NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene is nie volmaak nie, hulle is in die proses van ontwikkeling

DIE SWAARD UIT SY MOND

Hannes Ollewagen

Openbaring 1:9-20

En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. (:16).

Baie mense verkies om die boek Openbaring te vermy. Dit mag wees dat die oordeel en grimmigheid hierin hul dalk verskrik en dat hulle nie daarmee gekonfronteer wil word nie. n Mens hoor ook menige Bybelstudent wat sal sê dat hierdie boek in die Bybel vir hulle moeilik is om te verstaan. Ons moet onthou dat Openbaring deel vorm van die volkome Woord van God en n grondige kennis van die hele Bybel baie van die verborgenhede in Openbaring vir ons sal oopmaak.  

Ons lees in vers 16 van ons oordenking dat n skerp tweesnydende swaard uit die mond van die Seun van die mens uitgaan. Ons sal in Openbaring 2:16 verder lees van hierdie swaard waarmee die Seun van die mens stryd voer. Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond. Dit is vir ons uit die gelese gedeeltes asook Hebreërs 4:12 volkome duidelik dat die swaard uit sy mond die Woord van God is. Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Ons beleef nie alleen in ons Vaderland nie, maar wêreldwyd, dat daar stryd gevoer word om van die Woord van God ontslae te raak. Die Woord moet verwyder word van die staatkundige terrein. Dit sou kwansuis diskriminasie wees om een geloof bo n ander te verhef en daarom moes die Oppergesag van God ook in ons land uit die grondwet geskryf word. Daar word ywerig gewerk om die gesag van die Woord te verag en dit te verwyder, omdat mense nie die waarheid daarvan wil hoor nie. Ek wil nie hoor dat ek n gierigaard is nie! Ek wil nie hoor dat homoseksualisme verkeerd is nie. Ek wil nie hoor dat ek nie n tweede, derde, vierde of hoeveelste vrou ookal mag trou nie omdat egbreuk n sonde voor God is! Ek wil nie hoor dat ek nie my sake volgens reg besorg nie. Ek wil nie hoor dat ek as jongmens my drange moet beheer nie, want ek is mos jonk en moet my lewe geniet.

Wanneer egter droogte en ellende die land tref wil almal skielik bid tot Jesus wat nou moet red wat die mens in ongehoorsaamheid vernietig het. Hy blyk welkom te wees om te red en te blesswanneer die mens dit so wil, maar om Hom te eer deur sy regverdige verordeninge in die Woord in ootmoed te gehoorsaam, is nie ter sprake nie.

Daar is op hierdie stadium n fel aanslag om die Woord dan ook finaal uit skole te verwyder. Ironies genoeg dat in die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika wat kwansuis van vrede, liefde en verdraagsaamheid aanmekaargesit is, daar so min verdraagsaamheid jeens die Christelike lewensbeskouing is. Diegene wat van die Christelike skole verskil wil nie hul eie rigting gaan en hul eie skole op hul nie-Christelike manier bedryf en die Christelike skole met rus laat om dieselfde te doen nie. Nee! Die Christelike skole moet wegdoen met hul Christelike etos! Die Woord moet verwyder word. Dit klink amper na die eggo van die kreet by Golgóta.

En nou word die eerste geluide ook gemaak dat predikers dalk eersdaags sal moet registreer om op só die Woord van God te probeer aan bande te lê. Baie verskuilde redes word hiervoor aangevoer, maar as grondslag daarvan lê weer eens die beskerming van n goddelose grondwet teen die waarheid van die Woord wat God.

Dit bly vir die goddelose maar swaar om met die Woord van waarheid gekonfronteer te word. Ons moet egter nie vreesbevange en moedeloos raak en dink dat ons die eerste geslag is wat hierdie stryd voer nie. Die Psalmdigter het alreeds in Psalm 2 dieselfde stryd pragtig omskryf. Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die HERE spot met hulle. (:2&3).

Ons as gelowiges het die verantwoordelikheid om in gehoorsaamheid aan die Woord ook deur ons lewenswandel die woord te verkondig. Op hierdie wyse sal ons op n deurlopende grondslag die goddelose met hierdie waarheid konfronteer al sou hul dan poog om die Woord uit die samelewing te verwyder. As hulle dan hul ore toestop, laat hulle die boodskap met hul oë raaksien!

Dit is alles behalwe aangenaam om te aanskou hoe dit wat vir ons as gelowiges baie kosbaar en heilig is deur die heidendom verfoei, vertrap en verag word. Laat ons egter vir geen oomblik daaraan meedoen nie, maar veel eerder onsself des te meer toespits om in groter eerbied en gehoorsaamheid ons Koning te eer.

Uiteindelik moet ons ook nie ons hoofde in moedeloosheid laat hang as mense wat oorwin is nie, want ons weet dat die Woord sal regeer. Ons weet dat Jesus selfs die dood oorwin het en dat Hy tot in ewigheid leef. Ons kan by Hom skuil in hierdie stormagtige tye met n geloofsvertroue dat Hy in sy alwysheid die regte tydstip sal aangryp om die goddelose regverdig te oordeel. Hy sal teen die goddelose stryd voer en ook uiteindelik as Oorwinnaar uit die stryd tree.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1309 gaste aanlyn