Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe duidelik waarsku Petrus nie oor die spotters wat ons vandag in ons geledere sien nie! In II Petrus 3 sĂȘ hy "Dit moet julle weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel." Ons sien daagliks hoe mense die Bybelse waarhede misbruik om hul eie ongeloof te regverdig en twyfel by ander te saai. Maar God het ons ook 'n skild gegee waarmee ons onsself kan beveilig hierteen naamlik om te bly leef in alle godsvrug en heiligheid om so gereed te wees vir die Wederkoms van die Here.