NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer jy siek is, is jou hele menswees siek, ook jou  verstand, jou emosies en jou gees. As jy na die Here vra wanneer jy siek is kan jy seker wees dat Hy nooit ver van jou af is nie. Skep moed, vra God wat sy doel met jou lyding is, en jy sal nuwe sin in die lewe vind as gevolg van hierdie moeilike tyd.

DE LA REY (11)

Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by

De la Rey

DIE SLAG TEEN DIE KONVOOI

RUDOLF het dit slegs aan genade toegeskryf dat die huis van oom Giel van Zyl nog nie deur die Engelse afgebrand is nie. Dit was een van die paar wonings in die uitgestrekte Wes-Transvaalse punt waarin hy meestal verkenningswerk verrig het, wat nog nie die vlamme ten prooi geval het nie. Elke nag kon hy, al verder op die omringende bulte en rante na Vaalrivier se kant toe, in die rigting van die Magaliesberge noordwaarts, die dowwe gloed van huisbrande sien. Dit was soos ’n kring vlamme op die grens van ’n tot as verbrande sirkel. Want binne in daardie kring was daar net verwoesting: Swart puin van groot Boerewonings wat eenmaal sierlik tussen die landerye gepronk het.

Soms het nog net die helfte van die mure oorgebly en die het weggekrummel na gelang die somerreëns daaroor getrek het. Die gapende vensters met die houtskool en as daarbinne, die lee, verlate werwe, die verweerde oorblyfsels van waens en karre en in die bouvallige krale wat meestal deur die vyand onder die bomme gesteek is, die geraamtes van vermoorde diere, het soms ’n swaaimoedigheid in horn wakker gemaak wat aan wanhoop gegrens het. Is dit oorlog soos dit deur ’n beskaafde moondheid gevoer word? Al die nodelose verwoesting van wat vlytige hande deur ’n halwe eeu opgebou het... die barbaarse vemietiging en verminking van beeste, skape en perde?

De la Rey het dikwels aan horn gesê dat daar net een antwoord op die wandade is: Betaal die vyand terug in sy eie munt. “As een van hul konvooie in my hande val, ou seun; of een van hul voorraadskure, sal daar niks van oorbly nie. Ons sal nie hul diere vermoor of, as hulle vroue en kinders gehad het, dié om die lewe laat bring nie, maar ons sal hulle laat betaal. En as hulle bankrot betaal is, sal hulle miskien die oorlog staak.”

Rudolf het geweet dat De la Rey skertsend praat. Sy Generaal het lankal, soos hy, besef dat Brittanje nie nou kon terugdraai nie. Hy het reeds te ver gevorder op die pad wat hy ingeslaan het. Radeloos in sy onmag om die Boere se kommandostelsel op te breek en sy dapper handjievol vyande tot oorgawe te dwing, het hy oorlog verklaar teen die swakkeres.

Soos ’n eindelose panorama van lyding, soos die tonele van ’n gruwelverhaal uit die oertyd, het die geskiedenis van die Boerevolk nou vir Rudolf voorgekom. Soms het hy in wanhoop gedink dat dit die einde van sy nasie is: Dat sy mense nooit weer uit hierdie marteling, uit hierdie onbeskryflike smaad waarin hulle neergeslaan is, as ’n volk sou opstaan nie. Dan weer het die gedagte hom getref dat God se weë ondeurgrondelik is; dat Hy, ver bo die heerskappy van die valse beskawing wat hierdie wandade pleeg, die lotgevalle van die volk bestier.

Moes elke volk so ly om ’n groot kultuur voort te bring? Hierdie tienduisende onskuldiges wat in smaad en eensaamheid moes sterf, was hulle die offerande wat Hy vereis het, voordat Hy ook aan hierdie jong volk sou sê: “Ek sal julle groot maak, omdat julle gereinig is”? Soms het ’n blinde haat hom oorweldig en dan het hy roekeloos gesê:

“Nooit durf ons dit vergeet nie—hierdie onreg; tot aan die einde van die tyd sal ons dit onthou en ons sal vergelding eis hiervoor...”

Op ’n aand was hy saam met generaal De la Rey in sy tent toe ’n verkennersrapport aan die Generaal oorhandig word. De la Rey het dit swygend gelees en toe hy na Rudolf opkyk, was daar ’n smeulende vuur in sy donker oé: “Lees dit, Naudé.”

Rudolf het die rapport geneem en die verhaal wat hy daarin gelees het, het soos ’n vuurkool in sy siel ingebrand; en op daardie oomblik het hy geweet dat, wat ook al met hom gebeur in die jare wat voorlê, watter verskrikkinge hy ook al sou moes verduur, hierdie verhaal sou hy nie vergeet nie. Hy het ook geweet dat hy altyd met ’n verskriklike haat daaraan sou terugdink, ’n haat wat nooit versadig sou word nie. Hy sou aanhou bid dat dit vergeld moet word en as die oomblik van afrekening kom, sou hy self vergelding daarvoor eis...

Dit was ’n volledige verslag van een van die eerloosste wandade waarvan hy nog gehoor het. Alles wat hy dusver in hierdie oorlog van onmenslike, onverantwoordelike misdade teengekom het, het skoon en edel voorgekom in vergelyking daarmee.

Op ’n plaas in die distrik Rustenburg het ’n verraaier, wat ’n honderdtal swartes onder sy bevel gehad het, ’n klein vrouelaer oorrompel. Die aanvoerder van die bende het die swart barbare volmag gegee om te doen wat hulle wil. Hulle het die vroue verkrag en die kinders gedwing om toe te kyk...

Daama het hulle die vrouelaer laat gaan. Die verkenner het op die vroue afgekom... net twee het oorgebly, die ander het beswyk van die skok wat hulle ondervind en die afsku wat hulle vervul het... waar hul twee waens voor ’n verlate, geplunderde Boerewoning uitgespan was.

Die een was kranksinnig en het met wildstarende oë eenkant in die voorhuis gesit; die ander het in ’n swak toestand op ’n ou kampbed gelê. Dit was duidelik vir Rudolf dat sy wou sterwe. Vir haar sou die jare wat voorlê, geen hoop inhou nie, want die verskriklike vernedering wat sy deurgemaak het, sou altyd soos ’n donker wolk oor haar lewe hang. Die verkenner het met haar gepleit en haar probeer moed inpraat.

Dit is oorlog, die soort dinge moes onvermydelik gebeur; ander het dieselfde verskriklike lot ondervind. Maar sy pogings was tevergeefs en hy het besluit om in die nabyheid te bly en ’n beskermende hand oor hulle te hou. Die volgende middag is die vrou dood, maar toe sy sterwe het sy kalm orent gekom.

“Ek wil ’n beëdigde verklaring aflê, Neef,” het sy sag gesê. “Ek wil hê jy moet skryf wat ek jou vertel...” Moeisaam het sy die verhaal vertel; woord vir woord. Die verkenner het dit woordeliks neergeskryf. En toe hy klaar was, het die vrou met bewende hand die dokument onderteken...

Die verkenner het die oorblywende vrou en die vier verwilderde, byna kranksinnige kinders na die hoofvrouelaer in die nabyheid geneem.

Rudolf kon die bittere wrok in sy siel nie langer beteuel nie.

“Waarom laat God sulke dinge toe, Generaal? Waarom slaan Hy hulle nie oor hierdie misdade nie? Dit is hulle wat die dinge toelaat. Dit is hulle skuld ... ander het dit gedoen, maar hulle sal die verantwoordelikheid daarvan dra...”

De la Rey het hom vermaan oor sy bitterheid: “God ken sy tyd, Naudé. Hy dink nie in dae of jarenie. Soms dink Hy in eeue. Maar Hy vergeet nie en die wraak kom Hom toe. Laat ons nie teen Hom in opstand kom oor hierdie dinge nie, want sy doel is vir ons verborge

Rudolf was te verblind deur woede, sy hart te opstandig om na die wyse vermaning te luister. Maar in die dae daarna het die woorde tot hom teruggekom:

“Die Generaal is reg. God laat geen onreg ongestraf nie en sy straf is regverdig. Miskien sal myne te bitter wees, as ek vergelding van hulle kon eis...”

DIT het hom moed gegee dat die beskaafde wêreld net so geskok is as hy oor die onreg wat teen sy volk gepleeg word. Die bitterste verset teen die oorlog het uit Engeland self gekom en Rudolf het met eerbied gedink aan name soos die van Henry La Bouchere, Frank Harris, Olive Schreiner en andere wat dag na dag die Boere se saak in die goedgesinde koerante bepleit het.

En daar was een man onder hulle wat hom die oorlog aangetrek het asof hy persoonlik daarvoor verantwoordelik was. Hy was ’ n Engelse predikant wat elke Sondag vanaf die kansels van die grootste kerke in die Engelse hoofstad die regering gestriem het oor die ongeregverdigde stryd wat hy teen ’n onskuldige nasie aangeknoop het.

“We have no right to plead with Christ, while that monstrous war is raging. Let us not dare face Him in prayer, for we have covered ourselves with sin and iniquity...”

Wanneer hy soortgelyke koerantberigte gelees het, het Rudolf die oorlog in ’n ander lig gesien. Dan het dit hom nie meer voorgekom as ’n verlore stryd nie, maar as ’n noodsaaklike skok om die slapende gewete van die mensdom wakker te skud...

* * *

Drie dae voordat die Engelse oom Giel se huis afgebrand het, het Rudolf van hul planne geweet. Hy het dit verneem van die getroue swarte wat by die twee vroue gebly het. Die ou skepsel het hom meegedeel dat ’n naturel in kakieklere die aand tevore in sy stroois geslaap het. Die naturel het baie gedrink en in sy beskonkenheid het hy alles uitgelap. Oor drie dae sou die Engelsman kom en die huis afbrand en die duusvroue na die kamp neem...

Toe die brandstigters die huis bereik, was dit leeg. Rudolf het Johanna en haar tante na die hoofvrouelaer geneem, maar die meeste besittings het in die slag gebly.

Die vrouelaer het naby Lichtenburg gestaan toe dit skielik deur ’n Engelse oormag oorrompel is. Die handjievol burgers wat beskerming aan die laer moes verleen, het hulle dapper geweer en die vyand lank genoeg teruggeskiet om die helfte van die vroue in staat te stel om te ontvlug. Onder hierdie vlugtelinge was Johanna en haar tante. Tant Hannie het in die watent gelê, in ’n koorsige toestand. ’n Paar dae tevore het sy ’n hewige aanval van swartwaterkoors gekry.

Sy het aanhoudend geyl en Johanna het nagte lank wag gehou by haar. Maar die gebrek aan mediese dienste en behoorlike versorging het haar einde bespoedig. Omstreeks eenuur een nag het sy stil gesterf, met Johanna se hand vertroostend in hare.

Die meisie het lank stil gesit by die dooie. In die afgelope jare het sy die ouer vrou leer liefkry en nou was dit soos daardie middag toe sy verneem het dat haar moeder in die konsentrasiekamp gesterf het. Sy was alleen; die ander vroue het geslaap en sy wou hulle nie gaan wek nie. Dit was al wat hulle kon doen in hierdie bitter dae: Om elkeen haar eie verdriet te dra en niemand anders daarmee te belas nie. 'n Vreemde verlatenheid het oor haar gekom en in haar oë was daar net die leë wanhoop van een wat stom geslaan is deur verdriet.

Maar toe het dit soos ’n boodskap na haar gekom: Uit die smart van haar volk, die stomme leed van die lydendes: Niemand is alleen wat in Horn vertrou nie. En Hy is sterker as alle onheil, sy liefde is groter as alle bitterheid en alle wanhoop.

Dit was of ’n Hand haar aangeraak het, vertroostend en versterkend en of ’n Stem uit die nag tot haar gespreek het: “Ek sal julle lei, soos Ek jul vadere voor julle gelei het: Vrees nie en vertrou op My ...

Die volgende middag is tant Hannie begrawe in ’n oorlogskerkhof langs die pad. In die sonnige stil middag het die vroue en die paar mans wat haar graf gegrawe het, met ontblote hoofde gestaan, terwyl Rudolf ’n kort gebed gedoen het. Johanna het langs hom gestaan, haar gesig bleek van die spanning wat sy verduur het.

Rudolf wat altyd sku was om te praat in die aanwesigheid van ander mense, het vanmiddag ‘n vreemde ems in sy siel gevoel. Die klein skaar mense onder die wye Wes-Transvaalse hemel, verlore in die vlak oneindigheid van die veld; die oop graf aan sy voete en die stil verdriet van die meisie langs hom, het sy hart aangegryp met  'n beklemmende ontroering. Sy woorde was eenvoudig; ’n noodkreet dat God hulle, vir hom en Johanna en al die stil, verdrietige mense om hulle, vir al die mense van hul volk, moet sterk om nie kleinmoedig te word nie. “Ons is bereid om te ly, o, God, vir wat ons regte is, wat ons vaders met hul bloed gekoop het. As dit u wil is dat ons in die stryd moet ondergaan, dan weet ons dat U ook daarmee ’n doel het. Maar o Heer, laat ons net die versekering behou dat ons nie tevergeefs sterwe en ly nie; dat hierdie smart eenmaal onthou sal word en dat ons lyding sal help om die bose onreg van die verdrukker eenmaal te vergeld...”

Later, toe die mense teruggestap het na hul waens, het Johanna en Rudolf by die graf bly staan. Hulle het lank in die verte gekyk, waar die vlak veld daal in die oneindigheid van die dag, asof daar hoop is in ’n toekoms wat nog ver voor hulle is, onsigbaar agter die kruitdamp en die verwoesting wat hulle nou omring...

 

RUDOLF NAUDÉ en ’n paar van sy beste manne is vanoggend weer uit op verkennerswerk. Behoedsaam ry die drie verkenners al teen die hange van die Magaliesberge in ’n weswaartse rigting af. Elke keer hou hulle stil om die omgewing te bespied voordat hulle verder gaan. In die vleie aan die voet van die berg ry hulle vinniger. Dit gaan nou op ’n stywe galop oor heuwelrûe, teen skotige afdraandes af, deur panne en valleie.

Op die kruin van ’n naburige heuweltjie maak Rudolf skielik halt en bring sy verkyker aan sy oë; sy makkers volg sy voorbeeld. Onder in ’n lang laagte, etlike myle weg, merk Rudolf ’n swart streep doringbome. Sy oë volg die streep doringbome en verder af in ’n opening tussen hulle deur merk hy skielik ’n rooi streep: Dit moet ’n pad wees, dink Rudolf stilswyend.

“ Watter pad is daardie, Jan?” vra hy aan een van sy maats langs hom terwyl hy die rigting aandui.

Jan bring sy verkyker voor sy oë en kyk in die aangeduide rigting.

“Ek dink dis die Rustenburg-Pretoria-pad,” se hy na ’n oomblik: “Ek weet nie van ’ n ander pad wat hierlangs verbygaan nie... ”

Rudolf hou sy verkyker stip op die rooi pad tussen die doringbome gerig. Skielik merk hy iets wat sy hart onstuimiger laat klop: ’n Stoffie slaan uit op die rooipad en die volgende oomblik verskyn ’n swart voorwerp in die opening waar die pad tussen die doringbome sigbaar is. Dan volg ’n lang ry bewegende swart voorwerpe; die een na die ander.

“Kyk daar onder in die rooipad; wat is dit wat daar verbygaan?” Rudolf dui opgewonde in die rigting waar die pad rooi tussen die doringbome sigbaar is. “Kan julle uitmaak wat dit is... ?”

“Dit lyk vir my soos waens,” antwoord Jan opgewonde, “ossewaens...”

“Magtig, maar dis ’n klomp,” se Rudolf verras: “Dis feitlik ’n hele konvooi... Dit het natuurlik iets te doen met die vyand; ons behoort in elk geval seker te maak...”

Sonder verdere aarseling ry die drie verkenners langs die hang van die bult af in die rigting van die konvooi. Onopgemerk nader hulle tot digby die pad. Nou merk hulle wat dit is: Dis ’n groot konvooi waens van die vyand wat in die rigting van Pretoria trek. Die waens skyn egter leeg te wees en is blykbaar op die terugtog van ’n sending wat hulle reeds uitgevoer het.

“Dis een van die grootste konvooie wat ek nog ooit gesien het,” fluister Rudolf opgewonde aan sy maats, terwyl hulle van agter doringbosse op ’n kort afstand van die pad die verby trekkende waens sit en betrag: “Ek sweer dit het iets met die voorradevoorsiening van die Engelse garnisoen in Rustenburg te doen... Ons moet meer omtrent hierdie konvooi uitvind, kerels...”

Die drie burgers maak hul perde in 'n doringryke lopie vas en sluip versigtig in die swart doringbome op tot digby die pad. Die konvooi gaan vlak onder hul neuse verby. ’n Endjie verderaan is ’n skerp draai in die pad en daaronder verdwyn die waens nou een na die ander. Eindelik is die laaste wa om die draai en nog het die verkenners niks ontdek wat vir hulle enige lig op die geheim kan werp nie.

Skielik hoor hulle ’n gebabbel. ’n Paar swartbagterryers kom geselsend in die pad agter die konvooi aangestap.

“Ons moet die swartes vang,” fluister Rudolf, “dis al hoop wat ons het om iets uit te vind ...”

As die swartes regoor hulle kom, spring die drie verkenners hulle skielik voor...

“Hensop ... !”

Die swartes se hande gaan omhoog. Verbysterd, met wydgerekte oë, staar hulle die Boere aan.

“Wie se waens is daardie ... ?” Rudolf se stem klink streng, gebiedend, terwyl sy blik deurdringend op die swartes rus.

“Dis die Engelsman s’n, Baas,” antwoord ’n groot, oorlamse Basoetoe wat nou in ’n mate van sy skrik herstel het.

“So ...”

“Ja, Baas ... Maar auk, my Baas,” gaan die swarte skielik pleitend voort: “Die Modimo hoor my; ons het niks kwaad gedoen nie ... Ons was net die agterryers ...”

“Toemaar, ou,” sê Rudolf ongeërg, “ons sal julle geen kwaad aandoen nie, maar dan moet julle net die waarheid praat ... Ons wil net die waarheid weet...”

“Nee, dis seker, Baas ... Ons sal net die waarheid praat.” Die ou wend sy blik ’n oomblik af op die pad voor hom.

“Waar gaan die waens nou heen en wat gaan hulle doen?” kom Rudolf se gebiedende vraag onmiddellik.

“Nee, dit kan ek nie sê nie, Baas,” antwoord die swarte ontwykend.

“Dis maar op Rustenburg waar ek vir die eerste keer by die Engelse aangesluit het... Ek weet glad nie waar hierdie waens heengaan of wat hulle gaan doen nie...”

“Kyk outatjie.” Rudolf se stem klink koud en onverbiddelik: “Ek is nie gediend met jou streke en grappies nie... Ek het jou ’n vraag gevra en ek wil die waarheid weet; net die waarheid...”

“Maar ek het die waarheid gepraat, Baas,” sê die kaffer met ’n verontskuldigende blik in sy oë. “Ek weet niks meer as wat ek die Baas gesê het nie...”

“Nou-ja, dit kan jy maar vir die duiwel gaan vertel.” Rudolf rig sy rewolwer vasberade op die swarte se voorkop. “ As jy nie binne tien tellings alles sê wat jy weet nie, blaas ek jou harsings uit...”

“Asseblief... Baas... ek sal vertel...” stamel die swarte, verbysterd van vrees. Hy is asvaal van die skrik en sy oë staar wydgerek en verstar uit hul kaste.

“Nou toe, praat; dadelik... of ek skiet...”

“Hierdie waens van die Engelsman, hulle gaan by Pretoria om goed vir die soldate in Rustenburg te gaan haal... Hulle doen dit so een- of tweemaal in die week...”

“En hoe laat sal die waens weer hier verbykom...?” Rudolf kyk die swarte kwaai aan.

“Nee, dit weet ek nie seker nie. Baas, maar ek reken so by drieuur se kant...”

“Jy is in elk geval seker daarvan dat hulle weer vandag sal terugkom...”

“Ja-nee, Baas, daarvan is ek seker...”

“Nou-ja, my outatjies,” se Rudolf ongeërg, “julle kan weer terug na jul base gaan as ons eers met hulle afgereken het... Nou moet julle maar eers saam met ons kom ... Stap aan...”

Die kaffers gehoorsaam nukkerig bang sy bevel en stap met hangende gesigte voor die perde aan. Elke keer moet hulle net haas om voor die perde se pote weg te kom, want die Boere is haastig en ry vinnig.

* * *

GENERAAL De la Rey is die ene vuur en vlam oor die rapporte wat sy verkenners hom in verband met die konvooi bring. ‘‘Julle het goeie werk gedoen en ek voel trots op julle.”

“Wat sal ons met die swartes aanvang, Generaal? Ek bedoel die drie agterryers wat ons gevang het...?”

“Hulle het darem niks gedoen wat ons sou regverdig om hulle dood te skiet nie, ou seun, hoewel hulle in die Engelse se diens was,” sê die Generaal, “ons moet hulle maar ’n paar dae gevange hou en dan weer laat gaan...”

Nou word opdrag aan al die kommandante gegee om reg te staan. Alle kommandantskappe word in slagorde opgestel, gereed vir die opmars.

Vroeg die middag trek die hooflaer suidwaarts by ’n rifagtige nek om. ’n Afdeling van 800 man word verderaan by ’ n poort versteek, terwyl die ander burgers opdrag kry om vorentoe posisie in te neem.

Na ’n paar uur van koorsagtige bedrywigheid is die voorbereidings getref en nou wag die burgers in spanning op die koms van die vyand.

’n Ruk later bring die verkenners, wat vroeër die middag vooruit gestuur is om te spioeneer, die nuus dat die Engelse kom. ’n Rukkie later sien die burgers, wat in twee flanke vorentoe van die hooflaer af posisie ingeneem het, ver ondertoe tussen die doringbome op die vlakte, stof uitslaan waar die konvooi aan die kom is.

Gespanne wag die burgers dat die uur van handeling moet aanbreek. Hul harte klop onstuimig en hul vingers omklem die wapens in hul hande al hoe krampagtiger. Hul oë volg die sheep stof waar die konvooi langs trek en wat nou vinnig naderkom.

Doodgerus en onwetend van enige gevaar wat vir hulle mag voorlê, kom die Engelse nader. Hulle is reeds so naby dat die Boere vanuit hul skuilplekke elke beweging van die konvooi noukeurig kan volg.

Skielik kom die waens tot stilstand. Die voorste Engelse het die Boere gewaar. Oombliklik volg ’’n hewige skermutseling. Van uit hul skuilplekke aan weerskante van die konvooi open die Boere 'n dodelike dwarsvuur. Die osse voor die waens word ongenadig doodgeskiet en baie spanne slaan in verwarring op die vlug, die ruigtes in.

Na ’n rukkie is die toneel een van verskriklike verwoesting: Waens wat omgekeer le: Dooie liggame van mens en dier wat oral verstrooid lê; gewondes wat kerm en diere wat in verbystering bulk en spook om uit die verskrikking weg te kom.

Dog die sterk Engelse mag wat die konvooi vergesel het, was blykbaar nie van plan om die stryd so gou gewonne te gee nie. ’n Groot mag Engelse het intussen stelling ingeneem in ’ n reeks koppies na die noordekant toe, terwyl ’n ander aansienlike mag suidwaarts storm om stelling in die bedding van ’n bosbegroeide spruit in te neem.

'n Afdeling Boere trek voorom om die Engelse in die spruit voor te keer. Hulle nader tot vlakby die Engelse voordat die vyand hulle gewaar. “n Kort skermutseling volg, waarin ’n hele paar Engelse sneuwel; die ander gee oor.

Maar die Engelse in die noordelike koppies bly nog tot op die laaste weerstand bied en slegs nadat die Boere hulle van alle kante omsingel het en hulle met totale uitdelging bedreig is, gee hulle oor.

Toe die son ondergaan daardie aand, was die geveg afgeloop. Slegs ’n toneel van afgryslike verwoesting het die plek aangedui waar die stryd gewoed het...

Weer het die Leeu van Wes-Transvaal getref: Onverwags en vinnig. Die nuus van die segeryke slag teen die konvooi het deur die land gesprei en nuwe hoop en besieling gebring waar dit bespreek is. Selfs in die buiteland het dit groot opspraak verwek.

“Die oorlog is nog nie verby nie,” het die Franse koerante geskryf. “Vive De la Rey!”

Vervolg...

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 847 gaste aanlyn