NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy naby God en sy oneindige genade leef hoef jy nie iets te sê nie; dit wys op jou gesig.

IS ONS HART VER VAN HOM?

Hannes Ollewagen

Matt. 15:1-20

“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” (:8).

In hierdie gedeelte spreek Christus Hom in geen onduidelike taal uit teen ‘n valse godsdienstigheid.  Daar is deesdae kwansuis geen probleem met multi-kulturele aanbidding en godsdiensvermenging nie.  Elkeen bid tot sy eie god, maar ons kan dit mos maar sommer almal saam doen.  Laasgenoemde redenasie skreeu ten hemele en ‘n volk wat hierdie siening huldig, staan op die rantjie van geestelike bankrotskap.

 

Waarom is mense bereid om so maklik kompromieë aan te gaan m.b.t. geloofsoortuigings?  Is dit dalk weens die feit dat hulle nie opreg is in hul Godsdienbeoefening nie?  ‘n Opregte gelowige is veronderstel om bankvas in sy oortuiging te wees.  Die feit dat jy bereid is om stoflike dinge op te offer ter wille van jou geloofsoortuigings is tog die stempel van opregtheid oor jou geloofslewe.  Dit bevestig dat jy só sterk glo dat jy bereid is om skade te ly t.w.v. jou geloofsoortuigings.

Waarom word mense so maklik rondgeslinger deur valse leringe en dwaalleraars?  Is dit dalk omdat hulle nie ‘n grondige kennis van die Woord het nie en geen persoonlike verhouding met Jesus Christus nie?  Wanneer jou geloofslewe ‘n blote tradisie is, is jy op ‘n glibberige dwaalweg en jou struikeling is feitlik gewaarborg.  Ongeag die kerkverband waaraan jy verbonde is, is godsdienstigheid nie welbehaaglik voor God nie.  Tevergeefs eer jy God uit gewoonte wanneer jou hart nie met Hom is nie!

Met die sondeval is die verhouding tussen God-en-mens intense skade berokken.  Ons sondige menslike natuur ontbreek ons aan die heerlikheid van God en deur die Verlossing van Jesus Christus is daar vir ons versoening.  Dit is egter geen tradisie wat gevolg moet word om met God te versoen nie, maar ‘n lewende verhouding met ons Middelaar.  Die besef dat Jesus aan God se reg voldoen het deur die skuld van ons sondes op Hom te neem en die volle losprys daarvan te betaal moet ons beweeg tot ‘n oorgawe van ons hart aan Hom.  Dit beteken dat Hy my Leidsman in die lewe sal wees – die Een wat vir my die weg na God se ewige heerlikheid sal aanwys.  ‘n Gelowige wat tot bekering kom en dink dat die geloofsverantwoordelikheid daarna afgehandel is se redenasie sal op die volgende neerkom:  Jesus het vir my die weg na saligheid aangewys, maar ek sal self by die eindbestemming kan uitkom.  Sou Hy die Heilige Gees na ons gestuur het om ons enduit op ons lewensweg te lei indien ons Hom nie nodig sou hê nadat ons tot bekering gekom het nie?

Wanneer ek in ‘n lewende verhouding met Hom leef, sal ek deurgaans met Hom kommunikeer deur gebed en gereelde Bybelstudie.  Ek sal ‘n strewe daarna hê om my lewe te ondersoek en my swakhede in gebed aan Hom te bely.  Ek sal nie sondige gedagtes en begeertes in my hart koester nie, maar dit eerder bestry en sodoende deur God se hulp en leiding daarvan verlos word.  ‘n Lewende verhouding met my Skepper sal daartoe lei dat ek nie verwyderd van Hom wil leef nie en wanneer daar skeiding tussen my en Hom ontstaan, sal ek ondersoek wat die oorsaak vir hierdie verwydering is en dit uit my lewe verwyder en na versoening met Hom hunker.

Ek wonder vandag waar die Afrikaner se hart oor die breë lê?  As dit by Hom is, waarom lyk ons eens pragtige land na ‘n wildernis?  As ons volk se hart by Hom is, waarom is Hy nie meer welkom in kerke en huisgesinne nie en waarom word Hy nie meer in gehoorsaamheid geëer nie?  As ons volk se hart by Hom is, waarom is ons daagliks besig om geld, sport en wêreldse plesier na te jaag terwyl sy huis hier ter plaatse aan skerwe lê?  As ons hart by Hom is, waarom is ons hart nie verskeur wanneer sy koninkryk hier benede skerp aangeval word nie?  As ons hart by Hom is, waarom laat ons toe dat sy Naam in ons huise oor die televisie belaster word en waarom is daar meer tyd vir die televisieprogramme in ons huise as wat daar vir Hom is?  As ons hart by Hom is, waarom is daar nie meer plek vir die viering van ‘n dag soos Hemelvaart tot sy eer nie?

As ons hart waarlik by Hom is, sal ons dade daarvan moet getuig.  Dit sal in ons lewens sigbaar moet wees dat ons eie gedagtes en slegte begeertes vir Hom plek gemaak het.  As ons eie gedagtes nie vir Hom plek maak nie sal ons Hom ook tevergeef eer deur die leringe van mense vrugteloos na te jaag.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1631 gaste aanlyn