NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het...

DE LA REY (12)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

YSTERSPRUIT

Hoewel  die vyand die hele land reeds oor was en die integriteit van die republikeinse magte verbrokkel was, het die kanonne nog gedurig op die Wes-Transvaalse vlaktes gebulder, want hier het die Boere verset gebied onder bevel van hul generaal, De la Rey, die man van die onverskrokke aanval, die oorwinnaar van talle slae ...

Na ’n tydperk van betreklike rus het De la Rey weer eendag skielik die Engelse gamisoen in Lichtenburg aangeval—’n paar dae daarna was hy weer met Babington naby Geduld aanmekaar en hoewel die Boere in albei gevalle genoodsaak was om terug te val, het hulle die Engelse harde slae toegedien.

Hierna het De la Rey met sy kommando weer noordwaarts getrek, en ’n tyd lank was alles stil...

Na ’n paar dae se vermoeide trek kamp die De la Rey-kommando eindelik ver agter in die bosveld uit. Hier behoort hulle veilig onder die vyand se kloue uit te wees, dink die burgers gerus, terwyl hulle hul kampplek in orde bring.

“Ons sal seker nou lank hier rond ver toe!’,” se Piet Mentz, terwyl hy versigtig droë miskoeke op ’n brandende hopie fynhout pak.

“Ek is glad nie so seker daaromtrent nie,” se Rudolf Naudé wat ook langs die vuurtjie sit: “Om die waarheid te sê, ek voel vandag al dat iets aan die kom is ...”

“Die Generaal sal nie gou weer iets teen die Engelse waag nie,” sê Mentz toonloos: “Die mislukkings van Lichtenburg en Geduld is nog te vars in sy geheue ...”

“Dit kan nie juis as mislukkings beskou word nie,” werp Rudolf teë, “hoewel ons in albei gevalle genoodsaak was om terug te val, het ons die Engelse tog harde slae toegedien...”

“Minm... ja, miskien is dit so...” Mentz gooi ingedagte nog ’n paar miskoeke op die vuur wat nou stadigaan vlam vat, “maar tog moet dit vir ’n man soos De la Rey swaar wees om ’n geveg te moet prysgee...”

“Wel, al is ’n leier ook hoe dapper of onverskrokke,” se Rudolf afkeurend, “wat kan hy anders teen so ’n oorweldigende vyand doen as om horn skade te probeer berokken...”

“Mmm ... dis ook weer waar ... Maar afgesien van alles voel ek maar bly om weer ’n bietjie te kan rus...”

“Jy sal nie te lank tyd hê om te rus nie, ou swaer,” sê Rudolf skertsend, “ek voel so aan my daar is neukery op hande ...”

“Jou verbeelding het jou al baie bedrieg,” antwoord Mentz sinies ... “en hierdie keer miskien nog meer as enige ander...”

“Ons sal sien...” Rudolf glimlag geamuseerd.

Vroeg die middag kom die bevel skielik dat die burgers moet opsaal. Spoedig is hulle in beweging suidwaarts — in die rigting van die Selonsrivier deur die stroom waarvan hulle vroeër in die dag verder ondertoe getrek het.

In ’n digte lap bosse naby die rivierwal word skielik halt gemaak. Oombliklik volg die bevel dat hulle hulself en hul perde agter die bosse moet versteek.

’n Rukkie later gewaar hulle ’n afdeling Engelse wat in die bosse langs die rivieroewer opkom. Dit is ’n afdeling van die Imperial Yeomanry wat van die hooflaer van Kekewich afgedwaal het. Niksvermoedend kom die afdeling Engelse nader totdat hulle digby die Boerestellings is.

“Storm ...!” Die bevel kom skielik. Die volgende oomblik dreun die wêreld soos die Boere stormjaag.

Hulle sprei in twee vleuels uit om die afdeling Engelse in te sluit en voer sodoende ’n groot omsingelingsbeweging teen die vyand uit. Die Engelse, verbysterd deur die skielikheid van die aanval, jaag in verwarring deurmekaar in hul poging om weg te kom. Hulle skiet verstrooid en onsamehangend op die aanstormende Boere, terwyl hulle jaag, dog hul koeëls het geen die minste uitwerking op die aanvallers nie. In bankvaste formasie storm die Boere op hulle aan. Hulle omsingel die soldate van alle kante en na enkele oomblikke is die hele afdeling opgebreek.

’n Groot aantal Engelse is in die geveg gedood, want die Boere het ook in die stormjaag geskiet en die ander almal gevange geneem.

Ná die skermutseling trek die Boere versigtig langs die rivier af; hulle wou nou die hooflaer van die Engelse aanval. Laer af tussen die bosse van die rivier maak die kommando vir die nag halt, want dit is nou reeds so donker dat die burgers nouliks hul hande voor hul oë kan sien.

As die rooidag aan die ooste deurskemer, word die Boere uit ’n onrustige slaap, waar hulle sommer oral onder die bosse en teen hul saals vroeër die nag ingesluimer het, deur hul veldkornette en kommandante gewek.

Nouliks is dit lig genoeg om die loop van ’n geweer in die vroeë oggendskemering te onderskei, of die Engelse in die hooflaer skrik onder ’n vernietigende loodbui wakker. Skielik, vanuit alle rigtings, open die Boere ’n verdelgende vuur op die laer. Onder die skiet trek hulle gedurig vorentoe en binne enkele oomblikke is feitlik die hele rivierwal in hul hande.

Ontsettende verwarring heers nou in die laer. In radeloosheid maal die verwilderde perde, wat die vorige nag in die laer vasgemaak is en nou ’n magtelose prooi van die Boerevuur geword het, in die laer rond. Woester en woester word die verwarring in die laer en eindelik is die verbysterde perde onkeerbaar en breek met oorverdowende geraas deur die waversperring. In hul vaart loop hulle alles voor hulle plat en nou dreun dit soos hulle langs die rivier af op loop sit.

Die geteisterde Engelse magte wat inderhaas deur die offisiere in verdedigingstellings teenoor die Boere opgestel is, begin weer oral hul pasbesette stellings voor die vernietigende aanslag van die Boere ontruim. Oral vorder die Boere en oral moet die Engelse terugval.

Skielik word die vuur op die linkerkantse flank van die vyand hewiger. Helder is die duistemis ’n oomblik in daardie rigting verlig, soos die vuur van die verdedigers hervat word. Versterkings het betyds opgedaag om die Engelse laer van vernietiging te red.

Na mate dit ligter word, neem die verdediging van die Engelse al hoe sterker toe en eindelik word die Boere in hul opmars gestuit. Later is hulle verplig om terug te val, dog agter hulle in die Engelse laer laat hulle groot verwoesting na....

’n Paar dae later trek die De la Rey-kommando weer weswaarts in die rigting van Zeerust. Gedurig word die spioene uitgestuur om die omgewing te verken. Soos “wakende oë” tree die verkenners om die Boerelaer heen op. Geen vyand sou die kommando onverhoeds oorval nie....

’n Paar dae later bring die verkenners nuus van ’n groot Engelse laer wat aan die kom is. Dit is generaal lord Methuen wat op De la Rey se spoor is. De la Rey tref dadelik voorbereidings om Methuen te onderskep. Die verhale van brandstigting en verwoesting op boereplase deur laasgenoemde aangerig, het De la Rey lank reeds na ’n geleentheid laat uitsien om met Methuen af te reken.

By ’n noukeurige oorweging van die posisie besluit De la Rey om agter Methuen aan te trek. Die Engelse oormag is te groot en die kans op sukses in ’n onmiddellike aanval te gering. Dae aaneen bly De la Rey op Methuen se spoor. Gedurig stel die Generaal sy spioene uit om die bewegings van die Engelse dop te hou.

Onbewus van die gevaar op sy hakke trek Methuen niksvermoedend voort, nog steeds vasberade om De la Rey aan die hiele te lê.

Op ’n dag bring die Boereverkenners berig dat ’n groot Engelse konvooi van die hooflaer aan die afwyk is. Dit is ’n konvooi onder Von Donop, een van Methuen se vertroude luitenante.

Dadelik tref die Generaal voorbereidings om die konvooi te vang. ’n Afdeling burgers moet in ’n reeks koppies reg in die konvooi se vermeende weg stelling inneem, terwyl hyself met sy hooflaer aan die kante van die konvooi sal volg. Sodra die Generaal die geskiet hoor van die burgers wat in die rantjies posneem, sou dit vir horn die teken wees om tot die aanval oor te gaan.

Toe Von Donop die oggend op die punt staan om met sy konvooi noordwaarts af te draai, word sy aandag skielik gaande gemaak deur ’n geskiet uit ’n reeks klipkoppies reg voor hom. Dadelik beveel hy sy artillerie om die Boerestellings onder die bomme te steek.

Die aanval van die Boere was swak en in die oë van Von Donop nie juis verrassend nie, want die Engelse was noual gewoond daaraan om oral los Boerepatrollies op die lyf te loop. Dog as Von Donop die ware doel van hierdie frontaanval op sy konvooi geweet het, sou hy baie versigtiger gewees het. Dit was alles deel van die fyner uitgewerkte plan van De la Rey om die konvooi in ’n lokval te lei.

Verberg agter ’n breë rif borne wat aan die linkerkant van die konvooi strek, het De la Rey en Kemp met 600 van hul uitgesoekte manne gelê.

Oombliklik toe die kanongebulder op die voorpunt die teken gee dat die Engelse met die voorposte van die Boere in kontak was, het De la Rey sy manne in drie formasies uit hul skuilplekke tussen die borne te voorskyn laat tree. Soos ’n afdeling Hongaarse ruitery het die Boere op die vyand aangestorm. Geen vyandelike mag kon hul vaart stuit of geen doodsgevaar hul moed demp nie ...

Die flankkolonnes, wat die konvooi moes beskerm, is oombliklik deur die aanstormende Boere uitgewis en die hele konvooi ’n oomblik later in verwarring uitmekaar gejaag. Die vyand, verbysterd deur die skielikheid van die aanval, het swaar verliese gely. Von Donop self het temouernood uit die Boere se hande ontsnap, want hoewel die Boere ’n onbetwisbare oorwinning in die skermutseling behaal het, het die hewigheid van hul aanval later skielik afgekoel. Dit het vyandelike versterkings kans gegee om van die hooflaer af op te kom en die bedreigde konvooi te ontset.

De la Rey het blykbaar net die aanval bedink om die vyand skade te berokken, want gedurende die aanval het dit die Boere geluk om ’n hele aantal waens buit te maak en baie van die ander te vemietig.

Die volgende oggend ontbied generaal De la Rey vir Rudolf na sy tent. Gedurende die nag het die kommando weer weswaarts getrek en teen die oggend se kant het hulle baie ver weg gestaan van die plek waar hulle Von Donop verras het.

“Ek wil ’n baie gevaarlike taak aan jou opdra, ou seun,” sê die Generaal later toe Rudolf in sy tent staan: “Dis ’n spel waarin jy, nog meer as ooit tevore, jou lewe sal moet waag...”

Die Generaal swyg ’n oomblik terwyl sy blik ondersoekend op Rudolf rus.

“Ek wil hê jy moet weer onder die Engelse ingaan om te spioeneer, Naudé ... Ek het so pas berig ontvang van groot vyandelike versterkings wat hier op Wolmaransstad saamgetrek word... Ek wil hê jy moet onder hulle ingaan en uitvind wat hul planne is...”

Rudolf knik stilswyend. Hy besef ten volle die gevaar van die taak wat die Generaal aan hom opdra. As die Engelse hom sou vang, sou hulle hom sonder genade doodskiet.

Asof hy die jongman se gedagtes lees, vervolg die Generaal: “Dis ’n uiters gevaarlike taak, Naudé en jy sal baie versigtig te werk moet gaan ... As die Engelse jou vang, sal daar geen genade wees nie, vernaamlik as hulle moet uitvind dat jy een van my spioene is...”

Later in die aand ry Rudolf in die uniform van ’n Engelse offisier in die rigting van die dorp. Van veraf merk hy die twee Engelse wagte voor die dorpshek.

“Halt...! Who goes there...! ” Die bevel klink onheilspellend hard in die nagstilte op.

Rudolf gee die wagwoord.

“Van wie se mense is u...?” vra die een wag op sagter toon as Rudolf naderkom.

“Generaal Babington s’n... Ek moet genl. Von Donop oor vername militêre sake spreek...”

Die wagte staan gedienstig opsy en salueer terwyl Rudolf deurry.

“Waar is die offisiere se kwartier, manskap...?” vra Rudolf die een wag skielik voordat hy verder ry.

“Reg af in die hoofstraat, Meneer... u kan dit onmoontlik misloop ... u sal dit sommer dadelik raaksien...”

Rudolf gaan nie dadelik na die offisierskwartiere nie. Hy het die vraag gestel om sy storie des te oortuigender te laat lyk. Hy gaan eers by die hotel aan om vir hom 'n kamer te kry waar hy die nag kan oorbly en sy planne agtermekaar bring.

Die volgende dag begin hy met sy spioenwerk. Hy gaan oral onder die soldate rond. Almal behandel hom met eerbied. Hy knoop gesprekke met die soldate aan op so ’n manier dat dit geen agterdog wek nie. Onder andere vind hy by hulle uit dat hulle 'n paar dae tevore ’n Boerelaer in die omgewing verras en ’n groot aantal gevangenes gemaak het. Ook verneem hy dat die Engelse opperbevel nou van plan is om sy verwoestingsveldtog teen die omliggende plase te verskerp.

Later gaan hy by die offisiere se kwartier drink en ook hier word hy met gulhartigheid en hoflikheid ontvang. Die kêrels is joviaal en belangstellend en laat hom sommer tuis voel. Partymaal vra een hom ’n lastige vraag en dan moet hy skerpsinnig en raak dink om verby te kom.

Net met die instelling van die heildronk op die Koning is hy ‘n bietjie onhandig en nie heeltemal op sy plek nie. Party kyk hom ’n bietjie agterdogtig aan asof hulle die vrede nie heeltemal vertrou nie. Dit geluk Rudolf egter om hierdie onaangenaamheidjie gou weer uit die wêreld te maak. Die kêrels lag en skerts met mekaar en gesels hiervan en daarvan, maar uiteindelik kom die gesprek weer op die onvermydelike oorlog   af.

“Ek dink die oorlog sal een van die dae oor wees,” sê een van die offisiere, terwyl hy ingedagte ’n teug uit sy glas neem, “die Boere kan nou nie meer te lank uithou nie...”

“Ja, verbrands,” sê ’n ander onthuts. “As dit nie vir daardie ver...  De la Rey was nie, was die oorlog seker lankal afgeloop...”

“Selfs hy sal dit nie meer lank kan volhou om uit ons kloue te bly nie,” vervolg die eerste spreker. “Ons is nou van plan om hom van alle kante toe te trek... Hy sal maar ook naderhand verplig wees om tou op te gooi...”

“Ek hoop net ons kry hom gou in die hande,” sê die een offisier ’n bietjie opgewonde. Hy het skynbaar ’n bietjie te veel gedrink en het gevolglik nou nie meer te goed beheer oor sy tong nie... “Dit is darem maar ’n skande dat ons met so ’n klomp agter een man moet aanjaag... Ek is eerlik genoeg om te erken dat ek niks van die idee hou nie...”

“Jy praat bog,” sê ’n ander offisier, half skaamkwaad, “jy weet goed dat die Boere in hierdie land groot geword het en dus baie beter bekend is met al die wegkruipplekke as ons... Wag maar ’n bietjie; binnekort sal ons vir De la Rey hê en dan sal ons weet hoe om met hom af te reken...”

“Ek hoop maar net jy praat die waarheid,” vervolg die eerste spreker sinies, “maar ek weet net, alles wat jy beweer, moet nog eers bewys word...”

Onwillig om die gesprek verder in die rigting te laat gaan, begin die manne nou oor ander dinge praat:

“Tussen hakkies,” vra die vorige spreker aan sy maat langs hom, “gaan jy more saam met daardie konvooi Klerksdorp toe...”

Rudolf spits sy ore.

“Ja, ek gaan as een van kol. Von Donop se lyfwagte...”

“So ... en weet jy miskien hoe ’n groot mag die konvooi gaan vergesel...?”

“Nee, ek kan nie presies sê nie, maar ek reken stellig dit sal omtrent die hele hooflaer wees.”

“Maar watter konvooi is dit wat julle manne van praat....?” Ten spyte van sy poging om kalm te bly, kan Rudolf nouliks sy opgewondenheid bedwing. Die hand waarmee hy die glas op die tafel neersit, bewe effens...

’n Koue rilling gaan deur sy liggaam as hy sien hoedat die twee offisiere hom met agterdog bejeën. Sou hy sy mond verby gepraat het, dink hy skielik vreesbevange.

“0,ja,” sê die een offisier onverskillig na ’n kort pouse, “jy is natuurlik ’n nuweling en sal dus nie weet waarvan ons praat nie... Ons praat van die konvooi wat genl. Von Donop Klerksdorp toe gaan neem om voorrade te haal...”

“So,... en wanneer is hy van plan om te vertrek?” Rudolf het nou sy selfbeheer herwin en voel heeltemal gerus gestel en op sy gemak.

“Moreoggend vroeg so teen ses- of seweuur se kant... Net sodra die voorbereidings klaar is...”

“Gaan julle sommer die reguit pad Klerksdorp toe vat of gaan julle met ’n opsetlike draai ry...?”

Rudolf besef skielik weer dat hy te veel gesê het. Die opgewondenheid oor die nuus wat hy so pas gehoor het en die groot hoeveelheid drank wat hy gedrink het, het hom senuweeagtig gemaak, dink hy effens ergerlik. Dog oombliklik herwin hy sy selfbeheer.

‘'Julle kêrels moet my nie verkeerd verstaan nie,” sê hy doodbedaard sonder die geringste teken van opgewondenheid... “ek het niks daarby voor om te vra nie...”

Die een offisier lag: “Dis nie oor jou vraag dat ons verbaas is nie, maar meer oor die onkundigheid daarvan,” sê hy skertsend: “Daar is maar net een pad wat ons kan vat Klerksdorp toe en dit is die gewone... Ek dog jy wis daarvan....?”

“Nee, ek is heeltemal onbekend met die wêreld hier rond,” sê Rudolf, “dus is julle van plan om die grootpad te neem...”

“ Ja en as alles goed gaan, sal ons omtrent moreaand op Ysterspruit staan... Ons sal moet gou speel, want die voorrade hier in die hooflaer is klaar...”

Rudolf stuur die gesprek nou opsetlik in ’n ander rigting. Hy gesels nog ’n lang ruk met die kêrels en dan neem hy onopgemerk sy afskeid. Teen dié tyd was die kêrels ook al so hoog geswael dat dit hom nie veel moeite gekos het om weg te kom nie ...

Middernag is hy onopgemerk langs ’n geheime paadjie uit die dorp weg. Teen dagbreek die volgende oggend kom hy weer by die De la Rey-laer aan.

“Jy het goeie werk gedoen, ou seun,” se die Generaal toe Rudolf hom later van die gebeure vertel, “jy dra alle lof daarvoor weg...”

Dadelik begin die Generaal voorbereidings tref om die Engelse aan te val: Al die Boerekommando’s in die omgewing moet aangesê word om by sy hooflaer saam te trek. In alle rigtings word verkenners uitgestuur: Sommige om die beweginge van die Engelse dop te hou; andere om die Generaal se bevele aan die omliggende kommando’s oor te dra.

Rudolf, ten spyte van al die vermoeienis wat hy gedurende die afgelope paar dae moes verduur, is ook al weer in die saal. Dwarsdeur die dag bly hy ry om al die kommando’s by te kom. Teen sononder se kant ry hy in ’n noordwestelike rigting om by kmdt. Vermaas se kommando te kom. Dit sou die laaste kommando wees wat hy vandag sou bykom.

Terwyl hy teen die lang bulte uittry in die rigting waar die kommando lê, merk hy skielik die donderweer wat donker opkom: Dit gaan vanaand reën, dink hy onrustig.

Skielik merk hy ’n reeks bosbegroeide koppies ver voor hom, swartopskemerend in die donkerte. Kommandant Vermaas se kommando moet agter daardie koppies lê, sê hy teen homself, terwyl hy spore in sy perd se sye druk en hom op 'n stywe galop trek...

“Halt...! Werda...!” Nogeens hoor hy die skerp, gebiedende bevel van die wag in die nagstilte opklink, dog hierdie keer ondergaan hy nie dieselfde gewaarwordinge as by daardie vorige geleentheid nie. Nou klink die bevel vir horn vriendelik, gerusstellend, in teenstelling met daardie vorige geleentheid toe angs en onsekerheid sy siel omklem het.

“’n Vriend...” Rudolf bring sy perd onverskillig langs die wag tot stilstand en spring moeg uit die saal...

“Rapporte van genl. De la Rey; ek moet die kommandant sien...” Die wag vergesel hom tot by die tent van kommandant Vermaas.

Die kommandant gee dadelik gehoor aan die bevel wat Rudolf aan hom oorhandig. Onmiddellik word die kommando aangesê om vir die opmars in gereedheid te kom.

Toe die kommando ’n rukkie later in beweging kom, was die weer op hande. Voortdurend is die donker vlaktes om hulle verlig deur die weerligstrale wat onafgebroke deur die betrokke lug skeur. Donderslae volg kort op mekaar en skud die grond onder hul voete.

Toe die kommando oor die bulte trek in die rigting van Ysterspruit, begin dit hard reën en na ’n rukkie is almal druipnat. Nou is die nag so donker dat niemand sy hand voor sy oë kan sien nie. Slegs die gedruis van die neerstuiwende reën en die geplons van die perde se pote in die modderige kuile is hoorbaar.

Moeilik vorder die opmars van die kommando teen die bulte uit in die donkerte. Eindelik bedaar die reën bietjie en toe die kommando ’n rukkie later op die vlakte uitkom, kan die burgers die paraffienvure in die Engelse laer duidelik sien brand.

Nou hoor hulle ook skielik die geknetter van geweervuur uit die vlakte weerklink: Die aanval het reeds begin.

Die Kommandant moedig dadelik sy burgers tot groter inspanning aan. ’n Rukkie later is hulle op die toneel. Die kommando maak net betyds sy verskyning op die gevegsterrein:    ’n Paar oorhaastige aanvalle van heethoofdige aanvoerders wat teen die bevele van die Generaal in gehandel het, het op mislukkings uitgeloop en ’n hele paar keer is die Boere teruggedryf deur die Engelse, wat, hoewel nie bewus van die beplande aanval op hul laer nie, tog voorbereid daarop was.

Nou trek die Boere die Engelse laer in ’n halfmaan om en vorder tot op ’n geringe afstand van die Engelse in die donkerte voordat hulle begin skiet.

Dadelik is daar ’n vreeslike warboel in die kamp. Soekligte word rondgeskyn; kanonne bulder en perde runnik, dog die kanonne skiet oorheen en in die donkerte is niks van die Boere sigbaar nie, behalwe die geblits van hul gewere. Dit begin weer hard reën en die weer dreun aanhoudend, maar onder die rumoer kruip die Boere al hoe nader aan die laer. As die geweld van die elemente weer ’n oomblik bedaar, breek die geveg in al sy hewigheid los. Binne ’n oomblik is die lug ’n inferno van snerpende koeëls en ontploffende bomme.

As daar weer !n oomblik stilte in die vreeslike krygsrumoer kom, is net die gekerm van gewondes hoorbaar. Party bid; andere vloek of sing; gewonde perde en muile runnik bloedstollend in die donkerte.

As die weerlig slaan en die omgewing ’n oomblik verlig, is die water rooi gekleur van die bloed van mens en dier, sigbaar rooi soos dit oor die klipbanke spoel.

Op die linkerkantse flank het die Boere hulle egter reeds gewaar en genl. Jan Celliers sit hulle met sy burgers agterna en skiet hulle in die wegjaag dood.

Toe dit begin lig word, gee die Engelse eindelik oor. Dit was een van die skrikwekkendste gevegte van die oorlog wat hom daardie dag op Ysterspruit afgespeel het en ook die Boere het groot verliese te betreur gehad; onder andere het veldkomet Louw en die dapper, reeds vermaarde Lichtenburgse veldkornet Lemmer, die aand gesneuwel.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1082 gaste aanlyn