NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug, ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!- Jesaja 63:17

SA WEERMAG VOOR 1994 (4)

Lees reeks by SA Weermag voor 1994

HOOGTEPUNTE IN 1988

DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG IN 1988: HOOGTEPUNTE EN MYLPALE

Inleiding

Vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was 1988 weer eens 'n jaar wat talle hoogtepunte opgelewer het. In hierdie verband kan enkeles, soos die SAW se operasionele suksesse in Angola, die beëindiging van vyandelikhede in SWA en die ondertekening van die drieparty-ooreenkoms in New York, die bekendstelling van nuwe wapentuig, die Vloot se geslaagde Oefening Magersfontein en sy deelname aan die Dias-gedenkfees genoem word. En dan was daar ook die instelling van die Nasionale Vaandel.

In 1988 het die SAW ook heelwat gehad om te gedenk, soos onder meer die 75ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), die Staande Mag en die Burgermag.

Die Suid-Afrikaanse Weermaginstituut (SAWI) het sy 20ste bestaansjaar gevier, terwyl Lugmagbasis Waterkloof se ontstaan in 1938 in herinnering geroep is. Die Staatspresidents-eenheid het in 1988 mondig geword. Maar 1988 sal ook onthou word as die jaar waarin die SAW tydens die vloedramp in veral die Oranje-Vrystaat en Noord-Kaapland weer eens noodlenigingswerk verrig het. Verder was die SAW opnuut onderhewig aan 'n proses van verandering en vernuwing. In hierdie oorsig word die hoogtepunte en mylpale van 1988 in oënskou geneem.

Verdedigingsdebat

Die Verdedigingsdebat in die drie Huise van die Parlement is hoofsaaklik gekenmerk deur besprekings van die SAW se optredes in suidoos-Angola, die vredesamesprekings in Brazzaville en Krygkor se welslae. In al die huise van die Parlement het genl Malan hulde gebring aan diegene wat die hoogste offer gebring het om die Republiek te beveilig. "Ons eer die nagedagtenis aan daardie manne en wens hulle dierbares, vriende en familie net sterkte en genade toe." Genl Malan het ook sy persoonlike dank en gelukwensing, asook dié van die Regering, aan die Weermag en Krygkor oorgedra met nog 'n baie suksesvolle tydperk van diens aan die land en die Staat. "Ek sê dankie en hartlik geluk aan genl Jannie Geldenhuys en sy opperbevel met werk baie puik gedaan. Die periode 1987-88 sal in die geskiedenis van die Weermag aangeteken word as een van sy hoogtepunte."

Met betrekking tot die SA Weermag se beperkte betrokkenheid in Suidoos-Angola ter ondersteuning van UNITA, het die Minister gesê dat die Suid-Afrikaanse soldaat en sy toerusting die naam van Suid-Afrika eer aangedoen het. Die SAW se beeld as 'n doeltreffende, doelgerigte en gedugte gevegsmag is opnuut bevestig.

"Die Weermag het onteenseglik bewys dat hy met die veiligheid en die belange van Suid-Afrika vertrou kan word. Saam met UNITA het ons manne prestasies behaal waaroor lank nog gepraat sal word. So is die vyandelike FAPLA-magte geraamde verliese van tussen 7 000 en 10 000 toegedien, en is hul verliese aan wapentuig meer as een miljard dollar."

Genl Malan het ook beklemtoon dat die verowering van die dorpie Cuito Cuanavale nooit 'n doelwit was, soos sommige koerante bespiegel het nie. In hierdie soort oorlog beset 'n mens nie 'n niksbeduidende dorpie wat bowendien militêr takties swak geleë is nie. "Die Weermag kon sy doelwitte gouer bereik het, maar in die bepaalde omstandighede is dit nie gedoen nie. Die SAW stel die veiligheid en lewe van die soldaat eerste. Dit is vir hom die hoogste prioriteit en daarom is geen risiko's geneem nie. UNITA moes ook tyd gegun word om hom stewig in te grawe om moontlike nuwe vyandelike offensiewe die hoof te kon bied", het die Minister gesê.

Tydens sy spreekbeurt in die Raad van Verteenwoordigers het genl Malan ses punte genoem waarom dit vir Suid-Afrika gaan in Angola:

* Die onttrekking van Kubaanse magte ter wille van ons eie en Suider-Afrika se belange is hoë prioriteite.

* Angola mag nie oorheers word deur aggressiewe ekspansionistiese supermoondhede nie.

* 'n Interne oplossing deur nasionale rekonsiliasie moet gesoek word.

* Die betrokkenheid van Afrika-state vir 'n Afrikagerigte oplossing vir Angola is nodig.

* Die onttrekking van Kubane en 'n versoening tussen strydende partye kan vêrrykende implikasies vir Suidwes-Afrika hê.

* Suid-Afrika het 'n plig om sy eie belange en dié van die streek te beskerm.

In die Volksraad is dit bekend gemaak dat 'n nuwe Verdedigingshoofkwartier teen die noordelike hang van Magasynheuwel in Pretoria opgerig gaan word. Dit sal 'n vloeroppervlakte van 80 000 vierkante meter beslaan en die eerste fase sal na verwagting teen die einde van 1993 voltooi wees. Genl Malan het ook aangekondig dat die opleidingsfunksie van die Danie Theron-Krygskool in Kimberley met ingang 1 Januarie 1990 na die Infanterieskool op Oudtshoorn oorgeplaas gaan word.

Nasionale Vaandel

Militêre geskiedenis is op 28 April in Kaapstad gemaak toe die Nasionale Vaandel vir die eerste keer saam met 'n eenheidsvaandel aan 'n eenheid oorhandig is. Die oorhandiging deur die Staatspresident, mnr P.W. Botha, is heel gepas aan die Staatspresidentseenheid op die eenheid se 21ste verjaardag gedoen.

Die oorhandiging van die Nasionale Vaandel aan die Staatspresidentseenheid was die voorloper van 'n reeks oorhandigings van die vaandel aan ander eenhede. Meer ander eenhede in die SA Weermag sou ook mettertyd die Nasionale Vaandel ontvang.

Die inligting is bekend gemaak deur die Hoofdirekteur van Mannekragontwikkeling by HSP, genl maj Phil Pretorius, tydens 'n perskonferensie wat die eerste oorhandiging voorafgegaan het. "Elke oorhandiging sal gepaard gaan met 'n parade en daarom sal dit oor 'n verloop van tyd geskied", het by gesê.

Daar is op die instelling van 'n Nasionale Vaandel besluit nadat die verskil in hantering van die Nasionale Vlag en dié van 'n Eenheidsvaandel tydens parades die indruk geskep het dat die hantering van 'n Eenheidsvaandel met groter eerbetoon en militêre vertoon gepaard gaan as die hantering van die Nasionale Vlag. Die Nasionale Vaandel is in werklikheid die Nasionale Vlag met die volgende belangrike verskille. Die Vaandel word van egte sy vervaardig, het 'n goue fraiïngstrook en twee goue koorde met tossels onderaan. Die lengte is 1,150 mm, die breedte 920 mm en die fraiïngstrook 50 mm. Tydens parades sou die Nasionale Vaandel te alle tye die senior posisie beklee en met dieselfde eer en waardigheid as die Eenheidsvaandel behandel word, met die uitsondering dat die Nasionale Vaandel vir niemand laat sak word nie.

 

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1780 gaste aanlyn