NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, HERE. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring.

BROKKIES GESKIEDENIS (10)

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

DAPPER VROUE VAN DIE LEIERS

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 – 1902 het talle vroue daarin geslaag om uit die hande van die Engelse te bly. Hulle het van plek tot plek gevlug, geskuil in grotte, soms tydelik weggekruip in erdvark- of ander gate wat hulle of hul mans groter uitgegrawe het en 'n hele paar op 'n eiland in die Vaalrivier.

Onder die vlugtendes was die eggenote van genl. Koos de la Rey. In die laaste agtien maande van die oorlog het sy saam met ses kinders en 'n paar swart mense met 'n wa van die een plek na die ander gevlug in die Lichtenburg-omgewing. Behalwe eetware, klere en komberse het sy aanvanklik 'n hok vol hoenders saamgeneem.

Mev. Nonnie de la Rey vertel:

"As ek my tent onder koel bome kon opslaan, en die vloer met groen gras kon uitlê, dan het ek heeltemal gelukkig en tevrede gevoel, en menigmaal het ek gewens, wanneer ek by so 'n aangename plek gekom het, dat ek daar 'n geruime tyd mag woon. Soms het dit my tog geluk om 'n week of 'n paar dae daar te bly, maar as die kakies nader kom, dan moes ons maar weer die tent optrek en wegvlug. Meer dan eens het dit gebeur dat ons tot in die middernag moes vlug, en as ons uitspan, is dit so stikdonker dat 'n mens g'n hand voor die oe kon sien nie."

Nadat mev. Nelie de Wet, eggenote van die generaal, sewe maande rondgevlug het, het die Engelse haar in die distrik Vredefort vasgekeer. Sy het geweier om saam met hulle te gaan omdat haar kinders siek was. Engelse offisiere het haar probeer beweeg om na haar man se kommando te gaan en hom om te praat om die wapens neer te lê. Hulle het haar £10 000 as beloning gewaarborg. Sy het geantwoord dat sy nooit so iets gemeens sou doen nie, en liewer saam met haar kinders agter 'n doringboom sou gaan sit as "om van die bloed van die martelare, wat reeds gesneuwel het, vir my 'n skans te maak". Later is sy weer gevang en is na 'n kamp in Pietermaritzburg gestuur. Sy is in 'n seilpondok ingestop waarin 'n vrou die vorige dag aan koors dood is. Hensoppers, wat wagte by die kamp was, het smalend uitgeroep: "Laat ons De Wet se vrou en kinders daar instop dat hulle soos honde kan vrekl"

Die verfynde en blymoedige mev. Tibbie Steyn het botweg geweier om na Europa uit te wyk en is saam met die President toe die Engelse Bloemfontein nader. Saam met hom is sy na die dorpies waar die regering telkens gesetel was. Op 14 Julie 1900 het sy haar man op Fouriesburg gegroet en is op 27 Julie gevang. Sy het 'n versoek van It.genl. A Hunter geweier om haar invloed te gebruik om die oorlog tot 'n spoedige einde te laat kom.

Die owerheid het haar verbied om op Onze Rust te woon, en sy moes in 'n huis aan die rand van die stad (die huidige Zastronstraat 103) bly waar sy vyf jong kinders moes versorg. Die huis is steeds bewaak en wagte het haar orals heen vergesel. Vir alles was passe en permitte nodig, en haar kinders is selfs nie toegelaat om met 'n fiets te ry nie. Toe Bloemfontein 'n konsentrasiekamp kry, is sy nie toegelaat om dit te besoek nie, later wel die kamphospitaal. Haar geld is gekonfiskeer, sogenaamd omdat sy daarvan verdink is dat dit staatsgeld is, en is eers na maande terugbesorg. Telkens het sy geweier om die President te oorreed om die stryd te staak. Tussen haar en 'n deel van haar familie Fraser het daar 'n groot kloof ontstaan. Haar niggies, dogters van sir John Fraser, het haar selfs na die oorlog geïgnoreer as hulle mekaar op straat teëkom. Dit alles het sy verdra met waardigheid en 'n belangrike rol in die volkslewe gespeel as geliefde openbare figuur.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1432 gaste aanlyn