NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Of ons dit glo of nie, elke mens hou daarvan om eer te ontvang. Die gevaar is dat ons naderhand begin om eer te verwag. Ons raak verwaand en selfgesentreerd. In plaas dat ons saam stry vir God se eer kompeteer ons teen mekaar vir eer.  Maar as jy daadwerklik jou geloof rondom Christus sentreer sal jy spontaan vergeet om aan jouself te dink en besef jy is verlos – daarom is eie eer nie meer belangrik nie.

GOD SELF SAL ONS LEIERS KIES

Ons weet in Suid-Afrika wat verowering, veronregting, verdrukking en verarming is. Hier is nie van die veroweraar se mense by die armblankes nie. Dis die verowerdes en verdruktes wat gedrywe word tot die geledere van die armblankes.

Die vryheidsdrang in die mens kom uit God, dit is deel van die beeld van God waarna die mens geskape is. Maar by wyse van kastyding laat die Here toe dat hul vryheid hulle ontneem word, en dat daar armoede en verdrukking kom.

Maar dan kom die vryheidsdrang tot ontwaking. God plant die vryheidsdrang in elke mens se siel, maar dis deur verdrukking wat die vryheidsdrang wakker word en tot aksie kom.

In Rigters 6 lees ons van die nodige kastyding wat die Here toelaat sodat Israel deur die Midianiete verower word. En dit bly nie net by verowering nie. Daar kom verdrukking. Die Israeliete se besittings word met geweld geneem. Selfs hul oeste word deur die Midianiete geneem. Dit lei tot armoede. Die Midianiete het Israel verdruk en vervolg tot armoede en ellende, en toe roep hulle tot God en toe kom die ont­waking. Toe staan Israel bymekaar en kom die vryheidsoorlog.

In Suid-Afrika

Net so is dit in Suid-Afrika. Die Afrikaners is die ver­owerdes. As ons land uit die Wêreldoorlog gebly het, as die owerheid uit die oorlog gebly het, dan was daar voorspoed in Suid-Afrika. Dan was daar groot pryse vir die boere se goedere, meer fabrieke, baie werk en volop geld. In dié voorspoed sou die Boerenasie tevrede wees en die vryheidsdrang gesmoor word ! Maar nou is dit anders. Die Boerenasie is die verowerdes en hulle is teen hul sin in die Wêreldoorlog gesleep. Duisende van die Afrikanervolk is een vir een in die oorlog gesleep en teen hul sin in uniforms gedruk, en honderde van ons volk is sonder verhoor in tronke en kampe gestop. Toe kom daar onrus en ontevredenheid onder die Afrikaners. Dan kom die vryheidsdrang tot ontwaking. Deur verdrukkung word die vryheidsdrang 'n vryheidsstryd! So ook by Israel wat deur die Midianiete verdruk word. Die onreg en verdrukking lei tot stryd.

So kom daar rebelle op aarde.

Moses was een van Farao se getroue onderdane, maar onreg en verdrukking dryf hom tot rebellie. So is dit met Josua, Gideon, Samuel, Daniel. Onreg en verdrukking dryf die beste manne tot rebellie.

In die verdrukking neem hulle die toevlug tot God. Die volk roep tot God. God plant die vryheidsdrang. God bring die vryheid tot ontwaking. En wanneer die verdruktes in opregtheid roep, dan hoor God. Dan bring God verlossing. Dis stryd.

Dan kies God die leier in die vryheidstryd. Moses, Josua, Otniel, Ehud, Samgar, Debora, Barak, Jefta, Gideon, Samuel, Saul, Dawid was almal leiers deur God gekies en hulle was almal rebellieleiers.

Korag, Datan en Abiram was ook rebellieleiers, maar God het hulle nie gekies nie.      Hulle het ondergegaan.

Absalom was ook ’n rebellieleier, maar God het hom nie gekies nie. Hy het in skande ondergegaan.

Die vryheidstryd is ’n saak van die Here. God soek en kies die vryheidsleiers en God seën hulle.

Volg die vryheidsleier wat God vrees. Volg die vryheidsleier met Bybel, kerk en gebed.

En die rebellieleiers wat van God geroep is, is geen vloekers, rowers of moordenaars nie. Hulle is vryheidshelde. Hulle kry ereplekke in die geskiedenis. Hul name word deur God geplant in die hart van die gelowige volk.

En die Here is met die leier wat Hy kies. So staan dit in die teks : “Die Here is met jou, dapper held.”

Watter verskil tussen Bileam en Gideon ! Vir Bileam sê die Here : Ek self het uitgegaan as ’n teeparty, omdat hierdie pad van my afwyk (Num. 22:32).

Vir Gideon sê die engel : “Die Here is met jou, dapper held”.

So hoor God die gebede van die volk in verdrukking en kies die leier. Hy bemoedig die leier.

En dit beteken oorwinning. As God met ons is, wie sal teen ons wees?

Dawid sê later : Met my God spring ek oor ’n muur ; met my God breek ek deur ’n bende.

God bemoedig Gideon om te rebelleer.

God beloof om met hom te wees. God inspireer die volk om by hom te staan. Sy aanhang word groter. Hy het eerlang 30,000 man wat hom volg.

So gaan dit met ’n vryheidsleier wat God kies. Hy is ’n man van die Bybel, kerk en gebed. Die gelowige volk sluit by hom aan. Hulle gaan van oorwinning tot oorwinning.

’n Volk moet ’n vryheidsdrang hê. ’n Volk moet leiers hê. Ons moet leiers hê, in die politieke lewe, vir die kerk, vir die skool ens.

Kies die leier met kerk, Bybel en gebed. Dan gaan ons van oorwinning tot oorwinning!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 759 gaste aanlyn