NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wonder ons soms waarom ons as 'n volk van die Here, nie rustig en in vrede kan saamleef nie, waarom ons voortdurend rusie met mekaar soek, mekaar verraai, verneder en vernietig? Daar is net een grondslag waar dit verkeerd geloop het: Jesus het die wetgeleerde op sy vraag wat die "groot gebod in die wet is" só geantwoord: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. En die tweede wat gelyk hieraan staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Ons verskeurde ou volkie weet nie meer wat naasteliefde beteken nie. En as ons die tweede gebod nie eers kan onderhou nie moet ons onsself nie bluf en dink dat ons God so liefhet as wat Hy ons beveel nie. En dan wil ons nog aanspraak maak op die voorregte van 'n volk van God!

LAAT ONS SKYN VIR JESUS (1)

...DEUR SELFONDERSOEK

PINKSTER 2013

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Pinksterreeks 2013

“Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing” - Filippense 2:12

Hoe vinnig verander die wêreld darem nie!  Ongelukkig nie ten goede nie, maar ten kwade!   Ons leef in ’n verworde samelewing wat met sy Handves van Menseregte en mense-verering niks van God of sy Gebod wil weet nie.  Die meeste mense aanvaar nie meer die standaarde wat jare lank gehuldig is nie.  Daar is vir eeue lank in God geglo, die Bybel as sy onfeilbare Woord aanvaar en in Jesus geglo.  Vandag nie meer nie.  Ja, alles het verander.  Wie vandag nog die eertydse grondliggende Bybelbeginsels huldig, word as uit pas met die tyd geëtiketteer – oudtyds en bleeksielig!

Ons leef in ’n na-Christelike era.  Dit raak nie net die gemeenskapslewe nie, maar het ook ’n negatiewe invloed op die kerklike lewe in Suid-Afrika.   Daarom verander dinge gedurig op kerklike gebied.  Vrouens beklee kerkampte, moffies word op kansels toegelaat en verdraagsaamheid word jeens afgodsdiens gepredik.   Saambly en homoseksualiteit word deur groot kerke as alternatiewe leefwyses aanvaar.

Hoe oorleef gelowiges in so ’n verworde wêreld?  Wat moet ons doen om die waansinnige rigting waarin ons land beweeg, effektief teen te werk?  Moet ons dinkskrums hou en soos die Derdewêreld mens met politieke mag, boikotte en ekonomiese afpersing dinge probeer verander?   Is die gebruik van geweld nie dalk tog ’n oplossing nie?   Ons sal iets moet doen om die verrotting te keer en ons kinders te beskerm!   Ons durf nie boedel oorgee en willoos saam met die  stroom swem nie!

Wat moet ons doen? Die Bybel het ’n aksieplan.  Paulus skryf in ’n voor-Christelike era aan die Filippense, gelowiges wat in ’n Griekse stad, Philippi, gebly het.  Hierdie stad was ’n kookpot van heidendom met sy veelgodery en sedelose lewensgang.   As Paulus vandag geleef het, sou hy heel waarskynlik oor dieselfde dinge aan ons geskryf het!   Dit waaroor hy aan die Filippense skryf, vertel ons wat om te doen om die aanslag van Satan te oorleef en aan ’n krom en verdraaide geslag leiding te gee.  As ons hierdie voorskrifte nakom, skyn ons vir Jesus soos ’n helder lig in ’n baie donker wêreld.

Om vir Jesus te skyn, moet ons eerstens introspeksie beoefen – hand in eie boesem steek.   Hoe ons elke dag leef, getuig van Jesus se teenwoordigheid òf van sy afwesigheid in ons lewe.   Ons trek mense na Jesus of ons stoot hulle weg.   Jesus leer ons ’n groot waarheid in sake introspeksie: “En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oogmerk jy nie op nie?  Geveinsde, haal eers die balk uit jou eie oog….” (Mt.7:3, 5).    Ons kan nie ander teregwys as ons eie lewe nie reg is nie.   Om vir Jesus te skyn, begin by selfondersoek.   Daarvoor moet ons oor ’n paar sake duidelikheid kry.

Eerstens: Dien ons Jesus met vrees en bewing? Is ons met eerbied en ontsag vir Hom gevul?  Hy is nie ’n speelmaat nie.   Om met Hom familiêr te wees, straal ’n negatiewe beeld na ’n verlore wêreld uit.  So ’n lewe getuig allermins  van ’n lig wat skyn; eerder van een wat kwyn!    Die charismatiese bewegings maak hulle dikwels hieraan skuldig.

Jesus praat baie duidelik van die vrees vir God: ”En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel” (Mt.10:28).

Om suksesvol vir Jesus te skyn, moet ons Hom toelaat om in ons te werk.  “En aan Hom wat mag het om te doen vêr bo wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk” (Efes.3:20).   God werk slegs met gewillige mense wat uit hulle gemaksone tree en geestelike skouer aan die wiel sit.

Aan die Weskus van Amerika is daar ’n kolonie bruin pelikane wat eeue lank hul bestaan uit die see maak.    Hulle het hard vir hul oorlewing gewerk.  Toe daar later van jare ’n visfabriek in hul omgewing opgerig is, het hulle van al die afvalvis wat in die see gestort is begin leef.  In plaas van daagliks vir hul kos te werk, het al hul kos op die water gedryf.   ’n Hele paar geslagte pelikane het so gemaklik grootgeword, vet en lui omdat hulle nie nodig gehad het vir hul kos te werk nie.   Toe die fabriek jare later sluit, was daar nie meer afvalkos nie en het die pelikane die dood in die gesig gestaar omdat hulle vet was en die vermoë om vêr te vlieg, verloor het.   Hulle was in ’n lewensgevaarlike gemaksone.   Al uitweg was om weer hard vir hul kos te begin werk.  ’n Soortgelyke ding het op geestelike gebied in Suid-Afrika gebeur.  Die Boerevolk het dit vir baie jare te maklik gehad.   Ons sal moet opstaan en opofferings maak om vir Jesus te skyn!

Om vir Jesus te skyn, moet ons God se wil sonder teëspraak of murmurering in ons lewens aanvaar ….en ophou kla!   Dis maklik om as dinge nie na wense verloop nie, te kla.   Laat oud-Israel vir ons ’n waarskuwingsles wees.   Hulle het God nie vir hul oorlewing in die woestyn vertrou nie en gevolglik gedurig gekla.   En God het ’n hele geslag van die klakouse in die woestyn laat sterf.   “En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie….Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons…” ( 1 Kor.10:10,11).

Om vir Jesus te skyn, moet ons onberispelik en opreg voor Hom en ons naaste  leef.    Dit beteken om nie opsigtelik te sondig nie.   En as ons sondig, moet ons dit bely.  Niks mag ons lig vir Jesus verdoof nie.  Selfs nie lewensgevaar nie.    “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe” (Mt.10:16).

Om vir Jesus te skyn, moet ons ook aan die woord van die lewe vashou.   Die Bybel is die enigste aanvalswapen in die wapenrusting van God (Efes.6).   Dis die instrument wat die Heilige Gees gebruik om die wêreld van sonde en geregtigheid te oortuig.   “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dis ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo…” (Rom.1:16).

Ons moet self daaraan vashou en dit soos ’n reddingsgordel aan die drenkelinge van ons ontspoorde volk uitgooi.    Esra het ’n mooi voorbeeld vir sy volk gestel en ’n sekere orde gevolg wat ons gerus ook kan volg:  “Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die Here te ondersoek en dit te betrag en om Israel die insettinge en verordeninge te leer” (Esra 7:10).  Esra het die Woord gelees, dit goed oordink en Israel daarna geleer om dit te onderhou.

Fil.2:12-16 leer ons hoe om vir Jesus te skyn en begin by eerbied vir God.  Wanneer ons Hom met vrees en bewing begin dien, sal ons Hom toelaat om in ons te werk.  Wanneer Hy in ons werk, doen ons sy wil sonder om te kla en leef ons soos kinders van God sonder gebreke en hou aan die waarheid van sy Woordvas.

Om vir Jesus te skyn, bring ook beloning.   Ons sal met die wederkoms ongekende vreugde ervaar en weet dat ons opofferings nie tevergeefs was nie!  Dan sal ons ook Jesus se woorde aan die flukse diensknegte hoor:“….Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal Ek jou aanstel.  Gaan in, in die vreugde van jou heer” (Mt.25:21).  “….Wees getrou tot die dood toe en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).

Ons gaan in die volgende paar aflewerings by elkeen van hierdie stappe stilstaan en leer hoe om vir Jesus te skyn.   Mag God ons genade gee om die oorblywende tyd op ons aardse parkeermeter reg te gebruik!

Lees reeks by Pinksterreeks 2013

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1392 gaste aanlyn