Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die Boek van die lewe uithaal nie en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort. (Openbaring 3:5)
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (14)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
The total collapse of ESKOM (electricity supply).
-Genl Roland de Vries
*
You have enemies? Good. That means you’ve stood up for something, sometime in your life.
-Winston Churchill
*
“Dis vreemd hoe die weg van minste weerstand, ruggraatloosheid en kortsigtigheid jou kan inhaal en van agter byt.”
“Ek kan aan ‘n paar gevalle dink waar dit sekerlik die waarheid sou wees, die bekendste een waar Julius Caesar sy senaat vertrou het en veral sy vriend, Brutus, en hulle hom uiteindelik letterlik in die rug gesteek het.”
“Netso. Maar die een waaraan ek dink is baie meer onlangs.”
“Vertel!”
“Dink ‘n bietjie daaraan. Die ANC het nooit in ‘n konvensionele oorlog met die SAW kragte gemeet nie. Hulle het bomme geplant, landmyne en ander lafhartige goed wat die burgerlike gemeenskap geteiken het. Daarby het hulle onluste gestook en sodoende hulle merk gemaak.
“In Julie 2021 het die hof beveel dat Jacob Zuma vyftien maande se tronkstraf moet uitdien. Net nadat hy gearresteer is, het die grootste en gewelddadigste onluste hierdie kant van 1994 uitgebreek. Cyril Ramaphosa het onmiddellik besef waaroor dit gaan, en Zuma is aanvanklik op mediese parool vrygelaat, maar daarna, toe die hof bepaal het Arthur Frazer het onregmatig opgetree en Zuma moet teruggaan tronk toe, het Ramaphosa gesê die tronke is te vol en het meer as nege duisend gevangenes vrygelaat, onder andere, en spesifiek Zuma, om verdere onluste te verhoed.”
“Ek onthou, maar ek verstaan nie jou punt nie.”
“Toe die hof moes besluit of Zuma en sy uMkhonto we Sizwe party mag voortgaan om Zuma se gesig as hulle plakkaatman te vertoon en hom selfs toe te laat om as parlementslid en miskien inderdaad as president te staan, het sy regspan aangevoer dat hy soort van begenadig is en het net ‘n paar weke in die gevangenis deurgebring. Toe hy sien dat dit moeilikheid gaan bring, is die Verkiesingskommissie hof toe gesleep in ‘n desperate poging om dit te keer.”
“En nou het die MK-party hulle stemme verdeel en in werklikheid die ANC onberekenbare skade aangedoen?”
“Ja. Slapgeit sal jou altyd inhaal. Vra maar vir FW, Roelf, Pik, Leon en andere.”
*
Enige plan het letterlik op en afdraendes, gelyk plekke en hindernisse. Dullstroom is net sowat 380 kilometer ver, en onder normale omstandighede sou die rit minder as vyf ure neem. Die omstandighede is tans baie ver van normaal af, met swerwende mense, opgekapte teerpaaie – wat in elk geval al besig was om uitmekaar te val – uitgebrande voertuie wat in dwarste en soms reguit, maar teen mekaar in rye op die pad staan, lokvalle wat vir niks- of minder-vemoedende reisigers wag, moordbendes wat begin groepeer en natuurlik die oorblyfsels van die uniformmagte wat in werklikheid ontaard het in roofbendes.
Rob, Bert en hulle kinders het besluit om eerder te bly waar daar relatiewe veiligheid naby die berg is. Dit laat vir Skeer, Ezra, ook bekend as “Kleinskeer”, Arno en Maya, wat die rit aanpak. Vir alle praktiese doeleindes kan hulle op ‘n sogenaamde “wild goose chase” wees, maar soos Arno lakonies opmerk:
“Al wat ons gaan mors is tyd en diesel.”
En, wat hy nie noem nie, natuurlik ook, indien dit nodig sou raak, ammunisie.
Dis nog koud as hulle vroegoggend vertrek. Arno en Maya ry met ‘n kort FJ Land Cruiser en Skeer met die Land Rover. Die enigste verskil is dat Arno hierdie keer self bestuur. Langs hom sit Maya Pentz, voormalige spesmagtelid. Sy is, net soos hy, in kamoefeerdrag geklee, en haar “ghilliepak” in een van die trommels agter-op gebêre.
Arno en Maya ry in die ou Land Cruiser, wat relatief standaard is, behalwe vir die aanbring van skyfremme en in pleks van die ouer 2H-enjin, is dit toegerus met ‘n nuwer 1HZ 4,2 liter dieselenjin en vyfspoed ratkas. Elkeen van die vier het hulle eie wapens, waarmee hulle gemaklik is.
Uiteraard vermy hulle die hoofroetes, dit wil sê die N1, die verbypad na Potgietersrus, asook die nabygeleë paaie. Waar moontlik ry hulle op verlate tersiêre paaie, plaaspaaie en hier en daar moet hulle selfs deur die veld ry.
Maya is intelligent, belese en het insig in ‘n wye spektrum onderwerpe. Arno, ‘n filosoof en diep denker, geniet haar geselskap terdeë. Onvermydelik begin hulle praat oor politiek, nie net die plaaslike nie, maar selfs oor wêreldwye gebeure. Alhoewel Maya min formele opleiding in Wysbegeerte het, is daar ‘n ouwêreldse wysheid wat sy aan die dag lê.
“Ek dink die hoofprobleem waarmee ons te kampe gehad het, en sal hê, totdat die aarde homself met behulp van die mensdom uitgewis het, is integrasie. Ek het navorsing gedoen oor die ontstaan van volke en rasse en, alhoewel daar nog nie werklik meer gedoen is as bloot die vernis gekrap nie, is dit na my mening een van die fundamentele kwessies waarmee ons te kampe gaan hê vir die afsienbare tyd,” sê Arno.
“Jy vergeet dat feitlik al die opgetekende oorloë die afgelope paar honderd jaar plaasgevind het tussen mense van dieselfde ras. In Europa het Kaukasiër teen Europiër geveg, die Amerikaners in hulle vryheidsoorlog teen hulle ewe wit Engelse broers, en later teen mekaar en hier in Suid-Afrika die Zulu’s onder leiding van Chaka teen al wat swart stam was, en selfs gedurende die onluste van die laat tagtigs en vroeë negentigs steeds etniese groepe teen mekaar. So, ras is nie altyd die faktor nie.”
“Ek verstaan wat jy sê, maar die afgelope jare het rasseverskille al meer en indringender geword. Daar is ook nie net verskille wat pla nie, maar ‘n groot stuk nydigheid en naywer, noem dit jaloesie as jy wil.”
“Soos?”
Maya kyk na Arno en besef dat daar diepte in sy insig is, wat sy al baie lank by manne mis.
“Dink maar aan ‘n man soos Michael Jackson. Hy was ‘n mooi, onskuldige jong swart seun, wat die wêreld se harte gesteel het toe hy oor ‘n rot gesing het.”
“Sy rot?”
“Ja, dit was ‘n bietjie voor jou tyd. Sy lied: ‘Ben’ het gegaan oor ‘n rot. Dit was nie deur hom geskryf nie, maar deur Don Black en nog iemand en was ‘n spin-off van ‘n fliek wat gehandel het oor ‘n rot wat doodmaak. Ek dink die fliek se naam was ‘Willard’ of so iets. Dis nie die punt nie. Jackson het gou gewild geraak en veral die jongmense – onthou dit was in 1972 en die Viëtnamoorlog was steeds aan die gang – het hom erg begin aanhang. Die roem was nie vir hom genoeg nie en hy was ongelukkig met sy voorkoms as jong, swart seun. Hy het miljoene dollars se operasies ondergaan om hom soos ‘n wit vrou te laat lyk. Daarna het die roem eweneens vir hom te veel geraak en teen die laaste jare van sy lewe het hy dwelms begin gebruik op te cope, die plastiese snykunde het begin uitmekaarval en sy gesig, in plaas van ‘n gebleikte vel, fyn neusie en dun lippies, het hy gelyk asof hy melaats is. Toe gaan hy dood. Uiteindelik het die owerhede bepaal dat hy gesterf het aan ‘n kombinasie van propofol, ‘n anestetikum, en ander verslappingsmiddels. Sy dokter is later skuldig bevind aan manslag, omdat hy vir Jackson gehelp het om te sterf. Hy was maar vyftig jaar oud.”
“Wat het dit te doen met ons huidige situasie?”
“Die antwoord wat ek jou gaan gee, sou my destyds my werk gekos het. Na 1994 het die swartmens in Suid-Afrika gedink dat geld en gelyke status voor die reg van hom ‘n witmens gaan maak. Ten spyte van al die geld, karre, huise, pruike, grimmering, vals wimpers, juwele en wat nie alles nie, het hy of sy soggens wakkergeword, in die spieël gekyk en gesien dat onder en ten spyte van alles, is dit maar net ‘n Afrikaan wat in die spieël terugkyk. Soos Michael Jackson se gesig uitmekaar geval het aan die einde, so het die hele land uitmekaar geval. Die ANC het versplinter in verskillende eendersdenkende partye, al die infrastruktuur het verkrummel, en uiteindelik, na alles oor was, het daar ook net ‘n Afrikaan in die spieël gestaan, sonder witmaakgoed.”
Maya is ‘n hele ruk stil, terwyl sy die woorde oordink.
“Dis eintlik flippen hartseer...”
*
Wanneer Lucille naby haar huis kom, uitgeput, geskok en verward, sien sy al ‘n straatblok ver dat nie net haar huis nie, maar al die wonings in die omgewing oorspoel is met mense. Hier en daar sal een van die geboue in vlamme begin opgaan, met rook wat eers by die deure en vensters uitpeul, maar later ook yl wolkies rook vorm uit die dak, voordat dit inplof en die vlamme hoog bokant die mure uitslaan.
Sy weet nie hoe lank sy besluiteloos en deurdrenk met hartseer, skok en verwarring gestaan en kyk het nie, maar uiteindelik besef sy dat sy nie kan terugkeer na haar ou lewe nie. Binne ‘n paar ure is alles wat sy gekoester en bemin het, van haar af weggeneem en sy is nie net alleen nie, maar sonder kos, behoorlike klere, heenkome en die ergste van alles, sonder haar mense. Sy oorweeg dit om tussen die geweldadige skare in te loop en haar oor te gee aan ‘n welkome, maar aaklige dood.
“Hoe kon dit gebeur? Ek het dan geglo...”
Sy ervaar nie meer die veg of vlug reaksie van soveel mense nie, maar is eerder geskeur tussen hartseer en woede. Woede word uiteindelik die grootste emosie, wat geleidelik oorgaan in die soeke na vergelding. Wat sy ervaar is die emosie van ‘n groot deel van die bevolking. Hare het net laat – té laat – gekom.