NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geld is kosbaar, 'n huis ook goed, maar die allerbeste is 'n goeie vriend, in donker dae gee hy jou moed. Groete aan al ons vriende in die geloof!

ESTER (3)

Dr J P Botha

Lees reeks by ESTER

HAMAN HAAT MORDEGAI EN DIE JODE

Mordegai het egter geweier om dit te doen.  Toe my ander dienaars wat in die poort van die paleis gewerk het, vir Mordegai vra, “Waarom oortree jy die opdrag van die koning?” het hy net vir hulle gesê:  “Omdat ek ‘n Jood is.”

Haman was briesend.  Toe hy boonop ook hoor dat Mordegai ‘n Jood was, het Haman se woede sommer teen al die Jode in my koninkryk ontbrand.  Hy het toe na ‘n manier begin soek om nie net vir Mordegai nie, maar sommer al die Jode in Susan en die hele Persiese ryk om die lewe te bring.  Hy wou ‘n  presiese maand en datum vasstel wanneer hulle uitgeroei moes word en laat toe die lot werp – die Pur -  en dit val toe op die dertiende dag van die twaalfde maand Adar.

 

EK STEM TOE OM DIE JODE UIT TE ROEI

Haman kom toe na my met ‘n heel aanneemlike storie.  Hy vertel vir my dat daar ‘n sekere volk is wat in al die provinsies van my koninkryk versprei is, wat hulle apart van al die ander volke hou.  Hulle volg ander wette as dié van ander nasies.  Hulle gehoorsaam nie die wette van die koning nie.  Dit is nie in die koning se belang dat hulle so lewe nie.  “As dit vir die koning goed is, maak dan ‘n wet om hulle uit te roei.  Ek sal 242 ton silwer betaal om in die skatkis te stort.”

Hy het my volkome oorreed.   Ek het nie veel van die Jode se leefwyse geweet nie en het sommer goedskiks aanvaar dat Haman se voorstelle aangaande hulle tot groot voordeel van my Persiese onderdane sou wees.  Ek het my seëlring van my vinger afgehaal en aan hom gegee.  “Jy kan maar die geld vir jouself hou, maar maak met  hierdie volk soos jy wil.”

Op die dertiende van die eerste maand is my sekretarisse toe laat kom en Haman het hulle beveel om alles aan my verteenwoordigers, die goewerneurs van elke provinsie en die leiers van elke volk te skryf. Daar is briewe met boodskappers uitgestuur na elkeen van my provinsies, dat al die Jode geheel en al uitgeroei moes word, oud en jonk, vrou en kind.  Dit moes op die dertiende van die twaalfde maand Adar gebeur.  Daar moes dan op hulle besittings beslag gelê word.  Die proklamasie moes in elke provinsie as wet afgekondig word en moes aan al die volke bekendgemaak word, sodat hulle op daardie dag gereed kon wees.

Boodskappers het haastig met my koninklike bevel vertrek.  Die proklamasie is ook hier in Susan afgekondig.  Daarna het ek en Haman gaan sit om te drink, nog onbewus van die beroering wat reeds besig was om in die stad op te laai.

Toe Mordegai hoor wat gebeur het, het hy van verdriet sy klere geskeur, vir hom begrafnisklere aangetrek en as op sy kop gegooi.  Hy is in die stad in en het hard en droewig begin huil.  Hy het voor die ingang van die paleis gaan staan, want iemand wat begrafnisklere aan het, is nie toegelaat om deur die hek in te gaan nie.

In al die provinsies waar my koninklike besluit afgekondig is, was die Jode baie hartseer.  Hulle het gevas en gehuil en getreur.  Baie van hulle het begrafnisklere aangetrek en as oor hulle gegooi.

Koningin Ester se diensmeisies en die harem-amptenare het haar van Mordegai kom vertel.  Sy was bitter ontsteld daaroor en het vir hom ander klere gestuur om in die plek van die begrafnisklere aan te trek, maar hy het geweier.

Ester het besef dat daar iets baie ernstig verkeerd is, anders sou Mordegai nie so optree nie.  Sy besluit toe om vir Hatak, die harem-opsigter wat haar moes oppas, na Mordegai te stuur om te gaan uitvind wat aan die gang is en hoekom hy so maak.

Hatak het Mordegai op die plein gekry, voor die ingang van die paleis, waarop hy hom alles vertel het wat gebeur het en ook van die groot bedrag wat Haman aangebied het aan die skatkis van die koning om die Jode te kan doodmaak.  Hy het vir Hatak ‘n afskrif gegee van die proklamasie waarin ek beveel dat die Jode op daardie sekere dag uitgeroei moes word.  Hatak moes dit alles vir Ester wys en by haar aandring om na my, die koning, te kom en by my om genade te smeek vir haar volk.

Ester het met heilige erns Mordegai se versoek oorweeg en weer vir Hatak na hom gestuur, met die volgende boodskap: “Elke amptenaar van die koning en die volke in die provinisies van die koning weet dat enige man of vrou wat na die koning toe gaan, as hulle nie ontbied is nie, net daar doodgemaak moes word tensy die koning sy goue septer na so ‘n persoon toe uitsteek.  Dit is nou al dertig dae sedert die koning my laas laat kom het”.

Mordegai het vir haar terug laat weet: “Moenie vir een oomblik dink dat jy daar in die koning se paleis sal vrykom van die lot van die ander Jode nie.  As jy in hierdie tyd gaan stilbly, gaan daar uitkoms en redding van ‘n ander plek af kom.  Jy en jou mense sal dan uitgewis word.  Wie weet of dit nie miskien juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie is dat jy koningin geword het nie!”

Toe antwoord Ester: “Gaan maak al die Jode wat jy in Susan kan kry, bymekaar.  Vas ter wille van my.  Vir drie dae lank moet julle dag en nag niks eet of drink nie.  Ek en my diensmeisies sal ook vas.  Al is dit in stryd met die wette sal ek na die koning toe gaan.  As ek dan daarvoor moet sterf, moet ek maar sterf”.

Mordegai het toe alles noukeurig gedoen wat Ester hom laat weet het.

 

ESTER PLEIT VIR DIE REDDING VAN HAAR VOLK

Na drie dae was Ester gereed vir haar koninklike besoek.  Sy het in haar pragtige koninklike gewaad in die binneste voorhof van die paleis gaan staan, regoor die saal waar my troon staan.  Ek was juis op die troon met my gesig na die ingang.  Toe ek koningin Ester daar sien staan, tref dit my meteens soos ‘n bom dat sy mos ‘n Jodin is.  Liewe hemel, en wat het ek gedoen!  Ek het opdrag gegee dat sy en haar volk vermoor moet word!  Hoe verskriklik!  Ek steek toe dadelik my goue septer wat in my hand was, na haar toe uit.  Sy het dadelik nader gekom en aan die punt daarvan gevat.

Ek vra toe vir haar:  “Wat het jy op die hart, koningin Ester?  Wat het jy nodig? Jy sal dit kry, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”

Toe sy praat, het ek sonder twyfel geweet wat sy in die mou voer.  “As dit die koning behaag, sal u en Haman dan vandag na die onthaal kom wat ek voorberei het?”

Ek sê toe:  “Gaan kry gou vir Haman dat ons kan doen wat koningin Ester vra.”  Daarna is ons na die onthaal toe.

Onderwyl ons besig was om wyn te drink, vra ek vir Ester:  “Wat is dit wat jy van my wil hê?  Jy sal dit kry.  Wat het jy nodig?  Al is dit ook die helfte van my koninkryk wat jy nodig het, sal ek dit vir jou gee.”

Koningin Ester antwoord toe: “My wens en my versoek is soos volg:  “As die koning my goedgesind is en bereid is om te gee wat ek vra deur my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal voorberei.  Dan sal ek my wens aan die koning bekend maak.”

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1515 gaste aanlyn