BROKKIES GESKIEDENIS (16)

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

OSSEWABRANDWAG en Stormjaers

Die blote feit dat die Britse koning genl. Jan Smuts in September 1941 tot veldmaarskalk benoem het, spreek boekdele. In die Engelssprekende wêreld was sy aansien groot want hy het teen sy eie mense gedraai in sy poging om Brittanje gewillig te wees. Smuts het selfs sover gegaan om die dood van boereleiers wat teen sy Britse onderdanigheid gerebbelleer het, te reël. Hy het 'n magtige man geword.

Die Parlement het in 1940 die Wet op Oorlogsmaatreëls aangeneem. Dit het die regering die mag verleen om heelparty belangrike dinge te doen sonder verlof van die parlement. Pryse van goedere en produkte is vasgestel, huurgelde vasgepen en oor die algemeen gesorg dat die lewe nie te veel ontwrig word nie.

Smuts se Afrikaner-teenstanders was smadelik verdeeld ná die kortstondige eenheid wat teenkanting teen die oorlogsbesluit gebring het. In November 1940 is as verenigde opposisieparty die Herenigde Nasionale of Volksparty (HNP) gestig, maar Hertzog het uitgetree omdat sy konsepgrondwet verwerp is. In Januarie 1941 het party van sy volgelinge die Afrikanerparty gestig met NC Havenga as leier, en ander weer die Nuwe Orde, 'n nasionaal-sosialistiese groep onder adv. Oswald Pirow.

Ewe erg was die bitterheid tussen die HNP en die Ossewa-Brandwag (OB). Laasgenoemde het as 'n kultuurorganisasie begin. 'n Besluit om iets soos die OB te stig, is vroeg in November 1938 in Bloemfontein geneem deur 'n stuk of vyftien mense, onder wie predikante en UKOVS-akademici (wat later bedank het daaruit). Op 4 Februarie 1939 is die OB onder groot geheimhouding formeel in Bloemfontein gestig - in die konsistorie van die Tweetoringkerk! Kol. JCC Laas was kommandant-generaal. Hy was 'n mislukking as leier, en is op 1 Januarie 1941 opgevolg deur dr. Hans van Rensburg wat as administrateur van die Vrystaat bedank het. Die OB het tot in 1941 die geesdriftige steun van tienduisende Afrikaners gekry.

Van Rensburg was egter Nazi-gesind, en volgens hom was die demokrasie volkome uitgedien. Hy kon openlike voorstanders van die demokrasie nie duld nie, veral as hulle leidende posisies in die HNP beklee het. So is CR Swart, leier van die Vrystaatse HNP, in Januarie 1941 uit die OB se "Grootraad" gestoot. Van Rensburg was oortuig dat die OB die Afrikaners moes losmaak van die demokrasie. Die HNP, 'n demokratiese party, moes vernietig word, 'n Bittere stryd het dus in 1941 tussen die HNP en die OB losgebrand. Talle het die OB verlaat.

Die verdeeldheid is vergroot nadat die OB se aktivistiese vleuel, die Stormjaers, begin optree het. Dié het omstreeks Augustus 1940 tot stand gekom. Hul doel was om soveel soldate as moontlik in die land besig te hou sodat Afrikanerbloed nie vir Brittanje vergiet word nie. In die nag van 28 op 29 Januarie 1942 het Stormjaers telefoon- en kraglyne aan die Witwatersrand en in Oos- en Wes-Transvaal, Vrystaat en Noord-Kaapland gesaboteer. Dr. Malan en die HNP het hulle van die OB as "boewe-organisasie" gedistansieer. Die Stormjaers het soms hardhandig opgetree teen mense wat verraad sou gepleeg het. FE Mentz, 'n HNP-Volksraadslid, is in Julie 1944 ontvoer en wreed aangerand Ook is probeer om dr. HF Verwoerd, redakteur van die HNP-spreekbuis Die Transvaler, wat sterk teen die OB was, te ontvoer en met hom af te reken. Hy kon gelukkig wegkom.

BROKKIES GESKIEDENIS (16)

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

OSSEWABRANDWAG en Stormjaers

Die blote feit dat die Britse koning genl. Jan Smuts in September 1941 tot veldmaarskalk benoem het, spreek boekdele. In die Engelssprekende wêreld was sy aansien groot want hy het teen sy eie mense gedraai in sy gewilligheid om Brittanje gewillig te wees. Smuts het selfs sover gegaan om die dood van ons boereleiers wat teen sy Britse onderdanigheid gerebbelleer het, te reël. Hy het 'n magtige man geword.