HET JY GEWEET?

Die geforseerde ophef wat van die Koronavirus se aantal sterftes gemaak word kan ons verstaan want ons weet wat die beweegrede van die wêreldgeldmagte daartoe is – méér geld en totale beheer deur die Een Wêreldregering waarin die individu geen sê oor sy eiendom en lewe sal hê nie.

Ons glo dat die syfers so eerlik as moontlik weergegee word, al is dit nog laer as talle griepvirusse wat ons gereeld tref maar waaroor nooit enige bohaai gemaak word nie.

Wat die verstand egter te bowe gaan, is dat die mens self elke dag talle meer mense laat sterf as wat die virus kan doen. En nou praat ons van aborsies. Maar vóór ons die syfers vergelyk moet ons dalk net gou die ewige argument naamlik of aborsie moord is of nie, uit die weg ruim.

  • Het jy geweet die oomblik wat’n vrou en ‘n man met die daad besig is kry die baba alreeds sy/haar samestelling van die kleur van sy/haar oë, sy/haar hare, en die lengte wat die baba eendag gaan wees? Dus, die oomblik wat bevrugting plaasvind is daar reeds deur God ‘n unieke mens geskape.
  • Het jy geweet op 18-25 dae na bevrugting begin die hart te klop? Wanneer ‘n volwassene se hart ophou klop word hy dood verklaar - die teenoorgestelde is ook waar: wanneer daar hartklop is, is daar  lewe.
  • Het jy geweet op 3 weke ontwikkel die baba se oë, die rugstring, die senuweestelsel, die longe en die maag en ‘n maand daarna begin die maag se binnegoed reeds te werk?
  • Het jy geweet op 42 dae begin die skelet vorm en toon die baba reeds tekens van reflekse? In die mediese wêreld word gesê as daar op 43 dae geen breinfunksie is nie word jy ook dood verklaar, maar ‘n baba het alreeds op 43 dae breinfunksie wat werk.
  • Het jy geweet op 8 weke is die liggaamlike sisteem gevorm en ‘n maand later begin dit al te funksioneer? Dan begin die baba bv om te hik, sy duim te suig en slaap hy/sy en word wakker – normale menslike funksies.
  • Het jy geweet op 9 weke het die unieke mens al sy/haar eie unieke vingerafdrukke?
  • Het jy geweet tussen 11-12 weke funksioneer die hele liggaam en is die baba reeds sensitief vir lig, hitte en geluide? Hy/sy weeg dan sowat 28 gram en is tussen 6-7.5 cm lank.

Ons vra hierdie vrae deur telkens met Het jy geweet te begin sodat jy die erns van die saak kan ervaar. En as jy dit alles reeds geweet het en steeds aborsie voorstaan, moet jy weet dat jy moord goedkeur en dus nie simpatie met Korona-sterftes hoef te toon nie.

Om na die sterftesyfers terug te keer: vir diegene wat wel deur die Koronavirus se aantal sterftes geskok is, vergelyk self die aantal sterftes dmv aborsie met dié van Covid-19:

  • Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie het daar in totaal tot op datum sowat 106 000 mense dwarsoor die wêreld aan Covid-19 gesterf. Deel dit deur die aantal dae vanaf begin Januarie en dit bring ons by ‘n sterftesyfer van bykans 930 mense per dag.
  • Daar word wêreldwyd ongeveer 56 miljoen veilige aborsies (in hospitale) en 25 miljoen onveilige aborsies (deur kwakke) per jaar gedoen. Saam beloop dit 81 000 000. Deel dit deur 12 maande, dan deur 30 dae en jy sien daar word elke dag in hierdie siek wêreld 225 000 volwaardige mensies in hulle ma se baarmoeder vermoor.
  • Daarby sterf sowat 9 000 van die ma’s wat onveilige aborsies ondergaan, per dag. Dit gee alles saam 234 000 sterftes per dag net aan aborsie.
  • Aborsie-sterftes 234 000 per dag versus Covid-19 se 930 sterftes per dag.

Waarom die groot bohaai oor Covid-19 terwyl ons niks sê oor aborsiemoord nie?

Moenie toelaat dat die media u heeltyd opwerk met hul klemlê op die “verskriklike hoë” sterftesyfer deur Covid-19 nie. Hulle word aangesê om dit so te hanteer en daarmee die vrees vir die virus lewendig te hou – waarin hulle sover klaarblyklik slaag.

Die geheime agenda agter Covid-19 sal eendag duideliker word wanneer dit hopelik nie reeds te laat vir Suid-Afrika sal wees en ons geheel en al ons vryheid aan die sataniese Een Wêreldorde prysgegee het nie!