Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vasgevang in jou eie klein wêreld van nuttelose dinge? Stop dit! Net jy kan. Doen iets wat slegs tot eer van die HERE se naam strek, daar is so baie te doen; en sien hoe jou lewe betekenis en vreugde kry.
RAS- BEWUSTHEID...
...SONDE OF NIE?
Ds Andrè van den Berg
"Dit is werklik vreemd dat mense wat vir die bewaring van bedreigde dierespesies werk, lof toegeswaai word, maar wie hulle vir die bewaring van bedreigde rasse beywer, verguis word. Dit maak nie sin nie! "
Gen.11:1-8; Deut.32:1-8; Hand.17:24-28
Mense raak deesdae gou op hol as negatiewe dinge oor rasseverskille gesê word. Die openbare mening is al so hipersensitief daaroor dat dit sondermeer as polities inkorrek beskou en as rassehaat afgemaak word. God se naam kan eerder ydelik gebruik word as wat negatiewe dinge oor sekere rasse gesê word!
Dit bring ons by die vraag: Is rasbewustheid ʼn sonde? Sê die Bybel enigiets daaroor? Gelowiges wil enersyds nie rassehaat stook nie, maar andersyds ook nie ʼn blinde oog draai wanneer wette vir een rassegroep en uitsonderings vir ʼn ander een gemaak word nie. Dis onreg waaroor daar nie geswyg mag word nie: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).
Gelowiges mag inderdaad hul rasse-voorkeure uitoefen, solank as wat hulle nie onreg daardeur skep nie. Geen gelowige hoef van sy rasse-afkoms afstand te doen om vir God aanvaarbaar te wees nie. Geloof hef nie nasionaliteit as sulks op nie. God het geen behae in ʼn vaal, gelykmakende mensemassa nie; alleenlik Satan! Daarom het God verskillende rasse met hul eie leefwyse geskep.
Niks op aarde het toevallig tot stand gekom nie; dis alles God se wil.Ter wille van hul eie voortbestaan vereenselwig rasse hulle met hul eie rasse-soort en skei hulle in die proses van ander rasse af. Dis ook eie aan die diereryk waar indringers in sekere gevalle selfs verjaag word. God het die wet van die natuur ook vir die mens bestem; soort soek soort - afskeiding ter wille van voortbestaan.
Wie aan sy eie ras voorkeur gee omdat dit sy volkswaardes vertolk, durf nooit van rassehaat beskuldig word nie. Rasbewustheid is nie per sè rassehaat en derhalwe sonde nie. Rasbewuste mense hou ter wille van onderlinge vrede rekening met die werklikheid van rasseverskille.
Ek is nie ʼn rassehater nie, maar wel rasbewus en vra niemand daarvoor om verskoning nie. Die Woord sowel as die Gees van God sou my van sonde oortuig het indien dit verkeerd was. Nee, my rasbewustheid is nie die gevolg van ʼn sondige vooroordeel of rassehaat nie, maar is op wetenskaplike bevindinge en geskiedkundige feite gegrond. Dit het hoegenaamd niks met rassehaat te doen nie.
Rasseverskille is nie bloot pigmentasieverskille nie. Dis ʼn anderse lewensingesteldheid. Indien ek vir ʼn hondeteler sou sê dat alle honde eenders is en slegs van pelse verskil, sal hy my uitlag. Hulle verskil nie net van pels nie, maar ook van temperament. Ek sal eerder ʼn losloper poedel in die straat wil teëkom as ʼn Rottweiler!
Dit wat vir die dierewêreld geld, geld ook vir die mensewêreld. Rasse verskil in voorkoms en temperament baie van mekaar. Ongelukkig is die openbare mening al so mislei om rasbewustheid sondermeer as ʼn sonde te veroordeel. Nodeloos om te sê, het ontspoorde kerke ʼn groot aandeel hieraan!
Wat maak dat rasse van mekaar afskei? Genetiese verskille. Dis selfs in die diereryk opmerklik waar die natuurwet van soort soek soort ons oog elke dag opval. As dit nie vir genetiese afskeiding was nie, sou renosters met seekoeie en duiwe met spreeus gepaar het. Na baie jare van rassegelykheid verkies swartes nog steeds om met swartes om te gaan en blankes met blankes.
Die lewe is ʼn gawe uit die hand van God. Rasbewustheid kweek ʼn hartstog vir die lewe. Ongelukkig leef ons in ʼn land waar rassehaat met rassehaat beveg word en geen wenners oplewer nie. Skeiding lewer wel wenners op omdat dit wrywingsvlakke uitskakel.
Daarom skryf Moses: “Toe die Allerhoogste aan die nasies ʼn erfdeel gegee het, toe Hy die menskinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel” (Deut.32:8). Paulus sê: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek.... ” (Hand.17:26,27).
God het vóór die grondlegging van die wêreld besluit dat daar verskillende volke en rasse sal wees wat nie almal met dieselfde maatstaf gaan meet nie. Daarom het Hy deur middel van gebiedsgrense volke, nasies en rasse van mekaar geskei. Die geskiedenis lewer voldoende bewys dat goeie grense goeie bure maak. Gelowiges hoef nie heinings te verwyder om vir hul naaste lief te wees nie. Nêrens eis God se Woord dit van sy kinders nie.
God het wel ʼn behae daarin dat mense in vrede naasbestaan: “Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien” (Rom.14:19). En dis slegs deur naasbestaan moontlik; nie saambestaan nie. Let maar net op die spanning wat saambestaan geskep het tussen die Jode en Samaritane na die terugkeer uit die Babiloniese ballingskap!
Rasseskeiding het nog nêrens in die wêreld vrede versteur nie; rassevermenging wel. Let op die geskiedenis van Afrika waar rassevermenging dieselfde angs veroorsaak as wat tydens rassebotsings ontstaan. Daarom is dit ʼn ras se goddelike reg om hom van ander rasse af te skei. Daarsonder sal dit bly veg en selfs verdwyn!
Let op die Westerse volke. Die meeste streef etniese eenheid na omdat dit vrede en harmonie bring. Daarom is daar in Westerse lande meer vrede en eensgesindheid as by nasies met veelvolkige bevolkingsamestellings. Hoe eenderste ʼn volk is, hoe minder onderlinge spanning.
Rassevermenging ontwrig nie net die geslotenheid van ʼn ras nie, maar is ook ʼn bose aanslag op die handhawing van die Skepper se werk. God het verskillende rasse geskep en aan hulle verskillende karaktereienskappe en verstandelike vermoëns gegee. Hy het hulle selfs op verskillende vastelande van mekaar geskei. Wie die werklikheid van rasseverskille minag, vind dus met God se handewerk fout!
Rassevermenging loop altyd op ʼn gryse eenvormigheid uit wat nie tot God se eer strek nie, maar wel die Antichris s’n. Let op Paulus se woorde in Hand.17:27: “... sodat hulle die Here kon soek... ” Nasionalisme soek God, internasionalisme soek die mens.
Om ʼn verskeidenheid op ʼn eenheid af te dwing, is nie net kunsmatig nie, maar loop onvermydelik op rampspoed uit. Die reënboognasie is ʼn sprekende voorbeeld hiervan! Dit gebeur wanneer mense nie na gesonde rede en God se Woord luister nie. En dit sluit kerke in! Wie ongelykhede gelyk probeer dwing, skep net al hoe meer ongelykheid.
Die natuur is God se skepping. Dit spreek van A tot Z van verskeidenheid. Daarom sal verbastering altyd onnatuurlik wees en nooit aanloklik gemaak kan word nie. Geen wet kan dit wat God ongelyk geskep het, gelyk dwing nie. Daarom verbeter rassevermenging geen menseverhoudings nie. Dit breek eerder gesonde verhoudings af.
Let daarop dat oral waar met rasseverskeidenheid as ʼn God-gegewendheid rekening gehou word, baie meer vrede en harmonie bestaan. Dwase probeer tevergeefs rasseverskille gelykskaaf. ʼn Bulhond kan nooit afgerig word om soos ʼn windhond te hardloop nie!
Rasse word nie gelyk nie, maar wel verskillend gebore. Sommige haat mekaar daarvoor. Dis egter ʼn feit wat nie geminag kan word nie. Verskillende rasse het verskillende waardesisteme, uit en gedaan! Al die gepraat oor gelykheid is absolute onsin. Mense veroordeel graag dinge wat hulle nie verstaan nie.
Rassevermenging kan nie Bybels verantwoord word nie. Dit het inderdaad ʼn duiwelse karakter en is die produk van die mens se grootheidswaan soos eeue gelede met die bou van die toring van Babel gebeur het. Rassevermenging sal dit altyd onnatuurlik en kunsmatig bly en sal net so min slaag as wat die verbouing van suikerriet in die Sahara sal slaag!
Wetenskaplikes wat rasseverskille en rasse se gedragspatrone nagevors het, het dit nie om bose redes gedoen nie. Dis juis gedoen ten einde rassevrede te bewerkstellig. Desondanks het die beklemtoning van rasseverskille vandag 'n aartssonde soos egbreuk, verkragting en moord geword. Feit bly staan dat rassevrede nie sonder erkenning van en eerbied vir rasseverskille verkry kan word nie. Tragies genoeg sluit selfs kerklui hul oë vir hierdie waarheid.
Rassegelykheid het bykans ʼn nuwe kategismus aan die suidpunt van Afrika geword. Rassegelykheid klink miskien baie Christelik en liefdevol. Dis egter ʼn leuen en net so aanloklik soos die verbode vrug vir Eva in die tuin van Eden. Dit is werklik vreemd dat mense wat vir die bewaring van bedreigde dierespesies werk, lof toegeswaai word, maar wie hulle vir die bewaring van bedreigde rasse beywer, verguis word. Dit maak nie sin nie!
Let op die Bybel. Die OT lê opvallend klem op rassuiwerheid. Dit handel oor die geskiedenis van een ras nl. Israel wat gereeld in botsing met ander Midde-Oosterse rassegroepe was. Die OT benadruk gedurig hulle afkoms en roep Israel herhaaldelik op om haar gene nie met dié van ander nasies te vermeng nie. En op grond hiervan is rasseskeiding vir baie eeue tot voordeel van alle rasse toegepas.
Daarna is die mensdom meesterlik mislei om te glo dat sulke skeidings boos is en mense aangemoedig om hulle vir rassegelykheid te beywer. Dit het nie alleen ʼn onsmaaklike samelewingsontwrigting veroorsaak nie, maar ook ʼn astronomiese rassepolarisasie. Rassegelykskakeling het oneindig meer rassehaat veroorsaak as wat rasseskeiding ooit sou regkry.
Die rassegelykheidsleer is niks anders as ʼn moderne stuk bygeloof wat deur booswigte versprei en deur oningeligtes gesluk word nie. Hulle misbruik ook graag kansels vir hulle bose werk. Sulke mense is uiters gevaarlik. Hulle het die naam van evangeliebedienaar maar is in werklikheid wolwe in skaapsklere!