NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Op die lughawe van Bangkok staan daar in groot letters geskryf: “Welkom in Thailand, die land waar elke mens ‘n glimlag dra!” Dis wat ‘n gelukkige mens moet doen – ‘n glimlag dra.  Sonder ‘n glimlag is jy nooit volledig geklee nie.

BROKKIES GESKIEDENIS (17)

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

OP WEG NA APARTHEID

”Apartheid beskerm en beveilig elke ras se karakter en toekoms binne sy eie gebied en gun aan elkeen ‘n eie tuiste en volle geleentheid om te ontwikkel; apartheid verseker aan almal die reg van selfhandhawing en selfbeskikking".

Voor die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die vernaamste Geallieerde nasies besluit om ‘n wêreldorganisasie te stig wat internasionale geskille uit die weg moes ruim en die vrede te bewaar: die Verenigde Nasies. Genl. Smuts het 'n deurslaggewende rol gespeel in die formulering van die aanhef van die VN se Universele Verklaring van Menseregte.

Dit was ietwat ironies dat sy land in die eerste VN-sitting in 1946 kwaai gekritiseer is.

Die Indiese  regering het beweer dat die land teen Indiërs diskrimineer hoewel die regering beperkte  verteenwoordiging van Indiërs in die Parlement en Natalse provinsiale raad toegestaan het. Vergeefs het Smuts betoog dat die VN-grondwet die liggaam belet om in die binnelandse beleide van lidlande  in te meng. Buitendien was die kastestelsel van Indië deels gegrond op stam en ras; ook godsdiens, taal, territoriale skeiding en aard van werk, of kombinasies daarvan; ingewkkelde verbodsbepalings het betrekking gehad op huwelike, maar ook op hoe voedsel voorberei en bedien is.

Die verhoudinge tussen wit en swart mense in Suid-Afrika het al hoe meer agteruitgegaan. Swart mense en Indiërs het gelyke regte met wit mense geëis. Smuts was teen algemene stemreg. Selfs in die suidelike state van die VSA het dit tot die 1960's geduur voordat die stemreg na mense uitgebrei is. Swartes het in die Tweede Wêreldoorlog na die stadsgebiede gestroom en die  plakkerskampe het 'n bron van onrus geword. Smuts het segregasie verwerp omdat die stroom swartes na die nywerhede nie gestuit kon word nie. Hy het 'n kommissie onder HA Fagan aangestel wat bevind het dat totale segregasie onuitvoerbaar is.

Ook die HNP het 'n kleurvraagstukke-kommissie aangestel onder voorsitterskap van die Kaapse  politlkus PO Sauer. Die siening van die Sauer-kommissie was dat daar net twee rigtings in Suid-Afrika is - dié van apartheid, of gelykstelling. Laasgenoemde moet lei tot die vernietiging van die wit mense as selfstandige en selfregerende nasie. Gelykstelling sal op die duur vir die nasionale selfmoord en vir die ander groepe vernietiging van hul eie identiteit meebring. Apartheid beskerm en beveilig elke ras se karakter en toekoms binne sy eie gebied en gun aan elkeen ‘n eie tuiste en volle geleentheid om te ontwikkel; apartheid verseker aan almal "die reg van selfhandhawing en selfbeskikking".

Min mense het verwag dat die Nasionaliste op 26 Mei 1948 aan bewind sou kom. Die HNP het ‘n verkiesingsooreenkoms met die Afrikanerparty onder NC Havenga gesluit; in 1950 het die 2 partye geamalgameer onder die ou naam Nasionale Party. Baie kiesers was om ekonomiese redes asook sy onderdanigheid aan die Britse regering teen Smuts. Oud-soldate was ontevrede met nuwe werkkringe en lewensomstandighede. Daar was ontevredenheid oor woningtekorte. Die Natallers was ongelukkig oor die indringing van Indiërs. Afrikaners was gegrief oor die agtersteiling van Afrikaans deur die oorwegend Engelse regering. Die HNP en Afrikanerparty het 79 setels behaal  en die ander partye saam 71. Smuts is in sy kiesafdeling Standerton verslaan deur WC du Plessis, een van die amptenare wat uit die staatsdiens moes bedank nadat Smuts teen die Broederbond opgetree het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1512 gaste aanlyn