NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waaraan dink u die meeste? Is die sorge van die lewe gedurig in u gedagtes? Jesus sê in Lukas 21 dat ons vir onsself moet oppas dat ons nie deur sorge en ander dinge beswaard word nie want dan kan sy wederkoms ons dalk oorval en ons onvoorbereid daarvoor sal wees. Los die aardse sorge waar hulle is en getuig en praat voortdurend oor Jesus sodat Hy die hoofplek in u gedagtes kry.

13 JAAR MET DR HF VERWOERD (17) (SLOT)

Deur Fred Barnard

(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)

AFSKEID

Hierdie beleid waaroor hy so lank soveel hoon en verguising moes verduur, en waaraan by in die aangesig van die hewigste teenstand denkbaar, betekenis en gestalte gegee het, moet sonder twyfel, beskou word as een van die belangrikste pilare waarop die Republiek van Suid-Afrika gevestig is, want indien daardie pilaar sou meegee, sal hierdie land soos 'n kaartehuis ineentuimel.” (En hoe is Suid-Afrika tans besig om ineen te stort!)

Dr. H. F. Verwoerd was sestien jaar lank lid van die Kabinet. Dit was my voorreg om hom vir dertien van daardie sestien jaar as privaatsekretaris te dien. Intiem het ek hom geken: sy goeie hoedanighede, sy streke en sy grille.

Toe ek in 1952 met hom kennis gemaak het, was hy 'n groot, invloedryke Suid-Afrikaner; toe ek hom dertien jaar later vir die laaste keer groet, was hy 'n magtige, invloedryke wêreldfiguur.

Soos die jare verbygerol het, het sy gestalte in grootheid, in krag en in wysheid toegeneem totdat hy, aan die einde van sy ryke en volle lewe, triomfantelik op die toppunt van sy mag gestaan het.

Waar presies die naam van hierdie groot volksleier in die ranglys van Suid-Afrikaanse staatsmanne geskrywe sal word, sal waarskynlik deur geslagte na die huidige bepaal word, maar aan die bakens wat daar so stewig deur hom geplant is, aan die onuitwisbare voetspore wat hy so diep op sy pad nagelaat het en aan die brüe wat hy so heg gebou het, is dit duidelik dat dr. H. F. Verwoerd vir homself een van die eerste plekke op daardie lys verwerf het. Lank nadat sy naam vergeet is, sou die werk van sy hande en die vrugte van sy brein nog soos monumente op die vlaktes van sy vaderland troon.

Maar, hy het self by geleentheid gesê “Die loon van volgehoue volksdiens bly lank uit, en sommige ontvang dit nooit nie."

“Die ware dienskneg van 'n volk wat hy liefhet, vra egter nie daarna nie. Hy werk net vir die toekoms hoe donker dit ook soms mag skyn."

En dit is juis in hierdie gees waarin hy sy ontsaglike taak as volksleier, as Eerste Minister, as minister en as mens benader het. Sonder om ooit te vra wat die vergoeding sal wees, het hy sy talente, sy kragte, sy lewe, ja, Alles tot beskikking van sy land en sy mense gestel.

Maar die geheim van sy sukses is nie alleen geleë daarin dat hy homself onvoorwaardelik dienskneg van sy volk gemaak het nie.

Veel eerder moet sy sukses gedank word aan die feit dat hy onwrikbaar in sy volk en in die suiwerheid van sy saak geglo het. Hy het presies geweet wat hy wil en waarheen hy wil. Vas het hy geglo dat sy saak eerlik, reg en in belang van almal in sy vaderland is.

Soos Curzon kon hy ook sê: “Vir my is die boodskap in graniet uitgebeitel, in die rots van oordeel uitgekap — dat ons saak regverdig is en dat dit sal voortleef."

Sukses, oorwinning en triomf is dinge wat nie op 'n skinkbord aangedra of oor die pos versend kan word nie! Dit kan alleen behaal word deur harde werk, deur swoeg en deur sweet.

As daar ooit 'n arbeider was wat sy brood eerlik verdien het en wat sy loon waardig was, dan was dit dr. H. F. Verwoerd. Dikwels is dit herhaal, maar nooit kan dit genoeg beklemtoon word nie, dat hy 'n harde werker was en dat hy geen rus of duurte geken het nie.

Vir hom was arbeid 'n lus en vir hom was geen taak te groot, geen berg te hoog en geen krater onoorbrugbaar nie. Inteendeel. Hoe groter die taak hoe groter sy geesdrif ; hoe heftiger die teenstand hoe groter sy ywer; hoe donkerder die nag hoe groter sy moed. Wanneer hy die dag geen werk gehad het the, het hy dit gaan soek!

Soos hy nooit vir geen taak of probleem teruggedeins het nie, so het hy geen teenstander of teenstand gevrees nie, en dikwels het ek, in die later jare veral, die indruk gekry dat hy probleme en moeilikhede verwelkom het.

Tydens die Statebondskonferensie van 1961 in Londen het dit soms gelyk asof die ganse wêreld teen hom was, toe nie alleen 'n dosyn leiers van Statebondslande, asof georganiseerd, teen hom opgetrek het nie, maar toe die B.B.C. en feitlik elke Britse dagblad moord en doodslag teen hom uitgebulder het. Langs die strate is honderde plakkate teen sy persoon gemonster, terwyl 'n honderd-en-een Sharpevilles en Langas onverpoos deur televisieprogramme tot in sy slaapkamer ingedwing is!

Te midde van hierdie haat- en nyd-kampanje het hy nie alleen geen vrese geopenbaar nie, maar het by die wêreld vierkantig in die oë gekyk, het hy nie teruggedeins of verdedig nie, maar was hy voortdurend uitdagend op die aanval.

Terwyl hy in die Parlement 'n geniepsige politikus, agter sy lessenaar 'n ongenadige werker en op die verhoog 'n genadelose vegter kon wees, was hy tuis 'n eerbiedwaardige eggenoot en liefdevolle vader.

Goed kan ek my herinner hoe hy — daar in die ou dae toe hy nog Minister van Bantoesake was en ek by tye soos 'n seun in die huis by die Verwoerds ingewoon het — saam met die kinders daar by Highstead in Rondebosch krieket en tennis gespeel het; hoe hy gewen het en hoe hy verloor het.

Ek onthou hoe hy dikwels uitgeboul is sonder dat hy 'n lopie kon aanteken. Watter pret was dit nie vir hom nie!

Ook onthou ek hoe die gesin: Pappa, Mamma, die kinders en ek, Kersaande in die donker sitkamer van North Riding en Highstead rondom 'n verligte klein kersboom geskenkies uitgedeel en ontvang, Bybel gelees en “Stille Nag" gesing het — almal saam, ook die man van graniet, die onbuigsame, die tiran, die vuurvreter ...

Dr. Verwoerd het daarvan gehou om iemand anders 'n poets te bak en wanneer hyself die slagoffer van 'n poets was, het hy die “neerlaag" altyd met genot aanvaar. Wanneer iemand anders in sy teenwoordigheid in verleentheid beland het, was hy altyd eerste om die situasie met 'n gepaste grappie te herstel.

Daarby het hy 'n wonderlike humorsin gehad. Ek onthou nog toe ons eenkeer in die blomtyd 'n besoek gebring het aan die liewe mense van Springbok se wêreld, daar in die bekoorlike ou Noordweste. Vir Doktor en Mevrou was daar niks aangenamers as om onder die mense van die platteland te verkeer nie, onder daardie gasvrye, spontane en openhartige mense wat altyd oor die vermoë beskik om die vreemdeling se hart te steel. Daar was die Verwoerds blykbaar altyd meer op hul gemak, meer tuis en nou ja, sommer meer op hul stukke! Daar waar jy die boerbeskuit in jou koffie mag doop en waar jy jou vingers mag aflek nadat jy koeksisters geeet het!

Toe ons een namiddag by 'n byeenkoms aanland, word daar 'n groot groep mense aan dr. Verwoerd voorgestel, sommer al die dorp se mense, al die boere van die distrik en omdat daar nog tyd was, word ook sommer al die buurdorp se vriende aan die Eerste Minister voorgestel; nie een moes oorgeslaan word the.

Ofskoon sy regterhand gaandeweg die gevolge van die aanhoudende bladsteek deeglik begin voel het, het dr. Verwoerd hierdie kennismaking met al die mensliewende inwoners van die Noordweste terdeë geniet en aan elke “aangename kennis" moes iets toegevoeg word.

Met die groetery blyk dit toe dat daar besonder baie vriende is wat “Stone" heet. Nadat hy 'n paar mnre Stone ontmoet het, word daar nog 'n mnr. Stone aan hom voorgestel.

“Maar dan is ons mos familie," las dr. Verwoerd doodernstig agter aan die “aangename kennis".

“Familie, Doktor ?"

“Ja, familie," en die Eerste Minister se gesig verraai geen sonde!

“Hoe dan so, Doktor?", kom die nuuskierige, halfongelowige vraag van 'n uit-die-veld-geslane mnr Stone.

Intussen het die lang tou Noordwesters waaronder 'n aansienlike aantal Stones, nuuskierig nadergestaan en 'n halfmaan om hierdie twee “familielede" gevorm. So perfek het dr. Verwoerd sy rol gespeel dat selfs die vriend wat vir die amptelike bekendstelling verantwoordelik was, sy pligte vergeet en vol bekommernis by die kring aangesluit het.

“Ons moet familie wees," vervolg Doktor, nog steeds die verpersoonliking van erns.

“Sien, jy is Stone en die Sunday Times se ek is Graniet. Dan is ons mos familie."

Toe hy eendag'n brief van 'n prokureur in Louisiana, V.S.A., ontvang wat ,”amptelik" versoek dat sy Staat, Louisiana, by die Republiek van Suid-Afrika ingelyf moet word, was dr. Verwoerd se reaksie 'n nota aan die Minister van Buitelandse Sake waarin om 'n ontwerp-antwoord gevra word, “want," sê hy, “ons word nog 'n Empaaier."

Die ontsaglike bydrae wat dr. Verwoerd tot die opbou en beveiliging van sy land, tot die samesnoering van die verskillende blanke taalgroepe en tot ons staatkunde van rasseverhoudinge gelewer het, is haas onmeetbaar. Daar is geen terrein van ons samelewing waar sy spore nie gevind is en waar sy gesag nie gegeld het nie.

Toe sy roemryke loopbaan as volksleier beëindig is, was daar dan ook geen rat in die staatsmasjien waarop sy stempel nie afgedruk is, en was daar geen faset van die staatshuishouding wat hy nie direk of indirek beheer het nie. Dr. Verwoerd het, met ander woorde, soos niemand ooit voor hom nie, 'n hegte houvas op die pols gehad van die ganse Republiek wat hy beplan en gevestig het.

In sy kantoor is daar daagliks, sonder uitsondering, briewe van alle moontlike sektore van die samelewing ontvang waarin daar om raad en leiding gevra is.

Van boere wat probleme met hul inkomstebelasting ervaar het, van professore wat voor netelige vraagstukke te staan gekom het, van mynwerkers wat nie met hul skofte tevrede was nie, van Volksraadslede wat met die kleurbeleid klei getrap het, van vissermanne wat moeilikheid met die soort aas gehad het, van die huisvrou in verband met haar bediende, van die vader oor die keuse van sy seun se vakke, van die student oor sy lektor se uiteensetting van 'n probleem, om nie eens te praat van die verskeidenheid van probleme wat daar van duisende Bantoes gekom het nie — ja, hierdie en baie ander het met hul vraagstukke na hul Eerste Minister gekom; hul harte voor hul leier uitgestort. Hy sou raadgee; hy sou help.

Hy het. Vir elkeen het hy raad gehad; vir almal tyd; vir elke probleem 'n oplossing, vir elke treurende 'n trooswoord en vir die behoeftige 'n aalmoes.

Maar die tienduisende briewe wat ek oor die jare in dr. Verwoerd se kantoor oopgemaak het, het nie net met probleme en persoonlike vraagstukke verband gehou nie. Baie was daar wat hul leier moed ingepraat het, wat hom sterkte in die stryd toegebid het en wat aan hom onverdeelde steun toegesê het. 'n Aansienlike persentasie hiervan het gekom van andersdenkendes en van sy politieke teenstanders.

In daardie possak was daar egter ook briewe met 'n totaal ander strekking! Daar was pos van mense wat hom gehaat en verafsku het, van mense wat hom verwens en vervloek het en van mense wat hom met die ergste gedreig het.

Uit Moskou, Bulgarye, Swede, die V.S.A. en baie ander lande het hy pos ontvang wat hom van moord beskuldig het; in Ghana het hy 'n gereelde swart korrespondent gehad wat hom voortdurend van voorbidding verseker het. In Nigerië was daar swart mense wat gereeld aan hom geskryf het en wat geldelike steun vir studie by hom ontvang het, terwyl hy uit Kaapstad en Johannesburg van verraad en bedrog beskuldig is.

Onder sy talle ondersteuners in die Verenigde State van Amerika was daar Negers wat hom bewonder het omdat hy “eerlik en openhartig" is en omdat hy “doen wat hy sê", terwyl daar selfs uit Iraq steun en samewerking belowe is.

Al hierdie briewe het hy gelees en waar daar 'n adres beskikbaar was, moes daar geantwoord word. As geen adresse verstrek is nie, moes die adresse — hoe onmoontlik ook al — opgespoor word sodat daar 'n antwoord gestuur kan word.

Vir dr. Verwoerd was hierdie kontak met sy volk en met die wêreld van groot betekenis, want daardeur het hy agtergekom wat daar van sy doen en late gedink word en daaruit kon hy vir sy dagtaak put.

Veral in die tydperk toe hy Minister van Bantoesake was het saam met die pos ook ander briewe gekom wat dr. Verwoerd altyd graag gelees en beantwoord het, maar wat hom diep seergemaak het. Dit was naamlik briewe van sy eie mense, soms naamloos en dikwels onderteken, wat hom van allerlei “misdrywe" beskuldig het. Die aanklag het meesal in verband gestaan met die regering se Bantoebeleid. Daar sou dan “te veel" vir die Bantoe, vir sy onderwys en vir sy behuising gedoen word. “Kritiek," het hy gesê, “is goed, en selfs noodsaaklik, mits dit opbouend van aard is."

Dr. Verwoerd het geglo dat dit nie help om te sê: “DIT moet jy nie doen nie," as daar nie terselfdertyd ook gesê word, WAT gedoen moet word nie. Want IETS moet gedoen word, anders is ons staties en wanneer ons daardie stadium bereik het, is daar agteruitgang.

Een van die magtigste monumente wat dr. Verwoerd ontwerp en daargestel het, is waarskynlik sy visie vir die saambestaan van die witman en swartman op die grondslag van aparte ontwikkeling.

Hierdie beleid waaroor hy so lank soveel hoon en verguising moes verduur, en waaraan by in die aangesig van die hewigste teenstand denkbaar, betekenis en gestalte gegee het, moet sonder twyfel, beskou word as een van die belangrikste pilare waarop die Republiek van Suid-Afrika gevestig is, want indien daardie pilaar sou meegee, sal hierdie land soos 'n kaartehuis ineentuimel.

So heg het hy egter die fondamente gelê en so diep en stewig het hy die ankers ingeslaan dat dit nie nodig sal wees om: vir krake in die pilare te vrees the mits die volk van Suid-Afrika daarop voortbou.(Wat toe nie gebeur het nie...)

Die merkwaardigste aspek van die sukses van sy Bantoe-beleid is die feit dat die Bantoe presies weet waarheen sy pad loop, want dit is doktor Verwoerd, dit is Rapula, wat belowe het en besig was met daardie belofte dat “ontwikkelings-kanse vir die Bantoe, op alle terreine uitgehou en uitgebou sal word". (En deur die verrotte NP ná die moord op dr Verwoerd gestop en daarna beleuen is oor presies waarmee dr Verwoerd besig was.)

“Dit moet eens en vir altyd besef word," het hy gesê,  “dat die ontwikkeling in die Bantoegebiede, en die emansipasie van daardie volksgroepe, begin by dit wat hulle ken en wat hul eie is, en dat hul bestuursvorm en vryheid sal groei en aangepas word ooreenkomstig die eise van die moderne beskawing. Dit sal aangepas word deur hulself met behulp van wat ons aan hulle kan gee . . ."

Duidelik het hy dit gestel dat sy regering nie die weg van onderdrukking volg nie en dat hy ook nie diskrimineer nie. Ons beleid maak voorsiening vir 'n behoorlike en onafhanklike bestaan vir die witman terwyl dit terselfdertyd dieselfde voorregte — op verskillende maniere — aan alle nie-blankes waarborg wat binne ons grense woonagtig is.

Deur te skei beoog ons dieselfde oogmerk wat andere deur integrasie soek. Die oogmerke is soortgelyk; die metode verskil fundamenteel.

En die Bantoe het dr. Verwoerd geken; hulle het hom geglo. Hulle het gesien en ervaar; die revolusie ten goede in Bantoeonderwys, Bantoe- en gebiedsowerhede, en, uiteindelik die hoogtepunt: 'n eie vrywordende Transkei!

Maar dr. Verwoerd het nie alleen die welwillendheid en vertroue van die swartman binne sy eie landsgrense gewen nie. So heg was die samewerking tussen die Republiek en die nuwe vrywordende Swart State van Suider-Afrika dat hy en die leier van Lesotho teen die einde van 1966 informeel oor sake van gemeenskaplike belang in die hoofstad kon ontmoet — 'n ontmoeting wat die wêreld verbysterd gelaat het! Want wie kon glo dat Verwoerd saam met 'n swartman, 'n swart leier in sy kantoor op vriendelike wyse sou beraadslaag!

Dr. Verwoerd het inderdaad daarin geslaag om deur die jare heen wat hy aan die stuur was, die pad tussen wit en swart nie alleen in hierdie land nie maar ook na ander state oop te kap, die dorings en klippe te verwyder, sodat daardie pad later wyd en oop daar gelê het. Hiervoor alleen verdien hy die dank van elke witman en van elke swartman wat Suid-Afrika sy tuiste noem.

Soos elke wese van geboorte of altyd en voortdurend verandering ondergaan, so was dit vanselfsprekend ook met dr. Verwoerd, veral in die politiek, want daardie Verwoerd vir wie ek in 1965 vaarwel gesê het, was in vele opsigte nie dieselfde Verwoerd met wie ek in 1952 kennis gemaak het nie.

Terwyl hy hom in 1952 daarin verlustig het om sy aanvallers, teenstanders en diegene wat nie met sy politieke sienswyse saamgestem het nie, genadeloos terug te slaan, het hy in 1965 sy wonderbaarlike oorredingsvermoë gebruik, het hy ure afgestaan om sy opponent tot ander insigte te probeer bring en om hom te oortuig, 'n kuns waarin hy 'n meester was.

In 1952 het hy stryd in die politiek verwelkom; in 1965 het hy berge versit om dit te vermy of om deur onderhandelinge, dog altyd sonder prysgawe van beginsels, 'n oplossing te probeer vind. En gewoonlik is daar oplossings gevind!

Terwyl kritiek hom in 1952 kwaad sou gemaak het, het dit hom dertien jaar later tot onderhandeling beweeg. Waar sy houding in 1952 sou wees: “Kom ons spring oor die heining en pluk die spul reg," was sy metode in 1965: “Kom ons stap deur die hek en gaan kyk of ons hulle nie kan oortuig nie."

Wat egter deur al die jare heen soos die berge van die Boland, onveranderd en onwankelbaar vas bly staan het, was sy politieke onkreukbaarheid, sy doelgerigtheid, sy karaktervastheid, sy warm menslikheid en sy algehele opregtheid.

Dr. Verwoerd was nie 'n persoon wat heeldag met sy planne of prestasies te koop geloop het nie, en hy het nie daaraan geglo dat 'n mens sy voornemens van die dakke of verkondig nie. So was min mense byvoorbeeld bewus van die besonder goeie verhoudinge wat daar besig was om tussen die Suid-Afrikaanse Eerste Minister en hoofman Jonathan van Lesotho deur die jare heen te ontwikkel. Feit is dat hulle baie lank deur middel van die gebruiklike kanale voeling met mekaar gehad het en na maniere gesoek het waarop hul onderskeie lande kon saamwerk. Ewe-eens was alleen 'n klein groepie bewus van die uitgerekte onderhandelinge wat daar tussen hierdie twee staatsmanne gevoer is voor hul geskiedkundige — en vir baie kringe opsienbarende — eerste ontmoeting. Alles het sonder advertensie en sonder trompetgeskal geskied, nie omdat daar enige geheimsinnigheid daaraan verbonde was nie maar bloot omdat onderhandelinge van hierdie aard tussen twee partye in hierdie moderne eeu altyd spoediger en altyd beter vrugte afwerp as wanneer 'n derde en 'n vierde die geleentheid kry om neus in te steek.

Alles het streng in ooreenstemming met diplomatieke reëls en gebruik geskied, sonder dat 'n haan daarna gekraai het. En dit het uitgeloop op 'n skitterende sukses vir alle partye.

Dieselfde staatsmanskapmetode is ten opsigte van die Rhodesiëse kwessie gehandhaaf. Sonder om basuine te blaas, trouens sonder om enigiets hoegenaamd wêreldkundig te maak, is daar eenvoudig voortgegaan om die regering se aangekondigde en welbekende beleid te handhaaf, in weerwil daarvan dat daar telkens, veral in Britse kringe, pogings aangewend is om dr. Verwoerd uit te lok om iets te sê of te doen wat Suid-Afrika teenoor die res van die wêreld in die verleentheid sou plaas.

In beide gevalle het ons nie alleen met Verwoerd, die diplomaat, kennis gemaak nie, maar terselfdertyd ook met die Verwoerd wat daaraan geglo het dat dit belangriker is om dinge te doen en dan te praat as wat dit is om eers te praat en daarmee moontlik jou saak so te bederf dat dit in elk geval nie moontlik is om daarna iets “te doen" nie.

Ook op die wêreldtoneel het dr. Verwoerd, veral gedurende die laaste jare van sy regime, 'n aansienlike rol gespeel en ek glo dat daardie rol aanmerklik groter sou gewees het indien dit nie was vir die tragiese dood van iemand wat as 't ware met die eerste oogopslag, 'n groot vriend van dr. Verwoerd geword het nie. Ek verwys na wyle Dag Hammarskjöld, eertydse Sekretaris-Generaal van die Verenigde Volke-organisasie.

Hierdie invloedryke wêreldfiguur het op Dinsdag, 10 Januarie 1961, uitgerekte samesprekings met die Suid-Afrikaanse Eerste Minister gevoer en sou dit later opvolg. Ongelukkig het sy heengaan in 'n vliegtuigongeluk 'n tweede byeenkoms skipbreuk laat ly. (Was dit ‘n ongeluk...)

Dit ly egter geen twyfel nie dat Hammarskjöld besonder beïndruk is deur die Suid-Afrikaanse Eerste Minister en deur die eerlike en positiewe wyse waarop by oplossings vir rasseverhoudings in hierdie land gesoek en gevind het. Daardie eerste byeenkoms was, uit 'n Suid-Afrikaanse standpunt gesien, ongetwyfeld 'n reusesukses en die feit dat dit nie met 'n tweede opgevolg kon word nie, was vir dr. Verwoerd 'n groot teleurstelling.

Die klinkende oorwinning wat dr. Verwoerd behaal het oor die tweede sending van die V.V.O., wat Suid-Afrika in Mei 1962, onder voorsitterskap van mnr. Vittorio Carpio, besoek het, is oorbekend. Nog nooit in die geskiedenis is amptelike verteenwoordigers van 'n wêreldliggaam deur 'n leier van 'n klein staat so in 'n hoek gedryf as wat met hierdie afvaardiging gebeur het nie. Nadat die afvaardiging toegelaat is, en inderdaad gehelp is, om almal en alles na eie keuse te sien, is daar 'n dokument, waarmee albei partye akkoord gegaan het, opgestel. In wese het hierdie dokument die Suid-Afrikaanse regering vrygespreek van dit waarvan Suid-Afrika ten opsigte van Suidwes-Afrika by daardie wêreldliggaam beskuldig is.

Terug by die V.V.O. het mnr. Carpio egter bang geword en ontken dat hy ooit sy goedkeuring aan die dokument geheg het, en toe met 'n splinternuwe verslag vorendag gekom. Dr. de Alva wat hom na Suid-Afrika vergesel het, het hom weerspreek, met die gevolg dat die sending en sy verslag in 'n klug ontaard het, tot voordeel van dr. Verwoerd en van Suid-Afrika.

Tydens die besoek van hierdie afvaardiging het ek weer eens 'n bewys van dr. Verwoerd se mensekennis gekry! Sommer na afloop van die eerste samesprekings het hy teenoor my opgemerk: “Jong, ek vertrou nie hierdie ou sukkelaar nie!" Hierdie einste ou mnr. Carpio het ook later bewys dat by een van die grootste sukkelaars is wat Suid-Afrika ooit besoek het.

Ook by die 1961-Statebondskonferensie het dr. Verwoerd getoon dat hy 'n leier van wêreldformaat is, want nie alleen het die Suid-Afrikaners wat teenwoordig was, gesien hoe sy meesterbrein, sy visie en sy logika die ander staatshoofde opfrommel nie, maar selfs Fleetstraat was verplig om dit by meer as een geleentheid in soveel woorde te erken, terwyl mnr. Menzies, die destydse Australiese Eerste Minister, geen geheim daarvan gemaak het nie dat hy groot respek vir die persoon van dr. Verwoerd gehad het.

Telkens was daar aanduidings dat ofskoon hulle dit vanselfsprekend nie sou wou erken nie, verskeie wêreldleiers op verskeie terreine graag 'n blaadjie uit dr. Verwoerd se boek geleen het.

Een van dr. Verwoerd se grootste begeertes was dat sy land in vrede en vriendskap moes lewe nie alleen met sy onmiddellike bure the maar ook met alle state in Afrika. By herhaling het hy dan ook die hand van vriendskap aan daardie state gereik en het hy sy land se hulp en samewerking in verband met sake van gemeenskaplike belang aangebied.

Oor belangrike buitelandse aangeleenthede het dr. Verwoerd gereeld die leier van die Opposisie in sy vertroue geneem en oënskynlik het hy en Sir de Villiers Graaff in hierdie opsig goed saamgewerk.

Dikwels is dit nie alleen deur sy teenstanders nie, maar ook deur sy eie mense beweer dat dr. Verwoerd 'n eiesinnige hardekop is.

Hierdie beskuldiging, wat myns insien ongegrond is, is waarskynlik gebaseer op die feit dat hy nooit na links of na regs afgewyk het van die doel wat hy geglo het hy moet nastreef nie. Indien hy uitermate eiesinnig en koppig was, sou hy nie die groot nasionale figuur geword het wat hy inderdaad was the. Ons wat hom geken het, weet maar te goed hoe hy, nadat hy 'n saak oordink en met homself geredeneer het, altyd eers met sy kollegas of vriende bespreek het voordat dit gefinaliseer is. By hom was dit 'n vaste gebruik om alle sake eers met homself uit te maak. Nooit het hy egter finale besluite geneem voordat hy nie òf die Kabinet òf daardie Kabinetslid wat die nouste by die aangeleentheid betrokke is, geraadpleeg of ten minste in die saak geken het nie. Sy grootheid was juis nie daarin geleë dat hy sy pad alleen geloop het nie of net sy eie kop wou volg nie, maar dat hy, soos 'n goeie kaptein, 'n span kon aanvoer, die wil van sy volk kon saamvat, kon interpreteer en die vervulling kon aanwys.

Nog 'n bewys dat hy nie graag dinge op eie houtjie en sonder om andere te raadpleeg gedoen het nie, is daarin geleë dat hy vir homself 'n ekonomiese adviseur sowel as 'n wetenskaplike adviseur aangestel het. Dit is wel waar dat hy nie alles wat aan hom voorgelê is, vir soetkoek opgeeet het nie! Sy raadgewers se sake moes op pote staan; niemand kon Verwoerd bluf nie! Die feit dat hy nie 'n voorstel sonder meer aanvaar het nie en gewoonlik met teenargumente gekom het, is tog geen bewys van koppigheid nie!

Seer sekerlik was daardie mate van koppigheid en eiesinnigheid wat by elke gemiddelde en normale mens teenwoordig is, ook eie aan hom. Hy was immers 'n mens!

Ofskoon dr. Verwoerd 'n persoon was wat groot gedink en groot gedoen het, was niemand vir hom te eenvoudig en was niemand se probleem vir hom te gering nie.

Hoe dikwels het hy nie ure aan 'n eenvoudige besoeker afgestaan nie, terwyl sy lessenaar onder die werk begrawe was. Dit het my niks gebaat om hom van so 'n besoeker te probeer “verlos" nie, “want", het hy gesê, “ek sou ook maar die geleentheid te baat geneem het as ek daar gesit het, en hy hier".

Hoeveel seuntjies en dogtertjies het nie sommer enige tyd van die dag daar by die Uniegebou aangekom net om hul held te sien nie! En as dit maar enigsins moontlik was, moes hulle toegelaat word om sy hand te skud.

Dr. Verwoerd het altyd verkies om vir parlementsittings per trein te reis in plaas van per vliegtuig omdat dit hom geleentheid gebied het om sy agterstallige koerante en tydskrifte te lees. Dit was die gebruik dat 'n private rytuig met eie personeel aan 'n lid van die Kabinet vir sulke reise beskikbaar gestel word. So gewild was die Verwoerds as passasiers dat daar gedurig'n wedywering onder die personeel was oor wie Doktor se rytuig sou vergesel.

Pas nadat die trein Pretoriastasie verlaat het, het Doktor en Mevrou gewoonlik na die personeel se kajuit gegaan om met elkeen, selfs met die kleurlingbediende, “kennis" te maak. Hierdie mense is vir die reis deur die premierpaar as reisgenote en deel van die geselskap behandel en aan die einde van die reis moes ook die masjinis vir die rit bedank en gegroet word.

Goed onthou ek hoe daar elke jaar, kort voor Kersfees, 'n onthaal by Libertas vir die tuiniers en arbeiders wat vir die instandhouding van die tuine verantwoordelik is, gereel moes word. Hier in die swierige eetsaal met sy duur koper kandelare en dik tapyte, hier waar kabinetsministers, wêreldleiers en konings gesit het, hier het hulle saam met dr. en mev. Verwoerd aangesit.

En wanneer omstandighede dit vir die Premier en Mevrou onmoontlik gemaak het om hierdie minderbevoorregtes te onthaal, was dit my taak om namens hulle die Kersgeskenkies te oorhandig, en hul goeie wense by 'n behoorlike samekoms êrens onder die bome in die tuin aan hierdie groepie bewonderaars van die mense van Libertas oor te bring.

Altyd het dr. Verwoerd 'n doodeenvoudige wese, sonder hoogmoed of swier gebly. Selfs die meubels in sy kantoor wat in sy voorganger se tyd reeds oud was, was vir hom goed genoeg. “Waarom nou daardie uitgawe vir 'n bietjie prag en praal aangaan?"

En toe het Suid-Afrika aan die einde van die Verwoerdtydperk gekom, 'n tydperk wat gekenmerk is deur ongekende groei en vooruitgang en 'n tydperk waarin daar in hierdie land niks minder as 'n bloedlose rewolusie plaasgevind het nie. 'n Monargie moes plek maak vir 'n vrye, onafhanklike Suid-Afrikaanse Republiek.

Daardie helder stem wat so baie jare so duidelik en luid deur die raadsale van sy vaderland weerklink het, het stil geword en daardie gryse hoof wat sy volk so trou gedien het, is vir goed neergelê.

Suid-Afrika moes voortgaan . . . sonder Verwoerd. Maar helaas Suid-Afrika moet VOORTGAAN!

Bokant my lessenaar hang daar 'n geraamde foto van doktor Verwoerd wat hy aan my geskenk het op daardie dag toe ek hom tien jaar as privaatsekretaris gedien het. Onderaan die foto staan daar in sy handskrif geskrywe:

„Aan mnr F Barnard: Met waardering vir tien jaar van bystand en uitstekende diens".

Onderaan verskyn sy handtekening en die datum 1962. “Môre begin ons tweede skof van tien jaar," het hy opgemerk toe hy hierdie foto in Oktober 1962 in sy kantoor in die Parlementshuis aan my oorhandig.

“Ek hoop om jou aan die einde van daardie skof 'n mooier portret to gee.”

Min het hy geweet, of het ek geweet, dat die einde van daardie tweede skof nooit sou aanbreek nie, maar selfs al het dit, kon hy my geen “mooier portret" gee nie as die beeld wat ek oor 'n tydperk van 13 jaar en 9 dae van hom gekry het; daardie periode waarin ek homonafgebroke as privaatsekretaris bygestaan het.

Nooit kon daar beter samewerking tussen heer en dienskneg gewees het nie; nooit kon daar hegter kameraadskap tussen twee persone bestaan het as wat daar tussen ons bestaan het nie.

Daar was geen geheim waarmee hy my nie vertrou het nie en daar is geen probleem waarmee by my nie gehelp het nie. Omdat hy 'n mens was, was hy natuurlik nie volmaak nie, maar juis omdat hy 'n MENS was, was hy groot.

En so onthou ek hom!

Agter sy lessenaar in sy kantoor; saam met wêreldleiers in Lancaster House; in 'n eenvoudige ou boerewoning op die platteland; in Buckingham Paleis; by Downingstraat nr. 10; in 'n Bantoehut in verre Ovamboland; agter sy Frieskudde op die Transvaalse Hoëveld; tussen Britse polisiebeamptes in die Dorchester Hotel; in die truspieël van my armoedige ou motortjie ... altyd die man met sy oog gerig op die horison, altyd dieselfde, altyd die mens, dr. H. F. Verwoerd.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 969 gaste aanlyn