NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is nog 'n kwaad wat ons aan mekaar doen wat so deel van ons natuur is, ingebore is, dat ons nie eers besef hoeveel kwaad ons doen nie. Calvyn waarsku teen die saak dat elkeen wil hê dat alle ander mense moet leef volgens sý mening. En hier gaan dit nie om die waarskuwing teen 'n sondige lewenswyse nie; dit is bloot die oplegging van ons eie daaglikse lewensreëls wat ons so graag op ander afdwing. God het ons verskillend geskape en in verskillende omstandighede geplaas – ons het geen reg om ons mening op ander te forseer nie.

NIKS ONTBREEK NIE

Lees reeks by Pitkos vir die siel

Ds AE van den Berg

Die Here is my Herder, niks al my ontbreek nie” (Ps.23:1)

In die Louvre kunsmuseum in Parys was daar tot onlangs toe ‘n skildery getiteld Skaakmat. Dit het Satan uitgebeeld wat selfvoldaan bo sy opponent uittroon omdat hy sy siel met ‘n skaakspel gewen het.   Laasgenoemde is as ‘n jongman, uitgebeeld met ‘n kop wat hang; verneder en verslae.   Satan, daarenteen, het smalend gelag.  Alhoewel daar nog paar skaakstukke op skaakbord oor was, was die spel verby.  Die jongman kon nie verder beweeg nie.  Dit was skaakmat!

By geleentheid het ‘n ou man die skildery aandagtig bekyk en skielik uitgeroep:  “Dis ‘n leuen!”  Toe die besoekers nader staan, het die kurator kom verneem wat die fout is.  Die ou man was ‘n skaakkampioen en kon aan die oorblywende skaakstukke sien dat die spel, alhoewel dit op die oog af so gelyk het, in werklikheid nie oor was nie.    Die koning het nog ‘n skuif oorgehad!

Bykans 2000 jaar gelede het Jesus vir duisende mense aan die oewer van die See van Galilea gepreek.   Hulle was later honger en Jesus wou hulle nie honger huistoe stuur nie.  Die dissipels het net 200 pennings in hul beursie gehad; nie naastenby genoeg vir kos vir almal nie (Joh.6:7).  Was dit skaakmat?   Nee, die Koning het nog 'n skuif oorgehad!

‘n Seuntjie het by geleentheid met twee vissies en vyf brode tussen ‘n skare opgedaag. “En Jesus het die brode geneem, en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies. Soveel as hulle wou hê.  En nadat hulle versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.   Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het” (Joh.6:11-13).   Die Koning het nog ‘n skuif oorgehad, daarom het dit niemand aan voedsel ontbreek nie (Ps.23:1).

Ongeveer 600 jaar voor hierdie wonder is ‘n gelowige in Babel ter dood veroordeel en in ‘n kuil vol hanger leeus gegooi.  Daniël het nie gemoor, geroof of verkrag nie.  Hy het bloot geweier om die koning te aanbid!   Daar is selfs ‘n klip op die opening van die kuil geplaas sodat hy nie kon ontsnap nie (Dan.6:18).  Was dit skaakmat vir hom?  Nee, die Koning het nog ‘n skuif oorgehad.   God het ‘n engel gestuur om die bekke van die leeus toe te sluit sodat hy niks oorgekom het nie.

By geleentheid kom Jesus in Betanië by die graf van Lasarus wat drie dae dood was.   Sy liggaam het al begin ontbind.  Was dit skaakmat vir hom? Wel, as jy dood is, kan dit sekerlik nie anders nie?   Verkeerd, die Koning het nog ‘n skuif oorgehad!   In Joh.11 lees ons dat Jesus tot God gebid en daarna met ‘n groot stem geroep het: “Lasarus, kom uit!” (:43) “En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met grafdoeke gebind...Jesus sê ....Maak hom los en laat hom gaan” (:44).

Aan Jesus behoort alle mag oor lewe en dood omdat Hy God is!   Daarom kan diegene wat aan Hom behoort, nooit in ‘n skaakmatsituasie beland nie.   Die Koning van alle konings maak altyd die laaste skuif!

In Joh.8 tree Jesus in gesprek met mense wat op die punt staan om ‘n vrou met klippe dood te gooi; ‘n egbreekster wat op heterdaad betrap is.  Daarvoor was daar net een straf – die doodstraf by wyse van steniging!  Was dit skaakmat vir haar?   Nee, die koning het nog ‘n skuif oorgehad!  Jesus sê vir haar: “Gaan heen en sondig nie meer nie” (Joh.8:11).

Twee jaar later hang twee misdadigers saam met Jesus aan kruise.  Hoor hoe praat die een met die ander: “Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? – ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie” (Luk.23:40,41).   Beide is besig om te sterf.  Die grond onder hulle is nat van die bloed wat uit hulle vloei.  Is dit skaakmat?

Nee, die koning, soos die naambordjie bokant Jesus se kruis aangedui het, het nog ‘n skuif oorgehad.  Toe die een hom bekeer, sê Jesus vir hom: “....Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:43).  Sy siel is ter elfder ure gered.

Op Goeie Vrydag is die Lam van God wreedaardig geslag.  Mense het histeries geskreeu: “Kruisig Hom! Kruisig Hom!” Hulle het Hom gespot, gespoeg en geslaan waarna Hy met spykers aan ‘n kruis vasgeslaan is.  “Eloi, Eloi, lama sabagtani?” het Hy uitgeroep tewyl mense gespot het dat Hy ander kon red, maar nie Homself nie!   Dis verby, gaan maar huistoe!   Satan het smalend oor hulle skouers geleun, ja, dis verby; skaakmat!

Toe breek die wonderlike Sondagoggend van Jesus se opstanding aan.  Gelowiges het besef dat dit nie verby is nie.  Dis nie skaakmat nie.  Die Koning het nog ‘n skuif oorgehad en daarmee oor die dood getriomfeer. Daarom sal niks sy kinders ontbreek nie, al voel dit asof alles vergaan!

Die Boerevolk het slagoffers van ‘n skrikbewind aan die suidpunt van Afrika geword.  Moord, verkragting, korrupsie en onreg is aan die orde van die dag.  Mense verloor hul werk, huise, huwelike, lewens, selfrespek ens.  ‘n Mens voel soms lus om te huil, ja, jy voel leeg.   Jy soek na die regte pad, maar bevind jou telkens op afdraaipaaie.  Daarbenewens moedig Satan jou aan om handdoek in te gooi.  “Kyk, dis verby.  Sluk daardie pille, trek die sneller, druk die tuinslang in die uitlaatpyp, sit die tou om jou nek, ry voor die vragmotor in....dis verby!”

Vrees is aan die orde van die dag.  Dit bepaal jou kom en gaan. Vrees vir jou lewe, vrees vir jou medemens, vrees vir jou omstandighede, vrees vir jou gedagtes, vrees vir die toekoms....vrees, vrees, vrees!

Nee, liewe volksgenoot, die spel is nog nie oor nie, al lyk dit ook so.  Die koning het nog ‘n skuif oor!   Moenie jou ore aan die Satan uitleen nie.  Hy sal altyd vir jou sê dat dit oor en verby is; skaakmat!   Hy lieg!  Hy is ‘n leuenaar.  Jesus sê so (Joh.8).   Moet hom nie glo nie!   Die hemelse Koning het nog die laaste skuif oor.   Klou opnuut aan Hom vas wat alle mag in die hemel en op die aarde het.  Niks sal jou ontbreek nie!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1706 gaste aanlyn