NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ongelowiges bevind hul dikwels in die put van die dood.  So ook gelowiges soos koning Dawid in Ps.40.  Gelukkig kyk gelowiges met ander oë na die put en weet dat hulle nie vir altyd daarin sal wees nie en dat God ook hul hulpgeroep sal hoor en die verlangde verlossing voorsien.

DEURGROND MY, O GOD!

Hannes Ollewagen

Psalm 139:1-24

“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (:23&24).

Ons weet dat koning Dawid ‘n besondere man in God se oë was.  Ons leer uit die Psalms wat Dawid geskryf het dat hy weliswaar ‘n besonder noue verhouding met God gehad het.  Daar was egter ‘n eienskap van Dawid wat hom, soos menige ander geloofshelde, laat uitstaan het bo sy tydgenote.  Hierdie eienskap was natuurlik die opregtheid waarmee hy God gedien en liefgehad het.

Ons lees in Génesis 6:9 van Noag wat ook ‘n opregte man was.  “…Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote…”  Hierdie selfde eienskap was ook in Job se karakter duidelik waarneembaar en dit het God klaarblyklik behaag wanneer ons kyk met watter behaaglikheid Hy hierna verwys in Job 1:8: "En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.”

Ek wonder hoeveel mense in vandag se lewe nog ag gee daarop om opreg te wees.  Ons lewe in ‘n wêreld van soveel nagebootse dinge waarin mense die heeltyd ‘n front probeer voorhou ten einde ‘n bepaalde posisie en status te behou.  Dit is hierdie voortdurende front wat mense moet voorhou wat hulle so geestelik afmat dat hulle feitlik alle lewenslus verloor en ophou om te lewe en maar net ‘n bestaan van dag-tot-dag begin voer.

Dit is vir gelowiges baie belangrik om daadwerklik ag te gee aan opregtheid.  As kinders van die lewende God moet ons daarna streef om opreg te wees teenoor ander mense, maar ook teenoor God.  Dit is wanneer ons opreg is met God dat ons ook met vrymoedigheid tot sy troon kan nader in ons gebede.  Dit is met opregtheid wat ons ons swakhede voor Hom moet bely, ons hartseer in sy hande moet plaas en ons vrese en probleme met Hom moet deel.

Daar is soveel mense wat fyn opgevoed is en baie “christelik” voorkom in hul lewens terwyl hulle God nie waarlik ken nie.  Daar is soveel mense wat godsdienstig is, maar ‘n ware verhouding met hulle Verlosser is nie ‘n realiteit in hul lewens nie.  God wil nie hê dat ons  bloot godsdienstig moet wees nie, maar dat ons Hom in opregtheid moet dien met ons hele hart, siel en verstand.  Hy verwag dat ons geloofsverhouding nie ‘n aangeleerde gewoonte sal wees nie, maar ‘n lewende en opregte verhouding, want Hy is ‘n lewende God!

 

Dit is wanneer ons opreg is in ons verhouding met God dat ons nie die verkeerde in ons lewens probeer miskyk en verberg nie, maar dit eerder in nederigheid voor God bring ten einde die verkeerde in ons lewens te oorwin.  Dit was met opregtheid dat Dawid sy skuld van owerspel voor God bely en ook laat staan het en derhalwe vergifnis daarvoor kon ontvang!  Dawid het nie sy sonde bely omdat hy bang was dat hy sy aansien of koningskap sou verloor nie, maar omdat hy opreg bedroef was dat hy God teleurgestel het in sy lewe.  Ek en u is ook veronderstel om uit dankbaarheid vir die verlossing wat ons reeds ontvang het deur die Soenbloed van Jesus Christus ons swakhede voor Hom te bely en te laat staan omdat ons Hom nie wil bedroef of teleurstel nie.

Hoeveel mense is maar net godsdienstig in die hoop om iets van God te ontvang?  Hoeveel mense dien God maar net uit vrees dat slegte dinge met hulle sal gebeur indien hulle nie kerk toe gaan nie?  Wanneer ons ‘n skynheilige lewe leef, verloor ons die vrymoedigheid om met God te praat deur gebed.  Dit laat by ‘n mens ‘n skuldgevoel ontstaan en vervreem jou van God indien jy nie daadwerklik daaraan aandag skenk nie.

Dit is dalk nodig dat ek en u ook opnuut stilraak vandag en peins oor hoe opreg ons werklik met God is?  Onthou, dit is nie nodig om u swakhede en sondes vir Hom te probeer wegsteek nie, want dit is in alle geval nie moontlik nie.  Daar is selfs nie eers ‘n gedagte wat vir Hom verborge is nie.  “U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.  U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.  Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al.”  (:2-4).

Die vraag is dan ook of ek in opregtheid God wil gehoorsaam?  Sal ek ook selfondersoek in my lewe instel ten einde die dinge wat Hom mishaag te laat staan?  Kan ek en u ook met ‘n opregte hart vir God uitnooi om in ons lewens ondersoek in te stel om ons harte en gedagtes te deursoek en te toets ten einde Hom toe te laat om ons op die ewige weg te lei?

Kom ons vra vandag vir Hom: Kom deurgrond my o God en lei my op die ewige weg.

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1348 gaste aanlyn