VREDE-MAKERS, VERBEEL JOU!

Daar is meesal 'n tikkie humor in elke gebeure: Die North Coast Courier, die Natalse koerant wat berig oor die opspraakwekkende video waartydens maskerlose swart offisiere van die metro-polisie mense in Ballito hardhandig in hegtenis geneem het, noem hulle "peace officers". Verbeel jou!

Terloops, die wet is reeds in die Gazette gepubliseer: Dit is 'n kriminele oortreding om sonder 'n masker in publieke plekke te wees; Seksies  6(1)(b) asook 5(4) sê indien jy gevang word kan jy R20 000 of 6 maande tronkstraf of beide opgelê word. Die "peace officers" sonder maskers is op film vasgelê.  Nou wat nou?