NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dis jammer dat die samelewing pyn en lyding as ‘n ergernis beskou.  Dis ‘n wanopvatting waarvan ons ontslae sal moet raak.  Die Woord van God sê dat ons deur lyding heen geestelik groei.

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (44)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 4

DIE RYK SKEUR

1 Kon 11:26-40; 12:1-25

1.  Ontevredenheid met die koningshuis

Ná die dood van Salomo het sy enigste wettige seun, Rehabeam, koning geword.  In Juda was dit vanselfsprekend dat hy koning sou word, maar nie in die res van die land nie.  Israel het bv. nie aan sy kroningsfees in Sigem deelgeneem nie.   Israel was nie onwillig om onder hom te dien nie.  Hulle besware moes egter eers uit die weg geruim word.

Hulle was beswaard oor die swaar belastings wat Salomo hulle opgelê het.  Hy was wel baie ryk, maar het sy volk nie daarin laat deel nie.   Die onderhoud van sy vroue het die staatskas behoorlik gedreineer!   Daarbenewens het hy hom nie aan die soberheid in geldbesteding gesteur wat deur die koningswet voorgeskryf was nie (Deut.17:16,17).

Die werk en uitgawes aan die bou van die tempel was astronomiese bedrae.  Daarbenewens het die handel- en garnisoenstede in die onderworpe lande die staatsfondse verder uitgeput.  Hiervoor is slawe (1 Kon.9:20,21) en Israeliete gebruik (1 Kon.5:13; 9:15).

Die volk se ontevredenheid, veral t.o.v. die uitgawe aan die vreemde vroue, kan goed begryp word.  God het egter ook ʼn plan met hierdie volksontevredenheid gehad.  Die ryk moes skeur omdat Salomo nie na God geluister het nie (1 Kon.11:11).

2.  Jerobeam se optrede

Die volk het na Jerobeam opgesien.   Hy was ʼn dapper Efraimiet en ʼn gewese amptenaar van Salomo.  Daarbenewens was hy ook ʼn goeie organiseerder.   Salomo het sy leierseienskappe raakgesien en hom tydens herstelwerk aan Millo hoof van die dwangarbeiders gemaak.  Daar het hy die profeet Ahia ontmoet wat hom ingelig het dat God die koninkryk van Salomo gaan afskeur.  Jerobeam sou 10 stamme en Rehabeam twee stamme kry.

Ahia het die boodskap van God met ʼn voorbeeld opgevolg.  Hy het ʼn nuwe mantel in 12 stukke geskeur waarna Jerobeam 10 stukke moes kies.  Daarna het God hom die vertroosting gegee dat sy koningshuis en nageslag bestendig sou wees indien hulle in God se weë sou wandel.

Jerobeam het nie aan die verwagtinge voldoen nie en op die ou einde ʼn opstand teen Salomo gelei.  Hy het nie soos ʼn Dawid van ouds geduldig op die Here gewag nie.  Hy wou die troon met geweld gryp.  Toe Salomo hom wou doodmaak, het hy na Egipte gevlug.  Na Salomo se dood het die volk hom laat terugroep om vanuit Sigem die leiding te neem.  Dit het ʼn kraak in die volksgeheel gebring.

3.  Rehabeam tree soos ʼn diktator op

Rehabeam het die raad van die oudstes om bedagsaam met die volk te praat in die wind geslaan.  Hy het vertrouelinge om hom versamel om in sy mag en weelde te deel en die volk nog swaarder belas.  Sy woorde: “My pinkie is dikker as my vader se lendene” spreek van dwaasheid.   Salomo het sy volk met finansiële swepe gekasty; Rehabeam het dit met gesels gedoen!

Die probleme wat dit veroorsaak het, het die volk uitmekaar laat spat.  Tien van die stamme het Jerobeam koning gemaak.  Rehabeam het dit nie verwag nie en onmiddellik ʼn poging aangewend om die volk van sienswyse te laat verander.  Hy het ʼn sekere Adoram na hulle gestuur, ‘n man wat tydens Dawid se regering hoof van die dwangarbeid was.  Rehabeam het gehoop dat hulle na hom sou luister.  Hulle het hom egter gestenig.   Rehabeam wat dit op ‘n afstand aanskou het, moes vinnig met sy wa wegjaag om aan die woedende skare te ontkom!

4. Vyandskap tussen Juda en Israel

Daar was van meet af aan vyandskap tussen Israel en Juda.  Rehabeam wou nie aanvaar dat die skeuring van die ryk God se straf was nie en het ʼn groot leër uit die stam van Juda en Benjamin op die been gebring om die volkseenheid te probeer herwin.  Aanvanklik is slegs die stam van Juda aan hom toegeken.  Benjamin het egter teenaan Juda gelê sodat dit onprakties was om Benjamin by die ander stamme te voeg.   Gevolglik het Benjamin by Juda aangesluit.

God het ʼn sekere Semaja aangesê om met Rehabeam te gaan praat om nie teen sy broers (Israeliete) te veg nie.  Hy moes elke soldaat huis toe stuur omdat dit die saak van God was.  Rehabeam het geluister en sy soldate teruggestuur.   Dit het egter nie vrede tussen die twee ryke gebring nie.  Israel en Juda sou vir eeue lank vyande bly.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1449 gaste aanlyn