NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

’n Goeie omskrywing van ’n ware vriend – iemand wat in jou nood by jou is terwyl hy eintlik op ’n ander plek moes wees.

SONDER DIE LIEFDE ...

Hannes Ollewagen

1 Kor. 13:1-13

AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek n klinkende metaal of n luidende simbaal geword. En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie. (:1-3).

Ons as mense raak so maklik in gewoontes vasgevang. Ons doen dan naderhand dinge bloot uit roetine, uit gewoonte sonder om te besin waarom ons dit dalk doen. Dink maar gerus hoeveel mense uit gewoonte in die oggend werk toe gaan eerder as met n gesindheid dat hy/sy die voorreg sal hê om n positiewe verskil in ander mense se lewens te gaan maak. n Gesindheid dat ek met n liefdevolle optrede n ander persoon se lewe kan verbeter en/of se las kan ligter maak.n Gesindheid dat God my nog eens die kans gun om die gawe van n nuwe dag te omarm en opnuut te poog om sy liefde aan diegene rondom my te bewys.

Ons sien ongelukkig dan ook in ons dag net soveel mense wat uit gewoonte kerk toe gaan. Ons gaan kerk toe, want dit is hoe ons grootgemaak is. Ons gaan selfs na n spesifieke denominasie toe, want dit is die kerk waarin ons grootgeword het. Die feit dat daardie kerk dalk lank nie meer dieselfde leer verkondig as in die tyd toe ons grootgeword het nie, bedink ons nie vir n oomblik nie. Die feit dat dwaalleer getuig van n gebrek aan liefde vir God laat my nie ywerig soek na n ander geestelike heenkome waar God wel in liefde aanbid word nie omdat my eie liefde dalk maar baie flou is. Indien ons wel na die huis van God gegaan het omdat ons Hom van harte liefhet, sou ons hierdie dwalinge ongetwyfeld kon bemerk.

Dit is tog duidelik dat die liefde n ereplek in ons lewens behoort te hê. Maar hoe lyk liefde? Hoe sou ons liefde definieer of hoe sou ons dit omskryf en verduidelik? Hierdie beskrywing word vir ons pragtig gedoen in verse 4-7 van ons gelese gedeelte. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Wanneer ons hierdie lys van dinge wat liefde sou omskryf of definieer lees, sien ons hoedat ons die toets van liefde nie slaag nie. Hoeveel lankmoedigheid is daar in my lewe teenoor my naaste? Ons het mos n misplaaste lankmoedigheid in ons tyd ons is lankmoedig teenoor ongeregtigheid en onverdraagsaam teenoor mekaar. En God verwag in werklikheid van ons onverdraagsaamheid teenoor die ongeregtigheid en lankmoedigheid teenoor mekaar.

Hoeveel vriendelikheid sien ons nog in ons tyd? En nou praat ek van opregte vriendelikheid en nie n skynheilige of oppervlakkige kamma belangstelling in iemand se lewe nie? n Vriendelikheid wat diep uit die hart kom –‘n vriendelikheid wat iets binne die persoon wat daardie vriendelikheid ervaar, kan aanroer.

Ek wonder of is daar darem nog van ons wat verstaan om saam met ons naaste bly te wees wanneer goeie dinge in die lewe na hulle kant toe kom eerder as om hulle met jaloesie te bejeën? Ons moet van harte saam met ons naaste verheug kan wees oor hulle voorspoed en geluk eerder as om in ons harte jaloers te wees en dalk te dink dat God net aan ander goed doen terwyl dit voel asof Hy van my vergeet.

Ek kan ook nie help om te wonder of ons nog verstaan om beskeie te wees nie. In die tyd waarin ons leef met die mens wat tot n afgod verhef word, is dit algemeen om mense se grootpratery te hoor. Dit is die een prestasie op die ander en die een hoogtepunt in hul lewens na die ander. En die feit dat hierdie onbehoorlike grootpratery dalk n ander minderwaardigsou laat voel, is mos irrelevant.

Die verbitterdheid in families teenoor mekaar, die onwelvoeglike optrede van mense asook die selfsugtige hebsug van elkeen om net sy eie belang te soek, is alles dinge wat verder daarvan getuig dat ons volk die toets van liefde op hierdie punt van ons bestaan nie slaag nie.

Ons sal met erns moet besin oor die belangrikheid van die liefde in ons lewens. Ons sê dat ons God n God van liefde is. Ons bely en getuig ook dat gelowiges op so n wyse moet leef dat die beeld van God in hul lewens sigbaar is. Dit is dus ondenkbaar dat n persoon wat hierdie waarhede bely n lewe kan lei waarin liefde nie sy regmatige plek inneem nie.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1465 gaste aanlyn