NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, op grond van u liefde bid ek vir ons goddelose en liefdelose volk. Ek vra dat dit nie verby moet wees met ons en ons bestaan nie. Dankie dat ek dit mag vra want u trou en liefde is groter as ons geloof en ongeloof.

DE LA REY (13)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

DIE GEHEIM VAN DIE VELBROEK

Die stilte van die oggendure word skielik onderbreek deur geklap van perdepote. Twee ruiters kom uit 'n bosbegroeide lopie te voorskyn en ry op ’n vinnige stap die bultjieuit.

Dis oom Giel van Zyl en Flip Roets wat weer vanoggend op verkenning uit is. Hulle ry stilswyend die bultrag oor en die vlakker veld verderaan in.

Die twee verkenners blik onrustig na die ooste waar die son reeds die gesigseinder begin rooi kleur.

Onwillekeurig druk hulle hul perde vinniger aan in die rigting van die bosryke landskap op die agtergrond, want hulle weet uit dure ondervinding dat die bosveldson baie vroeg ondraaglik warm hier op die kaal vlaktes kan word.

“Waar het julle die De la Rey-kommando gister raakgeloop, Flip?” vra oom Giel aan Flip Roets nadat hulle ’n hele end stilswyend op ’n vinnige drafstap aangery het.

“Daar aan die suidekant van die berg,” antwoord Flip ongemaklik asof oom Giel se vraag horn skielik aan ’n onaangename gebeurtenis laat dink: “Hulle het om die berg getrek ...”

Flip en ’n paar ander kêrels wat die vorige dag op verkenningswerk uit was, het hulself byna in die De la Rey-kommando vasgeloop. Toe hulle hulself kom kry, was hulle byna tussen die voorposte van die Boere in en dit was slegs aan hul bedrewenheid in die verdwynkuns te danke dat hulle ongedeerd daarvan afgekom het.

“Ons moet oppas dat ons onsself nie weer vandag in hul kloue vasloop nie,” sê 'n stem: “Die wêreld is in die laaste tyd vol vyande. Net waar jy jou draai, loop jy jou self in ’n vyandelike nes vas...”

Die twee verkenners ry teen ’n lang bult uit. Links van hulle af, ’n paar myl verder weg, merk hulle skielik ’n mielieland. Die mielies staan hoog in hul sate en pluim oop en toe as die môre windjie daaroor heen speel.

Die aanblik van die mielies roep herinneringe van smart en verlange in oom Giel se siel op. Hy dink skielik aan sy eie plaas; sy eie gesaaides wat hy altyd met soveel liefdevolle toewyding gekweek het. Sou hy ooit weer in rus en vrede tot sy plaas kan terugkeer?

Skielik ruk Flip Roets sy perd langs hom in.

“Kyk daar...! ” Sy stem klink fluisterend gespanne, terwyl hy met ’n bewende voorvinger in die rigting van ’n rantjie 'n paar honderd tree voor hulle dui.

Oom Giel se blik volg die rigting en dan merk hy wat Flip se aandag gaande gemaak het. Voor hulle op die bultkruin het skielik twee perderuiters te voorskyn gekom. Die vreemdelinge hou hul perde ’n oomblik in, skynbaar met die doel om die omgewing te bespied.

In gespanne bewegingloosheid sit die twee boere in hul saals met die hoop dat die vreemdelinge hulle nie sal merk nie, dog die volgende oomblik pluk die ruiters hul perde om en jaag weg in die rigting van die mielielande.

“Magtig, dis swart spioene ...!” roep oom Giel skielik opgewonde uit, terwyl hy sy spore diep in die sye van sy vosponie druk en vooruit skiet... “Ons moet hulle probeer voorkeer voordat hulle by die lande kom ...”

Die twee jaag met alle mag om die swartes voor te keer, dog die swartes, wie se perde skynbaar net so goed is as oom Giel en Flip s’n, bly voor en wen selfs stadigaan veld.

As oom Giel en Flip sien dat hulle die wedloop gaan verloor, spring hulle uit hul saals en steek die swartes onder die koeëls. Met die eerste skoot tref hulle die een dodelik en net voordat oom Giel met sy kenmerkende vreesagtigheid glo dat hy veilig die mielieland sal injaag, skiet hulle ook die tweede se perd plat. Die perd slaan in ’n wolk stof neer dog die swarte se lyf vat skaars grond of hy is weer op en laat spat die mielieland in.

Oom Giel en Flip volg kort op sy hakke. Hulle ry om en om die mielieland maar kan niks van die swarte sien nie.

“Die swart derduiwel moet in die mielies wegkruip,” se oom Giel nadat hulle geruime tyd vrugteloos na hom rondgesoek het:

“Ons sal hom daar moet probeer uithaal...”

'n Rukkie aarsel die twee nog aan die buitekant voordat hulle dit waag om die mielies binne te ry

Nou gaan dit op en af deur die mielies, dog nêrens is ’n teken van die swarte te sien nie.

Hulle sit gespanne in hul saals met hul vingers op die snellers van hul oorgehaalde geweers. Oom Giel, wat voor ry, betrag die grond voor hom noukeurig by elke stap wat sy perd vorentoe gee; dog hy kan geen onraad merk nie.

Skielik dreun ’n oorverdowende slag vlak voor oom Giel uit die voor los... 'n Oomblik staan sy perd runnikend op sy agterpote en slaan dan byna agteroor, morsdood neer. Met die neerslaan kom oom Giel half onder die perd te lande en nou lê hy, half bewusteloos, onder die swaar liggaam van die perd.

Flip Roets, wat kort agter oom Giel gery het, het so groot geskrik dat hy ’n oomblik skoon uit die veld geslaan is. Die volgende oomblik pluk hy sy perd om en jaag weg en laat oom Giel net so aan sy lot oor.

Oom Giel probeer homself onder die perd loswikkel, dog slegs sy linkerhand kan hy op ’n manier loskry. Sy regterhand is onder die perd se blad vasgeklem en dit gee hom soveel pyn as hy dit maar net effens beweeg dat hy byna flou daarvan kan word.

Skielik gewaar hy iets kouds teen sy wang. Instinkmatig weet hy dat dit sy geweer is. In die val het hy dit behou en nou dui sy geweerloop half skuins oor die perd se blad die lug in. Sy regterhand se vingers is ook nog om die kolf geklem en sy voorvinger rus nog op die sneller...

Die volgende oomblik troon ’n swart gedaante bo oom Giel. Wit tande wys terwyl ’n skrikaanjaende gesig in ’n duiwelse gelag vertrek is ... Omtrent regoor die geweerloop, skiet dit met verblindende snelheid deur die ouman se verstarde brein... Die volgende oomblik merk oom Giel hoedat die swarte sy geweer stadig aan sy skouer bring...

Oom Giel skiet eerste... Met ’n laaste kraginspanning sluit sy regterhand se vingers om die sneller saam... Die volgende oomblik tuimel ’n swart liggaam leweloos oor hom.

Nou lê oom Giel magteloos vasgeklem onder die liggaam van die dooie swart man en perd. Dit voel vir horn asof al die bene in sy liggaam gebreek is en as hy dit durf waag om ’n vinger te verroer, skiet ’n duisend pyne byna tegelyk deur sy liggaam.

Met ’n laaste kragsinspanning slaag oom Giel eindelik daarin om hom van onder die swaar laste te bevry. Dog sy fut is nou ook omtrent uit en skaars is hy vry of hy sak bewusteloos op die grond neer.

Toe oom Giel later weer tot verhaal kom, het die son al laag aan die westerkim gesit.

Sukkelend kom hy orent. Hoewel die pyn in sy liggaam nog steeds onuithoudbaar is, kan hy darem nou op ’n manier staan. Hy beweeg sy arms heen en weer; dit lyk darem of geeneen van sy ledemate gebreek is nie.

Kruppel-kruppel strompel hy uit die mielieland. Na mate hy aansukkel, raak sy ledemate al hoe meer los en na ’n rukkie kom hy vinnig oor die weg.

Oom Giel oordink skielik die gebeure en dan onthou hy die swarte wat hulle die eerste geskiet het: Dié se perd moet seker nog hier rond wees as hy nie te ver weggehardloop het nie.

’n Ent van die land af in ’n vlei tussen twee koppies, sien oom Giel die perd wei. In die hardloop het hy onklaar getrap in die teuels wat oor sy nek gewaai het en sodoende kon hy nie te ver weg kom nie.

Sonder veel moeite vang oom Giel die perd.

Laat die nag kom hy weer by die kommando aan.

Die kommandant kan nouliks sy oë glo. Hy kan oom Giel byna om die nek val van blydskap dat laasgenoemde lewend daarvan afgekom het. Flip Roets het hom die hele gebeurtenis vertel en hoog en laag gesweer dat die swarte oom Giel doodgeskiet het.

Oom Giel is woedend.

“Jou lafaard!” Hy bejeen Flip met ’n blik van grondelose veragting, “Jy’s ’n mooi een om ’n mens in gevaar sommerso aan sy lot oor te laat. Jy behoort jouself dood te skaam...”

“Die Here hoor my, oom Giel,” pleit Flip, “ek kon dit nie verhelp nie... My perd het weggehol... Dit het alles so vinnig gebeur dat, voordat ek nog tot verhaal kon kom, hy skoon handuit geruk het...”

“Jy lieg, jou meid; jy het uit lafhartigheid weggejaag... Vir jou neem ek nooit weer saam op ’n verkennerstog nie...”

Flip laat sy blik in skaamte sak. Oom Giel se veragting vir sy gedrag blyk heeltemal regverdig te wees. Hy sal eers ’n tydjie moet wag dat die ou man die gebeure vergeet voordat hy weer toenadering soek.

Die volgende dag versit die kommando suidwaarts.

Laat die namiddag kampeer hulle langs ’n uitgestrekte pan.

Die pan is vol water en aan die kant groei die watergras ruig. Die perde, wat die burgers ’n oomblik afgesaal het, loop oral langs die kante van die pan die watergras en eet.

Die burgers sukkel om vure aan die brand te kry om iets te ete te maak, want ná die heeldagse trek in die hitte van die son voel hulle tarn en uitgeput.

Ook oom Giel probeer ’n vuurtjie aan die gang kry. Sy liggaam is nog so seer dat hy skaars kan buk om te werskaf en slegs na groot gesukkel slaag hy eindelik daarin om die vuur aan die brand te kry.

Na ’n rukkie brand die vuurtjie gesellig en nou sit oom Giel tevrede langs die vuur . Skielik weerklink die geklap van perdepote in die laagte ondertoe. Die volgende oomblik kom ’n ruiter woes aangejaag. As hy nader kom, merk die burgers wie dit is: Dis een van hul eie spioene wat vroeër die dag op verkennerswerk uitgestuur is.

Van ver af gee hy sy nuus luidrugtig te kenne:

“Mense, die Engelse kom...!” skree die verkenner in ’n stemvol angs... “Hulle is op ons... sommer hier kort agter die bultjie... Jaag ... jaag vir jul lewens as julle dit liefhet...”

Die nuus het soos ’n donderslag in die laer geval en nou heers daar ’n ontsettende warboel. Almal hardloop net om hul perde in die hande te kry en niemand skyn hom meer oor kosmaak of ketelkook te bekommer nie.

Elkeen wat sy perd in die hande kry, laat net nael om lewe en dood, om van die vyand weg te kom.

Oom Giel voel meteens verlore in die warboei. Hy spring verbouereerd op en smeek ’n paar van sy makkers angsbevange om tog ook sy perd te vang. Niemand skyn ag op sy beroepe te slaan nie. Elkeen is te bekommerd oor sy eie veiligheid, sy eie nood om horn oor ’n ander te verwerdig.

Verbysterd staar oom Giel om hom. Dan merk hy skielik sy perd wat 'n endjie van horn af langs die kant van die pan in die watergras wei. Nou laat nael hy, so vinnig as wat hy oor die weg kan kom, in die rigting.

In sy haas om weg te kom, vergeet oom Giel op die oomblik skoon dat sy perd gespan is. Sonder om hom oor saal of toom te bekommer en met ’n ratsheid wat mens nie van ’n man met so ’n gekneusde liggaam sou verwag nie, spring hy sommerso in die hardloop op die gespande perd se rug.

Die dier skrik geweldig en begin spring, maar oom Giel klou soos ’n kat op sy rug vas.

Op daardie oomblik bulder die eerste kanonskoot van die vyand op die vrybuiters los. Rukkend sny die bom vlak oor die agterhoeder waarop die ketel reeds sing en die ribbetjie sissende braai, agter die wegjagende kommando en slaan, met ’n geweldige opspuiting van water, in die middel van die pan vas. Vir ’n oomblik is oom Giel met perd en al onder ’n digte gordyn water verlore.

Die volgende oomblik pluk die vosperd kop weg en maak sy rug bak. Met ’n skielike sydelingse ruk skiet hy oom Giel van sy rug af. Op die naat van sy rug beland oom Giel ’n endjie verder weg in die modderwater tussen die watergras.

Verwilderd sukkel hy orent. Hy is papnat en byna van bo tot onder met modder besmeer. Die watergras hang in toue van sy baard en hare af.

’n Skielike, onbeteuelbare woede stoot in die ou man se siel op teen die perd, maar ewe skielik bedwing hy homself en herwin sy selfbeheer. Hy voel nou veel meer kalm en op sy gemak, ten spyte van die gevaar wat nou al nader en nader kom.

Vinnig sny oom Giel die span los en sukkel die halterriem in die perd se bek. Die volgende oomblik is hy weer op die perd se rug.

Veilig dra die vosperd hom onder die kloue van sy agtervolgers uit, dog sy makkers is reeds so ver weg dat hy geen teken van hulle kan sien nie.

Op ’n woeste galop jaag oom Giel teen die rantjiehelling aan die oorkant uit.

Die Engelse wat hom blykbaar gemerk het, open ’n hewige vuur op hom. Voor en om hom ontplof die bomme en ruk groot stofbanke omhoog. Skrikaanjaend sny die bomkoeëls en snerpende klipskerwe om sy ore en stuur koue rillings van angs deur sy vermoeide liggaam.

Die Engelse bomme dra hom feitlik oor die nek totdat hy uiteindelik, tam en uitgeput van die spanning, in veiligheid verdwyn.

Nog skrikbevange van sy grusame ondervinding so-ewe daar teen die bult uit, jaag oom Giel op ’n stywe galop teen die hang van die bult aan die anderkant af. Die vyand is nog kort op sy hakke en noudat hy ’n bietjie onder hul kloue uit is, wil hy aandruk om weg te kom.

Skielik struikel sy perd oor ’n toegegroeide sloot dwars voor hom. Oom Giel voel net hoedat die dier se rug onder hom wegraak en dan word alles donker voor sy oë.

Dit was al sterk skemer die aand toe oom Giel eindelik weer, uit ’n koorsagtige bewustelose slaap, vol skrikaanjaende droombeelde en verskynsels van sy onderbewuste lewe, in ’n mate tot homself kom.

’n Hewige pyn brand in sy kop en sy liggaam voel geradbraak en pynlik.

Eindelik word hy bewus van sy posisie: Hy lê in 'n sloot met sy kop half na onder. In die val het hy skuins van die perd se rug afgegly en so in die sloot beland.

Verbouereerd strompel hy orent. ’n Oomblik is alles donker voor sy oë, maar dan word hy skielik bewus van sy omgewing. Om hom heen troon die bossies en klippe, dreigendgeheimsinnig in die voornagskemering.

Skielik word hy iets gewaar wat sy bloed van angs laat stol: Bokant hom troon ’n donker menslike figuur, gedrogtelik groot in die skemerlig.

Dis een van die vyand, skiet dit verblindend deur sy verwarde brein; dis een van die vyand wat wag om hom die genadeskoot te gee sodra hy tot homself kom ...

Angsbevange val oom Giel plat onder die slootwal met sy gesig in sy hande verberg ... Hy wag op die skoot ... die genadeskoot wat hom van al sy smart en lyding sal verlos en hom in die ewige nag van duistemis wegsleur....

Geruime tyd lê hy so in spannende afwagting dat iets moet gebeur, dog as niks gebeur nie, skep hy weer moed en kom orent. Die figuur staan nog net so onbeweeglik op die slootwal.

Die behoefte om te praat, om iets te sê en sodoende sy oorspanne gemoed te lug, maak hom skielik van oom Giel meester.

Hy kyk die gebiedende figuur voor hom moedig aan en sê in ’n stem, skor en vreemd luid in die nagstilte:

“Neef, is jy miskien van De la Rey se mense... of van Methuen s’n...”

Die figuur bly onbeweeglik staan, asof hy vanuit sy oorheersende posisie oom Giel met koue veragting bejeen ...

Versigtig sluip oom Giel eindelik teen die anderkantse slootwal uit. Wankelend kom hy op die gelykte aan die anderkant orent... Die nagwind speel koud om sy bene en maak hom skielik bewus van die feit dat hy nie ’n broek aan het nie...

Agterdogtig dwaal oom Giel se blik van sy bene na die swart figuur daar op die oorkantse wal. Dan skiet die waarheid hom skielik te binne: In die wegjaag vir die Engelse het sy velbroek hard geword en met sy val in die sloot van sy bene afgegly en ewe parmantig en gebiedend op die slootwal te lande gekom ...

Skaamkwaad sukkel oom Giel weer deur die sloot en trek sy broek ongeduldig aan. Dit is hard en ongemaklik en kraak knersend as oom Giel aanstap ...

Oom Giel voel te moeg en te vol pyne om hom oor sy makkers te bekommer. Hy gaan sommer met sy klere en al aan, in die struikgewas onder ’n naburige bossie lê om te slaap. Na ’n rukkie val hy in ’n uitgeputte, verdowende slaap....

Die volgende oggend vind oom Giel sy perd tussen die bosse aan die voet van die rantjie.

Teen twaalfuur se kant kom hy, na baie soek en sukkel, eindelik weer by sy kommando uit net toe hulle op die punt staan om te versit van die plek waar hulle die vorige nag geslaap het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 861 gaste aanlyn