NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit is nooit vanselfsprekend dat ons nie alleen is nie. Dit is slegs genade, oneindige genade, as ons nie alleen is nie. Juis in die massas, die stadsgewoel, tussen derduisende gesigte van vreemdelinge en selfs bekendes, is mense op hulle eensaamste. Bid wanneer jy eensaam voel want gebed plaas jou in die teenwoordigheid van engele – daar kan jy nooit eensaam wees nie.

LAAT ONS SKYN VIR JESUS (6)

... DEUR AAN DIE WOORD VAN DIE LEWE VAS TE HOU

PINKSTER 2013

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Pinksterreeks 2013

“...deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie” Filippense 2:16.

Om vir Jesus se skyn deur selfondersoek (1), met vrees en bewing (2), deur God in ons toe te laat (3), sonder teëstribbeling (4) en soos kinders sonder gebrek te wees (5) is iets baie belangrik nodig, iets waarsonder ons lig nie kan skyn nie; die woord van die lewe.   Soos wat ’n lamp nie sonder olie kan skyn, kan ons lig nie sonder die olie van die Woord van die Here skyn nie.   Soos olie vir die lamp, is die Woord van God vir getuienis!

Die Bybel leer ons om ons lewe te ondersoek. “Deurgrond my, o God en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart en lei my op die ewige weg” (Ps.139:23, 24).   Die Bybel leer ons die vrees van God.  Dit word ook die swaard van die Gees genoem en ’n onontbeerlike element om God toe te laat om in ons te werk.    Deur die Bybel te bestudeer, sien ons hoe gevaarlik dit is om te kerm en te kla – en  met behulp van die Woord kan ons vlekkeloos soos kinders sonder gebrek leef.

Om al hierdie dinge te laat gebeur, moet ons aan die woord van die lewe vashou.   Leer uit die lewe van Esra, ’n jong priester in die OT wat sy volk uit die Babiloniese ballingskap gelei het.  Wat het ’n geestelike leier van hom gemaak? :  “Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die Here te ondersoek en te betrag en om Israel die insettinge en verordeninge te leer” (Esra 7:10).   Ja, die vrees van die Here is vir leiers die beginsel van wysheid.  ’n Leier wat misluk, vrees God nie!

Hoe hou ’n mens aan die woorde van die lewe vas?   Deur studie.  Moenie net die Bybel lees nie, leer dit ook.   Kan ’n mens ’n eksamen slaag deur die werk net deur te lees?   Nee, dit moet bestudeer word.  So ook met die Bybel.   Wie die Bybel wil bestudeer, moet ’n begeerte daarna hê. “...en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei” (1 Pet.2:2).

’n Liefde vir en kennis van die waarheid van die Woord vestig dit in jou lewe.  Antwoorde kom by jou op soos saad wat in goeie grond val:   “Daarom, doen afstand van alle vuilheid en oorvloed van boosheid en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red” (Jak.1:21).  En dis net moontlik deur daaglikse studie.

Hoor wat sê God vir Josua toe hy as opvolger van Moses aangewys word: “Hierdie wetboek mag uit jou mond nie wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees en dan sal jy met goeie gevolge handel” (Jos.1:8).

Kennis van die Woord verhoed dat jy dwaal of in sinnelose gesprekke beland.  “As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus …. dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ’n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe is in hul verstand en van die waarheid beroof is…Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim.6:3-5).

Om vir Jesus te skyn, moet ons die regte voorbeeld stel.  Daarvoor moet ons optrede Skrifgetrou wees: “Betoon jou in alles ’n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.   Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie” (Tit.2:7,8).

Die grootste gevaar wat gelowiges se lig kan verdof, is om net hoorders van die Woord en nie daders te wees nie.    Dit wat ons hoor, moet ons toepas.   As ons dit nie doen nie, mislei ons onsself.  Die Satan soek net hoorders, nie daders nie.

Die wêreld het genoeg mense wat praat, maar nie doen nie.   Alhoewel alles wat hul sê waar is, pas hulle dit nie in hul lewe toe nie.   Niks skaad ’n getuienis soos iemand wat sê dat hulle Christene is, maar dit nie is nie.   Laat ons nie net God se wil leer nie, maar dit ook soos ’n Esra van ouds toepas: “Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die Here te ondersoek en te betrag en om Israel die insettinge en verordeninge te leer” (Esra 7:10).

Daar word dikwels van die sewe wonders van die wêreld gepraat, maar wat van die sewe wonders van die Bybel?

  1. Die wonder van sy ontstaan.  Die wyse waarop dit ontstaan en oor ‘n tydperk van 1500 jaar gegroei het, is een van die wonders van alle tye.
  2. Die wonder van sy eenheid. Alhoewel dit net een boek is, is dit in werklikheid ‘n biblioteek van 66 boeke.
  3. Die wonder van sy ouderdom.  Dis die oudste van alle boeke.
  4. Die wonder van sy verkope.  Dis die wêreld se topverkoper.
  5. Die wonder van sy belangstelling.  Alle mensegroepe lees dit.
  6. Die wonder van sy taal. Alhoewel dit hoofsaaklik deur ongeletterdes geskryf is, getuig dit van hoogstaande literêre gehalte.
  7. Die wonder van sy bewaring.  Dis die mees gehate boek, desondanks bly dit vir ewig bestaan.

Ons het ’n groot taak om God se Woord aan ’n dwase wêreld te bring: “Maar julle is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wat toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is”  (1 Pet.2:9-10).

Die hoop van die wêreld lê daarin dat die lig die duisternis verdryf.  Daarom het God ons deur die Evangelie uit die donker na die wonderbare lig geroep en wil ons gebruik om ander te help.  Moenie nalaat om jou lig met ander te deel nie.  God het jou genoeg daarvan gegee!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1423 gaste aanlyn