NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Staan jy naak voor God in jou sonde of is jy met Jesus gekleed? As jy naak is, wil God jou vandag toemaak met die bloed van Christus ons Verlosser.   Ja, in die gees trek ons vir Jesus aan: “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie” - Rom.13:14.

DE LA REY (14)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

TWEEBOSCH

DIE republikeinse hoofstede het byna twee jaar tevore al geval en alle strategies belangrike dorpe en plekke is lankal deur die vyand beset.

Die oorlog was dus al die tyd al “verby." Altans, dit was die amptelike houding van die Britse Ryk.

Maar die oorlog was nie verby nie, want die Vrystaatse vlaktes het nog gewemel van vyandelike troepe. Die logge, swaarbewegende Engelse kolonnes het daar “meesterlike” omsingelingsbewegings uitgevoer en fynuitgewerkte krygsplanne toegepas om De Wet en sy kommando vas te trek; maar De Wet en sy kommando was so glad soos seep. Die een oomblik was hulle in die vyand se hande; die volgende oomblik het hulle hom in sy rug aangeval. En De Wet se spoor was altyd duidelik. Waar sy kommando gegaan het, het die wrakke gelê van die verwoeste Engelse afdelings waarmee hy slaags geraak het.

In die Noorde het De la Rey, toe die vyand die minste daarop bedag was, hulle kort-kort ’n verpletterende hou toegedien. Met die verloop van die stryd het hy al hoe groter en magtiger op die oorlogstoneel uitgestaan. Ook hy was so ontwykend soos lig. Telkens het hulle met groot vertoon aangekondig dat die Leeu van Wes-Transvaal uiteindelik gevang is. Maar ‘n dag of twee daarna het hy getref, blitsvinnig, soos 'n arend en hele vyandelike laers uitgewis.

Albei punte van die spil, De Wet—De la Rey was ewe onoorwinlik.

De la Rey se naam as krygsman was reeds gevestig. Maar met die slag van Tweebosch het hy die hoogtepunt van sy skitterende krysgmansloopbaan bereik.

Die slag van Ysterspruit was afgeloop. Dit was ’n slag so hewig soos Rudolf nog nooit belewe het nie. Maar wat voorgelê het, sou dit oorskadu, sowel in intensiteit as in geskiedkundige betekenis.

Die kommando het opdrag ontvang om op ’n plaas grensende aan Korannafontein, nou Ottosdal, bymekaar te kom.

Dit was hier waar Rudolf verneem het van Siener van Rensburg se voorspelling dat De la Rey vir Methuen sou oorrompel.

Dit was ’n rustige Sondagmiddag. Om hulle het die gelyke landskap ’n verligte toneel vertoon. Die bosplate was myle ver sigbaar, soos swart skaduvlekke op die effe veld; daar tussenin het die sonlig en skaduwee roerloos gelê. In die dynserige lig het ’n paar vaalvalke op uitgestrekte vlerke gedryf, swart stippels teen die diepte van die lug. Die gewyde stemming van die stil dag om hulle, het hom ook van die burgers meester gemaak.

En tog het Rudolf ’n beklemmende opgewondenheid in sy hart gevoel. Dit was nie angs of onsekerheid nie; eerder ’n voorgevoel dat hulle op die vooraand van groot dinge staan.

Daardie aand toe die bevel kom om op te saal, het hy verlig gevoel.

In die donker het die kommando getrek tot op ’n hoe bult naby die Hartsrivier en hier is opdrag gegee dat die perde gekniehalter moet word en dat die burgers verlof moet lay om teen hul saals te rus.

Hulle moes gereed wees wanneer die opdrag kom.

Rudolf en Van der Westhuizen het op fluistertoon gesels, asof hulle bang was dat hulle gehoor sou word. Die gevoel van opgewondenheid wat hom daardie oggend beetgepak het, het verdiep. Dit was nou 'n intense spanning, ’n ongeduldige afwagting.

Later die aand het Rudolf uitgegaan om verkenningswerk te doen. Die baasverkenner en Boerespioen van daardie aand, generaal Van Zyl, het bevel gevoer oor die verkenningsbedrywighede. Daardie nag het sy rapportryers van tyd tot tyd verslae ingebring oor die bewegings van Methuen se laer. Omstreeks 12-uur is rapport ontvang dat die Engelse besig is om in te span en met die Groot Hartsrivier langs in die rigting van De la Rey se kommando te trek.

Die voorpunt van die Boerekommando het die Hartsrivier net oorgesteek, toe ’n tweede berig ontvang is dat die Engelse laer getrek en wagte uitgesit het, hoewel hulle nie uitgespan het nie. Die kommando het hierop opdrag ontvang om voor hul perde te gaan lê, toom in die hand en te probeer slaap met die geweer in die hand.

Toe die rooidag aanbreek, is generaal Van Zyl in kennis gestel dat die Engelse weer in aantog is, skynbaar met die Klein Hartsrivier langs. Hier het die bevelvoerders van die kommando besluit oor hul plan van optrede:       Sodra dit duidelik is dat die

Engelse laer met die Klein Hartsrivier langs optrek, sal die kommando hulle stadig tegemoet gaan. Sodra die vyand sigbaar is, sou die bevel gegee word om te storm.

“Dood of lewe, geen man mag omdraai nie!” Die kommando het langsaam vorentoe beweeg en net toe die son uitkom, is die aanvalsteken gegee.

Rudolf was onder ’n afdeling van kommandant Van Zyl se manskappe. Toe die eerste kanonskote val, het hy plat vooroor gaan lê en spore in sy perd se sye gedruk.

Dit was duidelik dat die vyand hulle gesien het.

’n Hewige vuur is op hulle oopgemaak; om hom het die koeëls in die grond geploeg en skerp aanhoudend deur die lug gefluit.

Rudolf was nou te opgewonde om bevrees te wees, maar in sy onderbewussyn het die gedagte onrustig gelewe: Hoeveel van ons sal hulle lewendig bereik? Johanna se beeld was voor hom, asof sy by hom is, dit was of haar hande syne aangeraak het...

En meteens het die gedagte hom getref, met ’n skerpte wat smartliker was as pyn:

“Ek wil nie sterwe nie; God help my ...”

’n Koue angssweet het op sy voorkop uitgeslaan; in sy hande was ’n gevoel van lamheid, sodat hy met moeite die teuels kon vashou.

Hy het al dikwels die dood in die oë gestaar, die afgelope jare; dikwels het hy so met sy onverskrokke Generaal gestormjaag, in die oop veld, onder die verwoestende vuur wat die vyand op hulle rig. Maar hierdie gevoel was iets vreemds. Sy angs het nog altyd verdwyn in die stormjaag, as die bloed wild en onrustig deur sy are bruis; maar nou het dit toegeneem, elke sekonde...

Hy sien hoedat die burger wat langs hom jaag, skielik vooroorgly in sy saal. Sy liggaam kantel langsaam om en die volgende oomblik sleep hy, met sy voet in die stiebeuel, langs die stormende perd....

Rudolf kners op sy tande. Hy mag nie toelaat dat hierdie wankelmoedigheid hom oormeester nie. Sy Generaal het horn al dikwels ’n woord van lof toegeswaai oor sy dapperheid—hy durf daardie hoë vertroue in hom nie teleurstel nie.

Maar die vrees styg nou na sy keel. Dit is of sy mond binne skielik droog geword het en of hy nie meer kan sluk nie.

“Here,” bid hy, “help my om hierdie angs teoorwin...”

En dan, asof in antwoord op sy gebed, hoor hy die lied:

Wie dit eerste begin sing het, wie dit aangehef het, kon hy nie nou aan dink nie. Dit het eenvoudig spontaan opgeklink, soos ’n gebed in sang:

“Ik ken de Rots waarop ik bouwe ...”

Luider en harder het die lied opgeklink; die hele afdeling burgers om hom het nou saamgesing. Die note het helder en vas bo die krygsgedonder om hom opgeklink.

Rudolf voel hoedat die vrees van hom af wegvloei. Die ou kalmte keer terug in sy hande wat nou weer vas om die teuels sluit.

Die volgende oomblik is hulle tussen die Engelse.

Hy sien hoedat die vyand onder die waens instorm; voor hom, uit ’n halfgebukte posisie, kom skielik ’’n swarte in kakie-uniform orent. Rudolf ruk sy geweer aan sy skouer en skiet. Die skoot tref die naturel vol in die gesig en hy stort vooroor.

Die toneel om horn is nou verward, soos ’n nare droom. Oral sien hy Engelse hardloop, hoor hy die geskreeu van die sterwendes en gewondes. Die gewere knetter oorverdowend in sy ore. En dan, asof dit slegs ’n paar minute geduur het, is die slag verby.

Rudolf laat sy blik oor die toneel voor hom gaan. Gesneuweldes en gewondes lê oral om hom; verbystering is op die vyand se gesigte te bespeur, onderwyl die gevangenes aangekeer en ontwapen word.

Hy voel ’n hand op sy arm. Dit is Van der Westhuizen.

“De la Rey se grootste oorwinning,” sê Schalk.

Rudolf knik.

“Een van die meesterlikste veldslae in hierdie oorlog, sou ek sê.”

“Het jy gehoor dat Methuen gewond is?”

Rudolf kyk hom met verbasing aan.

“Ernstig?”

Schalk skud sy kop.

“Net sy been. Ek glo nie dis dodelik nie.”

Rudolf sien hoedat ’n veldkornet ’n paar honderd tree van hom af ’n klompie swartes aankeer na ’n kliprant naby.

Schalk volg sy blik.

“Hulle gaan die bloupas kry,” sê hy grimmig, “almal in die krygsdiens van die Engelse. ’n Paar is glo gelos omdat hulle net die waens gedryf het.”

“Hoeveel gevangenes sou ons gemaak het?” Schalk laat sy oë oor die skaar Engelse gaan.

“’n Goeie paar duisend,” sê hy.

’n Gevoel van trotse verering vir die groot Boeregeneraal wat die slag gelewer het, aan wie se onoortreflike krygsmansvernuf en leeuemoed die oorwinning in die eerste plek te danke is, wel in hom op. Die Boere het hierdie soort oorwinnings behaal toe die oorlog begin het; in die tyd daarna, met die verbrokkeling van hul kragte en die disorganisasie agter die linies, het hulle veelal klein veldslae gelewer wat die Engelse genoeg ergernis veroorsaak het, maar nooit baie ongerief nie. Hulle sou die reperkussies van hierdie slag voel; daaraan het hy nie getwyfel nie; en dit sou ’n verreikende uitwerking hê op enige vrede wat gesluit word, want die slag van Tweebosch sou aan Engeland bewys dat die republikeinse magte nog lank nie uitgeput is nie.

En dit sou aan die wêreld bewys dat die Boerevolk krygsmanne kon oplewer wat groter was as dié van sy magtige teenstander.

Want die slag van Tweebosch het die kroon geplaas op De la Rey se hoof.

* * *

"Breek die spil, De Wet—De la Rey en wen die oorlog.”

Dit het nou die slagkreet van die vyand geword.

Die groot Boereoorwinnings wat na die einde se kant die Engelse leerleiding in die war gejaag het, hulle onverhoeds getref het toe hulle geglo het dat die oorlog “verby” is, het die Britse prestige aansienlik laat daal in die buiteland. Verdubbelde pogings is nou aangewend om die “Stormende Leeu,” De la Rey en die “Vliegende Boer,” De Wet, aan die hiele te lê.

De la Rey se kommando het noordwaarts getrek voor die tienduisende van die vyand wat hom nou agtervolg het.

'n Tydperk van klein skermutselinge, botsings met los Engelse troepeafdelings, treinontsporings, onverwagte aanvalle op konvooie en rustelose heen-en-weer bewegings het nou aangebreek.

Rudolf was uit op verkenningswerk.

Veral die afgelope weke was hy baie bedrywig. Die doodsgevaarlike werk wat hy moes doen, het nou ’n gewoonte geword; hy het dikwels op roekelose wyse sy lewe gewaag en, na gelang hy selfs hieraan gewoond geraak het, het hy homself al hoe meer daarop betrap dat hy onverskillig word...

Dis 'n stil, warm middag.

Hy het sy perd afgesaal en hom met lang leisels aan ’ n boomstam vasgemaak. Onderwyl die dier gulsig vreet aan die groen gras onder die boom, lê Rudolf teen die saal aangeleun.

Hy voel lomerig en vaak. Onderwyl die slaap oor hom vloei, dink hy aan Johanna en die wonderbaarlike wyse waarop sy tot dusver aan die konsentrasiekampe ontkom het. So ’n geluk het min vroue te beurt geval in hierdie oorlog. Vanaf daardie middag toe hulle haar tante begrawe het, het hy haar dikwels gesien:

Dan by hierdie vrouelaer en dan by daardie een. Keer op keer het sy ontvlug wanneer die Engelse die laers oorrompel en Rudolf kon nie anders nie as om die moed te bewonder wat sy aan die dag gelê het.

Hy dink ook aan die gerugte wat hy die afgelope weke al onder die kommando gehoor het. Dat vredesonderhandelinge aan die gang is. Die gerugte het hom ontstel, want dit sou ongerade wees om op hierdie stadium met die vyand te onderhandel: Die roemryke slae van Ysterspruit en Tweebosch in Transvaal en Kalkkrans in die Vrystaat, het getoon dat die Republieke nog kon veg en nog harde houe kon slaan. Maar in die laaste tyd was die burgermagte hier, sowel as in die Vrystaat, gedurig op die verdediging. Die vyand sou ongetwyfeld van die oënskynlike swakheid van sy teenstander gebruik maak om ’n onregverdige vrede op hom af te dwing.

Maar Rudolf was bereid om hom hierin te laat lei deur sy Generaal. De la Rey, soos De Wet, sou alleen vrede maak as dit geen eerlose vrede is nie — daarvan was hy oortuig...

Langsaam maar onweerstaanbaar vloei die slaap oor hom...

Hoe lank hy geslaap het, kon hy nie sê nie, maar toe hy sy oë oopmaak, was dit dadelik duidelik wat dit was wat hom gewek het. Rudolf het vinnig orent gekom en na sy geweer gegryp.

“No, you don't,” sê 'n stem digby hom. “Or we shoot.”

Hy vryf sy oë om die slaap te verdryf, kyk ’n oomblik verward om hom rond en dan dring die werklikheid tot hom deur.

Voor hom staan 'n twintigtal gewapende Engelse soldate.

Die kêrel wat praat, is klaarblyklik ‘n offisier van hoë rang.

“Get up,” sê hy bars, “I want to see your papers.”

Rudolf dink blitsvinnig. Hy weet die afgelope jaar al, dat die Engelse op sy hakke is. Van tyd tot tyd het hy verwysings na sy eie bedrywighede in onderskepte rapporte gesien; hulle het na hom verwys as die man wat die berugte swart spioen geskiet het en op wie se kerfstok talle moorde op swart verkenners was, maar hulle het sy naam uitgevind: Lankal. Hy het geen rede gehad om te twyfel dat hulle hom subiet sou fusilleer as hulle hom vang nie. Hy het sy werk in ’n Engelse uniform verrig en hy het genoeg kennis gehad om te weet dat daar kragtens die Internasionale Reg geen verskoning vir ’n spioen is nie. Die papiere in sy sale brand soos kole. Goddank, dink hy verlig, hy het geen rapport gehad om af te lewer nie. Maar in daardie eieningsdokumente in sy portefeulje, almal onderteken deur De la Rey, is daar genoeg getuienis om hom aan ’n vuurpeloton te oorhandig. Daar is sy naam, sy rang, die aard van die werk wat hy moet doen en die gebied waarin hy optree.

“Your papers,” se die Engelse offisier ongeduldig, “I have no time to waste.”

Rudolf besluit om toneel te speel.

“What papers?” vra hy verbaas, “I am an officer in De la Rey’s army.”

Die Engelsman kyk hom spottend aan. “Tell that to the marines,” sê hy grimmig.

Hy wend hom tot sy manskappe. “Search the bastard, and look snappy.”

Toe hulle Rudolf se dokumente aan hom oorhandig, blaai hy hulle vlugtig deur. Dan verskyn daar ’n plooi op sy voorkop en sy gesigsuitdrukking verander na ’n trek van die uiterste verrassing.

“Jumping Jehosephat,” se hy langsaam, “if it isn’t the man himself.”

Sy oë ontmoet Rudolf s’n, wat nou kalm is. Hy kyk die Engelsman met ’n grimmige spotlag aan.

“Fate is on your side to-day, old chap,” sê hy langsaam, “tomorrow it may be my turn.”

“Not on your life,” se die Engelsman, “you’re my charge, and you have no hope. You’re wanted at headquarters,” sê hy, hoog in sy skik met homself, “and you’re wanted very badly. As a matter of fact, you have been wanted very badly for the past eighteen months.”

“And now the honour is yours for having captured me,” sê Rudolf, onderwyl hy die Engelsman se Oxford-aksent namaak.

’n Rooi kleur sprei oor die offisier se gesig.

“You’re a cheeky bastard,” sê hy ergerlik, “and well educated. But your game is up. You’re the man who murdered our native spies; now they will have the pleasure of squaring accounts with you.”

“Do your worst,” sê Rudolf. Hy twyfel daar vir geen oomblik daaraan dat die Engelsman sy dreigement sal uitvoer nie. Dit is die bedenklike “voorreg” van elke spioen om voor ’n vuurpeloton te sterf; hierdie kêrel sou hom waarskynlik oorhandig aan die swartes en hulle oogluikend toelaat om hom op ’n gruwelike wyse om die lewe te bring.

Hy is nou kalm. Dit is of die gedagte aan die dood, wat hom so dikwels verbygegaan het en hom nou op hierdie onverwagte manier in ’n lokval gelei het, nog ver van hom is. Hy het met Johanna se beeld in sy gedagte aan die slaap geraak en nou kom dit tot hom terug: Haar oë glimlag hom bemoedigend toe, asof sy hom aanspoor om sy einde kalm tegemoet te gaan...

Die offisier is in ’n argument gewikkel met een van sy onderhoriges.

Rudolf volg hul gesprek met ’n halwe oor, maar elke woord wat hulle sê, bly hom by.

“He is my catch,” sê die offisier, “and don’t be a bloody fool. I have been on his tracks for a full year; do you think I will let him escape?”

Die ander een haal sy skouers op.

“As you say, Sir.”

“You can take the men back to camp,” sê die offisier, “and take his horse and gun with you. I will take his papers.”

Hy klim op sy perd.

“Get a move on,” sê hy bars aan Rudolf.

Rudolf begin stap met die Engelse offisier kort op sy hakke. Hulle gaan reguit oor die gelyk veld, tussen die suurgraspolle deur. Rudolf stap op sy gemak.

“We have three miles to go,” sê die Engelsman kort agter hom, “don’t force me to whip you.”

Rudolf versnel sy pas. Sy gedagte werk nou helder en vinnig. Sou dit nie beter wees om hier geskiet te word nie?

“If you try to escape,” sê die Engelsman, “I will shoot. No use.”

Stilswyend stap Rudolf aan. Hy voel hoedat die sweet in die hitte van die middag deur sy klere dring.

Hulle gaan nou deur lae suurveld, maar in ’n vlei regs van hulle staan ’n blok tamboekiegras, kniehoog.

Rudolf se oë vang skielik ’n beweging in die hoe gras: Hy kyk stip na die springbokram wat uit die veld omhoog spring en weghardloop, sy pronk wit oop in die middagson.

Ander bokke volg sy voorbeeld en weldra is die veld voor hulle een vaal beweging soos die springboktrop in alle rigtings hardloop.

“Here, you,” sê die Engelsman, “hold my horse a minute. I want to have a shot at them.”

Rudolf neem die teuels gedienstig. Hy sien hoedat die Engelsman op sy een knie gaan staan en skiet. Die skoot trek hoog bokant die bokke oor. Die offisier skiet weer, maar dit is duidelik vir Rudolf dat sy visier hopeloos te hoog is. Haastig ruk hy die slot oop en stoot ’n paar patrone in.

Rudolf se hande tintel. Sou hy dit nie waag om die Engelsman nou van agter te storm nie? Hy dink net ’n oomblik aan die moontlikheid. Dit sou dwaasheid wees: Die offisier sit omtrent tien tree van hom af, skuins, sodat hy enige beweging van sy kant sal merk.

Rudolf sien hoedat die springboktrop teen ’n bulthoogte ’n halfmyl van hulle af bymekaarkom en met hul neuse snuiwend in die lug staan.

Dan tref ’n gedagte hom. Hy dink ’n oombiik daaraan, verwerp dit, oorweeg dit weer.

“Miskien...” dink hy onseker, “miskien kan ek dit doen.”

Hy maak sy keel skoon.

Die Engelsman kyk ergerlik om en Rudolf kan sien dat hy nou gefassineer is deur die kleinwild voor hom. Op die oombiik weet hy, is daar geen ander begeerte by sy vyand nie as om sy reputasie as skutter te handhaaf. Rudolf het die offisier dadelik opgesom as die “public high school”-tipe wat dol is op sport. Sê iets teen sy sportmansvermoë en jy kwets hom dieper as selfs deur ’n refleksie op sy karakter te werp.

“You’re not a very good shot,” sê Rudolf spottend.

Die Engelsman kyk vererg om.

“Damn your face,” sê hy woedend. “This is my affair.”

“Any Boer would have potted one long ago,” se Rudolf nonchalant.

Die Engelsman gluur hom woedend aan.

“I am one of the best shots in my regiment, was a crack at the old school. You barbarians don’t know how to handle a gun.”

Weer lê hy aan. Versigtig soek sy oog die korrel, maar as die skoot klap, weet Rudolf dat dit weer veels te hoog is. Die bokke beweeg nouliks, bly staan in die grys veld.

“You can’t do it,” se Rudolf sarkasties, “may as well admit it.”

Die Engelsman het nou opgestaan en met ’n vuurrooi gesig beskou hyvir Rudolf.

Rudolf kan sien dat sy verkleinerende woorde die gewenste uitdrukking gehad het.

“Damn you,” se die Engelsman, “if you can pot one of them, I wall pay you five pounds.”

“Let me have a try!”

Onnadenkend oorhandig die Engelsman die geweer aan hom.

Die volgende oombiik spring hy vervaard om as hy die loop in sy ribbekas voel.

“You bloody scoundrel! You’re no sport!”

“Die bordjies is verhang,” sê Rudolf laggend, in Engels. “Nou is dit jou kans om voet te slaan.”

Hy klim op die perd onderwyl die Engelsman hom moorddadig aangluur.

“Stap,” sê Rudolf.

Die Engelsman het ’ n halfmyl  gestap toe hy omdraai. Die toon van sy stem was nou heelwat hofliker.

“Jy het my om die bos gelei, ou kêrel,” sê hy. “Maar ek sal geskiet word hieroor.”

Rudolf glimlag. As dit nie vir die kêrel se dolheid op sport was nie, sou hy sy eie lewe verloor het.

“Kyk,” sê hy, “oorlog is oorlog. Ek het jou geweer en jou perd nodig. Jy kan vir hulle sê dat ’n afdeling Boere jou oorval en  jou ontwapen het. Ek sal jou nie langer hou nie.”

Die Engelsman glimlag lakoniek.

“Perhaps we will meet again after the war,” sê hy, “and then, perhaps, we shall laugh at this ...”

“Perhaps,” antwoord Rudolf.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 863 gaste aanlyn