NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees bly vir jou Christenvriend/famiielid se onthalwe dat God hom kom haal het. As jy net 'n oomblik deur 'n loergaatjie na die wêreld anderkant die dood kon kyk, sou jy hom/haar beny en sou jou lyding veel draagliker word.

INBORS... OF YDELHEID?

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg

"Ons staan aan die einde van ’n jaar wat vinnig verby is.   Dis nou ’n goeie tyd om ’n geestelike voorraadopname te maak en onsself die vraag afvra:  Wat het ek hierdie jaar in belang van God se koninkryk, ook in die plaaslike koninkryk, gedoen?   Was ek eerbaar?"

“En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job?  Want daar is niemand op die aarde soos hy nie; ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad…”

Wat ’n getuigskrif komende van God self!   Is dit nie wonderlik as God dit van ’n sondaarmens dink nie!   Wat het Job so uitsonderlik gemaak?  Hy het iets gehad waaraan nie net die wêreld nie, maar ook die kerk vandag mank gaan: inbors. Daarsonder is gelowiges se getuienis min werd:  “Maar laat julle woord wees: Ja, ja, nee nee.  Wat meer is, is uit die bose” (Mt.5:37).

Waarom was God vir Job lief?   Omdat Job vroom was; hy het inbors gehad. Wat is inbors? 

  Dit is wanneer jou binnekant groter as jou buitekant is.    Die teenoorgestelde is ook waar.  Wanneer jou buitekant groter as jou binnekant is, leef jy ydel, iets waarvoor Hollywood veral berug is!   Hierdie stad wemel van drank-en dwelmverslaafde rolprentsterre met reuse buitekante maar piepklein binnekante.   Hulle huwelik- en gesinslewe stort gereeld in duie.

Job was ’n uitsondering van sy tyd.  Hy het met sy voete plat op die aarde gestaan sonder eiewaan, masker of voordoenery.   Job was opreg. Mense het presies geweet waar hulle met hom staan; sy ja was sy ja en sy nee sy nee.  Daar was nie verskuilde agendas nie.  Daarom het mense hom vertrou.

Ex.20: 5 sê dat God ’n jaloerse God is.  Wat beteken dit?   Dat Hy die liefde wat Hom toekom met niemand anders deel nie.   Hierdie gebod brei op die tweede gebod teen afgode uit.   “Niemand kan twee Here dien nie; want of hy sal die een aanhang en die ander verag.  Julle kan nie God en mammon dien nie” (Mt.6:24).    Ons moet God eerste stel soos wat Job gedoen het.

Job het God met ’n onverdeelde liefde liefgehad.  Vir hom was ’n ding of lig of donker; daar was geen grys gebiede in sy lewe nie!   Dit het van hom ’n man van inbors gemaak, rotsvas, vroom, opreg, dienend, geen jakkalsdraaie, leuens of kullery nie.  Kortom: Job was ’n man na God se hart.   Inbors laat enige mens kop en skouers bo ander mense uitstaan.   Goeie maniere beïndruk mense net tydelik, maar inbors beïndruk hulle vir altyd.

Kom ons plaas Job vandag in ’n paar moderne beroepe en kyk hoe hydaarin sou vaar:

  • As winkeleienaar sou hy mense nie vir ’n produk duurder laat betaal as wat dit werklik werd was nie.  “’n Valse weegskaal is vir die Here ’n gruwel, maar in ’n volle gewig het Hy behae” (Spr.11:1).
  • As motorwerktuigkundige sou hy nie meer werk doen as wat werklik nodig was nie en al die onderdele wat op die faktuur verskyn, werklik vervang het.
  • As eiendomsagent sou hy nie onbillike kommissie uit ’n verkoper se sak jaag nie.
  • As versekeringsmakelaar sou hy nie nog ’n polis aan iemand probeer verkoop net om meer kommissie te verdien nie.
  • As prokureur sou hy sorg dat die waarheid seëvier en geen skuldige loskom nie.

So is daar in alle beroepe ’n paar mense met inbors en baie daarsonder.   Alle suksesvolle mense het nie per sé inbors nie.   Sukses sonder inbors is soos kos sonder sout; dit vat die honger weg, maar dit smaak glad nie lekker nie.

Mense met inbors het karakter.  En wat ’n behoefte het die wêreld nie aan sulke mense nie.   Hulle staan kop en skouers bo die gemiddelde mens uit, al gaan hulle ook deur beproewing soos in Job se geval.  Wat ’n aanskouingsles is hy nie vir ons nie!  Al het dit ook hoe sleg met Job gegaan, het omstandighede nooit sy karakter verander nie.   Benewens die geloof in God was inbors al wat standgehou het toe hy alles, selfs sy10 kinders, verloor het.

Inbors word nie tydens ʼn krisis gevorm nie maar dit word in die storms van die lewe ten toon gestel.  Omdat dit deel van die innerlike krag van die menslike gees is, kan dit nie weggewaai en vernietig word nie   Toe die storms van die lewe in sy lewe gewoed het, het Job net sy besittings verloor, maar nie sy inbors nie.   Waarom nie?   Omdat dit op die vaste fondament van ’n lewende geloof in God gebou was.  Beproewings het gemaak dat Job sy kop nie baie hoog kon optel nie.  Inbors het egter verhoed dat hy dit laat sak.

Beproewing stroop baie mense van hul maskers waarna jy die werklike persoon ontmoet.   Mense is soos wyn – in die storms van die lewe word sommige asyn terwyl ander weer meer karakter verkry.    Mense is ook soos getinte ruite.   As die son skyn, glinster almal.  Maar as dit donker word, verraai net ‘n lig wat binne brand, dat daar lewe in die huis is.  Hoe lyk jou lewe?   Het jy al ’n donkerte beleef?   Kon mense sien dat daar lig in jou huis skyn?

Inbors verryk alle lewensterreine - die huwelik, ouerskap, saketransaksies, vriendskap ens.   Die meeste van alles verryk dit ons verhouding met God.   Hy sien alles raak en weet presies wat in ons hart aangaan: “Here, U deurgrond en ken my.   Ken my sit en my opstaan; U verstaan van vêr my gedagte” (Ps.139:1 en 2).   Daarom is mense van inbors vrotsige toneelspelers.  Hulle kan nie voorgee om iets te wees wat hulle nie is nie.   Goddank daarvoor!

Mense met inbors hoef nie ’n goeie geheue te hê nie.  Jy hoef nie te onthou vir wie jy laas ’n kool gestowe het nie.  Jy hoef nie bang te wees dat daar iewers ’n geraamte uit ’n kas gaan spring nie.   Eerlikheid en inbors is stalmaats.   Op die reguit pad van die lewe is daar geen tolgeld te betaal nie, omdat die reguit pad altyd na die regte dinge lei.

Inbors is ’n kosbare skat.  Ons moet dit goed bewaar, want as dit eers verdwyn, is talle ander mooi eienskappe ook daarmee heen.   Ja, inbors is soos ʼn eiland met steil kranse.   As jy dit eenmaal verlaat, kom dit selde weer daarbo uit.

Inbors en geloof is feitlik onafskeidbaar.  God het ’n behae in inbors soos die boek Job dit duidelik uitspel.   ’n Gelowige met inbors word ’n verlengstuk van God se hande en voete en sê soos ’n Jesaja van ouds: “Hier is ek, gebruik my!” Inbors komplimenteer ons verhouding met Christus.  Almal sien dit.

Beroemdheid daarenteen is soos ʼn damp wat verdwyn en gewildheid soos ʼn ongeluk wat vir ʼn tydjie aandag trek.  Rykdom is soos ʼn voël wat maklik wegvlieg, maar inbors staan onwrikbaar vas.  Mense kan dit bewonder, maar nooit naboots nie.

Inbors maak gelowiges verantwoordelik vir mekaar.   Job het groot sorg vir sy kinders geneem al was hulle al groot.   As hulle geëet en feestelik verkeer het, het Job hom voor God afgesonder en gebid om hulle te vergewe indien hulle dalk in hul jolige stemming teen Hom gesondig het.  Inbors maak van ouers goeie verbondouers!

Jesus is egter die volmaakte voorbeeld van inbors.   Hy het nooit gesondig of iemand te nagekom nie.  Hy het selfs onskuldig vir ander se oortredings gesterf.   Ja, Hy is die Koning van inbors.

Ons staan aan die einde van ’n jaar wat vinnig verby is.   Dis nou ’n goeie tyd om ’n geestelike voorraadopname te maak en onsself die vraag afvra:  Wat het ek hierdie jaar in belang van God se koninkryk, ook in die plaaslike koninkryk, gedoen?   Was ek eerbaar?   Het ek my kinders volgens die voorskrifte van die verbond  opgevoed?

Inbors is soos reukwater vir vroue en naskeermiddel vir mans.  Diegene wat dit gebruik, is beswaarlik bewus daarvan, maar ander wel.  Mag ons medegelowiges in die jaar wat kom die kaart van inbors, eerbaarheid en lojaliteit baie duideliker in ons lewe raaksien!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1351 gaste aanlyn