NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom – Ps 18:7

EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (5)

Hanan Viljoen

Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?

Wat van kristalle, lewende dinge, voortplanting en ontwikkeling?

Ons weet dat iets soos kristalle op " 'n manier" self ontstaan. 'n Voorbeeld hiervan is soutkristalle.. Wanneer 'n mens 'n soutkristal onder 'n mikroskoop plaas, kan jy die kristalvormige of hoekige struktuur daarvan sien. Dit geld ook vir sekere kristalvormige klippe wat ons in die natuur kry.

Die vraag ontstaan hoe hierdie spesifiek gevormde strukture kan gebeur? Die antwoord is dat God in die atome van die stof waaruit kristalle gemaak is, rigtinggewende en herhalende kragte geplaas het wat die kristalvorming veroorsaak. In die geval van proteïne, dws die boustof waaruit organismes gemaak is, is dit nie voortdurende en herhalende kragte wat werk nie maar hoogs gespesifiseerde en fyn beplande inligting of bou-instruksies wat die plan vir 'n nuwe organisme deeltjie vir deeltjie voorsien.

En wat van lewende dinge? 

As ons dink waaroor ons tot dusver gepraat het sou iemand dalk wou sê: "Dit is wel so dat iets soos stoele, selfone en rekenaars wat 'n komplekse struktuur het, nie vanself kan ontstaan nie." Maar wat van lewende goed soos plante, insekte of diere? Sou hulle nie dalk vanself kon ontstaan nie? Jy ken die antwoord maar hier kom dit weer:

Voorplanting vereis altyd eers 'n voortplanter.

Om 'kinders' te hê, moet jy eers 'ouers' hê want lewende organismes kom alleen voort uit lewende organismes. Iewers in die geskiedenis moes die eerste 'voortplanters' geskep gewees het om te kon begin voortplant. Die hele verhaal hiervan is in besonder in Genesis 1 en 2 beskrywe. Elkeen van die verskillende soorte plante en diere wat geskep is, sou ná die Skepping "volgens hulle soorte" voortplant.

"En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was."

Twee geslagte nodig: Manlik en vroulik

In die skepping van die meeste organismes wat sou voorplant lê daar 'n groot wonder wat ons soms miskyk. Dit is die wonder dat God, met uitsonderings, altyd manlike en vroulike voortplanters saam geskep het. Dit was sy bedoeling dat hierdie gesamentlike voorplanters ook saam "ouers" moes wees. Vir evolusie is hierdie 'n onoorkombare struikelblok,want sien, volgens hulle sou die twee geslagte 'per toeval' ontstaan het.

Daarná sou hulle oor miljoene jare ontwikkel het en daarna ook 'per toeval'  by mekaar aangepas het. Hoe's daai vir verskiklike 'intelligente toeval!'

Ontwikkeling na ander soorte?

Ons moet nog 'n vraag vra. Wat van die ontwikkeling of verbetering van organismes soos plante en diere wat reeds geskep is? Kan hulle vanself, of deur 'n bepaalde metode, in ander soorte ontwikkel en verander word? Wat diere betref sou jy dalk wou verwys na die inteling van honde, beeste en perde, ens. Ja, sekerlik kan perde, of beeste, of watter diere ookal, verbeter of verander word deur teling. Dit word genoem spesie-verbetering. Wat egter in die genoemde gevalle gebeur is nooit oorskakelingvan byvoorbeeld 'n perd na 'n bees nie. Daar ontstaan nooit, maar nooit, 'n nuwe soort dier nie. Die bly net by die verbetering of verandering van die eienskappe van die bepaalde soort dier wat reeds bestaan. Visse word nie reptiele nie, reptiele word nie voëls nie, en voëls word nie landdiere nie. Volgens die wette van die genetika of voorplantingsleer kan dit nooit gebeur nie. As ons later oor DNS (Engels DNA) praat, gaan ons dieper in op hierdie onderwerp.

Miljoene jare se ontwikkeling?

Natuurlik het Darwin sy teorie só uitgedink dat die oorskakeling van een soort na 'n ander soort miljoene jare sou geneem het! Niemand sou dus ooit die hele proses kon waarneem nie omdat niemand miljoene jare leef om dit te sien gebeur nie. Niemand sou dus ook wetenskaplik kon kontroleer of dit wat Darwin gesê het, so is nie. (Mens kan dan seker ook vra hoe hyself dit so kon kontroleer...) Maar vandag weet ons op grond van die wetenskap van Biologie dat dit heeltemal onmoontlik is dat 'n nuwe soort dier uit 'n bestaande soort dier kan ontwikkel, al gee jy dit ook miljoene jare tyd om te gebeur.

Wat tot dusver gesê is kan ons ook anders stel. Die bewerings van "miljoene der miljoen jare" plaas die bewerings van evolusioniste buite die bereik van wetenskaplike kontrole. Dit beteken dat voorstanders van evolusie nie daarop aanspraak kan maak dat hulle idees getoets en wetenskaplik bevind is nie. Dit bly doodgewoon net hulle idees of gedagtes – die resultaat van raaiwerk (of doelbewuste misleiding...)

Voordat ons volgende keer oor die 'oue aarde' en die 'jong aarde' praat, onthou solank dit:
Die woord wat vir eenduisend miljoen jaar gebruik word, is 'n 'miljard'. As die evolusioniste dus sê dat die aarde vyf of ses 'miljard' jaar oud is, bedoel hulle dat dit vyf- of sesduisend miljoen jaar oud is.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1087 gaste aanlyn