NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een van die wonderlikste ervarings in gelowiges se lewe is dat hulle in tye van beproewing deur ʼn God van liefde vasgehou word.   Christus het nie gekom om ons leed weg te neem nie, maar om ons lewe met sy Teenwoordigheid te vul.

13 JAAR MET DR HF VERWOERD (5)

Deur Fred Barnard

(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)

'N ONDANKBARE TAAK (2)

"Dr Verwoerd se opponente het egter alles in die stryd gewerp om hom te breek. Terwyl daar aan die een kant deur 'n deel van die amptelike opposisie na hom verwys is as "die grootste Swartboetie in die land", het 'n ander groep vas geglo dat hy niks goeds vir die Swarte wou doen nie. In weerwil van die voortdurende beskuldigings uit die buiteland, was dr Verwoerd geen verdrukker van die Swartman nie. Hy was egter vierkantig gekant daarteen dat daar van die Swartes 'Engelsmanne' gemaak moes word soos Brittanje dit in sy kolonies probeer doen het.
Ook het hy hom heftig verset daarteen dat enkele Swartes die voordeel van byvoorbeeld onderwys moes geniet terwyl die massa aan hul eie lot oorgelaat sou word. Sy  beleid was daarop bereken om die Swarte van Suid-Afrika as 'n geheel geleidelik en in ooreenstemming met sy vermoë op te hef. Deur alles aan enkeles te gee sou gaandeweg ontevredenheid en frustrasie by die massa in die hand werk en daarom was sy uitgangspunt dat al die Swartes bevoordeel moes word liewer as om, soos voorheen gebeur het, 'n paar te bevoordeel wat, soos so dikwels bewys is, later die agitators word" ( - die presiese toestand wat vandag heers onder 'n Swart kommunistiese regering wat alles vir hulself inpalm en die Swart massas hieroor in opstand het).

"Om op die pad na apartheid te kom, moet ons egter 'n nog veel spesifieker en meer onmiddellike doel stel wat sal bestaan daarin dat:

  1. Ekonomiese skeiding doelbewus nagestreef word, nie net deur kleurslagbome ten opsigte van arbeid binne blanke gebied nie, dog ook deur die meganisasie van alle arbeidsverrigtings so te ontwikkel, onder meer, deur die aanwending van nuwe kragte, dat die behoefte aan Naturellearbeid tot 'n minimum gereduseer word, en verder deur nuwe industriële ontwikkeling so te beplan naby Naturellegebiede dat werkverskaffing van Naturelle tot die hoogste mate ontwikkel word daar waar hulle kan werk terwyl hulle by hul huisgesinne woon in eie gebiede deur hul eie mense bestuur, in eie huise deur hulself bekostig; 
  2. Politieke skeiding doelbewus nagestreef word deur nie op gemeenskaplike kieserslyste of in die vorm van kommunale verteenwoordiging nie-blankes in die staatkundige masjien van die blanke in te skakel nie, dog deur vir die nie-blanke selfbestuurskanse te skep in sy eie gebiede of tussen sy eie mense;
  3. Nie eiendomsreg aan Naturelle in blanke gebied, ook nie in lokasies nie, toegeken word en die blanke nie toegelaat word om eiendom te koop in Naturellegebied nie, waardeur die verwarring kan ontstaan van 'n gemeenskaplike land met gemeenskaplike regte, dog deur elkeen alleen sy grondregte te gun in eie gebied, hoewel huurregte selfs vir redelik lang termyne in die oorgangstydperk aan elke groep toegestaan word vir sover hy van diens is vir die groep wie se gebied dit is;
  4. Omgang vermy word op elke terrein, onder meer deur woonbuurtsegregasie ten opsigte van diegene wat die voorreg verkry om in die blanke gebied werksaam te wees vir sy eie inkomste se ontwil, en wat daar alleen die mate van selfbestuur kan verkry wat met die voogdyskap van die naburige plaaslike owerheid versoenbaar is;
  5. Sosiale gelykstelling vermy word, veral deur nie gesamentlike opvoedingsinrigtings toe te laat nie, en deur die geleenthede vir hoër onderwys van die Naturel te help oprig in sy eie stamgebiede, sodat hy, wat ontwikkel word om die leiding onder sy volksgenote te kan neem, op baie gebiede geleer word om nie van hulle af te sterf en hulle in die steek te laat vanweë smagting na blanke geselskap nie.

Gaandeweg het hy die Swartman van Suid-Afrika leer ken soos waarskynlik geen minister voor hom nie, en gaandeweg het hy 'n legendariese figuur onder die Bantoe geword. "Rapula", het hulle hom genoem: die reënmaker, die bringer van mooi dinge. Vir tienduisende was hy die "vader" na wie daar opgesien is en na wie daar geluister moes word. Dr Verwoerd het baie simpatie met die Swarte gehad en as 'n persoon wat sielkunde bestudeer het, het hy die siel van die Swartman geken: sy swakhede, sy voortreflikhede, gebreke en verdienstelikhede.

Hy was hulle taal nie magtig nie en tog het hy 'n taal gepraat wat die Swartman verstaan het. Selfs via 'n tolk kon hy hulle ure lank aan sy lippe laat hang.

"Die mense van hierdie land", het hy gesê, "is soos die klawers van 'n klavier. Speel jy alleen op die wittes vind jy geen behoorlike harmonie. Speel jy alleen op die swartes is die resultaat ewe onbevredigend. Gebruik jy egter al die klawers kan die beste musiek daaruit gehaal word."

Dit was dan ook sy uitgangspunt dat samewerking tussen alle bevolkingsgroepe 'n voorvereiste vir 'n gelukkige gemeenskap moet wees. Sonder harmonieuse samewerking tussen blank en blank aan die een kant, en tussen blank en nie-blank aan die ander kant, kon hy nie 'n groot Suid-Afrika sien nie.

"Want", het hy so aan die Swartes verduidelik,  "'n tier het beide swart en wit kolle. Of die gifpyl nou die wit kol of die swart kol tref, die hele liggaam sal daaronder ly. En die gifpyl kyk nie na die kleur van die kol voor hy tref nie."

In weerwil van die voortdurende beskuldigings uit die buiteland, was dr Verwoerd geen verdrukker van die Swartman nie. Hy was egter vierkantig gekant daarteen dat daar van die Swartes "Engelsmanne" gemaak moes word soos Brittanje dit in sy kolonies probeer doen het.

Ook het hy hom heftig verset daarteen dat enkele Swartes die voordeel van byvoorbeeld onderwys moes geniet terwyl die massa aan hul eie lot oorgelaat sou word. Sy  beleid was daarop bereken om die Swarte van Suid-Afrika as 'n geheel geleidelik en in ooreenstemming met sy vermoë op te hef. Deur alles aan enkeles te gee sou gaandeweg ontevredenheid en frustrasie by die massa in die hand werk en daarom was sy uitgangspunt dat al die Swartes bevoordeel moes word liewer as om, soos voorheen gebeur het, 'n paar te bevoordeel wat, soos so dikwels bewys is, later die agitators word.

Na aanleiding van 'n koerantberig wat hom gepla het, skryf hy op 25 November 1952 soos volg aan 'n vriend in die Provinsiale raad:
"Die posisie het in ons land ontwikkel dat amper geen blanke vakman iets kan doen sonder 'n helper nie. Daarom stoot ook 'n verpleegster blykbaar nie 'n pasiënt in op 'n waentjie nie al kan sy dit met haar een  vinger stoot – die handlanger moet by wees! Nou ontstaan die beginselfout. Dit is dat sodra 'n mens by Naturelle kom, alles net so nagedoen word. 'n  Swart leerlingverpleegster (wat anders osse sou gedryf het of heeldag in die son gewerk het) kan ook nie 'n waentjie met 'n pasiënt stoot nie al loop dit amper vanself. Die handlangerbeginsel geld ook hier! Die stryd moet egter gevoer word teen hierdie parallelisme met die blanke dienste oral, omdat die superstruktuur by alle Naturelledienste soveel te duur word dat die Staat dit nie vir almal kan bekostig nie. Net party kan onderwys en hospitaaldienste kry omdat die dienste nie op Naturelle-niveau gegee word nie.

"Die skoolgebou en hospitale moet uiters duur volgens maksimumstandaarde wees, die onderwysers vir Sub A tot St 1 – kinders moet eers geleer word tot M.A. teen groot koste en dan op 'n gevolglike hoë lewenstandaard gesalarieer word volgens stygende skale, die leerlingverpleegster moet selfs bygestaan word deur 'n karweier om 'n pasiënt te stoot, en so gaan dit aan.

"Omdat die superstruktuur so duur word per leerling of per pasiënt kan net party die diens kry en die Bantoemassa moet verwaarwaarloos word.

"Dit is dus ook in belang van laasgenoemde dat ons sakies begin omkeer. 'n Mens moet dit maar by elke konkrete geval doen wat onder die aandag kom. Sal julle nie die reël neerlê dat die Naturelleverpleegsters (leerling en geskoold) hul eie handewerk en pasiënt-stootwerk of wat ook al, moet doen en dat julle alle karweiers afskaf wat hulle bystaan en dat die hospitaal seker nie nog gaan kry om hierdie verpleegsters by te staan nie?

"As hierdie beginsel kan posvat en koste besnoei word, sal meer nie-blanke pasiënte gehelp kan word."

Dr Verwoerd se opponente het eenvoudig alles in die stryd gewerp om hom te breek. Terwyl daar aan die een kant deur 'n deel van die amptelike opposisie na hom verwys is as "die grootste Swartboetie in die land", het 'n ander groep vas geglo dat hy niks goeds vir die Swarte wou doen nie.  Sy verduidelikings het geen indruk gemaak nie en welwillendheid kon nie met sy naam vereenselwig word nie.

Die Natal Mercury het die gevoel van 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking vertolk toe dit berig het oor die "doelbewuste kampanje van die ekstremiste om Wit en Swart van mekaar te hou, om 'n onoorbrugbare kloof tussen die kleurgroepe te skep en om die Swarte van alle beskaafde kontakte te isoleer."

Die georganiseerde aanvalle, hoe onbillik en ongeregverdig ook al, het weining indruk op dr Verwoerd gemaak. Doelgerig en vasberade het hy voortgegaan om te doen wat hy geglo het, is in die beste belang van Wit en Swart.

Stap vir stap het hy voortbeweeg op die weg wat sy gewete vir hom aangedui het. Op hierdie moeilike weg kon niemand hom beter bygestaan het nie as dr WWM Eiselen wat baie jare Sekretaris van Bantoesake was. Dat hierdie span van twee vorm en betekenis aan die Kleurbeleid van hierdie land gegee het, sal nooit oorbeklemtoon kan word nie, en die meeste van die maatreëls wat tydens hul regering op die Wetboek geplaas is, sou altyd kon dien as 'n grondslag waarop daar verder gebou kon word.

Vir my was dit louter genot om hierdie twee in aksie te sien; dr Verwoerd, altyd in hoogste rat vooraan; dr Eiselen altyd in laagste rat, die denker, in die agterhoede. Ure aaneen, tot laat in die nag, kon hulle oor 'n probleem peins, debatteer en redeneer totdat 'n oplossing gevind is. Beter samewerking as wat daar oor die jare heen tussen hierdie twee werkesels was, is nouliks denkbaar.

Afgesien van die storms wat daar vanuit die buiteland en opposisiekringe teen dr Verwoerd as Minister van Bantoesake aangeslaan het, het kritiek uit die eie kringe met verloop van jare gaandeweg opgelaai omdat daar dan "oor niks anders as oor die Bantoe gepraat word nie" en omdat die regering dan as gevolg van die minister se beleid glo te veel vir die Swarte doen. Terwyl hy die aanvalle van teenstanders gewoonlik verontagsaam het, het die kritiek en teenstand vanuit eie geledere dr Verwoerd diep seergemaak, veral omdat hy vuriglik geglo het dat die beleid wat hy namens die regering gevolg het, die enigste was wat blywende rus en vrede in sy vaderland kon bring. In die laat vyftigerjare is daar dikwels briewe van ondersteuners ontvang wat dr Verwoerd verwyt het dat hy "te veel vir die Bantoe doen".

Aan een persoon skry hy:
"Dit is 'n moeilike taak, vol turksvye, maar iemand moet dit verrig en daarom doen ek maar wat gedaan kan word."

In 1957 het dr Verwoerd begin voel dat hy die las lank genoeg gedra het. Teen daardie tyd was hy reeds langer Minister van Bantoesake as enigiemand anders in die geskiedenis van ons land.

Dit was egter nie net die aanvalle van buite en vanuit eie geledere wat hom so laat besluit het nie, soos blyk uit die volgende brief wat hy teen die einde van Augustus 1957 aan 'n vriend gerig het:
"My eintlike rede is dat ek meen dat dit ongesond is vir enige regering indien 'n beleid wat lands- en regeringsbeleid is te veel gekoppel raak aan 'n persoon omdat hy lank bekleër  is van 'n pos. Dan word die beleid later nie volgens meriete beoordeel en aangeval nie maar 'n rookskerm van persoonlike vooroordeel word opgewerk en dit vertroebel dikwels die saak self.

"Ek wil dus nie die faktor wees wat die vooruitgang op hierdie terrein mettertyd bemoeilik nie en vandaar dan my standpunt dat dit tyd word vir iemand anders om oor te neem. Daarna duur dit weer jare om persoonlike vooroordeel op te werk en sodoende word die saak self bevoordeel omdat die stryd vanself weer volgens meriete gevoer word."

Ofskoon dit 'n logiese redenering is, het ek die gevoel gekry dat die pas waarteen dr Verwoerd vir soveel jare moes volhou (dit moet onthou word dat hy al die jare ook leier van die Senaat was) tesame met die voortdurende aanvalle, veral deur die pers, en die pynlike fluisteringe uit eie geledere vir hom te veel geword het.

In 1958 is hy tot Volksraadslid vir Heidelberg in Transvaal verkies. As gevolg van Eerste Minister JG Strydom se siekte is daar geen verandering in die Kabinet aangebring nie en het dr. Verwoerd Minister van Bantoesake gebly tot hy in September van daardie jaar Eerste Minister sou word.

Wat sou die posisie later in Suid-Afrika gewees het as dr Verwoerd nie op 19 Oktober 1950 Minister van Bantoesake geword het nie?

Op hierdie hipotetiese vraag sal verskillende mense verskillende antwoorde gee. As iemand wat baie jare lank daagliks nou verbonde met hom saamgewerk het, wil ek dit waag om te sê dat die feit dat daar later jare vir 'n tyd lank rus en vrede in Suid-Afrika geheers het en nie chaos nie, hoofsaaklik gedank moet word aan die werk wat dr Verwoerd as Minister van Bantoesake gedoen het.

Nie net ter wille van homself nie maar ter wille van rassevrede in sy vaderland was hy bereid om deur 'n wêreld verguis te word en om selfs die goedgesindheid van baie vriende te verbeur – iets wat geen mens bereid is om ligtelik te doen nie.

Dat daar andere was wat dieselfde sukses sou kon behaal, is weliswaar moontlik, maar dit wat ek bevoorreg was om oor die jare heen te sien en te ervaar oortuig my dat die dr Hendrik Verwoerds dun deur die eeue gesaai is!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1243 gaste aanlyn