Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar word beweer dat die besnydenis wat die Jode in die Ou Testamentiese tyd op die seuntjies van 8 dae oud uitgevoer het, die afsterf van die vlees voorstel. Deur besny te word het die Jode verstaan dat hulle nou gesterf het aan die vlees en nuut lewe vir God. Dit is presies wat ons glo van die doop wat later in die plek van die besnydenis gekom het; dit is steeds 'n voorstelling van die afsterf van die vlees.
VOLKSVERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (3)
BRAM FISCHER
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Fischer se verdere lotgevalle
Fischer se besluit om tydens sy verhoor te verdwyn en ondergronds te gaan, was nog 'n bewys van die ongelooflike mate van fanatisme wat die Kommunistiese ideologie by sommige Kommuniste gewek het. Fischer se kamerade was op daardie tydstip of in die tronk, sommige in die buiteland waarheen hulle gevlug en in veiligheid weggekruip het. Bowendien het die veiligheidspolisie en die ander instrumente wat deur die staat ontwikkel is om ondermyners op te spoor so formidabel geword dat dit bykans onmoontlik geraak het vir Kommuniste in Suid-Afrika om die regering omver te werp. Niemand met Fischer se verstand en insig sou dan ook in hierdie omstandighede gereken het dat hy daarin sou slaag om die SAKP spoedig weer lewensvatbaar te maak nie. Tog het Fischer gemeen hy kon dit doen — en dit kan net toegeskryf word aan die onverklaarbare houvas wat Kommunisme op party van sy aanhangers gehad het.
Fischer het met die samewerking van sy ondersteuners sy verdwyning deeglik beplan. Sy heel eerste mikpunt was om sy voorkoms so te laat verander dat mense hom nie sou herken nie.
Soos vooraf gereël, is hy eerstens na 'n goedgesinde plastiese chirurg wat deur 'n operasie aansienlike veranderinge aan sy gesig teweeg gebring het. Sy haarwortels aan die voorkant is ook weggebrand sodat sy haarlyn veel dieper gestrek het. Sy ooghare is op dieselfde wyse behandel en sy hare is gekleur. Sy bril wat gewoonlik 'n dik swart raam gehad het, is deur 'n raamlose bril vervang.
Ná dié operasie is Fischer met 'n Volkswagen wat vir hom aangeskaf is en wat hy daarna deurgaans gebruik het, na die plaas van 'n ouerige dame met wie reëlings vooraf getref is, Felicia Midlington, naby Rustenburg. Sy was blykbaar bewus van Fischer se identiteit. Naby die plaashuis waarin die ou dame gewoon het, was daar 'n kleinerige, karig gemeubileerde huisie waarin Fischer sy intrek geneem het. Fischer was op daardie tydstip redelik stewig gebou, maar mev. Midlington, wat 'n kundige op die gebied van gesondheidskosse was, het toegesien dat hy vinnig gewig verloor. Fischer het ook vir hom 'n bokbaardjie en 'n snor gekweek. Hy het verder sy manier van stap verander en met 'n kierie geloop. Verder het hy sy gebruiklike handgebare en gesigsuitdrukkings verander en altyd met 'n pyp in die mond gepraat wat sy spraak geaffekteer het. Die gevolg was dat Fischer na 'n maand of twee 'n totale transformasie ondergaan en eintlik onherkenbaar geword het. Deskundige advies oor vermom- mings is ook deur sy helpers ingewin en gepaste toerusting vir vermommings is aangekoop. Fischer het naderhand soveel selfvertroue ontwikkel dat hy, vermom as 'n ou dame, blykbaar vir 'n rukkie as toeskouer die verhoor van sy voormalige medebeskuldigdes bygewoon het.
Foto’s is van die veranderde Fischer geneem en 'n "Suid- Afrikaanse" rybewys en identiteitsdokument onder die skuilnaam wat hy aanvaar het — Douglas Black — is met die foto's daarop in die buiteland vervals en via die Londense tak van die Kommunistiese Party aan hom gestuur. (Die verval- sings was perfek behalwe vir twee leemtes in die rybewys: die reeksnommer wat aan Fischer toegeken is, was reeds aan iemand anders ('n swarte) toegeken en die datum van uitreiking het in 'n naweek geval.)
Met behulp van hierdie dokumente het Fischer vir hom as "Douglas Black" of onder 'n ander skuilnaam met gemak bankrekenings geopen en die Kremlin het via sy Londense kantoor die nodige geld daarin laat stort.
Intussen het Fischer se kamerade vir hom 'n huis in Johannesburg (Knoxstraat 57, Waverley) gehuur wat hy betrek het nadat die wonde aan sy gesig goed genees het. Tydens sy verblyf in die huis, wat net 'n paar kilometer van sy eie huis was, het Fischer weer kontak gemaak met sy kamerade en het hulle ook verskeie byeenkomste in die huis gehou. Rondskrywes aan kamerade wat daarop gemik was om die SAKP te laat herleef, is ook uitgestuur.
Na 'n verblyf van ongeveer ses maande in Knoxstraat het Fischer na 'n ander huis te Corlett-rylaan 215, Bramley, verhuis. Teen hierdie tyd was Fischer so gerus dat hy vryelik in Johannesburg rondbeweeg het.
Fischer het egter min vordering gemaak met sy plan om die SAKP weer op dreef te kry. Dit was meestal net vroulike lede van die party wat oorgebly het en daar moes eintlik geraap en geskraap word om weer 'n Sentrale Komitee saam te stel. Fischer se gemoedstoestand was ook nie goed nie. Hy het verlang na sy oorlede vrou Molly en hy was vreeslik eensaam — uiteraard kon hy nie juis besoekers ontvang nie uit vrees dat die polisie hulle sou volg en sy wegkruipplek ontdek. Frustrasie en swartgalligheid het hom dus soms beetgepak.
Daarby het sy Londense kamerade hom baie stief behandel. Hulle het hom afgeskeep met geld wat hy nodig gehad het vir voorgenome ondergrondse bedrywighede en sy alledaagse bestaan. Hulle het ook nie geantwoord op sy briewe nie. Ook het hulle nie ag geslaan op sy versoeke dat van die Londense Kommuniste na Suid-Afrika moes terugkeer om die stryd hier saam met hom voort te sit nie. Hulle het ook lank gesloer met die vervalsing van 'n paspoort wat hy begerig was om te bekom. Hulle verskonings vir die sloerdery was baie flou — soos dat hulle met vakansie moes gaan of dat dit te tydrowend was om 'n brief in kodevorm te skryf. Hier is sy kamerade se ware gesindheid duidelik waarneembaar: toe hulle nie langer persoonlike voordeel uit 'n oorname van die Suid-Afrikaanse regering kon trek nie, het hulle belangstelling in kameraad Fischer verflou. Klaarblyklik was hulle ook nie werklik so bekommerd oor swart mense se lotgevalle as wat hulle voorgegee het nie.
Fischer se vervalste paspoort het in Oktober 1965 gearriveer — dit wil sê eers sowat nege maande nadat Fischer ondergronds gegaan het. Die vervalsing was goed gedoen, maar dit was eintlik te laat. Fischer was reeds so gefrustreerd dat hy blykbaar nie meer lus gehad het om verdere planne te beraam nie.
Slegs twee dae nadat Fischer ondergronds gegaan het, het die Johannesburgse Balieraad besluit om by die hooggeregshof aansoek te doen om skrapping van Fischer se naam van die rol van advokate op grond daarvan dat Fischer se resente gedrag (deur sy verhoor te ontduik en sy borgvoorwaardes te verbreek) nie pas by dié van 'n advokaat nie. Vir Fischer was hierdie besluit 'n groot skok.
Hy wat soveel jare 'n geëerde lid van die Balie was en selfs as voorsitter van die Balieraad gedien het, word nou op hierdie manier deur sy kollegas behandel sonder dat hy die geleentheid gegun was om aangehoor te word! Vir hom was die besluit nie alleen ongeregverdig nie, dog ook lafhartig in soverre die besluit na sy mening op aandrang van die minister van Justisie, John Vorster, geneem is. Fischer het dadelik 'n brief gerig aan sy vriend adv. H. Hanson SC (wat namens hom in die strafsaak verskyn het) waarin hy sy optrede volledig verduidelik en Hanson versoek om die aansoek namens hom te betwis.
Die aansoek is op 2 November 1965 gehoor — deur dieselfde regter wat die Rivonia-saak gehanteer het: regter-president Quartus De Wet tesame met twee kollegas. Adv. D.J. Shaw QC, bygestaan deur adv. R.C.C. Feetham van die Durbanse Balie, het namens die applikant (die Johannesburgse Balieraad) verskyn, terwyl adv. Sydney Kentridge, saam met adv. Arthur Chaskalson, namens Fischer verskyn het. Kentridge het sy bes gedoen om die hof te oortuig dat die aansoek verwerp moes word — onder andere aan die hand van vorige hofbeslissings rakende advokate wat "politieke" vergrype begaan het en tog toegelaat is om op die advokaatsrol te bly. Kentridge was egter nie suksesvol nie en Fischer se status as advokaat is beëindig, hoofsaaklik in die lig van die volgende oorwegings:
Omdat Fischer sy plegtige ondememing om sy borgvoorwaardes na te kom, verbreek het. In die verband het die hof opgemerk:
"It is clear that the respondent (Fischer) made full use of his status as a senior counsel in inducing the magistrate to grant bail, and his breach of his solemn assurance can clearly be stigmatised as dishonest conduct. In this respect I can see no distinction between the words 'dishonest' and 'dishonourable'."
* Voorts het die hof gesê:
"In addition there is a further consideration which must not be overlooked: that is the impact of conduct of this nature upon public opinion. If conduct of this nature on the part of a senior and respected officer of the Court were to be overlooked as venial, the impact on the administration of justice would be deplorable. No-one released on bail could be expected to regard his undertaking in his recognisance as binding upon him and not lightly to be breached, and judicial officers would be in a quandary in every case where application for bail was made."
Clingman som Fischer se reaksie op die uitspraak soos volg op: "Nothing had hurt Bram," recalled George Bizos, "more than this case and this decision, for he had acted from the highest of principles (?!), and yet had been considered unworthy and dishonourable by his colleagues. Was it inevitable that he had to be persecuted by his peers as much as the police? It was a day that seemed a day of judgment on his life."
Volgens Pike was "Douglas Black" reeds sedert 25 Junie 1965 onder polisie-observasie — blykbaar sedert die datum waarop die polisie Fischer se brief aan Beyers Naude onderskep en 'n fotostaat daarvan gemaak het voordat hulle dit weer aan Beyers versend het. (Dit blyk egter dat as gevolg van Fischer se uitstekende vermomming die polisie nie heeltemal seker was van "Black" se ware identiteit nie.)
Op 9 November 1965 is Violet Weinberg, 'n gelyste Kommunis en groot vriendin van Fischer, ingevolge die 180 dae-bepaling aangehou. In haar handsak is 'n sleutel van die huis waarin Fischer gebly het, gevind. (Clingman meld ook dat Weinberg so 'n sleutel gehad het.) Die hoof van die veiligheidspolisie, Hendrik van den Bergh, het toe die afleiding gemaak dat Fischer sou besef het dat sy huis se sleutel by Weinberg gevind sou word en dat hy (Fischer) as gevolg daarvan sou probeer vlug. Inderdaad het Fischer dan ook 'n ander huis gehuur en hy was besig met die verhuising toe die polisie hom op 11 November 1965 in hegtenis geneem het.
Die erns waarmee die arrestasie deur die polisie bejeën is, blyk uit die volgende aanhaling uit Pike se boek:
On Thursday, 11 November 1965, shortly before 6 p.m. twenty-one security; policemen directed by Colonel P.j. Venter, Captain Johannes Broodryk and Lieutenant Roelfvan Rensburg, raided 215 Corlett Drive. Police were stationed in bushes, on a nearby rooftop and across the road. Fischer drove out and as he approached the corner of Stella Street and Oakland Drive, the police closed in. The first man to reach Fischer's car was a young, blond detective, followed by a senior officer. 'What is this all about?' he enquired. 'We want you, Mr. Fischer.
Bram Fischer in vermomming came the young police man's devastating reply. As the police were searching his car, they were speaking in Afrikaans. Fischer pretended not to understand the language (his mother tongue) and shouted: 'What are they saying?'
Finally, after a long string of pretences, Fischer admitted that he was not Mr. Black. Obviously defeated, the former QC was escorted to a waiting police car and taken back to his house on Corlett Drive. With this the country-wide drama of the Bram Fischer manhunt ended.
In Fischer se huis, wat hy besig was om te ontruim, het die polisie hope inkriminerende dokumente en ander bewysstukke gevind wat later by sy verhoor ingedien is: byvoorbeeld vervalste dokumente, Kommununistiese Party-stukke, artikels geskryf deur Fischer vir die verbode tydskrif The African Communist, vals baarde, pruike, gekodifiseerde briewe, vermommingstoerusting, en ander items.
Vervolg...