NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

“Hou maar net vas wat julle het,totdat Ek kom”- Openb.2:25

WAT MAAK JY MET JOU LEWE?

Ds Andrè van den Berg

“…..want die mens gaan na sy ewige huis en die rouklaers sal op die straat rondgaan”.

Koning Salomo was een van die mees bevoorregte mense op aarde, ’n man wat alles gehad wat sy hart begeer het; rykdom, kennis, aansien, weelde, selfs ’n 1000 vroue!   Desondanks het hy besef dat die lewe nie oor stoflike dinge gaan nie, maar oor iets baie dieper.  Hy wou dit vind ten einde reg te leef.

Die lewe is soos ‘n valskermsprong – jy moet dit die eerste keer regkry, jy kry nie ’n tweede kans nie!   Om te sterf, is nie ’n kuns nie; selfs die slegste mense kry dit reg.   Maar om reg te leef, is nie almal beskore nie.  Salomo het besef dat hy niks aan die lengte van sy lewe kon doen nie, maar slegs aan die diepte.   So ook ek en jy.  Ons moet ’n lewe leef wat saak maak.

Die lewe gaan baie vinnig verby.  Elkeen van ons kan daarvan getuig!  Die lewe is soos ʼn toilet-rolletjie; hoe nader dit aan die einde kom, hoe vinniger rol dit! 

  Die Woord van God sê dat elkeen se lewe ten einde gaan kom: “…..want die mens gaan na sy ewige huis en die rouklaers sal op die straat rondgaan”.

Daar kom ’n dag dat jy die son nie meer op jou sal voel skyn nie.   Daar sal geen minute, ure of dae op jou lewens-parkeermeter oor wees nie omdat die vlaggie verskyn het: tyd verstreke.

Elkeen van ons gaan oor 'n tyd weer ’n nuwe jaar vier waarvan ons die Oujaar nie gaan sien nie. Ja, daar gaan vir elkeen van ons ’n laaste dag aanbreek.   Ons is huurders van die lewe en God die Eienaar wat die huur enige tyd mag opskort.   Die dood het ‘n duisend deure waarby die lewe uitgelaat kan word.   Die omhulsel wat ons siele huisves is inderdaad broos!

Alles wat jy in die lewe bymekaargemaak het, hetsy geld of besittings sal eendag iemand anders s’n word en jou welvaart, roem en aansien verdwyn asof dit nooit was nie.  Niks sal verder enige waarde hê nie; nie jou besittings, kwalifikasies, stokperdjie of wat ook al nie.   Ook die lelike dinge in jou lewe soos wrokke, afkeure, frustrasies en jaloesie verdwyn vir altyd.   So ook jou hoop, strewes, planne en verlangens.  Alles is met sterflikheid deurweek.  Oor alles staan geskryf: TYD VERSTREKE

Op daardie dag is al daardie dinge wat so baie van jou tyd in beslag geneem het, nie verder belangrik nie; ook nie van waar jy gekom of in watter woonbuurt jy gewoon het.   Dit maak selfs nie verder saak of jy mooi of slim was nie.

Die Arabiere sê dat die dood soos ‘n swart kameel is wat enige tyd by enigeen se tent mag inloop.   Dis waar!   Die dood vat nie net die arm man se koei nie, maar ook die ryk man se kind.   Ná ʼn skaakspel word die koning en die pionne in dieselfde kassie gebêre.

Kom ons wees egter positief:  Wat maak werklik in die lewe saak?    Salomo worstel dwarsdeur die boek Prediker met hierdie vraag.   Wat is die maatstaf waaraan ons waarde op aarde gemeet word?   Hierdie waarde word nie deur die dinge wat ons koop bepaal nie, maar aan dit wat ons vir God en ons medemens doen.   Niemand is al ooit vereer vir dit wat hy ontvang het nie, maar vir wat hy gegee het.   Nie ons suksesse nie, maar ons betekenis vir ons medemens is die dinge wat in die lewe saak maak.    Dit wat jy met jou goeie voorbeeld nalaat, is ’n erfporsie wat baie lank hou.

Hoe lyk jou lewe?  Getuig jou optrede van inbors, medelye, opofferings en ander dinge wat mense se lewens verryk?    Het iemand al in ’n oomblik van nood sterk gestaan omdat jy vir hom ’n voorbeeld is?  Solank as wat jy vir iemand iets beteken, het jy ’n rede om te leef.

Bevoegdheid is ’n wonderlike bate.  Desondanks is dit nie wat mense na jou toe trek nie, maar jou karakter.   Ook nie hoeveel mense jy geken het nie, maar hoeveel mense jou na jou dood gaan mis.   Dit moet verskriklik wees om te sterf, maar nie gemis te word nie!

Laat derhalwe goeie herinneringe na.   Mense vergeet soms wat jy vir hulle gesê het, maar nie die dinge wat jy vir hulle gedoen het nie.   ʼn Geliefde wat in mense gedagte agterbly, sterf nie, hy is maar net baie ver.

Die dood is nie ‘n ramp nie, maar die lewe ’n uitdaging; leef jy of oorleef jy?    Weet jy wat is ’n ramp?  As iets in jou doodgaan terwyl jy nog leef!   Salomo sê in Prediker:  Jy kry net een geleentheid; maak die beste daarvan.  Leef ’n lewe wat saak maak!

So ’n lewe gebeur nie toevallig nie, maar is die gevolg van die regte besluite:   Kies reg, leef reg.   Kies Jesus reeds vroeg in jou lewe!   “En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid…” (:1).

Die lewe is te kort om dit met beuselagtighede te vul en net te kosbaar om dit met verkeerde dinge te besmet.   Moet nooit ʼn lewensweg inslaan wat weg van God lei nie.   Moenie saamloop as dinge skeef loop nie, maar verander dadelik van rigting.   As jy nie ’n goeie voorbeeld is nie, kan jy ʼn wrede waarskuwing word!   Die lewe is soos ‘n lig wat God aan ons leen.  Laat dit so helder as moontlik skyn alvorens jy dit aan die volgende geslag oorhandig.

Wat maak jy met jou lewe?  Baie mense probeer alles uit die lewe trek – een onttrekking op die ander.  Jesus laat ons eerder deposito’s maak en dit gee sin aan die lewe.  Nie wat mense vir jou kan doen nie, maar wat jy vir mense doen.   Alles wat ons is en het, is ‘n gawe van God.  Beskou dit as jou lewenstaak om dit aan mense terug te gee.

Ons dood is in aantog: “…..want die mens gaan na sy ewige huis en die rouklaers sal op die straat rondgaan”. As ons reg leef, sal ons ook reg sterf.   Die Here gee ons genoeg kans om ons siele vir die ewigheid voor te berei.   Wie sy lewe aan Jesus toewy, sal die aarde sonder hartseer verlaat.

Gevolglik maak dit nie saak hoe jy doodgaan nie, maar hoe jy leef.   Leef ’n lewe wat saak maak en geniet dit.   Dink net daaraan hoe jy die lewe in die hiernamaals gaan geniet as jy jou aardse lewe geniet

Wie goed leef, leef twee maal.  Dis ’n belofte van God se Woord:  “Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom stel” (2 Kor.4:14).

Gevolglik is daar net een lewe wat sin maak – die een wat ons vir Christus en ons naaste leef.   Laat ons elke dag leef asof dit ons laaste dag gaan wees want eendag gaan ons reg wees!   Gaan jy vir die ewigheid reg wees?

Mag jy al die dae van jou lewe voluit leef.  Laat mense na jou kyk en kennis neem van iemand wat na aan God se hart geleef het, want dan sal die rimpels wat jy in die poel van die lewe maak, lank na jou dood nog steeds gevoel word.

Amen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1250 gaste aanlyn