NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Christene het groot rede om altyd vol vreugde en blydskap te wees. Ons het sedert die uitstorting van die Heilige Gees die Here altyd by ons, en daarby kan ons met vreugde uitsien na die wederkoms van Christus. Dit is onvanpas vir jou as Christen om beswaard deur die lewe te gaan.

DUITSE WESIES (5)

'GERMAANSE VOLK OP DIE VOORPOS' STAAN BY DUITSERS IN OORLOG

(Lees reeks by Duitse weeskinders 1948 )

Werner (Shellack) van der Merwe

" Die Duitsers het ook gepoog om met behulp van Robey Leibbrandt (die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokser) vir Smuts om die lewe te bring (Operasie Weissdorn)".

Hoewel die Duitsers steeds daarmee rekening gehou het dat Suid-Afrika aan Britse kant teen Duitsland sou oorlog verklaar, was die Nazi-leiers nietemin bewus van die sterk pro-Duitse sentiment onder die Afrikaners. Gevolglik wou hulle hierdie sentiment aanblaas om sodoende die wêreld vir genl Smuts moeilik te maak. Hul taak is aansienlik vergemaklik omdat bewegings soos die Gryshemde en die OB reeds vurige vriende van Duitsland was.

Na die uitbreek van die oorlog het die Duitsers, in samewerking met die OB, dade van sabotasie en terreur teen die Smuts-bewind beplan in die hoop om die regering in Suid-Afrika tot 'n val te bring en daarna 'n pro-Duitse bewind aan die mag te plaas. In 'n sekere sin was die OB die handlanger van Duitsland se uitbreidingstrewe in Suidelike Afrika en veral in die Duitsers se begeerte om weer Duitswes te herower. Die regering was verplig om talle lede van die OB in interneringskampe te plaas.

 Die Duitsers het ook gepoog om met behulp van Robey Leibbrandt (die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokser) vir Smuts om die lewe te bring (Operasie Weissdorn), maar dit het op 'n grootskaalse fiasko uitgeloop.

Dit was egter op die propagandaterrein waar die Duitsers hul grootste welslae teen die Smuts-bewind behaal het. Nazi-Duitsland het oor een van die mees gedugte propagandamasjiene van die 20e eeu beskik, en die hoof van die propagandadiens, dr Joseph Goebbels, het daarin geslaag om vir Duitsland talle vriende in die buiteland te wen. Een van die uitvloeisels van hegter Afrikaans-Duitse betrekkinge was juis die behoefte om ook oor die Duitse kortgolfsender, Zeesen, programme in Afrikaans na Suid-Afrika uit te saai. Vanaf November 1936 het Zeesen reeds op 'n gereelde basis Afrikaanse programme uitgesaai.

Teen 1939 was Zeesen egter 'n suiwer propaganda-instrument in die hande van die Nazi's. Die Duitsers het presies geweet hoe om die Afrikaner se diepste sentimente aan te spreek.  Zeesen het in sy uitsendings 'n baie sterk anti-Britse koers ingeslaan en die Britte is tereg voorgehou as 'landrowers en moordenaars van duisende vroue en kinders in konsentrasiekampe'. Die Smuts-bewind was 'n blote 'handlanger van Britse imperialisme'. Maar Zeesen se sterkste aanklank by die Afrikaners was ongetwyfeld die feit dat Duitsland Afrikaners belowe het dat, sodra hy die oorlog gewen het, die ou Boererepublieke onder die magtige beskerming van Hitler se Derde Ryk herstel sou word. In afwagting op daardie heuglike dag het Zeesen al van die Afrikaners begin praat as die 'Germaanse volk op die voorpos' van die nuwe Duitse wêreldorde.

Om nog meer gewig aan die uitsendings van Zeesen te verleen, is daar besluit om Afrikaners vir die uitsendings te werf. In 1939 byvoorbeeld, het Eric Holm, (hy was van Duitse afkoms) die hoof van die Afrikaanse uitsending geword. Holm is later deur nog drie Afrikaners bygestaan. Onder sy leiding is daar noukeurig sorg gedra dat die Afrikaanse uitsendings in die korrekte idioom uitgesaai word. Die Afrikaners se gebruik om ouer persone as 'oom' en  'tannie' aan te spreek, is byvoorbeeld streng eerbiedig.

Wanneer dit in gedagte gehou word dat nagenoeg 300 000 Blanke Suid-Afrikaners, waarvan 'n aansienlik persentasie Afrikaners was, teen 1940 oor 'n radiolisensie beskik het, kan dit aanvaar word dat Zeesen grootliks in sy doel geslaag het. Baie Afrikaners het net na Zeesen geluister en is derhalwe heeltemal deur die Duitse propaganda meegesleur.  Die stigterslede van die DKF wat almal OB- en Nuwe Orde-lede was, was onder die getrouste luisteraars van Zeesen.

Net hoe sterk die Afrikaners in die Duitse wentelbaan beland het, spreek duidelik uit dr Malan se gesindheid teenoor die Engelse toe Brittanje in 1940 verbete teen Duitsland geveg het (die Slag om Brittanje). Ten einde aan die Duitse bomaanvalle te ontkom het die Britse regering al die Statebondslande (dus ook Suid-Afrika) versoek om tydelik aan Britse kinders herberg te verleen. Die Unie-bewind was bereid om van hierdie Engelse kinders te neem maar Malan het baie sterk teen die hele gedagte te velde getrek en aangevoer dat dit bloot 'n versluierde poging van die Britte was om hul invloed in Suid-Afrika verder te verstewig.

Namate die oorlogsgety teen Duitsland begin draai het, het die invloed van die sterk pro-Duitse bewegings (veral die Gryshemde, die Ossewa-Brandwag en die Nuwe Orde) weliswaar begin afneem, maar nog het duisende Afrikaners nie hul rug op Duitsland gekeer nie. Selfs in die laaste dae van Hitler se Derde Ryk het dr Goebbels die Boere oortuig dat Duitsland se ondergang ' 'n trotse Ariese volk' vernietig het en dat die deure vir die 'Bolsjewistiese barbare uit die Ooste' (Rusland) geopen is.

Die uiteindelike ondergang van Duitsland (Mei 1945) was derhalwe vir baie Afrikaners sowel 'n groot skok as 'n tragedie. Hulle het genl  Smuts vir die ondergang van die Duitse volk verantwoordelik gehou en aangevoer dat Suid-Afrika slegs gehelp het om die 'kommunisme tot in die hart van Europa te versprei'. Vir die Afrikaners was juis die kommunisme met sy slagspreuk van rassegelykheid die grootste bedreiging vir die toekoms van die Afrikaners as 'n selfstandige 'Blanke volk' op 'n Swart vasteland.

Dit verbaas dus nie dat die nasionaalgesinde Afrikaanse pers (veral  Die Transvaler en Die Burger) die ondergang van Duitsland aan sy lesers as 'n geweldige katastrofe voorgehou het. Sodoende is daar nog meer meegevoel vir die Duitsers en Duitsland gewek. Toe dit met groot vertoon bekend gemaak word dat die Duitsers gedurende die oorlog sogenaamd miljoene Jode sistematies in gaskamers om die lewe gebring het (die Holocaust) het die Afrikaanse pers dit eenvoudig as geallieerde propaganda teen 'n verslane Duitsland afgemaak. In die gevalle waar die getuienis van die Duitse gruweldade te oorweldigend was het die Afrikaanse koerante gewoonlik Duitsland se skuld probeer versag deur sy lesers daaraan te herinner dat die Britte nie juis méér menslik opgetree het teen die duisende Boerevroue en –kinders in die konsentrasiekampe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog nie. Die Afrikaners het eenvoudig geweier om die berigte van die Holocaust te glo en net meegevoel getoon met die onregverdige behandeling wat die Duitse volk van sy oorwinnaars ontvang het.

Selfs die Afrikaanse kerke se meegevoel was deur en deur by die Duitsers en hulle Nazi-leiers. So byvoorbeeld, het die Sinodale Kommissie van die NG Kerk in Oktober 1946 vir Smuts versoek om sy invloed te gebruik om te verseker dat die vonnisse van die veroordeelde Nazi-leiers (die Neurenbergse verhore) versag word . Die stigterslede van die Dietse Kinderfonds was ook onder diegene wat bankvas aan Duitse kant bly staan het.

Volgende keer, onder meer 'n half miljoen Duitse kinders wie hulle ouers verloor het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1232 gaste aanlyn