NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Volgelinge van Jesus sit hulself neer maar tel ook iets op - ’n kruis.  “….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” Eers neersit, dan optel.

BEVEG DIE REUSE IN JOU LEWE

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg

" Oorwinning vereis ook sterk optrede. Daar kom tye dat jy moet ophou praat en dinge begin doen... deur die geloof dit wat joune is, in die Naam van Jesus Christus en die krag van die Heilige Gees te vat.   Dis die enigste wenresep.Jou oorlewing in hierdie ontwrigte land hang alles hiervan af! "

1 Sam.17:37

“Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn.  Toe sê Saul vir Dawid: Gaan en mag die Here met jou wees!”

God was baie lief vir Dawid en het hom soms in moeilike situasies laat beland ten einde hom te leer om nie op mensekrag te vertrou nie maar net op God s’n. Dawid het die lesse geleer en geestelik geskitter.  In 1 Sam.17 het Dawid voor ’n reuse probleem te staan gekom en die keuse wat hy moes maak, sou die dood of die lewe vir hom beteken het.   Dawid het reg gekies en God vir die oorwinning vertrou, waarna ’n wonder in die dal van die terpentynboom gebeur het.

Die dag het vir Dawid soos al die ander dae begin; hy het skape opgepas.  Dié dag sou egter baie anders as al die ander dae eindig! 

  Sy pa het hom vroeg die oggend na sy broers gestuur wat saam met Saul geveg het.  Omdat daar destyds geen weermag was nie, het gewone burgers die koning kom help as daar oorlog gevoer moes word.   So het Dawid dan by die laer van Israel aankom en gesien dat hulle bang was vir die Filistyne, veral die spottende  drie-meter reus.   Niemand het kans gesien om teen Goliat te veg nie, nie eens koning Saul nie!

Terwyl Israel in hul tente geskuil het, het Dawid gehoor hoe die reus teen God laster.   Dit kon nie so gelaat word nie.   Iets moes daaraan gedoen word.   Ja, die dag het vir hom dood gewoon begin, maar voordat die son onder gegaan het, het hy van aangesig tot aangesig met ’n reuse probleem te staan gekom.

Dis hoe die reuse van die lewe werk; hulle gee selde kennis dat hulle kom.   Jy staan die oggend op en aanvaar dat dit nog ’n dag soos al die ander sal wees, en daar staan hy daar – ’n reus wat jy nie kan vermy of wegwens nie!   Omdat hulle ons gewoonlik onverhoeds betrap, maak dit ons bang.   Van hulle is so groot, dat ons nie weet wat om met hulle te doen nie!

Ons leef in ’n wêreld van reuse.   Probleme wat vlak voor ons kom staan en ons uitdaag om teen hulle te veg.   Om te wen, moet ons een baie belangrike ding weet: Reuse verskyn nie sommer vanself nie, dis vooraf bepaal; alles deel van God se plan met ons.   God wil hê dat ons rustig moet raak; niks wat in ons lewe gebeur, is nie deel van God se plan met ons nie.  As ons dit besef, kyk ons baie anders na die reuse in ons lewe.

Ons is seker ook maar baie soos oud-Israel wat, nadat hulle Egipte verlaat het, twee jaar lank deur die woestyn getrek het voordat hulle op die walle van die Jordaanrivier aangekom het om die beloofde land binne te trek.   God het dié land aan hul beloof.  Hulle moes net deurtrek.  En wat doen hulle?  In plaas van  die land in besit te neem, stuur hulle twaalf verkenners uit om dit te gaan verken.   Tien kom met ’n negatiewe verslag terug: “Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak….” (Num.13:33).    Die boodskap is duidelik:  Die mense is te sterk.  Hulle sal Israel vernietig!   En Israel het hulle, ten spyte van God se belofte, geglo!   As straf sou hulle vir ’n verdere agt-en-dertig jaar in die woestyn deurbring!

Nou ’n paar vrae: Het God van hierdie reuse geweet?  Kon Hy hulle nie maar voor die tyd verwyder het sodat Israel die beloofde land sonder teenstand kon binnetrek?   Het God dit so beskik dat hulle daar moes wees?   Die antwoord op al dié vrae is: JA.   Ja, God het geweet dat hulle daar was.  Ja, Hy kon hulle verwyder het.   Ja, Hy het hulle toegelaat om aan te bly.  Waarom?   Omdat Hy wou hê dat Israel hierdie reuse die hoof moes bied.   In plaas daarvan het hulle ’n lyn gesny!  En raai wat?   Toe hulle agt-en-dertig jaar later weer op dieselfde plek kom, was die reuse steeds daar en het op hulle gewag!

Ons vind dieselfde trant dwarsdeur die Bybel; drie jong Jode bevind hul in Babel in die brandende vuuroond, Daniël beland in ’n leeukuil, die dissipels bevind hul op see in ’n storm ens.   God het al hierdie dinge as deel van sy volmaakte plan beskik!

Die reuse in jou lewe het nie toevallig verskyn nie.  God het dit op sy bepaalde tyd toegelaat sodat jy dit die hoof moet bied.    Wat maak jy met die reuse in jou lewe?   Klap dit jou telkens onderstebo of aanvaar jy dit as ’n tasbare simbool van God se wil in jou lewe?   Ons het een van twee keuses:  Om òf soos Saul vir die reus weg te kruip òf dit soos Dawid te trotseer.   Reuse in jou lewe kom op God se bepaalde tyd ten einde jou te help om in ’n wêreld van reuse te oorleef.

Toe Dawid die lastering van Goliat hoor, was hy oortuig dat daar iets aan hierdie reus gedoen moes word - hy moes doodgemaak word.   Mense het hom selfs probeer ontmoedig, maar nie van plan laat verander nie.   Sy geloof het op die vaste fondamente van vertroue in God gestaan; nie in die leër van Saul of in die wapenrusting wat hom aangebied is nie, maar in God.   Dawid het Iemand baie groter as die reus aan sy kant gehad en ons weet wat die uitslag was!

Kom ons leer saam met Dawid ’n paar kosbare lesse om die reuse in ons lewens te beveg:

  1. God het jou nie gered om deur een of ander reus vernietig te word nie.   Hy wil hê dat jy oorwin. ’n Reus is deel van sy ewige plan met jou.  Beproewing maak jou geloof sterk.
  2. God verander nie in die middel van die stroom van rigting nie, maar stap die pad enduit.   Een van God se wonderlikste eienskappe is sy onveranderlikheid.  “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb.13:8).    Die God wat al die wonders in die Bybel verrig het, is dieselfde God vandag!
  3. God stel diegene wat op Hom vertrou, nooit teleur nie.   Wie op mense vertrou, misluk.  Wie op God vertrou, misluk nooit.   Ons God is nie swak nie, maar ’n kragtige Oorwinnaar.  Jesus sê: “…aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde” (Mt.28:18).

Waarop vertrou jy as reuse in jou lewe opduik?   Op mense-hulp, ’n stewige bankbalans, jou eie vermoë?    Al hierdie dinge kan val.  Slegs vertroue op God val nooit!   Ons oorlewing hang van ons gewilligheid om Hom te vertrou af.

Oorwinning vereis ook sterk optrede.    Daar kom tye dat jy moet ophou praat en dinge begin doen.   Dawid het in die dal van die terpentynbome reguit op Goliat afgestap, sy geloof in God in die openbaar verklaar en ’n klip geslinger wat Goliat gedood het.   Wat ’n groot oomblik in hierdie jongman se lewe - hy het iets aanskou wat net hy alleen geglo het moontlik was en niemand anders in Israel nie.   Dis geloof!

Niks het sedertdien verander nie.   Gelowiges is steeds oorwinnings beloof: “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus…” (2 Kor.2:14).  “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het” (Rom.8:37)

Al wat ons moet doen, is om soos Dawid die Here 100% te vertrou en die reuse in ons lewe in die geloof tegemoet te stap.   Waarom het Dawid vyf klippies opgetel terwyl net een genoeg was?   Hy kon miskien met die eerste een mis.  Dan kon hy minstens aanhou, totdat hy suksesvol was.  So moet ons aanhou slinger totdat die reuse in ons lewe dood is, nie omdat ons so goed mik nie, maar omdat ons ’n God dien wat nooit mis nie.

God beloof aan ons ’n oorwinning deur sy Seun, wat die dood oorwin en beloof het om ons telkens oorwinnings oor die reuse in ons lewens te gee.  Dit bring ons voor een van twee keuses te staan - ons kan in ons tente wegkruip en hoop dat die reus in ons lewe sal verbyloop.   Hy sal nie.   Goliat het ook bly staan en nie verdwyn soos wat baie Israeliete gehoop het nie.  Op die 40 ste dag was hy selfs op pad na Israel se laer!   Nee, jou reus sal nie weggaan nie, hy kom al hoe nader om korte mette met jou te maak, indien jy niks daaraan gaan doen nie.

Die tweede keuse is om na vore te kom en deur die geloof dit wat joune is, in die Naam van Jesus Christus en die krag van die Heilige Gees te vat.   Dis die enigste wenresep.  Jou oorlewing in hierdie ontwrigte land hang alles hiervan af!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1465 gaste aanlyn