NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Onregverdige terugslae laat ons maklik verval in 'n "ek gee nie meer om nie" –gesindheid. Maar deur genade word ons in staat gestel om in moelike omstandighede raak te sien dat Hy ons dra. Moenie ophou soek na uitkoms nie, gebruik dit as 'n geleentheid om jou talente en gawes van God te gebruik, glo dat die regte dinge op die regte tyd gebeur het en ook verder sal gebeur – vertrou God!

ONS MOET GELOOF Hê

Hannes Ollewagen

Génesis 15:1-21

“En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.” (:6).

Ons onderskat sekerlik die waarde van geloof in God se oë. Ons sal met hierdie mooi handeling of daardie goeie optrede God menigmaal probeer beïndruk. Ons dink egter selde daaraan dat God met ‘n opregte en vaste geloof regtig beïndruk word.

Geloof word in die brief aan die Hebreërs beskryf as ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop. En dit is‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. “DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (Heb. 11:1). Ons leer selfs uit hierdie selfde brief dat dit onmoontlik is om God sonder geloof te behaag. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” (Heb. 11:6).

Wanneer ons mooi kyk na die helde uit die Woord van God soos Noag, Abraham, Dawid, Moses en andere is hulle onwrikbare geloof iets wat soos ‘n paal bo water staan. Daar was nie een van hierdie karakters wat sondeloos was nie. Daar was nie een van hierdie karakters wat iets buitengewoon groot gedoen het dat hulle God daardeur sou beïndruk en Hy op so ‘n wyse in hulle ‘n belangstelling begin ontwikkel het nie. Hulle was gewone mense, sondige mense. Maar hulle kosbare geloof in God het tot gevolg gehad dat hulle in ‘n wonderlike verhouding met Hom kon staan en dat Hy hulle as kragtige instrumente in Sy Hand kon gebruik.

‘n Mens wat in God glo, bewys eer aan God. ‘n Mens wat glo, gee erkenning aan die Almag van God – hy twyfel nie in God se vermoë nie. ‘n Mens wat glo, gee erkenning aan die eerlikheid van God – hy twyfel nie aan die egtheid van God se Woord en beloftes nie. ‘n Mens wat glo, gee erkenning aan God se Oppergesag en daarom sal hy in ootmoed aan God se stem gehoorsaam wees. En gehoorsame mense word kragtige instrumente in God se Hand.

Die samelewing van ons tyd basuin ongeloof uit. Ons sien hoedat mense besluit om uit ons Vaderland te emigreer omdat die omstandighede hier nie na maneskyn en rose lyk nie. Kan ons met reg sê dat hierdie optrede van ongeloof spreek? Inderdaad – dit getuig van ‘n twyfelagtigheid dat God oor die mag beskik om ons slegte toestand in ons Vaderland weer om te keer! Dit getuig daarvan dat ons ons gelofte om hier ter plaatse vir Hom ‘n huis tot sy eer op te rig, agter ons rug werp. Twyfel ons dan aan die egtheid van God se belofte dat Hy vir ons ‘n God sal wees?

Die mense en selfs kerke van ons tyd is so besig om God en sy Woord in twyfel te trek dat dit gedurig bevraagteken en verander word. ‘n Ware geloof in die wese en karakter van God soos deur sy Woord aan ons geopenbaar, sal lei tot ‘n ootmoedige gehoorsaamheid aan Hom. En dalk is dit juis wat nodig is om hierdie vervalle volkshuishouding van ons weer te herstel – mense wat so gehoorsaam aan God se stem is dat hulle as kragtige instrumente in sy Hand kan dien?

Noag sou nie sonder geloof die ark gebou het en sy huisgesin in die lewe gehou het nie. Abraham sou nie sonder geloof bereid gewees het om sy seun Isak aan God “te offer”en daarna die vader van ‘n menigte kon word deur God se guns nie. Dawid sou nie sonder geloof soveel koninkryke kon oorweldig nie. Sonder geloof sou al hierdie mense niks buitengewoon beteken het nie. En net so sal ons as volk sonder geloof niks buitengewoon op hierdie kontinent beteken nie; nog minder sal ons sonder geloof ‘n toekoms hier sien. Daarenteen sal ons deur geloof ‘n vertroue kan hê op die dinge wat ons hoop, al kan ons dit dalk nog nie sien nie. . .

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1081 gaste aanlyn