NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geen mens kom weens sy goedheid in die hemel nie, slegs deur die bekering. Gaan net slegte mense hel toe?  Staan net hulle name in die boeke van die oordeel geskryf?  Nee, daar staan ook die name van baie goeie mense geskryf – vaders, moeders, kinders, vriende; wonderlike mense want net nooit tot bekering gekom het nie – mense wat u en ek baie goed ken en met wie ons betyds moet praat!

IN DIE SPORE VAN GEREGTIGHEID . . .

. . . OM SY NAAM ONTWIL

Hannes Ollewagen

Psalm 23:1-6

“...Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.” (:3)

Sommige sal sê – “Jesus het reeds vir ons sondes gesterf en daarom kan ek leef soos wat ek wil en steeds die saligheid beërwe”.  Die Woord van God leer ons egter anders.  ‘n Persoon wat die dood van Jesus Christus probeer gebruik om sy gewete te sus eerder as om vrygemaak te word van die mag van sonde, sal die saligheid misloop.  Die saligheid is ‘n genadegawe van God aan Sy kinders wat die sondige lewe afgesterf het om in Jesus weergebore te word tot ‘n lewe van geregtigheid.  “Jesus antwoord en sê vir hom:  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”  (Joh. 3:3).  “...Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?”  (Rom. 6:2).

Waarom leef ek ‘n vroom en opregte lewe?  Is dit om mense te behaag en sosiaal-aanvaarbaar te wees of is dit dalk om daardeur te probeer om verdienstelik voor God te wees?  Die antwoord is veronderstel om te wees dat dit juis is omdat ek God se onderverdienstelike guns aan my besef en opregte dankbaarheid daarvoor het.   My antwoord is veronderstel om te wees dat ek graag streef na ‘n lewe van heiligmaking, na ‘n lewe van geregtigheid in die voetspore van Jesus Christus omdat ek uit Hom gebore is en streef na ‘n lewenswandel wat Hom welbehaaglik sal wees.  “My kinders, laat niemand julle mislei nie:  wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.”  (1 Joh. 3:7)

Diegene wat die offer van Jesus Christus se lewe probeer gebruik as ‘n verskoning om ‘n sondige lewenswandel te probeer regverdig, is op ‘n dwaalweg wat nie lei na die ewige saligheid nie.  Wanneer ‘n mens hierdie oortreding begaan, kies jy om die verkeerde, die sonde in jou lewe te troetel eerder as om dit te bely en te laat staan.  Jy kies derhalwe doelbewus om verkeerd te doen en probeer bloot vermaning en teregwysing ontwyk.  “Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af.  Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, ...”  (1 Joh. 3:8&10).  As Christus dan gekom het om die werke van die duiwel te verbreek, waarom sou Hy weer daarmee versoen wanneer Hy die ereplek op jou hart se troon ingeneem het?  God sal in der ewigheid nie met die ongeregtigheid versoen nie!

Ons raak so maklik verstrengel in strewes van ydelheid hier op aarde.  Ons probeer so hard om met ons naaste te kompeteer en te wedywer dat ons vergeet om mekaar lief te hê.  Ek probeer eerder kyk of ek nie altyd ‘n beter huis, ‘n groter plaas en mooier voertuig as my broer kan bekom nie – eerder as om my naaste wat dit dalk swaar het, te help waar dit vir my moontlik is.  Ek dink dat ek my “geregtigheid” aan mense kan toon deur die weelde en grootheid van my materiële welvaart, want as dit met my finansieël goed gaan kan ek vir almal wys dat ek deur God geseën word!  Ek wonder hoe geseënd het Jesus Christus gelyk in sy uur van nood op Gólgota?  Met ‘n doringkroon op sy Hoof en uiterlik ellendig soos ek en u seker nog nooit was, maar innerlik reusagtig en vir ewig geseën deur God die Vader en verhef tot Owerste van alle mag deur sy geloofsgehoorsaamheid aan God!  “...Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! ...”  (Open. 1:5).

Jesus Christus was vir ons die toonbeeld van geregtigheid, die toonbeeld van ‘n lewe van gehoorsaamheid aan God.  Hy is ook deur Satan versoek, maar het hierdie versoekings weerstaan.   Hy kon sy Almag gebruik het om Homself te verlos ten tye van sy vernederende doodsuur waar Hy uitgejou is om Homself te red as Hy dan werklik die Seun van God is.  Dit was egter nie vir Jesus belangrik om die wêreld te probeer beïndruk nie, maar om getrou en gehoorsaam te wees aan die opdrag wat Hy van God die Vader ontvang het.

Raak vandag ontslae van daardie dinge in u lewe wat God nie behaag nie.  Moenie probeer om die verkeerde in u lewe  te regverdig nie, maar laat dit eerder staan nadat u dit met opregte berou bely het, want daardeur sal u eerder geregverdig word!  “AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.  As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en van alle ongeregtigheid te reinig.”  (1 Joh. 1:8&9).

Raak ontslae van die onsin dat goddelose mense dit beter het as regverdiges en voorspoedig is in hul weë.  Die goddelose se lewe dra dalk die skyn van geluk, maar daar waar vrede ontbreek, kan geen ware vreugde en blydskap wees nie.  Die samelewing mag dalk die boodskap probeer uitstuur dat daar weinig plek is vir Godvresende kinders in hierdie dae.  Laat ons hierdie selfde samelewing duidelik en kragtig met ons lewenswyse laat verstaan dat ons nie vir een oomblik probeer om hulle ter wille te wees nie, maar dat ons ‘n lewe van geregtigheid nastreef tot eer en verheerliking van die Naam van ons Koning wat dit alles waardig is en ons sal lei in die spore van geregtigheid – om sy Naam ontwil!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1514 gaste aanlyn