NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die liefde is nie bly oor die ongeregtigheid nie...

13 JAAR MET DR HF VERWOERD (8)

 Fred Barnard

(Lees reeks by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd)

BLOED EN TRANE

"Duidelik kon ek die bloed oor dr Verwoerd se regterwang sien stroom terwyl hy sy kop styf tussen sy hande vasknel en langsaam in sy seilstoel neersyg. Terwyl die hele mensemassa voor ons vorentoe beweeg, knal 'n tweede skoot... alles binne die bestek van enkele sekondes."

 

Ofskoon die jaar 1960, met die oog op die vyftigjarige bestaan van die Unie, eintlik 'n feesjaar was, was dit vir dr Verwoerd inderdaad 'n jaar van bittere en voortdurende stryd; stryd teen die bose aanslae van die wêreld daarbuite; stryd teen die ongeregverdigde aanvalle van sogenaamde geestelike leiers buite en binne die grense van sy vaderland en helaas – Saterdag 9 April van daardie donker jaar – stryd teen die wrede afskuwelikheid van die dood self.

Selde indien ooit het dit in die geskiedenis van die moderne wêreld gebeur dat 'n leier van 'n klein volkie in die bestek van een jaar aan so baie en aan sulke meedoënlose toetse onderwerp is en behoue daaruit te voorskyn getree het.

Die jaar 1960 was nie alleen vir die volk van Suid-Afrika nie, maar inderdaad ook vir sy leier, dr Hendrik Verwoerd, vir mevrou Verwoerd en vir elke Christen, 'n jaar van bloed en trane, want in daardie veelbewoë jaar het die volk, sonder dat hy waarskynlik daarvan bewus was, hom weer eens, soos in 1838, aan die oewers van 'n 'Bloedrivier' bevind, maar danksy die man aan die stuur, danksy 'n vasberade Suid-Afrikaanse volk en danksy die genade van Hom wat in 1838 redding en uitkoms gebring het, het ons andermaal die 'Slag van 1960' se Bloedrivier oorlewe!

Vir my sou dit 'n onbegonne taak wees om by hierdie geleentheid die volle verhaal van hierdie gebeurtenisvolle jaar waarin dr HF Verwoerd die hoofrol vertolk het, enigsins volledig te probeer vertel. Maar omdat die mens se geheue so kort is sal dit miskien goed wees om ter wille van die geskiedenis net vlugtig deur my dagboek te blaai en enkele van die hoogste hoogtepunte 'in ons geheue vas te knoop' – soos dr Verwoerd altyd gesê het.

In sy merkwaardige Nuwejaarsboodskap wat op 31 Desember 1959 gelewer is werp sy sienersoog reeds 'n blik in die toekoms en verseker hy ons dat "die jaar wat voorlê van besondere betekenis vir Suid-Afrika is... Laat wat verby is, maar agterbly... Onnodig dof het die land en sy toekoms gelyk... Onnodig terneergedruk het die toeskouer geword..."

Op 20 Januarie kondig dr Verwoerd die finale stap ná die langverwagte Republiek van Suid-Afrika aan.
Op 21 Januarie het die grootste en skokkendste mynramp in ons geskiedenis by die Clydesdale steenkoolmyn plaasgevind.
Op 24 Januarie is nege polisiebeamptes by Cato Manor vermoor.
Op 27 Januarie kom Harold Macmillan in Suid-Afrika aan.
Op 3 Februarie lewer hy sy afstootlik "winde van verandering" – toespraak.
Op 29 Februarie word daar in Londen met 'n boikot van Suid-Afrikaanse goedere begin.
Op 21 Maart word etlike mense tydens verskeie onluste in Suid-Afrika gedood.
Op 26 Maart spreek dr Verwoerd die grootste politieke byeenkoms toe wat ooit in Suid-Afrika plaasgevind het. Dit geskied op Meyerton in sy kiesafdeling waar meer as 80 000 Suid-Afrikaners saamdrom.
En toe, asof die voorafgaande gebeure nie genoeg was nie word daar op 9 April 1960 twee skote in dr Verwoerd se gesig afgevuur. Teen alle verwagtinge in het hy egter weer sodanig herstel dat hy die Uniefees op 31 Mei in Bloemfontein kon toespreek.
Op 5 Oktober vind die volkstemming plaas en besluit die kiesers met 'n meerderheid van 74 580 stemme dat hulle 'n republikeinse staatsvorm verkies.

Dit is slegs enkele van die hoogste hoogtepunte van die drama wat in die jaar 1960 op die
Suid-Afrikaanse verhoog afgespeel het en waarin dr Verwoerd, leier en Eerste Minister van sy volk, die hoofrol vertolk het.

Die gebeurtenis wat Suid-Afrika in daardie gebeurtenisvolle jaar die diepste geskok het was ongetwyfeld die aanslag op dr Verwoerd se lewe op Saterdag, 9 April.

Die Parlement was in Kaapstad byeen en as gevolg van die onrus en opstand wat daar daagliks in een of ander deel van die land plaasgevind het was die atmosfeer gespanne en soms plofbaar. Berigte wat die Eerste Minister daagliks van die kant van die polisie bereik het was ongunstig en dikwels sorgwekkend. Klaarblyklik was die kommunistiese organisasies beter georganiseer as wat algemeen verwag is met die gevolg dat die verantwoordelike instansies dit soms haas onmoontlik gevind het om wet en orde behoorlik te handhaaf.

Hierdie wantoestande het meegebring dat die Kabinet meer dikwels vergader het met die gevolg dat die omvang van die werk in die kantoor van die Eerste Minister in so 'n mate toegeneem het dat dit fisies onmoontlik was om tred te hou.

Hierdie legio van probleme het dr Verwoerd slapelose nagte besorg want afgesien van die kommunisties-geïnspireerde opstand wat sporadies opgevlam het, het die aanvalle van buite op hom en op die Suid-Afrikaanse regering by die dag in felheid toegeneem.

Selfs uit eie geledere is daar oproepe gemaak om "buigsamer" en "meer toegeeflik" te wees – iets wat in daardie stadium en onder heersende omstandighede vir Suid-Afrika fataal sou wees!

Dit was die atmosfeer in die land toe dr en mev Verwoerd om 08:00 op Donderdag, 7 April 1960, vanaf die militêre lughawe Ysterplaat, Kaapstad, na Pretoria vertrek het waar die Eerste Minister die volgende dag sake in verband met die Nasionale Party moes afhandel en op Saterdag, 9 April, die Witwaterrandse Paasskou amptelik sou open.

'n Dag of wat voor ons vertrek uit Kaapstad nadat ek die program van die naweek met hom bespreek het, het dr Verwoerd na sy veelvuldige amptelike verpligtinge op kantoor verwys en dit sterk oorweeg of hy nie liewer sy verskoning aan die organiseerders van die tentoonstelling moes aanbied en in Kaapstad moes bly om sy "lessenaar skoon te maak" nie.

Die feit dat hy die uitnodiging so lank gelede reeds aanvaar het en die werk wat daar reeds in verband met sy besoek aan Johannesburg gedoen is, het hom egter laat besluit om maar voort te gaan met die reëlings wat reeds getref is.

Ofskoon die algemene toestand in die land dr Verwoerd intens gepla het was hy daardie oggend met ons vertrek na Pretoria in 'n besonder opgewekte stemming en maj Richter, sy veiligheidsbeampte, en ek wat juis oor die sake gepraat het, was van oordeel dat dit hom goed sou doen om vir 'n paar dae weg van die woelige ou Kaapstad met sy Parlement en met sy probleme te wees.

In Pretoria aangekom, het ons by Libertas tuisgegaan waar daar reeds daardie aand 'n afspraak nagekom moes word wat vooraf vir hom gereël is.

Vroeg die volgende oggend het ons na Milner Park in Johannesburg, waar die Paasskou jaarliks gehou word, vertrek omdat mev Verwoerd begerig was om 'n aantal van die uitstallings daar te besoek en familielede te ontmoet.

Na 'n vlugtige besoek aan verskeie uitstallings en nadat middagete op die terrein genuttig is, is die geselskap, vergesel van lt.-kol GM Harrison, president van die Witwatersrandse landbouvereniging, die burgemeester en ander hoogwaardigheidsbekleërs na die volgepakte hoofpaviljoen waar dr Verwoerd die openingstoespraak om 14:15 die middag sou lewer.

Maj Richter en ek het 'n paar tree skuins agter dr Verwoerd en sy gasheer plaasgeneem.

Dit was 'n stil, sonnige namiddag toe die Eerste Minister onder luide toejuiging van die groot skare aan die woord gekom het.

Uit sy merkwaardige toespraak is dit duidelik dat hy diep onder die indruk moes gewees het van die krisis waarin Suid-Afrika verkeer het as gevolg van die gebeure by Sharpeville, Langa en ander plekke in ons land.

"...Uit elke krisis is groter triomf gebore", het hy onder meer gesê.

"Die toekoms wat voorlê is nog groter as die verlede agter ons... Ons sal ons nie laat doodmaak nie, ons sal geeneen se slagoffer word nie, ons sal veg vir ons bestaan en ons sal lewe..."

Na hierdie toespraak wat 'n langdurige en luide applous uitgelok het, het dr Verwoerd en sy gashere die verhoog verlaat en na die arena afgestap waar hy die room van die Transvaalse grootvee gaan bewonder het.

Ofskoon dit ons vaste gebruik was om dr Verwoerd by sulke geleenthede te vergesel, het maj Richter en ek dit om een of ander onverklaarbare rede hierdie keer nie nodig gevind nie en het ons in ons plekke bly sit.

"Ja, ou Fred", merk oom Carel op terwyl die pragtige stoetvee een vir een verby ons beweeg, "as die Kongo vandag hier by ons sou moes oorneem, is al daardie beeste voor brekfis môreoggend opgevreet".

Nadat hy die vee besigtig en hul eienaars, aan wie die bekers aanstons oorhandig sou word ontmoet het, het dr Verwoerd weer, in geselskap van sy vriende, na die verhoog teruggekeer vanwaar hy die vee nog steeds met sy kennersoog dopgehou het. Een van die bekers op die tafel voor hom moes waarskynlik die pad tussen hom en die beeste in die arena versper het, want hy het vooroor geleun om dit na die eenkant van die tafel te verskuif.

Pas nadat hy homself weer in sy stoel gemaklik reggeskruif het, het 'n persoon wat intussen met die trap van die arena opgekom het, skuins agter hom tot stilstand gekom en hom by die naam genoem.

Ek het die persoon wat met sy regterhand in sy baadjiesak gestaan het, opgemerk en was onder die indruk dat hy 'n brief of nota aan die Eerste Minister wou oorhandig, iets wat dikwels by vergaderings of by sulke byeenkomste gebeur het. Die feit dat hierdie man 'n kenteken van die Landbouvereniging aan die lapel van sy baadjie gedra het, het niemand wat hom gesien het, agterdogtig gestem nie.

Die Eerste Minister het met sy kenmerkende vriendelike glimlag omgekyk. In 'n oogwenk het die persoom sy regterhand uit sy sak gepluk en 'n helder klapgeluid het almal se aandag na die verhoog getrek.

Duidelik kon ek die bloed oor dr Verwoerd se regterwang sien stroom terwyl hy sy kop styf tussen sy hande vasknel en langsaam in sy seilstoel neersyg. Terwyl die hele mensemassa voor ons vorentoe beweeg, knal 'n tweede skoot... alles binne die bestek van enkele sekondes.

Eensklaps was alles in 'n chaotiese warboel. Die rustige atmosfeer van so-ewe het plotseling plek gemaak vir 'n onbeskryflike verwarring. Onderwyl skrille sirenes die lug deurklief, dames gil en mans van oral koorsagtig op die onheilstoneel toesak, het Senator Schabort wat voor my gesit het en eerste byderhand was, dr Verwoerd krampagtig vasgehou en het mev Verwoerd halfverdwaas probeer om haar man wat nou stil op die planke gelê het, gemaklik te maak.

Teen hierdie tyd was majoor Richter en ek op die verhoog besig om, soos almal om ons heen, iets te probeer doen.

Bewegingloos het oom Carel die wegsnellende ambulans agternagetuur en toe, in 'n vormlose massa, op die plankvloer ineengestort.

Verslae, stil en verwese het mev Verwoerd die voertuig met haar man – of sy lyk – agterna gestaar.

Toe eers kom ek werklik tot besinning en besef ek dat daar skielik 'n geweldige verantwoordelikheid op my skouers gelaai is. Saam met mev Verwoerd, mev Hennie du Toit en mev Schabort het ons ons weg deur die malende massas na die ampsmotor gebaan en was ons spoedig, met behulp van 'n verkeerskonstabel wat genadiglik byderhand was, by die Ongevalle-afdeling van die hospitaal.

Daardie kort rit van die Skouterrein tot in die hospitaal sal ek nooit kan vergeet nie. Geen woord is gepraat nie en tog het die uitdrukkings op die verstarde gesigte boekdele gespreek.

Duisende onsamehangende gedagtes het deur my benewelde brein geflits. Weer eens het die helder masjiengeweerknalle van Sharpeville en Langa van enkele weke tevore weerklink! Duidelik sien ek weer met my geestesoog die wrede woorde in die dreigbrief wat nou die dag in Kaapstad van 'n naamlose ontvang is: "Jy sal sterf".

Weer eens lees ek die opskrif in 'n Engelstalige Suid-Afrikaanse koerant: "Verwoerd must go".

Tog het ek nie vir een oomblik daaraan getwyfel dat sy lewe gespaar sou bly nie.

Toe ons by die Ongevalle-afdeling van die hospitaal, waar hy na ons mening moes wees, kom, was die plek stil en verlate – nie eens iemand om te sê waarheen hy geneem is nie.

Binne enkele oomblikke, blykbaar gelei deur intuïsie, was ons voor die deur van saal nr 18 waar 'n geneesheer juis op daardie oomblik aan mnr Fox Odendaal, die administrateur van Transvaal, fluister: "His condition is grave."

Tussen die geneeshere, verpleegsters en nuuskierigers deur het ek my weg gebaan tot by die bed, die digte gordyn weggeskuif en 'n gesig gesien wat 'n mens nooit kan vergeet nie. verwronge van pyn, sy grys hare nog rooi van bloed en sy onegalige, halfversmoorde asemhaling was getuienis daarvan dat hy nog lewe.

Dat hy nog gelewe het was vir ons genoeg! Maar hoe lank?

Op hierdie vraag was geen geneesheer egter bereid om 'n antwoord te waag nie.

Die atmosfeer was tot breekpunt gespanne en vir ons wat in groepies gestaan en beraadslaag het, was dit totaal onmoontlik om die situasie met enige mate van noukeurigheid te bepaal omdat die geneeshere glad nie bereid was om op vrae oor die Eerste Minister se toestand te antwoord nie.

Intussen het ek besef dat die wêreld daarbuite geregtig is daarop om ten minste te weet wat die beskikbare inligting is, veral nadat foutiewe berigte teen daardie tyd reeds deur die radio die wêreld ingestuur is, en buitendien het telefoniese navrae wat almal na my deurgeskakel is uit alle dele van die land begin instroom.

Niemand was egter bereid om enige verantwoordelikheid te aanvaar nie. Gelukkig het ek toevallig mnr Rob Ferreira, L.U.K., verantwoordelik vir die Provinsie se Hospitaaldienste, raakgeloop en met sy hulp en in oorlegpleging met 'n geneesheer, 'n soort bulletin opgestel wat om 6:05 nm aan die SAUK uitgereik is.

Hierdie eerste bulletin wat deur mnr Ferreira onderteken is, lees soos volg:

"Dr Verwoerd se toestand is bevredigend. Hy het twee koeëlwonde waarvan een deur die regterwang en die dak van die mond gedring het, terwyl die ander die regter-oortrommel geraak het. Sy regter-bo-wangbeen is beskadig. Sy brein en gesig is nie beskadig nie. Hy praat met geneeshere en verstaan alles. Hy het nooit sy bewussyn verloor nie en kla nie."

Ek glo vandag nog nie dat die posisie heeltemal so goed was as wat hierdie berig dit skilder nie maar met die beskikbare gegewens was dit die beste waartoe ons as leke in staat was, want terwyl ons aan die een kant so na as moontlik aan die waarheid wou bly, wou ons aan die ander kant die bes moontlike prentjie aan die volk daarbuite voorhou.

Nadat ek hierdie berig getik en uitgereik het, het die ongelooflikste nag van my lewe begin! Dikwels het ek gebid dat ek so 'n nag my nooit weer moet oorval nie!

'n Kamer naby die Eerste Minister s'n is aan my afgestaan en die telefoonsentrale het opdrag ontvang om alle oproepe wat in verband met dr Verwoerd staan, na my deur te skakel. Daardie telefoon was daardie nag nie vir een oomblik stil nie. Uit alle oorde, vanuit alle hoeke van Suid-Afrika het mense geskakel, nie alleen om te verneem of hy nog lewe en wat sy toestand is nie, maar ook het 'n paar naamloses hulle "innige blydskap" betuig oor wat gebeur het. Talle het ook geskakel om te sê dat hulle die geboue van 'n bepaalde Engelstalige koerant daardie nag in die lug gaan blaas. Na ondersoek het dit inderdaad geblyk dat die georganiseerde groep dit ernstig bedoel het met die gevolg dat die betrokke plekke deur die polisie bewaak moes word.

Dwarsdeur die nag moes ek luister, moes ek antwoord en moes ek verduidelik, maar danksy die groot wonderwerk wat daar plaasgevind het, kon ek dwarsdeur die nag die goeie tyding oorbring dat "hy lewe".

Nooit was daar sprake van slaap of rus nie. Dit was egter van sekondêre belang. Hoofsaak was dat hy gelewe het en dat hy bly lewe het!

Vroeg daardie Sondagoggend het die geneeshere wat sedert die vorige namiddag met hom te doen gehad het, byeengekom om te besluit of daar gewaag kon word om hom na die Pretoriase Hospitaal oor te plaas. Sal hy so 'n rit van Johannesburg na Pretoria kon staan?

Na 'n lang debat is daar uiteindelik besluit om hom na die hoofstad te vervoer.

Onvergeetlik was die reis en sonder einde was die pad daardie sombere Sondagmôre van Johannesburg na Pretoria.

Vlak voor my het die lang wit voertuig teen 'n slakkegang beweeg met dr Verwoerd en met sy geneeshere aan sy sy. Groter verligting het ek selde geslaak as toe dr Verwoerd op die wit bed in die Pretoriase Hospitaal neergelaat word.

Regoor die saal waarin hy geplaas is, is daar 'n 'kantoor' vir my ingerig waar ek vir die volgende weke dag en nag sou waak, eet en werk.

Hier is letterlik duisende briewe, telegramme en boodskappe van alle dele van die wêreld ontvang, om nie eens te praat van die blomme, ruikers, geskenke en telefoonoproepe wat van oral oor gekom het.

Dit was 'n spanningsvolle tyd en aan rus, slaap of aan jouself kon daar eenvoudig nie gedink word nie. So lank het die toue besoekers by tye geword dat daar na 'n versoek van Pretoriase Onderwyskollege ingestem is om 'n besoekersboek in die gang naby dr Verwoerd se saal te plaas. Etlike honderde vriende en nuuskieriges het met verloop van tyd hul handtekeninge hierin aangebring.

Mediese bulletins is aanvanklik al om die twee uur uitgereik. Gewoonlik is oneindig veel tyd hieraan bestee, en hoewel die geneeshere uit die aard van die saak nie die indruk wek dat die Eerste Minister se toestand kommer wek nie moes hulle vanselfsprekend die ware toedrag van sake weergee. Gedurende die eerste paar dae veral het ek elke keer wanneer die vriendelike geneeshere by my kantoor instap, my asem opgehou want die gevaar was groot dat daar moontlik verlamming kon intree of Doktor een of ander blywende letsel oorhou.

Sy vordering was egter bo verwagting en op Maandag, 11 April, was hy alreeds in staat om 'n klein hoeveelheid vloeibare voedsel in te neem. Die hewige pyn wat hy egter voortdurend moes verduur het hom sodanig uitgeput dat sy liggaamskragte gaandeweg gekwyn het.

Toe dit begin duidelik word dat dr Verwoerd die aanslag op sy lewe sou oorleef en dat hy dermate sou herstel dat hy moontlik weer sy pligte sou kon hervat, het 'n groepie van sy intieme vriende my genader met die idee om 'n magtige saamtrek by die Voortrekkermonument te organiseer was as 'n verwelkoning vir hom sou dien. Die gedagte was om 'n  luisterryke ontvangs "soos daar nog nooit in Suid-Afrika was nie" te reël uit dankbaarheid vir sy gespaarde lewe.

Ek het belowe om die gedagte by die eerste moontlike geleentheid met die Eerste Minister te bespreek.

Die geleentheid het hom voorgedoen toe dr Verwoerd my op Donderdag, 14 April, ontbied, Hy kon beswaarlik praat en dit was alleen met die grootste inspanning dat ek sy instruksie in verband met boodskappe aan ministers Sauer, Louw en adjunk-minister FE Mentz kon volg. Tog het ek dit gewaag om hom oor die vriendelike gedagte van sy vriende te pols. Sy oombliklike reaksie was dat hy nooit vir so 'n gedagte te vinde sal wees nie. Sonder om verder oor die saak na te dink het hy my versoek om sy dank aan die betrokke persone oor te dra en hulle te versoek om nie alleen van hulle voorgenome plan af te sien nie maar om dit nie eens verder rugaar te maak nie omdat hy "dit as menseverering" beskou.

"As iemand vereer moet word moet dit God wees", was sy besliste reaksie.

Onderwyl die volk daarbuite lamgeslaan was oor die skokkende gebeure, het die ervare en wêreldbekende geneeshere hier in die hospitaal verbysterd gestaan oor die feit dat dr Verwoerd na die twee pistoolskote aan die dood ontkom het. Menslik gesproke kon hy dit nie oorlewe nie en nadat die weg van die koeëls bepaal is was die vraagteken oor die gebeure selfs nog groter.

In my dagboek staan daar onder die datum 16 April 1960 aangeteken dat die professor wat aan die hoof van die mediese span gestaan het, aan my gesê het:
"Ek sal my anatomie moet oor 'swot'. Volgens wat ek geleer en oor die afgelope jare ervaar het moes dr Verwoerd binne 10 minute na die tweede skoot dood gewees het".

Onder dieselfde datum het ek aangeteken dat die professor wat vir die radiologiese ondersoek verantwoordelik was, gesê het:
"Ek het die posisie die afgelope dae bestudeer. Ek begryp dit nie. Ek kan aftree as ek 'n novelle hieroor skryf".

Op 18 April om 12:05 nm het dr Verwoerd vir die eerste keer regop gesit en daardie aand om 9:15 het ek vir die eerste keer sedert die aanslag op sy lewe, 'n amptelike dokument vir sy handtekening aan hom voorgelê.  Dit was, ironies genoeg, 'n brief aan dr Kwame Nkrumah, destydse Eerste Minister van Ghana. Dié skrywe het nie met die skietvoorval in verband gestaan en ook nie oor dr Verwoerd se persoon gegaan nie.

Dr Verwoerd was swak en uitgeput; sy vervalle gesig was groen-geel en sy spraak onduidelik en belemmerd. Dit was duidelik dat hy die stuk voor hom alleen met moeite en groot inspanning kon lees en onderteken, ofskoon hy dit nie laat blyk het nie.

Toe ek hom 'n goeie nag toewens, was sy byna opgewekte antwoord:
"Dankie; ek is nou moeg vir hierdie "sports'."

Ofskoon dr Verwoerd tot in hierdie stadium, sedert die vorige Saterdag, geen koerant gesien en na geen radio-uitsending geluister het nie, het dit hom glad nie gehinder nie. Hierdie gebrek aan belangstelling het my opgeval en dit het my bekommer omdat ek dr Verwoerd alewig met nuus, koerante en aksie vereenselwig het. Ek kon hom nooit voorstel as 'n persoon wat enigiets leesbaar ongelees sou laat nie.

Hierdie gebrek aan belangstelling was egter van korte duur want namate hy sy liggaamskragte herwin het, het die ou gees weer met hernieude ywer – asof dit maar net 'n wyle gerus het – na vore gekom. Die vuur van weleer het weer eens in sy oë gebrand, die stoute glimlag, net soos die tikkie koppigheid, het spoedig met rente teruggekeer!

Ons wat voortdurend by sy bed gestaan het, ons wat in die gange of voor sy deur vir hom gebid het, ons weet dat die pyn en smart wat dr Verwoerd gedurende daardie donker dae verduur het, menslik gesproke soms ondraaglik was. Maar wat ons ook weet, is dat hy dit met merkwaardige dapperheid, met ongekende geduld en met 'n wonderbaarlike geloofsvertroue gedra het.

Vir hom was hierdie gebeurtenis maar net 'n hoofstuk in 'n boek, 'n voorval in 'n drama, 'n probleem wat daar op sy weg gelê is en, nou ja, probleme is daar om opgelos te word!

Toe hy en mevrou, kort na Doktor se ontslag uit die hospitaal, ons een aand tuis besoek en die gesprek onwillekeurig oor die gebeure die dag in Johannesburg gaan, wou my vrou weet wat sy gewaarwordinge was toe hy in die bek van die pistool vasgekyk het.

"O", was sy spontane reaksie, "ek het gedink: magtig, maar ek het mos nie nou lus om 'Cowboys' te speel nie..."

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 805 gaste aanlyn