NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Krisisse kan ‘n mens, om ‘n bietjie woordspeling te gebruik, of beter of bitter maak.

OM EENSGESIND TE WEES

Hannes Ollewagen

Rom. 15:1-13

En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, (:5).

Die Here stel dit vir ons duidelik in sy Woord dat Hy van ons verwag om eensgesind onder mekaar te wees. Die brief wat Paulus aan die Romeine skryf, bevat telkens hierdie vermaning. ...wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; (Rom. 6:16). Eweneens skryf hy sy brief aan die Filippense wat hulle in hoofstukke 2 en 3 tot eensgesindheid maan. Maar wat ons reeds bereik het laat ons volgens dieselfde reël wandel, laat ons eensgesind wees. (Fil. 3:16).

 

Die Here Jesus Christus waarsku ons teen die gevaar van verdeeldheid. Verdeeldheid wat natuurlik die teenkant van eensgesindheid is. ...Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en n huis wat teen homself is, val. (Luk. 11:17). Daar lê‘n bykans onstuitbare krag in eensgesindheid. Maar daarteenoor ook n ongekende vernietigende krag in verdeeldheid.

Die magte in ons Vaderland wat n gelowige en Godvresende volkshuishouding van die Afrikaner tot n val wou bring, het hierdie waarhede ter harte geneem. Hulle het daarvoor gesorg dat ons eensgesindheid onder mekaar vernietig word waarna hulle smalend kon toekyk hoedat ons onder mekaar ons eie vernietiging sou bewerk.   Hulle sou sien hoedat jare se harde werk en opoffering van voorgeslagte met die vuur van verdeeldheid tot niet gemaak word.

Mense sug in barensnood om verlossing uit die ellendige staatkundige bestel waarin ons tans moet probeer oorleef. n Bestel waarin bedrog, korrupsie, leuens, agterdog en alles met sataniese karaktertrekke hoogty vier. En die owerste van hierdie wêreld sit smalend en wek moedeloosheid by mense oort hy só stewig gevestig is ent hierdie toestand, hierdie koninkryk van hom, onwrikbaar vas staan.

Ons moet besef dat ons krag nie in getalle lê nie, want ons krag is nie uit onsself nie. Ons krag lê in God by wie dit nie aankom om deur baie of deur min te verlos nie. Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie. (1 Sam. 14:6). Ons moet ewe goed begryp dat ons God n God van vrede is. Chaos, wanorde en verdeeldheid is teen sy heilige Wese. Ons sal ons nie op sy hulp, redding en bystand kan beroep wanneer hierdie dinge algemeen onder ons gekoester word nie.

As ons ons op God se hulp en redding wil beroep, sal ons bereid moet wees om op sy bevele ag te gee. Ons sal daartoe bereid moet wees om Hom te gehoorsaam. Ons sal daartoe bereid moet wees om aan Hom diensbaar te wees. Ons kan nie God se hulp inroep om vir ons in te tree as ons self die bevelvoerder in die stryd wil wees nie wat n arrogante houding is dit nie! Dit is wanneer ons elkeen vir diens aanmeld met dieselfde gesindheid as wat daar in Christus Jesus was dat ons in ootmoedige eensgesindheid God se krag onder ons sal sien werk. Dit is wanneer ons nie elkeen ons eie koers wil inslaan, die grootste wil wees, die eer wil ontvang, die redder en held wil wees, die sterkste wil staan nie, maar eerder in nederige ootmoed na die wil van God opsien en bereid wees om te offer wat ook al Hy van my vra dat sy leiding ons sal lei tot daar waar ons op die hoogtes van die aarde kan tree.

Ek wonder of daar enige vader onder ons is wat daarvan hou om te sien hoe sy kinders met mekaar twis? Is dit vir n vader lekker om te sien dat sy kinders nie met mekaar wil praat nie, nie oor mekaar se welstand omgee nie, elkeen net na sy eie belang omsien net vir sy eie huis hardloop soos wat die profeet Haggai dit stel in hoofstuk 1:9:Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop. Maar ons Vader in die hemele moet daarmee tevrede wees wanneer ons op hierdie wyse teenoor mekaar handel?

Ons sal eerder vroeër as later moet besef dat die aanslag teen die gelowige Afrikanervolk met sy sedes, norme en waardes na n hoogtepunt gedryf word. Die geestelike aanslag wat nou tot op die spits gedryf word, sal met n baie kragtige fisiese aanslag opgevolg word. Individue sal nie hierteen opgewasse wees nie. Die grootste volk op aarde sal nie daarteen opgewasse wees indien daar verdeeldheid in daardie volk heers nie. Maar hier ter plaatse sal een van die jongste volke op die volkere-verhoog moet besluit of ons die krag wat daar in Godvresende eensgesindheid lê gaan opneem en of ons in verwaandheid ons lelik gaan misreken om te dink dat ons elkeen sterk genoeg gaan wees om hierdie aanslag te trotseer. . .

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1536 gaste aanlyn