NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Liewe oumens, miskien gaan dit op hierdie oomblik sleg met jou.  Jy is op moedverloor se vlakte.  Leer dan een ding:  Om een dag op ‘n slag te lewe.  Vra God dat Hy jou net vir vandag sal dra.  Vergeet van more, vergeet van oormôre.  Gee een tree op ‘n slag op ‘n dag-vir-dag basis.

KASSINGA – DIE WAARHEID OOR 4 MEI 1978

“Dit is Hemelvaartdag, 4 Mei 1978; ons is oppad na Cassinga, 260 kilometer binne Angola – en ‘n moontlike vroeë dood... Die bome lyk vir my gevaarlik naby, maar dis dalk beter so, want so is dit onwaarskynlik dat die radar ons sal optel, en ons dan ‘n prooi word vir ‘n Kubaanse Mig vegvliegtuig. Skielik swiep ‘n grys voorwerp van agter af onder ons deur, en vir ‘n oomblik versteen ek.”

Geloftelandlesers het die uiters groot voorreg om die persoonlike ervaring van Peet Victor, een van die dapper valskermsoldate wat ons landsgrense in die sewentigerjare help beskerm het, eerstehands hier te lees. Ons hartlike dank aan hom vir hierdie inligting wat nie net ‘n opwindende ware aksieverhaal is nie, maar definitief bevestig dat Kassinga een van die hoofkwartiere van die terroriste-organisasie SWAPO was, en nié soos SWAPO later beweer het, ‘n vlugtelingkamp wat onreg gely het nie. Die aanval op Kassinga was ‘n noodsaaklike operasie om die kommunistiese guerillavegters van Suid-Afrika te probeer afkeer. Vandag kan ons net lof en eer bring aan hierdie dapper manne wat hulle lewens nogeens in gevaar gestel het!

Bietjie agtergrond – Red

Die Slag van Kassinga, ook bekend as die Cassinga Raid of Cassinga Massacre, was 'n omstrede Suid-Afrikaanse lugaanval op 'n kamp van die guerrilla-organisasie SWAPO in die stad Kassinga, Angola, op 4 Mei 1978. Gelei as een van die drie belangrikste aksies van Operasie Reindeer tydens die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, was dit die eerste groot lugaanvaloperasie van die Suid-Afrikaanse weermag.

Wat dit omstrede gemaak het is SWAPO se bewering dat Kassinga eerder 'n vlugtelingkamp as 'n militêre kamp was, en dat die klopjag kwansuis 'n bloedbad op burgerlikes eerder as 'n baie suksesvolle militêre operasie was.

Alhoewel daar uitgebreide rekords bestaan wat die SAW se beplanning en optrede rondom die operasie dek (sedert die regeringsverandering in 1994 afgeklassifiseer), bestaan daar geen ander SWAPO-rekords nie, behalwe fotografiese bewyse van die massagraf. Die vraag of Kassinga 'n militêre kamp of 'n vlugtelingkamp was word beantwoord deur foto’s van wapens en militêre installasies wat by die kamp teenwoordig was en gedokumenteer is. In 1998 kom die Suid-Afrikaanse Waarheids- en Versoeningskommissie ook tot dié gevolgtrekking. Dit is duidelik vanuit die perspektief van die SAW dat Kassinga 'n militêre fasiliteit eerder as 'n vlugtelingkamp of vlugteling-transito-fasiliteit was, soos SWAPO nog altyd beweer het. Die fotografiese bewyse wat die SADF-argiewe aan die Kommissie getoon het, dui op 'n militêre dimensie vir die kamp. Maar SWAPO het destyds besluit om ook materiële voordeel uit die situasie te trek en daarin geslaag toe grootskaalse humanitêre hulp van oraloor aan hulle as die sogenaamde slagoffers gestuur is.

SWAPO-persverklarings het daarop uitgebrei. Hulle het die basis as 'n vlugtelingkamp beskryf en beweer die SAW het 600 weerlose vlugtelinge geslag. Die lyke is in twee massagrafte by Kassinga begrawe; foto's van een van die massagrafte is op groot skaal gebruik vir propagandadoeleindes, en vir baie mense het dit dus die beeld geword wat hulle met die gebeurtenis geassosieer het.

Teen die begin van 1978 het SWAPO sy organisasie uitgebrei en steun in Owambo en die Oos-Caprivi gekry. UNITA was onder druk van die MPLA, en dit het vir die SAW al hoe moeiliker geword om in Suid-Angola op te tree.

Die aanval op Kassinga het gegroei uit die plan vir Operasie Bruilof, waarin die SAW se vooruitsig was om ses SWAPO-teikens rondom die stad Chetequera aan te val. Tydens die intelligensie-insamelingsgedeelte van die beplanning vir Operasie Bruilof, het die SAW tot die gevolgtrekking gekom dat die klein dorpie Kassinga die vernaamste mediese, opleidings- en beheersentrum vir die guerrilla's in die streek was, en een van SWAPO se twee plaaslike hoofkwartiere (die ander was verder noord by Lubango).

Die SAAF het destyds goeie lugoorsig oor Angola gehad, wat 12 Eskader in staat gestel het om in die lente van 1978 ‘n lugfoto-verkenning met Canberra B12's uit te voer. Hierdie foto's toon 'n nuutgeboude militêre infrastruktuur, insluitende beton-inry-bunkers vir gepantserde vegvoertuie wat die benadering dekpaaie, sigsak-loopgrawe rondom die basis, vosgate vir masjiengewere / mortierbemanning - en die uiters kenmerkende 'stervormige' betonbasisstruktuur vir 'n SAM-3-raketbattery en sy radar / bevelvoertuig.

Dit is duidelik vanuit die perspektief van die SAW, dat Kassinga 'n militêre fasiliteit eerder as 'n vlugtelingkamp of vlugteling-transito-fasiliteit was, soos SWAPO beweer het. Die fotografiese bewyse wat die SADF-argiewe aan die Kommissie getoon het, dui op 'n definitiewe militêre dimensie vir die kamp.

PEET SE VERHAAL

Cassinga: 4 Mei 1978

Jesaja 40:29 “ Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie. 30: Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; 31: maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”

Ek staan vasgevang in ‘n string valskermsoldate aan die bakboordkant van ‘n Hercules C130 vragvliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag, en tuur deur ‘n klein venstertjie na die bome van Angola wat sowat 100 voet onder ons verbyskiet na agter. Dit is Hemelvaartdag, 4 Mei 1978; ons is oppad na Cassinga, 260 kilometer binne Angola – en ‘n moontlike vroeë dood...

Die bome lyk vir my gevaarlik naby, maar dis dalk beter so, want so is dit onwaarskynlik dat die radar ons sal optel, en ons dan ‘n prooi word vir ‘n Kubaanse Mig vegvliegtuig. Skielik swiep ‘n grys voorwerp van agter af onder ons deur, en vir ‘n oomblik versteen ek.   Dan besef ek dat dit een van die vier Canberra bomwerpers moet wees, wat net voor ons uitspring, hul 500 pond bomme gaan neerwerp op ons teiken, Swapo se hoofbasis, Cassinga.

Hy is wragtig tussen ons en die bome deur...!

Die volgende oomblik klim die Hercules skerp boontoe, en ons steier rond soos ons probeer om op ons voete te bly. Sekondes later is dit op springhoogte, en die alarm gaan aan...

Daar is nie veel sprake van n korrekte valskermhouding toe ek die vliegtuig verlaat nie, en gevolglik het ek ineendraaiings in my toue toe die valskerm oopmaak. Ek skop wild in die rondte om dit af te wen terwyl nuwe geluide die skielike stilte ná die geraas daar in die vliegtuig vervang. ‘n String ligspoorkoeëls verskyn van onder af,en grys wolkies begin die lug inkleur-lugafweer! Maar hulle het dan gesê dat daar nie lugafweer by Cassinga is nie!

Nou wil ek met mag-en mening op die grond kom-dis te warm hierbo! Ongelukkig is die “pampoen” waarmee ek spring nie juis stuurbaar nie, en die windjie dryf my reguit in die rigting van n groot boom! Ek keer vir my onderdele en my gesig, en ploeg deur die boom, net om sowat drie meter van die grond af vas te haak- en rondom my klap die skote...!

Gelukkig onthou ek van die Okapi knipmes in my broek se kantsak wat ek tydens ‘n kamponginspeksie van ‘n Swart myner afgeneem het, en ek sny koorsagtig toue af wat vashaak, sodat ek binne sekondes op die grond beland.

Nou my geweer agter my blad afkry, die kolf oopswaai en oorhaal. Ek sluip die bos in, soekende na my seksie, terwyl skote orals klap. Die volgende oomblik kyk ek vlugtig na my geweer- dit het verdomp nie gesluit toe ek dit gespan het nie- ‘n amateur fout aan my kant! Gelukkig het ek nog nie n “Têr“ teëgekom nie- dan was ek dood nog voor ek begin het! Gelukkig verskyn my kamerade een-een uit die bosse uit, en ons vat koers in die rigting vanwaar die meeste skote gehoor word. In hulle gretigheid om na die afgespreekte stoppergroep posisies te beweeg, loop my seksie voor my twee-drie keer feitlik oor terroriste wat doodstil op hulle mae lê in die hoop om nie gesien te word nie: hulle skrik hulle dus telkens yskoud wanneer ek losbrand op diesulkes. My seksie is ook duidelik nie plaasseuns of jagters nie, want hulle sien nie die Têrs in die bosse wat gebukkend van die toneel af probeer wegkom nie. Na ek weer een skiet, verloor o/korporaal Berg kop, en hardloop vooruit, soekende na iets om te skiet. Ons skree waarskuwings uit dat hy voor ons vuurlinie in beweeg, maar hy verdwyn in die bosse...

So ‘n paar minute later hoor ons twee skote voor ons in die bos, en kom op ou Berg af wat sopas sy eerste Têr geskiet het, en besig is om hom te deursoek. R160 S.A. Rande ryker is Berg nou weer normaal, en ons bereik ons stopperposisies daar by ‘n ou Portugese begraafplaas, nadat ons ‘n paadjie moes oorsteek met koeëls wat uit ‘n loopgraaf al met die paadjie af by ons verby sis.

In die basis het ons aanvalsmag nou al grootliks beheer van die geveg, hoewel ons kan hoor hoe van die lugafweerkanonne gereeld blaf, noudat daar nie meer lugdekking is nie, want die twee Mirages en die Buccaneer het teruggekeer na hulle basisse om brandstof in te neem, en te herbewapen. Toe die opslagplek ontplof, wil ek ‘n foto neem, maar my Instamatic kameratjie wat ek wederregtelik met my saamgebring het, se lenssluiter haak in die oop posisie vas –seker weens die harde stamp teen die boomstam.

Na ons ‘n uur of wat later voor ons tot teen die loopgrawe gevee het en die laaste weerstand van gewonde Têrs beëindig het, word die dooies, gewondes en die meeste manne van die aanvalsgroepe opgepik deur ‘n klompie Puma- en Super Frelonhelikopters. Die res van ons versamel ook daar om later hopelik opgepik te word.

Toe kom die boodskap: Daar is tenks en troepedraers oppad van die Kubaanse basis sowat 15 kilometer suid van Cassinga af! Kort daarna daag die Buccaneer en 2 Mirages op, en ons verkyk ons aan ‘n manjefieke lug-tot-grond geveg: ’n Mirage duik uit die son op die konvooi af, los n kort sarsie (brrrrr), en dans tergend weg terwyl lugafweer uit die konvooi hom agtervolg. Die volgende oomblik doen die tweede een dieselfde, en dan kom die Buccaneer laag oor ons, vat korrel en laat looi met 2 vuurpyle. ‘n Ent verder buite ons gesigsveld, begin swart olierook uit die konvooi opstyg.

Nou begin daar egter aarselend uit die bosse om Cassinga op ons gevuur word, en ons neem stelling in agter wat ookal beskikbaar is. Dis toe dat ek sien dat die man wat agter my staan, niemand anders as Genl. Constand Viljoen self (die hoof van die Leër) is nie, en die implikasies van sy teenwoordigheid begin tot my deurdring: die man mag nie gevang word nie- dan is alles verlore! Die lugmag is intussen weer huistoe, en ons het geen lugdekking nie!

Ek begin nou ‘n dreuning hoor, en besef dat die tenks naby moet wees- waar is die tjoppers tog? Ons is nie bewapen vir ‘n geveg met tenks nie, en die een ou met die RPG vuurpylrigter het net een missiel! Ek herken hom as Matthews , ‘n Engelsman wat saam met my basiese diensplig in 1973 gedoen het, en my moed sak in my skoene...

‘n Paar oomblikke later verskyn die eerste tenk sowat 250 treë van ons af uit die basis. Ek staan so vyf tree van Mattews af en kyk hoe hy aanlê op die tenk, wat effens na regs van ons beweeg. En ek sien hy bewe te veel... en skiet seker ‘n meter hoog bo-oor die tenk! Ek sien hoe die tenk se kanon in ons rigting draai...! Die volgende oomblik kom ‘n Buccaneer so laag oor ons dat ons platval, en duik op die tenk af, om rakelings oor hom te vlieg, nie meer as twee of drie meter bo-oor hom nie! Die tenk kom onmiddellik tot stilstand, en die volgende oomblik kom die tjoppers in. Almal hardloop vir ’n tjopper, maar ’n paar van ons gee dekkingsvuur. Ek sien hoe ’n tjopper so tien tree van my af opstyg op dieselfde oomblik wat ‘n kanonkoeël uit die tweede tenk wat nou ook op die toneel gekom het, onder dit deurgaan terwyl dit stofwolkies opjaag in die verbygaan.

Toe ek weer kyk, is ons net twee op die grond, en ek hardloop vir ‘n tjopper wat net van die grond begin lig -gooi my geweer in, en rol in. Die vlieënier het langerige vuil-wit hare, en ek voel lus om hom te omhels. (Elkeen van die tjopper vlieëniers was helde in hierdie oorlog.) Ons kies koers in ‘n rivierlopie af, en ek kom agter dat die Migs nog steeds ‘n gevaar vir ons kan inhou. Ons vlieg koes-koes met rivierlopies langs, totdat die vlieënier ‘n bylyn vat kaplyn toe.

Ons is veilig!

Skemeraand land ons by Eenhana-basis. Ek klim stywerig uit die helikopter, en voel skielik dat my nek nie meer die gewig van my staaldak kan dra nie. My geweer val uit my hand uit, te swaar om vas te hou...

Ek is tot die dood toe moeg, maar ek lewe: Dankie, Here!

Vroeg die volgende oggend tree ons aan om opgepik te word. C130 en C160 vragvliegtuie land een-een sukkelend teen die wind in, en sommige moet ‘n tweede keer probeer: die aanloopbaan is ‘n blokkie uitgekap uit die Noord- SWA bosveld en is nie baie lank nie. Ons verstom ons toe ‘n gekamoefleerde Hercules sommerso met die wind saam kom land, en net die helfte van die aanloopbaan gebruik: dit moes definitief die gereelde posdiens gewees het!

Ons land op Ondangwa, waar ons aan ‘n robuuste visintering onderwerp word: die militêre polisie lê beslag op elke moontlike souvernier wat ons het, soos Angolese geld, Russiese patrone en hier–en–daar ‘n bajonet of ‘n Tokaref pistool. Ons is nie juis beïndruk nie!

Ons vlieg terug “States” toe, en land op Bloemspruit lughawe buite Bloemfontein. Daar is tafels vol kos, en die Burgermeester hou ‘n lang “spiets”. Ons is nie honger nie...

Donkeraand is ons op die trein na Pretoria. Ek is ‘n goeie slaper en vroegoggend stoom ons Pretoriastasie in.

Ek staan en wag vir Gawie Rossouw, ‘n vriend wat bereid is om my te kom haal. Die meeste manne van Pretoria is reeds weg, maar ek en Kaptein JET van Zyl, wag vir ons “lifts”.   Die volgende oomblik is ons in boeie: die Spoorwegpolisie meen dis ons wat die trein se waterbottels uitgegooi en ‘n paar slaapbanke met messe bygekom het...!

Twee uur later word ons teësinnig vrygelaat. Skutter Petrus Louwrens Victor, 71415939Bt, wat skaars twee dae tevore tot die dood toe vir land en volk geveg het, is weer vry, en...hy lewe!

Agtergrond.

SWAPO (South West African Peoples Organization) se insurgensie oorlog het al op 26 Augustus 1966 begin, toe ‘n groepie terroriste van sy gewapende vleuel, PLAN (Peoples Liberation Army of Namibia), deur ‘n afdeling bestaande uit valskermsoldate en polisie in hulle basis by Ongulumbashe in Ovamboland aangeval en uiteengejaag is.

Die getal landmynontploffings en vuurgevegte het geleidelik toegeneem, wat die S.A Weermag in Junie 1973 genoodsaak het om oor te neem by die S.A. Polisie om sekuriteit te probeer handhaaf. (Skrywer was toe in sy dienspligjaar, en was ironies genoeg ook hierby betrokke).

Die SWAPO insurgensieoorlog was die klassieke tipe. Opgelei in kommunistiese lande soos Rusland, Sjina, Oos-Duitsland, Noord-Korea, sowel as Egipte, Tanzanië, en Algerië, was die SWAPO leiers vertroud met strategie van kommunistiese Sjina teen die nasionalistiese Sjinese in laat 1940, en die Viëtnamese teen die Franse in 1950 en teen die Amerikaners in die 1960s en 1970s in Viëtnam.

Teen 1978 het SWAPO ’n goedontwikkelde netwerk van basisse in Suid-Angola regoor Ovamboland gehad. S.A. het ‘n twee meter hoë draad al langs die 450 km lange grens gespan, maar dit het SWAPO nie verhinder om tallose aanvalle te doen en honderde landmyne te lê nie. Ongeveer 2000 Kubaanse instrukteurs het veral sedert 1978 gehelp om terroriste al beter op te lei, ook in die gebruik van meer gesofistikeerde wapens soos mortiere en lugafweer. Teen Oktober het Militêre Intelligensie geraam dat daar omtrent 300 terroriste op ‘n gegewe tyd in Ovamboland was, met 2000 net oor die grens in Angola, en omtrent 1400 in Zambië. Hul totale mag is geskat op ongeveer 14000 terroriste. Op 31 Maart 1977 is in die S.A. Parlement bekendgemaak dat ’n totaal van 231 terroriste, 33 sekuriteispersoneel, en 53 plaaslike inwoners in die voorafgaande 2 jaar gesterf het.

Leopold Scholtz, skrywer van “Die SAW in die Grensoorlog: 1966-1989”, skryf op p69 van sy boek die volgende: “In ‘n militêre verslag van 27 Februarie 1978, die eerste van ’n reeks S.A.Weermag-ontledings van die militêre situasie in Suidwes, is aangevoer dat SWAPO sy posisie in Ovamboland versterk het”. Volgens die verslae het die vyand nou tot in groepe van 100-150 man begin opereer. Verskeie pro-Suid-Afrikaanse stamhoofde is in sluipmoordaanvalle vermoor, terwyl landmynvoorvalle drasties gestyg het. ’n Bus met 73 passasiers (meestal vroue en kinders) is gekaap en na Angola gedwing. Iets moes gedoen word!

Operasie Reindeer was bedoel om die terroriste beweging se prestige aan te tas, met die oog op die moontlikheid van Internasionaal gemoniteerde verkiesings. Die keuse het geval op twee basisse in Angola, naamlik Cassinga, sowat 260km noord van die grens, en Chetequera, net 2 km van die grens. Cassinga is beskou as SWAPO se hoofkwartier, van waar alle operasies in Suidwes van ‘n sentrale operasiekamer af beplan en gekoördineer is. Dit was ook volgens Scholtz ‘n logistieke, opleidings- en mediese fasiliteit, en die verwoesting daarvan sou SWAPO se operasies vir minstens 6 maande ontwrig. Die inwoners word beskryf as tussen 300 en 1200 terroriste en ‘n onbekende getal gewapende vroulike terroriste .

Die besluit was om 370 valskermsoldate, hoofsaaklik van 2 en 3 Valskermbataljons (albei deeltydse Burgermageenhede), asook ‘n onafhanklike peleton van voltydse dienspligtiges te gebruik. ‘n Kompanie van 3 Valskermbataljon sou die reserwe wees , en slegs aangewend word as dit nodig sou wees. Die troepe sou afgegooi word deur 6 Lockheed C130 Hercules en C160 Transall –vragvliegtuie met nog drie C160s paraat met reserwetroepe en bykomende voorrade as dit nodig was. Die basis was ‘n volle 260 km binne Angola: gevolglik was daar nie die opsie om terug te stap nie. Dus moes ‘n helikoptervloot (19 Super Frelons en Pumas) gebruik word om die aanvalsmag terug te neem na die slag.

Die plan was om Cassinga onverwags om 8 vm., wat volgens inligting paradetyd was, hard te slaan deur ‘n lugbombardement uitgevoer deur 4 Canberra - en vier Buccaneer bomwerpers, wat onmiddellik opgevolg sou word deur 2 Mirrage 3 CZ vegvliegtuie met 30mm kanonne. In die harwar wat hierop volg, sou die hoofaanvalsmag, Alpha- en Bravokompanies wes van die teiken neergelaat word , en ooswaarts deur die teiken beweeg. Een kompanie (Charlie) sou oos van die teiken spring, en dan ‘n stoppergroep vorm om vlugtende terroriste te stop. D-Kompanie sou suid neerkom, ook as stoppers, terwyl die onafhanklike peleton noord sou land. ‘n Mortierpeleton met 60mm mortiere sou die aanval steun, terwyl ’n tenkafweerpeleton met RPG-7 vuurpyle en tenkafweermyne in die suide sou waghou oor die pad vanaf die gemengde Kubaans/ MPLA mag by Techamutete, wat 15 km suid van Cassinga geleê was. (Hierdie mag het bestaan uit ‘n troep tenks, ’n gemeganiseerde infanteriekompanie of twee met BTR-152 gepantserde troepedraers, plus gemotoriseerde infanterie en lugafweerkanonne.

Daar is geskat dat hulle reaksietyd omtrent 4 ure sou wees, voor hulle Cassinga sou bereik, maar dan sou die S.A.troepe reeds terug wees in Suidwes, volgens beplanning. ‘n Ander faktor was die Kubaanse MIG-21 vegvliegtuie by die lugmagbasisse Kubango en Menonique, albei binne bereik van Cassinga.

Dinge het ongelukkig nie so uitgewerk nie:

-Daar was ‘n fout met die skaal van die fotos van Cassinga , sodat ons te laat afgegooi is.

- ‘n Noordoostewind het die fout vererger.

-Die klein stroompie op die fotos was nou ‘n sterk rivier in vloed.

-Die Buccaneers se bomme het nie veel uitgerig nie. (2e Wêreldoorlog voorraad is gebruik)

-Die rook van die eerste aanvalle het die Buccaneers se sig belemmer, sodat sommige bomme suid van die basis geval het, en die swaar bewapende hoofkwartierkompleks is glad nie getref nie.

-Die helfte van die aanvalmag het anderkant die rivier geland- sommiges in die rivier.

-Slegs Delta-kompanie het op die beplande plek geland, terwyl 2 peletons reg binne-in Cassinga geval het, sommiges op die dakke van geboue!

-Die Mirages kon slegs ongeveer 2 minute se lugdekking gee, voor hulle moes terugkeer vir brandstof.

Na alles moes die hele plan van aksie verander word, wat uitstekend gedoen is deur die bevelvoerder, Kol. Jan Breytenbach, maar die verrassingselement se tande is getrek deur die feit dat die werklike aanval eers na ongeveer 90 minute se verkwisting kon begin. Die geveg wat teen 11-uur oor moes wees, het tot na eenuur geduur, wat die pantsermag by Techematute kans gegee het om Cassinga te bereik toe die helfte van die troepe nog daar gewag het om deur die tjoppers kom haal te word. Die gevolg was die gebeure soos beskryf deur skrywer hierbo.

Dries Marais.

Op ‘n Novemberdag in 2012 ontmoet skrywer die vlieënier van die Buccaneer na amper 35 jaar na Cassinga, na my broer Herman wat skoolgehou het in Pretoria, my ingelig het van ‘n artikel oor Dries Marais wat daardie week in “Rekord-Oos“ plaaslike koerant verskyn het. Luitenant-Kolonel Dries Marais, houer van nommer 048 Honoris Crux, wat hy verwerf het tydens Cassinga, het nou in die VSA gewoon, maar was in SA vir besigheid. Nadat ek die koerant gekontak het, het hulle gereël dat ons mekaar ontmoet by ‘n restaurant in Pretoria – ‘n hoogtepunt in my lewe!

Dries vertel : ”In 1978 was ek ‘n vlieënier by 24 Eskader op Waterkloof Lugmagbasis. In Mei is ons na Grootfontein ontplooi vir die eerste lugaanval in Angola”.

Sy derde gevegsvlug van die dag was na ‘n ander doelwit (as Cassinga). Voor opstyging het hy sonder rede opdrag gegee dat elke derde vuurpyl in die lanseerders van die Buccaneer ’n pantserbreek- plofkop moet hê. “Tot vandag weet ek nie wat my besiel het om dit te doen nie “.

Op pad na die nuwe beplande teiken hoor hy oor die radio dat die valskermtroepe se ammunisie amper op was, en dat Kubaanse tenks en troepedraers so te sê reeds by Cassinga is. (Dit was ongeveer 5 tenks en 25 BTR – troepedraers wat elkeen n dubbelloop lugafweer gesleep het - ongeveer 250 man sterk.)

Intussen het die tweede Mirragevlieënier van Cassinga af laat weet dat sy 30mm kanonkoeëls skadeloos teen die pantser van die tenks ontplof, en gevolglik net teen die troepedraers effektief was. Die tenks het onverstoord voortgegaan op pad na Cassinga. Daarop het Marais sy vlugplan verander, (en gelukkig het sy navigator, Harvey, nog die ruitverwysings gehad!), en teruggevlieg Cassinga toe.

Willem Steenkamp, in sy boek “Borderstrike” beskryf die situasie só ná Dries se aankoms by Cassinga en hy ‘n paar aanvalle gedoen het veral op die lugafweerkononne uit die konvooi wat onophoudelik op die Buccaneer gevuur het en ‘n bedreiging vir die vliegtuig geword het:

“From his cockpit Marais had a grandstand view, and what he saw horrified him: Suddenly the two other tanks came out of the bush and charged towards the base as our choppers landed. We were just north of the base and I told Ernie: “nows our chance to to get both those tanks . Give me 6 rockets for one and six for the other”: We were supposed to have 12 left. Ernie gave the word and we dived , but when I pressed the trigger nothing happened. ”You did not have the switches on !” I shouted at Ernie, but he denied it. We turned , and at that speed it takes a little while, and once again the thing didn’t want to fire . Somewhere wed fire an extra salvo I couldn’t remember, and we were without ammunition. And the tanks started to fire on the choppers.

“Without thinking about it really ...I dived on those tanks, without ammunition, nothing...I dived on the forward tank at top speed and as low as possible to frighten hom off, maybe hed give way. At a speed of 700 mph a Buccaneer with its 2 powerful engines makes a terrific row, and from the ground must look and sound terrifying... we climbed high and I looked around, and there the first tank was off the road in among the bushes, and wasn’t firing any more. Ah, it worked. I turned around and came (in) again, and Ernie shouted at me: “Please don’t fly so low over that tank again, wer going to fly right into it!”

Dries vertel verder: “Toe ek die Buccaneer se neus boontoe druk om hoogte te kry, het ek gesien hoe die helikopters een na die ander begin opstyg. Met ons landing het ons om-en-by 17 trefskote op die vliegtuig getel (een was reg op die pantserglas voorruit). Nie n enkele skoot het ‘n kritiese komponent van die vliegtuig getref nie”.

Hy sê: “Daardie hele dag het dinge deur ‘n Hoër Hand se intrede gebeur”.

Nota: Dries Marais is hierna formeel deur die Lugmag aangekla omdat hy “die vliegtuig en die navigator daardeur in gevaar gestel het!” Sy verweer was: “ Ek het nie geweet dat oorlog gevaarlik is nie”. Hy het egter enkele weke later die Honoris Crux medalje vir dapperheid ontvang.

Wat ‘n man!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1874 gaste aanlyn