NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In die Bybel word reg soos ons vandag in menseregte verstaan nooit as ’n hefboom gebruik om mag te verkry of ongeoorloofde beheer oor mense uit te oefen nie.   Dit het altyd met goddelike opdragte te doen.   Die mensdom moet voordeel uit die verpligtinge wat God se Woord hulle oplê, laat put.   Anders gestel: gehoorsaamheid aan God se Woord moet vir almal wat rustig wil leef, voordelig wees.

DUITSE WESIES (3)

DUITSERS EN AFRIKANERS VERSTEWIG BANDE

(Lees vorige aflewerings onder Duitse weeskinders 1948 )

Werner (Shellack) van der Merwe

In die jare na die Tweede Vryheidsoorlog was 'n pro-Duitse sentiment die keersy van 'n anti-Britse sentiment. In der waarheid wou die Afrikaners Duitse hulp inspan in hul stryd teen Brittanje. Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog (1914) het dit juis onderstreep. Die Britse oorlogsverklaring teen Duitsland (4 Augustus 1914) het die destydse Unie van Suid-Afrika as integrale deel van die Britse Ryk outomaties by die oorlog betrek. Die Suid-Afrikaanse regering onder aanvoering van genl Louis Botha, was bereid om Brittanje daadwerklik te steun en Suid-Afrikaanse troepe het  reeds in 1915 Duitswes-Afrika verower.

Toe die Unie-parlement egter besluit om Duitswes in te val, het 'n aansienlike groep Afrikaners onder die leiding van leiers tydens die Tweede Vryheidsoorlog, soos CR de Wet, JH de la Rey, CF Beyers en Manie Maritz in opstand teen die regeringsbesluit gekom. Genl Manie Maritz, bevelvoerder in die Noordwes-Kaap, het met ongeveer 1 000 man selfs die grens na Duitswes oorgesteek. Hy wou met behulp van die Duitsers die bewind van Botha omverwerp. In die Noordoos-Vrystaat en Wes-Transvaal het daar eweneens heftige gevegte tussen die opstandelinge (Rebelle) en die regeringsmagte uitgebreek. Nagenoeg 11 000 Afrikaners het teen hul land se oorlogspoging in opstand gekom. Aan die einde van 1914 het die regering weliswaar daarin geslaag om die sogenaamde Rebellie te onderdruk.

Omdat talle van die rebelle openlik met Duitsland gesimpatiseer het, het die Rebellie 'n sterk pro-Duitse inslag gehad. Vir baie Afrikaners was die plotselinge vyandskap met Duitsland ongevraagd. Hulle het nie vergeet hoe die Duitsers die Boere na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog gehelp het nie. Boonop het hierdie Afrikaners steeds Brittanje as die 'aartsvyand' beskou.

In die geskiedenis van die ontwikkeling van Afrikanernasionalisme was 1914 ook van groot betekenis vir die Afrikaner setoekomstige gesindheid teenoor Duitsland. In daardie jaar het die Boereleier, genl JBM Hertzog, in reaksie teen Botha en Smuts se beleid van versoening teenoor Brittanje, die Nasionale Party gestig. Hertzog wou aan die Afrikaners gelyke regte met die Engelssprekendes beding en hy wou die Unie van Suid-Afrika se soewereiniteit verseker.

Die Afrikaners wat by Hertzog en sy Nasionale Party aangesluit het, was sterk voorstanders van die herwinning van die onafhanklikheid van die eertydse Boererepublieke. Hulle wou 'n eie Afrikanerrepubliek stig en die republikeinse ideaal was 'n belangrike bestanddeel van Afrikanernasionalisme. In hul strewe om Britse voogdyskap te beëindig, het baie Afrikaners hul hoop op Duitsland gevestig.

Nadat Duitsland en sy bondgenote in 1918 verslaan is, het die oorwinnaars (Brittanje, Frankryk, die Verenigde State en hul bondgenote) in 1919 in die Franse hoofstad Parys ontmoet om met Duitsland en sy bondgenote vrede te sluit. Die Unie van Suid-Afrika is deur generaals Botha en Smuts verteenwoordig. Die president van die VSA, Woodrow Wilson, het 'n leidende rol op die vredeskonferensie gespeel. Vir Wilson was dit belangrik dat daar 'n regverdige vrede gesluit word. Gevolglik het hy 'n aantal beginsels neergelê wat 'n regverdige vrede sou verseker. Een daarvan was dat elke nasie, hoe klein ook al, die reg op soewereine beskikking gehad het.

Hertzog en die Afrikanernasionaliste het dié selfbeskikkingsreg van nasies vertolk as 'n geleentheid vir Suid-Afrika om van Britse oorheersing bevry te word. Met hierdie doel voor oë het 'n vryheidsdeputasie Parys in Mei 1919 besoek. Hulle het Brittanje versoek om op Wilson se beginsel van selfbeskikking aan Suid-Afrika sy volle onafhanklikheid terug te gee. Die arrogante Britte was egter nie bereid om hieraan uitvoering te gee nie en die deputasie moes onverrigter sake huiswaarts keer. Hierdie terugslag het Hertzog net meer vasbeslote gemaak om in die toekoms die herwinning van die Unie se volle onafhanklikheid te verseker.

Intussen het die 'vredemakers' die Verdrag van Versailles met Duitsland onderteken. Dit het uiters ongunstige bepalings vir Duitsland neergelê. Daar is onder andere bepaal dat die Duitsers een vyfde van hul grondgebied afstaan. Duitsland is ontwapen, van sy kolonies gestroop en moes vir alle oorlogskade vergoed. Die enkele bepaling wat die Duitsers egter die meeste gegrief het, was dat hulle vir die uitbreek van die oorlog verantwoordelik gehou is.

Van meet af aan het die Duitsers alles in die stryd gewerp om die bepalings van die Verdrag van Versailles ongedaan te maak. Onder die Afrikanernasionaliste het die Duitsers se stryd teen die vredesverdrag sterk steun geniet. Die Afrikaners het by herhaling op die onbillikheid van die verdrag gewys en die oorreenkomste tussen die Verdrag van Versailles en die Verdrag van Vereeniging (wat net na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog gesluit is) beklemtoon. Die feit dat Brittanje 'n leeue aandeel aan die opstel van die Verdrag van Versailles gehad het, het die Afrikaners net nog meer pro-Duits gemaak. Die Afrikaners het voortaan die Duitsers nie meer bloot as 'n stamverwante volk beskou nie maar ook as 'n lotsgebonde volk.

Waar Afrikaners in 'n poging om die sterk Angel-Saksiese invloed vry te spring in die jare voor die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog hoofsaaklik na Nederland opgesien het vir kulturele leiding en inspirasie, het daar in die jare ná 1919 'n verskuiwing ten gunste van Duitsland ingetree. Mettertyd het die Afrikaners Duitsland as hul heel belangrikste 'stamland' beskou. Die vermoede bestaan dat Duitsland met sy nagenoeg 70 miljoen inwoners vir die Afrikaner groter belofte van daadwerklike steun ingehou het as die kleine Nederland met sy skaars 12 miljoen inwoners. Boonop was die Afrikanernasionaliste sterk aangetrokke tot die Duitse lewens- en wêreldbeskouing. Hulle het veral waardering gehad vir die Duitsers se uitgesproke nasionalistiese opvattings oor 'ras en volk'.  Boonop het die Duitsers voortdurend die Angel-Saksiese pleidooi vir rassegelykheid teengestaan. Kortom, die Afrikaner was daarvan oortuig dat Duitsland sy gedugste bondgenoot sou wees in sy stryd teen Brittanje en die Angel-Saksiese wêreldbeskouing.

Toe genl Hertzog in 1924 aan bewind gekom het, het hy dadelik stappe gedoen om Suid-Afrika se afhanklikheid van die Britse Ryk te verminder. In 1926 het hy verteenwoordigers van Duitsland in Londen ontmoet. Hy het die Duitsers daarop gewys dat dit sy ernstige begeerte was om bande met Duitsland te verstewig. Volgens Hertzog het hy die Duitsers in die Unie se steun nodig gehad om die Afrikaner-element in die land te versterk. Die Suid-Afrikaanse leier het hom ook sterk ten gunste van Duitse immigrasie na die Unie uitgespreek. Dit is duidelik dat Hertzog die Engelse element in Suid-Afrika wou verswak – 'n begeerte wat deur talle Afrikanernasionaliste (onder andere ook die stigterslede van die DKF) gekoester is.

Hertzog se pro-Duitse sentiment het veral die gevoel van die jonger geslag Afrikaners weerspieël wat al hoe meer na Duitsland begin opsien het as hulle enigste waarborg teen, wat hulle geglo het, tot die onafwendbare en uiteindelike volkome 'verengelsing' van Suid-Afrika moes lei. Afrikaanse studente wat hul nagraadse studies wou voltooi, het begin voorkeur gee aan Duitse universiteite. Dit het die kontak tussen Afrikaners en Duitsers verder versterk. Voorts het die studie van Duits as belangrike Germaanse taal wat aan Afrikaanse verwant is, aan Afrikaanse universiteite soos Stellenbosch, Pretoria en Potchefstroom aan gewildheid toegeneem. Talle Afrikaanse hoërskole het ook Duits as derde taal tot hul leerplanne gevoeg.

Die Duitsers het op hul beurt ook daartoe bygedra om die Afrikaners se pro-Duitse sentiment te versterk. Die Afrikaners wat Duitsland besoek en daar studeer het, het tot hulle vreugde vasgestel dat die Duitsers 'n baie groot bewondering vir die 'volk van Paul Kruger' gehad het. In die Duitsers se stryd om die 'bande van Versailles' te verbreek, is daar dikwels na die Boere se heldhaftige stryd teen Brittanje verwys. Vir die jonger geslag Duitsers het die Afrikaners se vryheidstryd as inspirasie gedien in hul pogings om Duitsland se aansien weer in die wêreld te herstel.

Talle Duitsers het hulle ook ywerig bemoei om die kulturele bande tussen hulle en die Afrikaners te verstewig. Een van die eerste stappe in hierdie rigting was die instelling van Afrikaans as 'n volwaardige kultuurtaal aan die Universiteit van Berlyn in 1922. Afrikaans is dus in Duitsland as volwaardige en selfstandige Germaanse taal erken, lank voor dit in 1925 in Suid-Afrika tot amptelike landstaal verhef is. Die Duitse Akademie in München was eweneens gretig om hegter bande met die Afrikaners aan te knoop. Met dié doel het die Akademie 'n Suid-Afrika-komitee in die lewe geroep. Hieruit het die Duits-Suid-Afrikaanse Vereniging in 1932 ontstaan. In Suid-Afrika het die Duitse Akademie se oproep tot hegter kulturele bande tussen Suid-Afrika en Duitsland in dieselfde jaar tot die stigting van die Afrikaans-Duitse Kultuurunie gelei.

In die volgende aflewering kyk ons na die invloed wat die koms van Hitler in Duitsland ná 1933 op die Afrikanervolk gehad het.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1335 gaste aanlyn