NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om gelukkig te wees in die lewe hang ten sterkste af van jou opregte dankbaarheid oor wat jy wel het, al is dit hoe min in jou eie oë; en as jy dankbaar is oor daardie 'klein' iets, weet jy dat jou hart reg is, jy tevrede sal wees, en ook ander mense van hierdie geheim sal wil vertel.

13 JAAR MET DR HF VERWOERD (12)

Deur Fred Barnard

(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)

DIE STATEBONDSKONFERENSIE VAN 1961 (DEEL IV)

" En hoe het die prentjie daardie geskiedkundige namiddag toe Suid-Afrika sy bane ná 'n halfeeu met die Britse Statebond verbreek, binnekant die konferensiesaal daar uitgesien:  'In dié omstandighede sal ek formeel my versoek vir Suid-Afrika om lid van die Statebond te bly, terugtrek. ' "

'n Groot swart motor met 'n helder blou etiket voor aan die windskerm staan voor die Dorchester. Die klein Unievlag wat voor op die amptelike voertuig liggies in die oggendwind fladder, vorm 'n skrille kontras met die twee groot Union Jacks wat triomfantelik bo-op die agtverdiepinghotel wapper.

Op die eilandjie voor die hotel tot daar diep in Park Lane, byna tot by Hyde Park, staan honderde nuuskieriges met hul driekwart jassies in die pieperige Londense sonskyn. Hier en daar merk jy 'n plakkaat met anti-Suid-Afrikaanse slagspreuke. Een wat veral prominent bo die massa vertoon, word deur 'n mooi wit dogter en blykbaar 'n Wes-Indiër omhoog gehou. Dié een: "Africa for the Africans", is moeilik leesbaar want dis onderstebo!

Die bestuurder klim uit die motor en kyk eers op sy horlosie, dan na die ingang waar die Kersvaderagtige ou deurwag in sy kleurryke mondering vriendelik knik. Dis presies 10:15 vm.

Die massiewe swaaideure gaan oop en daar kom ons! Dr Verwoerd wat sy hoed hoog lig vir die bonte, bebaarde vyandige mengelmoes voor hom, gevolg deur min Eric Louw, majoor Carl Richter en deur my. Ons skuif in en binne 'n kits vleg ons behendig deur die verkeer op pad na Lancaster House.

Dr Verwoerd en minister Louw is stil, stiller as gewoonlik. Hulle gesels oor die dinge waaroor al die Suid-Afrikaners in Londen en al die Suid-Afrikaners in Suid-Afrika gesels, maar veral gaan dit oor vyandige uitlatings deur mnr Diefenbaker.

"Hy is 'n geniepsige vent," merk min Louw op. Terwyl sy lippe dwing om nog iets pasliker hieraan toe te voeg, spreek dr Verwoerd sy verontwaardiging uit oor "die dubbele spel wat daardie man besig is om te speel".

Uiteindelik kom ons voor die imposante ou Lancaster House tot stilstand. Weer eens swaai die swaar deure oop en bevind ons onsself weer – so hoop ons – vir die laaste keer op die slagveld!

Dr Verwoerd is haastig maar groet almal by die ingang in die ruim voorportaal. Minister Louw, maj Richter en ek toon ons toegangskaartjies en laat ons jasse by die deur.

Omdat ons almal verwag het dat die beslissing sommer vroeg-vroeg bekend sou wees, het maj Richter en ek soos getroue waghondjies vlak voor die deur van die vergadersaal stelling ingeneem. Wat was ons verbasing groot toe die etensuur aanbreek sonder dat daar finaliteit bereik is. Desondanks het ons nog nie moed verloor nie en het ons nog steeds vas geglo dat goedkeuring van Suid-Afrika se aansoek 'n blote formaliteit sou wees.

Met ons terugkeer na die hotel vir middagete was daar dan ook niks buitengewoons op dr Verwoerd se gesig te lees nie, terwyl ek na aanleiding van wat hulle gesels, nog steeds die indruk gekry het dat alles in orde is.  Maj Richter was inderdaad so seker dat hy besluit het om nie vir die namiddagsessie terug te keer nie.

Ná die middagmaal het ons, soos al die vorige dae, weer op die gewone wyse na die vergadering teruggekeer. Dit was dan ook nie baie lank nie of ek kon voel dat dinge begin lol, want skaars was die deure agter die afgevaardigdes toe, of hier kom mnr Macmillan, dr Verwoerd en Pandit Nehru weer te voorskyn. Die uitdrukkings op hul gesigte het boekdele gespreek!

Juis in hierdie stadium, terwyl ek alleen voor die deur gesit het om 'n pak telegramme en boodskappe uit Suid-Afrika te lees, het iemand my kom meedeel dat die spesiale verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie 'n berig na Johannesburg gestuur het wat lui dat ons aansoek geslaag het. Niemand het hom kwalik geneem nie want almal in Londen het so geraai.

Mnre Macmillan, Nehru en dr Verwoerd het in die klein vertrekkie regoor die vergadersaal verdwyn.

Teen hierdie tyd was die spanning hemelhoog. Dinge moes nou tot 'n punt gedryf word want alle reëlings in verband met dr Verwoerd se ontmoeting met generaal De Gaulle en in verband met sy besoek aan Bonn is afgehandel! En wat nog veel belangriker is: Daardie aand had ek 'n afspraak in Buckingham Paleis met prins Phillip en die koningin!

Na slegs enkele oomblikke word ek ontbied en opgedra om 'n dokument waarop daar talle wysigings skriftelik aangebring is, na die tikster te neem. Dit blyk toe uit die stuk wat ek vlugtig gelees het, dat die afgevaardigdes besig was om 'n verklaring wat na afloop van die konferensie uitgereik sou word, voor te berei maar dat dr Verwoerd nie met die voorgestelde teks tevrede is nie omdat dit Suid-Afrika se beleid veroordeel en omdat die Statebond in werklikheid die reg voorbehou om Suid-Afrika se beleid by alle toekomstige konferensies te oordeel.

Hiervan wou die Suid-Afrikaanse Eerste Minister nie hoor nie! Sy houding was duidelik: Suid-Afrika moes sonder meer as volwaardige lid aanvaar word of basta met die Statebond!

Toe ek met die getikte stuk terugkom, was die drie here nog steeds in druk gesprek. Mnr Macmillan het dit vlugtig deurgelees voordat hulle weer die vergadersaal binne is.

Dieselfde proses het hom hierna nog twee keer herhaal, behalwe dat daar elke keer ander afgevaardigdes saam met dr Verwoerd uit die saal na die kleiner vertrek gekom het.

En hoe het die prentjie daardie geskiedkundige namiddag toe Suid-Afrika sy bane ná 'n halfeeu met die Britse Statebond verbreek, binnekant die konferensiesaal daar uitgesien?

Terwyl die laaste strale van die laat namiddagson flou deur die hoë vensters van die somber State Drawing Room geloer het, was die oë van tien Statebondsleiers, stroef en gespanne, dog oënskynlik vol verwagting, op die elfde leier wat daar teenwoordig is, gerig.

Die elfde leier was natuurlik dr Verwoerd en van hom het die ander verwag dat hy sou instem om nie alleen sy landsbeleid te verdoem nie, maar moes onderneem om dit sodanig te wysig dat dit by die smaak van die veroordelaars sou inpas.

Ná 'n meedoënlose stryd van meer as agtien uur waarin die Suid-Afrikaanse leier, volgens een van die premiers, "nie een enkele millimeter" wou toegee nie, het die uur van beslissing nou uiteindelik aangebreek en sou daar weldra een of ander oplossing gevind moet word. Gaan hy aan die eise toegee of gaan hy met sy land die wildernis in?

Dit het reeds laat geword en alles wat daar van weerskante gesê kon word, is by herhaling duidelik en met nadruk gesê.

Voor dr Verwoerd op die blou-grys vilt van die lang reghoekige tafel, lê daar twee getikte velle wit papier. Die steeds flouer-wordende strale van die kille Londense son streel liggies daaroor.

Die duur goudbeslane horlosie daar hoog aan die suidemuur dui aan dat dit twintig minute oor vyf is.

Dr Verwoerd kom fier orent, neem die twee wit getikte velle in albei hande en, terwyl oë hom van alle kante deurboor, begin hy lees:

"Suid-Afrika is een van die senior lede van die Statebond, en het in die verlede hartlik met medelede saamgewerk.

"Dit kon van geen lid met selfrespek – van enige organisasie – verwag word om, in die lig van wat voorgestel word en die graad van inmenging in wat Suid-Afrika se huishoudelike take is, lid te bly van 'n liggaam wat in so 'n drukgroep ontaard het nie.

"In die omstandighede sal ek formeel my versoek vir Suid-Afrika om lid van die Statebond te bly, terugtrek.

"My versoek is gerig met die verwagting dat dit met graagte en sonder voorbehoud toegestaan sou word, soos wat gebeur het in die geval van Indië, Pakistan, Ceylon, Ghana en Nigerië, in weerwil van ons groot verskille met hulle wat ons bereid was om onderskik te maak aan samewerking in verband met sake van gemeenskaplike belang.

"Verder is ons beïnvloed deur wat ons beskou het as die egtheid van die sentimente wat tydens verlede jaar se konferensie deur Eerste Ministers uitgespreek is naamlik dat Suid-Afrika as lid welkom sou wees.

"Dit is met groot spyt dat ek verplig is om tot dié stap oor te gaan en ek wil graag die bevriende Premiers verseker dat Suid-Afrika se terugtrekking op 31 Mei diep en ernstig berou sal word, nie alleen deur die regering nie, maar ook deur die volk van Suid-Afrika.

"En ons hoop, en sal probeer, om op alle moontlike maniere, met lede van die Statebond wat bereid is om die bestaande goeie verhoudings te handhaaf, saam te werk.

"Ek is seker dat die grootste meerderheid van die mense in my land sal begryp dat daar in dié omstandighede vir ons geen ander weg oop was nie. Nasionale eergevoel en selfrespek is eienskappe van enige soewerein onafhanklike staat.

"Ek moet erken dat ek uitermate verbaas en geskok is deur die gees van vyandskap en, tydens hierdie konferensie, selfs van wraakgierigheid jeens Suid-Afirka.

"Ten spyte van dit wat ons bereid was om in verband met die verskillende ontwerp-communiques voor te stel, is dit duidelik dat, in die lig van die meeste van die Statebondspremiers se houding – nadat hul van 'n groep van Afro-Asiatiese State leiding ontvang het – Suid-Afrika nie langer as lid van die Statebond welkom sal wees nie.

"Die karakter van die Statebond het waarskynlik totaal verander gedurende die afgelope jaar. Die opposisie teen Suid-Afrika se voortgesette lidmaatskap is gebaseer op beweerde diskriminasie teen en onderdrukking van die nie-blankes van Suid-Afrika.

"In hierdie stadium wil ek nie my sterk ontkenning van hierdie bewerings herhaal nie. Ek wil egter beweer dat dit ironies is dat daardie aanklagte moes kom van Premiers in wie se eie lande onderdrukking en diskriminasie openlik beoefen word en waar die basiese beginsels van demokratiese regering bespot word.

"In hierdie verband verwys ek spesiaal na Ghana, Indië, Maleia en Ceylon, ofskoon ander Statebondslande ook nie sonder sulke gebruike is wat deur wetlike verordeninge bekragtig is nie.

"In ander gevalle, waar dit nie deur wetgewing geoorloof is nie, is min of geen poging aangewend om sulke gebruike te staak nie.

"Ten slotte wil ek sê dat die gedragslyn by vandag se vergadering, wat my tot my spyt verplig het om hierdie stap te neem, in my opinie, die begin van die disintegrasie van die Statebond inlui.

"Hierdie vrywillige vereniging van State kan nie hoop om voort te leef nie indien Premiers van die Statebond die gebruik om in mekaar se huishoudelike sake in te meng, voortsit, en indien hul vergaderings as geleenthede gebruik word om medelede aan te val in plaas van hulle te wy aan samewerking i.v.m. sake van gemeenskaplike belang.

"Sulke gebruike het tot die onbevredigende toestand wat tans by die VVO heers, gelei, en ek wil dit waag om te voorspel dat dit ook tot die uiteindelike opbreek van die Statebond sal lei – iets wat almal sal betreur."

Aan die einde van hierdie dramatiese en geskiedkundige aankondiging wat die einde van 'n halfeeu van lidmaatskap van die Britse Statebond beteken het, het die Suid-Afrikaanse leier sy plek uitdagend ingeneem om op reaksie te wag.

Die voorsitter, Eerste Minister Harold Macmillan, het sy keel skoongemaak en, sonder om om hom heen te kyk, na die historiese geleentheid verwys en Suid-Afrika voorspoed op sy 'eensame pad' toegewens.

Dr Verwoerd het vir enkele oomblikke vasberade bly sit, asof hy die ander wou uitdaag om te antwoord op die striemende aanvalle wat hy hier kaalkop en sonder huiwering aan hulle adres gerig het.

Dit stilte was egter hoorbaar.

Met 'n strak, gespanne gesig het hy die paar papiertjies voor hom opgetel, sy swaar blou-grys stoel agteruit gestoot, 'n wyle om hom heen gekyk en omgedraai om uit die State Drawing Room, uit Lancaster House en vir goed... uit die Britse Statebond te stap.

Op hoogste noot is die drama plotseling beëindig met die verskyning van dr Verwoerd in die portaaldeur, gevolg deur min Louw en dr Hilgard Muller, destydse Hoë Kommissaris in Londen. Ons was inderdaad reeds oppad terug na die Dorchester, terwyl mnr Macmillan en die res van sy stout seuns met die klas voorgegaan het.

Dr Verwoerd was bleek en gespanne, dog het geen woord geuiter nie. Minister Louw daarenteen het groot moeite gehad om homself te beteuel en toe ek verlangend na sy kant kyk, merk hy half onverskillig op: "Ons is uit."

Hy was sigbaar vies en wou klaarblyklik nog baie dinge baie gou en baie duidelik sê maar dr Verwoerd het so vinnig langs die trap na die grondvloer af beweeg dat ons moes spore maak om hom by die uitgang in te haal.

Op weg na die hotel was die atmosfeer gespanne en swaar en dit was totaal onmoontlik om die situasie te bepaal. Minister Louw, daardie dapper klein vegter, wou so bitter graag iets sê, maar ek dink dat selfs hy uit eerbied vir sy leier tydelik geswyg het.

Vir my was dit asof 'n yslike ding plotseling oor alles ingetuimel het, want ons wat weet hoe dapper, hoe onophoudelik en vol geloofsvertroue hierdie twee staatsmanne van Suid-Afrika gestry het, ons weet hoe seker hulle van hul saak was, ons weet ook watter neerlaag dit vir hulle op daardie oomblik moes gewees het.

Met ons aankoms voor die Dorchester was daar al weer, of nog steeds, 'n massa nuuskieriges vir wie dr Verwoerd sy hoed hoog gelig het.

Voor die hotel se hysbak, waar ek die knoppie vir verdieping nommer sewe gedruk het, het min Louw ongeduldig rondgestaan en sy briewetassie styf onder sy arm vasgeknyp. Nog steeds was die Eerste Minister stil asof hy eers sy gedagtes geleentheid wou gee om die posisie goed op te som.

Die doodse stilte is plotseling in die hysbak verbreek toe dr Verwoerd my hard op die skouer klop met die woorde:

"En toe, mnr Barnard, hoekom is jy so stil? Julle moenie so teleurgesteld wees nie; ek glo dat wat nou gebeur het, op die ou einde goed vir Suid-Afrika sal wees."

Vir die eerste keer in my lewe het ek dr Verwoerd nie geglo nie. Teleurstelling was duidelik op sy gesig te lees en hier kom hy vir my oor teleurstelling preek! Vas het ek geglo dat hy net besig was om my moed in te praat. Selde was ek so jammer vir dr Verwoerd as wat ek was juis op daardie oomblik in die hysbak van die Dorchester. Hier voor my staan 'n man wat bereid was om dae en nagte lank alles wat hy had, vir sy land en sy mense te gee. Selfloos en onverbiddelik het hy tot die laaste druppel vir sy land en sy mense gestry! Man alleen het hy ter wille van sy vaderland gestaan teen 'n meedoënlose wêreld. Hy moes verloor! Hy het.

'n Nederlaag sou hy egter nie aanvaar nie; dit moes onmiddellik in oorwinning omgeskep word en daarom word ek getroos!

Die nuus dat Suid-Afrika se lidmaatskap van die Statebond beëindig is, het binne enkele oomblikke soos 'n veldbrand oor die wêreld versprei en boodskappe van "troos en bemoediging" het ons in die Dorchester Hotel letterlik oorstroom. Vragsgewys is dit in ons kantoortjie afgelaai terwyl alle beskikbare telefone onophoudelik begin lui het. Die posisie was eensklaps totaal onhanteerbaar. Blomme en geskenke van allerlei aard is in 'n onafgebroke stroom by die hotel afgelewer terwyl honderde Britte van alle oorde oorgekom het om hul bewondering teenoor die Suid-Afrikaanse leier uit te spreek omdat hy nie voor die aanslae van die oormag wou swig nie.

Gedurende die verloop van die eerste nag na ons uittrede is ons so oorweldig deur bewonderaars en vriende dat ons verplig was om sommige van die telefone buite werking te stel.

Tussen die honderde boodskappe wat my bereik het, was daar een van 'n sekere mnr Kenneth MacDonald van Darra wat graag 'n opregte klein hondjie aan dr Verwoerd wou oorhandig om daardeur sy welwillendheid en bewondering op tasbare wyse te betoon. Aan hom het ek laat weet dat ek nie namens die Eerste Minister so iets kon ontvang nie en dat dr Verwoerd buitendien so beset is dat ek nie kans sien om hom met so 'n versoek te nader nie. Nietemin word hy namens die Eerste Minister van harte bedank vir sy besonder pragtige gebaar.

Daarmee sou die saak, soos ek gemeen het, afgehandel wees, maar moenie glo nie! 'n Halfuur later ontvang ek 'n boodskap van die hotel se ontvangsdame wat lui dat daar 'n sekere heer met 'n hondjie in die sitkamer is en dat hy bereid is "om tot môre" vir my te wag.

Ten einde raad het ek laat weet dat hy my mag spreek. Wat was my verbasing groot toe die oubaas my kantoor binnstap met 'n tamaai knewel van 'n bulhond wat die vriendelikheid self is!

"Ek wil nie die Eerste Minister spreek nie, maar ek wil dat u hierdie hondjie wat die liefling van die huis is, na Afrika sal terugneem en daar aan hom oorhandig met die versoek dat hy dit aanvaar van een van die miljoene Skotte wat hom aanbid."

Ek het alles in my vermoë gedoen om hom te oortuig dat die vervoer van diere oneindige probleme oplewer, onder meer in verband met bek-en-klouseer.

My verduidelikings het geen hond haaraf gemaak nie en ou mnr MacDonald was so vasberade as ooit dat dr Verwoerd sy skoothondjie wat reeds so vertroetel is, moes aanvaar. Ofskoon hy baie honde het, wil hy juis hierdie een, sy beste en mooiste, aan die grootste man wat hy ken, laat toekom, was mnr MacDonald se relaas.

Nadat daar nog baie geredekawel is het ek die oubaas uiteindelik, met hond en al, aan Doktor en mevrou Verwoerd gaan voorstel. Sonder om te aarsel is die hond aanvaar. Hoe dit by Liebertas gaan kom is die privaatsekretaris se probleem...

Ou mnr MacDonald het bitter swaar afskeid geneem en trane het vryelik oor sy wange gevloei toe hy sy troue huisvriend liefderik aan die bors druk. Almal van ons wat teenwoordig was, het hierdie skeiding van die weë met 'n harde knop in die keel waargeneem.

Nadat alle formaliteite afgehandel is, het die opregte bewonderaar na my teruggekom omdat hy " 'n verdere geheim" op die hart het.

"Hierdie hondjie se naam is mnr Punch", het hy verduidelik, "en hy is glo Rooms.

Ek kon my ore nie glo nie!

"'n Roomse hond, mnr MacDonald? En hy is meneer Punch?"

"Ja", was die kalm antwoord asof hy nie eens kon agterkom dat ek deur verbasing oorweldig is nie.

"Ja, ek sal u hierdie twee stukke gee. Bestudeer dit tog goed en gee dienooreenkomstig opdrag aan diegene wat na meneer Punch sal kyk".

Daarop handig hy twee netjies-getikte memorandums aan my oor.

Ek lees byna met eerbied, terwyl die vriendelike 'meneer Punch' op die grys tapyt by my voete met 'n voldane uitdrukking op sy skewe gesig na my sit en tuur asof hy wil sê: '" Gou speel, ou boet!"

Ek kyk weer agterdogtig na die blou vel voor my, na mnr MacDonald in die leunstoel en na meneer Punch op die grys mat. Dan lees ek:
"Notas aangaande meneer Punch: Hy hou van liefkosing en leef daarvan. Hy hou daarvan dat daar met hom gepraat word en soms reageer hy in 'n runnik-falset. Hy bemin kinders; is baie sosiaal teenoor besoekers, dog sy lojaliteit is in sy huis... Wanneer hy op 'n stoel of bed gevind word behoort daar 'n arm om hom geplaas te word en moet hy so gesoebat word om af te klim:
'Meneer Punch, nie op die bed nie, NEE... NEE... klim af,... klim af... Goeie seun'. Wanneer dit bereik is, behoort hy geprys te word: 'Slim seun, goeie seun' – dit laat hom voel dat hy die regte ding doen en hy sal dit dadelik as 'n grap beskou en in 'n goeie luim wees..."

Weer kyk ek na my gas in die leunstoel en na Sy Edele meneer Punch, wat teen hierdie tyd byna uitgebars het van die lag! Dan lees ek die tweede voorskrif:

"Daaglikse roetine van meneer Punch: 7:30 vm: Wanneer mnr Punch wakker word hou hy daarvan om jou met 'n been wat die vorige aand oorgebly het, te groet. Die roetine is om die been van hom te neem, hom daarvoor te bedank en dit dan terug te gee. Hiervan hou hy en soms herhaal hy die seremonie, wat na ons mening aangemoedig behoort te word. Dan gaan hy uit... Sy gesig moet in sagte water gewas word; geen seep... 10-12 middag, eerste maaltyd... 3-4 nm, tweede en hoofmaal: 1.5 lb vleis volgens eetlus. Maer, rou vleis, beesvleis en soms skaapvleis. Af en toe lewer, hart, rou of gekook. Skaapkop gekook en groente wat effens gekook is... Punch het 'n Katolieke smaak en verkies alle soorte vrugte, eiers en kaas. Hy is altyd behandel soos 'n lid van die gesin en het 'n groot ou gemakstoel in die sitkamer. 'n Kussing onder sy ken sal help om die snorkery te verminder. 7-8 nm, slaaptyd... teen slapenstyd is hy gewoond aan baie liefkosing en word daar 'n groot ophef van hom gemaak en word hy met 'n ligte kombers bedek..."

Teen hierdie tyd het ek nie geweet of ek meneer Punch of mnr MacDonald moes aanspreek nie, beide was ewe vriendelik en innemend.

Hierdie selfde vriendelik ou Punch het later een van dr Verwoerd se grootste vriende geword al is min van die voorskrifte in sy nuwe vaderland uitgevoer.

Ons laaste tydjie in Londen en ons terugkeer na Suid-Afrika ... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1290 gaste aanlyn