NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Bybel skryf nie pynstillers vir lyding voor nie.  Dit skryf slegs God voor; nie as ‘n pynstiller nie, maar as Iemand wat ons bystaan, ons hand neem en ons deur ons aardse beproewinge help.

LAAT ONS SKYN VIR JESUS (5)

... SOOS KINDERS SONDER GEBREK

PINKSTER 2013

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Pinksterreeks 2013

“...sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte” Filippense 2:15.

Om vir Jesus te skyn, gee Paulus vir gelowiges nie net rigting en hoop nie, maar ook ’n waarskuwing.   Rigting deur selfondersoek, hoop deur ons daaraan te herinner dat God ons die nodige krag gee en ’n waarskuwing om nie te kla nie. Maar, waarom al hierdie voorskrifte?  Sodat ons soos dit kinders van God betaam, onberispelik en opreg in ’n verworde wêreld kan leef.

Ons moet anders as die wêreld wees, omdat die wêreld nie onberispelik en  opreg is nie.  Kinders van God bevind hul onder ’n krom en verdraaide geslag.   Mense wat anders leef, het ’n positiewe invloed op hul gemeenskap.

Wat beteken dit om sonder gebrek te wees?     Die Griekse woord amemptos beteken blaamloos in die sin van om geen fout/afwyking te toon nie; in Engels  flawless. Pilatus sê vir die Jode dat hy geen fout in Jesus vind nie.

Om sonder gebrek te wees, beteken nie om sondeloos te wees nie, maar om op so ’n wyse te leef, dat ons geen uitstaande foute het nie. “Betoon jou in alles ’n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregt-heid.   Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie” (Tit.2:7,8).

Indien ons uitstaande sondes het, sal mense ons boodskap nie ernstig opneem nie.  Veral as ons hulle op hul foute wys!   Ons moet leef soos ons sê.  Om dit te vermag, moet ons daaglikse selfondersoek instel.  En as ons sondig, onmiddellik ons skuld bely.   En as ons ander vermaan, moet dit in die gees van opregtheid, geduld en menslikheid doen.

“...en ’n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid  teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen” (2 Tim.2:24-26).

Wie vir Jesus wil skyn, moet niemand benadeel nie.   Hy moet onberispelik en derhalwe skadeloos wees.  Die Griekse woord vir skadeloos is akeraios wat beteken sonder ’n mengsel van boosheid, vry van skuld, onskuldig, eenvoudig.  Wat jy sien, is wat jy kry.   Hierdie woord kom slegs drie maal in die NT voor.  Die eerste keer wanneer Jesus die dissipels op hul eerste Sendingtog stuur en vir hulle sê: “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe” (Mt.10:16).   Die tweede keer wanneer Paulus die gelowiges in Rome vermaan om “onskuldig teenoor die wat sleg is” te wees (Rom.16:19).  Dit beteken om eenvoudig en reguit te wees.   Die derde keer in ons bg teksvers.

Gelowiges moet vry van enige vlek of vermoede van boosheid wees.  Ook nie uit twee monde praat nie.   Om vlekkeloos te wees is belangrik omdat dit die teenstanders beskaam maak.   Hoe verskil gelowiges nie van ongelowiges wat mense intimideer, pla en soms geweld gebruik om hul doel te verwesentlik nie!   Dis dwang!  In die politiek word vuil wasgoed uitgehang om ’n teenstander die loef af te steek.   “Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad kan word nie” (2 Kor.6:3).    “...want ons bedink wat goed is nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense” (2 Kor.8:21).

Om kwaad met kwaad te bestry, plaas gelowiges op die vlak van ongelowiges.  “..vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sovêr as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.   Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here” (Rom.12:17-20).

Om anders as die wêreld op te tree, is ’n uitdaging.  Ons is so geneig om kwaad met kwaad te vergeld, of om nie met die Woord van God rekening te hou nie.  As ons die harte van mense wil verander, moet dit in ooreenstemming wees met God wat harte verander deur die Evangelie van liefde, opoffering en genade.  As ons kinders van God is, sal ons die Hemelse Vader na-aap deur aan ander goed te doen.

Leef onberispelik want sonde verwoes ’n lewe.

Leonardo da Vinci was besig om sy Laaste Avondmaal te skilder en het na ’n model vir die Christusfiguur gesoek.  Uiteindelik het hy Pietro Bandinelli’n koorknaap in Rome gekies, ’n mooi jongman met ’n skoon lewe.   Die jare het verbygegaan maar die skildery nooit voltooi nie.   Al die dissipels is geskilder behalwe Judas Iskariot.   Da Vinci het iemand gesoek met ’n harde gesig wat deur sonde verwronge is.  Uiteindelik het hy ’n besope bedelaar in Rome se agterstrate gevind met ’n harde misdadigergesig en nie eens sy naam gevra nie.  Toe Da Vinci klaar met die man was, het hy sy identiteit openbaar – Pietro Bandinelli en aan Da Vinci gese:  “Ek was ook jou Christusfiguur.  Dit is wat sonde aan my gedoen het!”

Skyn vir Jesus met jou onberispelike lewenswandel!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1560 gaste aanlyn