NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Almal is nie in staat om hul denke en emosies in die regte rigting te stuur nie. Dit kan jou eie broer wees en is hy dalk vir jou as logiese denker 'n voortdurende probleem. Soos die Here in Deut 15:7 – 10 sê dat jy vir jou arm broer moet sorg, moet jy ook in hierdie behoefte van hom voorsien sodat dit nie sonde in jóu word nie en die Here jou in al jou werk sal seën. Die dae wanneer dit moeilik vir jou word, onthou dan dat jy self arm en naak met 'n geweldige skuldlas voor die Here gestaan het; maar Hý het jou vergewe, geklee met liefde – jy is dit ook aan jou broer verskuldig.

BROKKIES GESKIEDENIS (9)

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

“ONS moet veg tot die bittere einde"

Genl. Smuts het destyds aan die Vrystaat laat weet dis beter om die oorlog te laat ophou en oor vyftien of twintig jaar die stryd te hervat. Steyn was, met sy eie woorde, "diep verontwaardigd en bitter teleurgesteld". Hy het op 15 Mei die Transvaalse bewering verwerp dat die regering en die offisiere die oorlog sou voortsit, maar dat die volk sou oorgee. In die Vrystaat kon die regering en die offisiere oorgee, maar die volk sou dit nie doen nie. Dit sou 'n ramp vir ons nasionale bestaan wees indien die Vrystaat wat sy goed en bloed, maar ook sy vryheid vir Transvaal opgeoffer het, in die steek gelaat word. Dit sou die einde meebring van alle vertroue of Afrikanersamewerking. Aan Smuts het Steyn geskryf dat hy nie saamstem dat die volk na oorgawe weer in opstand sal kom nie. "Indien ons ons onafhanklikheid wil behou, moet ons veg tot die bittere einde, want as daar eenmaal vrede is, sal die burgers nie weer oorlog wil maak nie." As die republieke die Kaapse rebelle in die steek laat, sal dit die nekslag vir die Afrikanervolk wees.

Steyn het gemeen dis noodsaaklik om weer met Transvaal te praat. Hy is gesteun deur onversetlike manne: genls. Koos de la Rey uit Wes-Transvaal en De Wet en Hertzog uit die Vrystaat. Teenoor hulle het gestaan Botha, Burger, Smuts en NJ de Wet. Die byeenkoms op Waterval, distrik Standerton, was op 19 en 20 Junie 1901. Daar het die bittereinders geseëvier.

Albei republikeinse regerings het ná die Waterval-beraad 'n proklamasie uitgevaardig oor hul besluit om die oorlog voort te sit. Ongelukkig het die Engelse op 10 Julie, toe pres. Steyn op Reitz ontsnap het, besiag gelê op die president se korrespondensie. Hulle het die Transvaalse brief van 10 Mei versprei. Kitchener het ook op 6 en 7 Augustus 1901 'n proklamasie aan die vegtende burgers uitgereik. Aan kommandante en ander voormanne van "gewapende bendes" is bekend gemaak dat hulle, tensy hulle voor 15 September kapituleer, vir altyd uit Suid-Afrika verban en hul eiendom gekonfiskeer sal word vir die onderhoud van hul gesinne. Die brief van die Transvaalse regering het die burgers verbitterd gemaak.

Maar die publikasie van die brief en Kitchener se proklamasie het Botha en Burger gedwing om afwysend daarop te reageer. Ook De la Rey en die Vrystaatse leiers het kragtig daarteen standpunt ingeneem. Steyn het op 15 Augustus in 'n lang brief aan Kitchener verklaar: "Ons land is geruïneer, ons huise en haarde verniel, ons vee weggevoer of by duisende doodgeslaan, ons vroue en kinders deur die troepe en gewapende swartes gevang, beledig en weggeneem, en baie honderde het reeds hul lewe opgeoffer vir die vryheid van hul vaderland. Sal ons dan ontrou kan word aan die honderde gedodes en gevangenes wat, terwyl hulle op ons standvastigheid vertrou het, hul lewe en vryheid veil gehad het vir die vaderland, of ontrou in ons geloof op 'n Regverdige God, wat ons so wonderbaarlik tot nog toe in stand gehou het? Ek is oortuig dat as ons so iets sou doen, ons nie alleen deur U, Eksellensie, en enige ander eerlike man, maar ook deur onsself verag sal word."

BROKKIES GESKIEDENIS (9)

Lees reeks by Brokkies Geskiedenis

“ONS moet veg tot die bittere einde"

Genl. Smuts het aan die Vrystaat laat weet dis beter om die oorlog te laat ophou en oor vyftien of twintig jaar die stryd te hervat. Steyn was, met sy eie woorde, "diep verontwaardigd en bitter teleurgesteld". Hy het op 15 Mei die Transvaalse bewering verwerp dat die regering en die offisiere die oorlog sou voortsit, maar dat die volk sou oorgee. In die Vrystaat kon die regering en die offisiere oorgee, maar die volk sou dit nie doen nie. Dit sou 'n ramp vir ons nasionale bestaan wees indien die Vrystaat wat sy goed en bloed, maar ook sy vryheid vir Transvaal opgeoffer het, in die steek gelaat word. Dit sou die einde meebring van alle vertroue of Afrikanersamewerking. Aan Smuts het Steyn geskryf dat hy nie saamstem dat die volk na oorgawe weer in opstand sal kom nie. "Indien ons ons onafhanklikheid wil behou, moet ons veg tot die bittere einde, want as daar eenmaal vrede is, sal die burgers nie weer oorlog wil maak nie." As die republieke die Kaapse rebelle in die steek laat, sal dit die nekslag vir die Afrikanervolk wees.

Steyn het gemeen dis noodsaaklik om weer met Transvaal te praat. Hy is gesteun deur onversetlike manne: genls. Koos de la Rey uit Wes-Transvaal en De Wet en Hertzog uit die Vrystaat. Teenoor hulle het gestaan Botha, Burger, Smuts en NJ de Wet. Die byeenkoms op Waterval, distrik Standerton, was op 19 en 20 Junie 1901. Daar het die bittereinders geseëvier.

Albei republikeinse regerings het ná die Waterval-beraad 'n proklamasie uitgevaardig oor hul besluit om die oorlog voort te sit. Ongelukkig het die Engelse op 10 Julie, toe pres. Steyn op Reitz ontsnap het, besiag gelê op die president se korrespondensie. Hulle het die Transvaalse brief van 10 Mei versprei. Kitchener het ook op 6 en 7 Augustus 1901 'n proklamasie aan die vegtende burgers uitgereik. Aan kommandante en ander voormanne van "gewapende bendes" is bekend gemaak dat hulle, tensy hulle voor 15 September kapituleer, vir altyd uit Suid-Afrika verban en hul eiendom gekonfiskeer sal word vir die onderhoud van hul gesinne. Die brief van die Transvaalse regering het die burgers verbitterd gemaak.

Maar die publikasie van die brief en Kitchener se proklamasie het Botha en Burger gedwing om afwysend daarop te reageer. Ook De la Rey en die Vrystaatse leiers het kragtig daarteen standpunt ingeneem. Steyn het op 15 Augustus in 'n lang brief aan Kitchener verklaar: "Ons land is geruïneer, ons huise en haarde verniel, ons vee weggevoer of by duisende doodgeslaan, ons vroue en kinders deur die troepe en gewapende swartes gevang, beledig en weggeneem, en baie honderde het reeds hul lewe opgeoffer vir die vryheid van hul vaderland. Sal ons dan ontrou kan word aan die honderde gedodes en gevangenes wat, terwyl hulle op ons standvastigheid vertrou het, hul lewe en vryheid veil gehad het vir die vaderland, of ontrou in ons geloof op 'n Regverdige God, wat ons so wonderbaarlik tot nog toe in stand gehou het? Ek is oortuig dat as ons so iets sou doen, ons nie alleen deur U, Eksellensie, en enige ander eerlike man, maar ook deur onsself verag sal word."


Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1125 gaste aanlyn