeantwoord laat omdat Hy nie vir ons omgee nie. Wanneer God nie na ons gebede luister nie is dit vir ons n rede tot dringende selfondersoek waarom wil God nie sy Aangesig tot my wend nie? Waarom stel Hy nie belang in dit wat ek op die hart het nie? Die HERE stel dit tog duidelik vir ons deur die mond van die profeet Jesaja waarom Hy soms nie na ons gebede luister nie. KYK, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. (Jes. 59:1&2).

n Ander rede waarom ons vergeefs bid, is dat onsself menigmaal nie die nodige belangstelling toon in die sake wat ons tot God bring nie. Ons maak self nie regtig met n saak erns nie, maar verwag dat God daarmee erns moet maak. Ons bid maar net oor sekere sake omdat ons gebed vir ons gewoonte geraak het dit is maar nog n saak op my gebedslys. Dit is mos nie woorde van waarheid wat ons uitbring wanneer ons op so n wyse met God praat nie? Ps. 15:1&2:...wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;. Die Here Jesus leer ons ook om nie ydel in ons gesprekke met God te wees nie. En as julle bid, gebruik nie n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, (Matt. 6:7).

Ons leer opnuut uit die woorde van Prediker 5 dat ons moet ag gee op die woorde wat uit ons mond gaan. Ons moet onthou met Wie ons te make het wanneer ons in gebed voor God stil raak. En ons behoort die nodige erns te maak met dit wat ons voor God se Aangesig uitspreek. Wanneer ons geloftes of ondernemings voor God maak, behoort ons dit ten uitvoer te bring. Wanneer ons God om hulp smeek, behoort ons in sy krag en verlossing te glo. Ons is so geneig om oor n belangrike saak te bid en God om hulp te vra net om op te staan, om te draai, en ons eie oplossings te probeer vind. Dink ons ooit daaraan dat ons God met hierdie tipe van optrede teleurstel? Daardie optrede wat getuig dat ons twyfel in sy vermoë om te help? Ons optrede lewer getuienis dat ons nie die nodige erns met God maak in ons gesprekke met Hom nie. n Persoon wat in opregte geloof n saak in God se hande gelê het, sal van God se Aangesig weg gaan met n vaste vertroue dat God op sy tyd, op sy wyse, die saak sal hanteer en sal daarom met vrede in sy hart van God af weggaan.

Ek wil u maan om opnuut erns te maak met u gesprekke met God. Dit is n wonderlike gawe wat God aan ons as gelowiges skenk om na hartelus in sy heiligdom met ons gebede in te gaan laat ons hierdie gawe koester en gebruik om ons verhouding met ons hemelse Vader te versterk in plaas daarvan dat die verkeerde gebruik hiervan ons van Hom sal vervreem.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1264 gaste aanlyn